You are on page 1of 11

Toemaar die donker man

Vir Simoné
TOEMAAR DIE DONKER MAN
vir Simone
 
Op die groen voetpad
van die horison ver
om die aarde skat,
stap 'n ou man wat
'n oop maan dra in sy hare
Nagtegaal in sy hart
jasmyn gepluk vir sy oop knoopsgat
en 'n rug gebuk aan sy jare.

Wat maak hy, mammie?

Hy roep die kriekies


Hy roep die swart
stilte wat sing
soos die biesies, my hart
en die sterre wat klop
tok-tok liefling,
soos die klein toktokkies
in hul fyn-ver kring.

Wat is sy naam, mammie?

Sy naam is Sjuut
Sy naam is Slaap
Meneer Vergeet
uit die land van Vaak
Sy naam is toe maar
hy heet, my lam
Toe maar, die donker man

Mammie . . .

Toe maar, die donker man 


Titel
• Toemaar trooswoord (word of comfort) vir kinders. Niks
sleg sal gebeur as hul slaap nie. (Nothing will harm them when
sleeping)

• Die donker man Klaasvakie (sandman or night) wat slaap


na die kinders toe bring. (Die nag)

• Dis ‘n slaapliedjie vir kinders. (Lullaby) Wiegieliedjie


Strofe 1
1 Op die groen voetpad
2 van die horison ver
3 om die aarde skat,
4 stap 'n ou man wat

• Inversie = omgekeerde woordorde (words not in the correct order)


• Horison = horizon
• Om die aarde = around the world
• ou man = Klaasvakie (sandman who lets children fall asleep)
• R 3 -5 = eindrym (meer musikaal)
• Stap ver om kinders te laat slaap, nag is lank. Nag is alomteenwoordig
Strofe 1
Die man is bles, het nie
hare op sy kop nie.
5 'n oop maan dra in sy hare Metafoor. (He is bald)

6 Nagtegaal in sy hart

Metafoor. Hy het ‘n lied


in sy hart, hy is gelukkig
(nightingale, bird of song,
happy) Naggeluide mooi,
maak nie bang nie.
Strofe 1

7 jasmyn gepluk vir sy oop knoopsgat


Blomme in sy knoopsgat,
ruik lekker. Oop =
vriendelik, nie
bedreigend nie)

8 en 'n rug gebuk aan sy jare.


Baie oud (old)
Strofe 2
9 Wat maak hy, mammie?

 Dogtertjie se dialoog, sy praat met haar ma


 Mammie = troetelnaam vir haar ma (mooi band tussen hulle)
 Die ma vertel vir haar dogtertjie die storie van Klaasvakie, om haar
rustig en positief te maak in die aand, sodat sy lekker sal slaap.
Strofe 3
10 Hy roep die kriekies
11 Hy roep die swart
12 stilte wat sing
13 soos die biesies, my hart

• kriekies (crickets) = verkleinwoord, soos wat kinders praat. K- alliterasie


• vergelyking + s-alliterasie
• Hy roep = herhaling
• Klaasvakie roep die nag sodat die kinders kan rus en slaap.
• my hart = troetelnaam, wys die ma is baie lief vir haar dogter
Strofe 3
14 en die sterre wat klop
15 tok-tok liefling,
16 soos die klein toktokkies
17 in hul fyn-ver kring.

• personifikasie – dit word aand


• tok-tok = klanknabootsing (onomatopee) + k- alliterasie
• soos die klein toktokkies = vergelyking (sterre klop soos toktokkies)
• Liefling = troetelnaam
Strofe 4
18 Wat is sy naam, mammie?

Sy wil weet van wie haar ma praat.


Die storie help haar om nie bang te wees vir die donker nie.
Strofe 5-7 s – alliterasie, suswoorde (used to soothe
children to let them sleep) Sy naam =
herhaling
19 Sy naam is Sjuut
20 Sy naam is Slaap Metafoor. Hy laat jou van alles
vergeet sodat jy rustig kan slaap.
21 Meneer Vergeet Hy het 3 name
22 uit die land van Vaak
23 Sy naam is toemaar
24 hy heet, my lam Known as… sy naam is
25 Toemaar, die donker man trooswoord
26 Mammie . . . … wys sy raak aan die
slaap
27 Toemaar, die donker man

You might also like