You are on page 1of 15

ST STITHIANS BOYS’ COLLEGE

AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL


GRAAD 8
22 NOVEMBER 2019
Totaal: 80 Tyd: 90 min
Eksaminatrise: Mev A van der Walt Moderatrise: Mev L van Aswegen

Naam: ______________________________________________________

Onderwyser(es): Mev Nel / Mev Parker / Mev van Aswegen / Mev van der Walt
Instruksies:
1. Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye. Maak seker dat jou vraestel volledig is.

Algemene Verstaan vrae Verstaan slegs Het met ‘n enkele Al die vrae is baie
Instruksies amper glad nie. elementêre vraag gesukkel. goed verstaan en
instruksies. uitgevoer.

Leesbegrip Baie leemtes in sy Goeie begrip.Goeie Baie goeie begrip.


bestaan byna begrip. kennis van Ken vraagwoorde
Afdeling A: nie. Ken Vraagwoorde kort vraagwoorde. Goeie baie goed. Baie
Leesbegrip vraagwoorde aandag. Min voorbereiding i.t.v. goeie kennis van 30
nie. Geen voorbereiding vir visuele aspekte. visuele aspekte.
voorbereiding vir visuele aspekte.
visuele aspekte.

Afdeling B: 10
Gedigte

Afdeling C: Geen taal of Min taal of Taal en woordeskat is Deeglike kennis. 40


Taalleer en woordeskat is woordeskat is goed voorberei.
kommunikasie geleer nie. geleer.

Kommentaar: TOTAAL 80 %

Moderatrise: ________________________ Datum: __________ PUNT 80 %


2. Beantwoord al die vrae op die vraestel.
3. Skryf asseblief in blou of swart ink.
4. Maak seker van jou spelling.
5. Skryf asseblief netjies en leesbaar, dit is in jou eie belang.

AFDELING A : LEESBEGRIP
Vraag 1: Langer teks
Lees die onderstaande artikel en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1
Plastiek se invloed op die
omgewing
Dinsdag | 20 Augustus | 2019

Deur Nico Strydom

1 Plastiek het ʼn vernietigende impak op die omgewing want dit neem honderde of
selfs duisende jare om af te breek.

2 Daar word geskat dat


tot 79% van plastiek
wat die afgelope 70
jaar vervaardig is,
weggegooi is en op
vullisterreine of in die
omgewing beland het.
Plastiek breek nie af
nie en wanneer dit
gebrand word laat
skadelike gifstowwe
vry.

3 Wanneer plastiek in water beland, hou dit gevare in vir die diere wat in die water
lewe en ook vir die mense wat die water drink. Wetenskaplikes glo daar gaan
binnekort meer plastiek as visse in die see wees.

4 Op vullisterreine begin plastiek chemikalieë lek en eindig dit in grondwater op. Mense
kry weekliks duisende piepklein stukkies plastiek in. Die uitwerking daarvan op
mense se gesondheid is nog nie heeltemal duidelik nie, maar daar word vermoed dat
dit baie ernstiger is as wat op die oomblik gedink word. Plastiek word ook in klein
stukkies afgebreek en word deur diere gevreet.

5 Plastieksakke is een van die grootste vorms van plastiek wat die omgewing
besoedel. Plastiek beland ook in dreine wat dit verstop en dit kan selfs tot kitsvloede
lei.

Is daar oplossings vir plastiekbesoedeling?

6 Almal kan help om die probleem te probeer oplos deur minder plastiekprodukte te
gebruik.

7 Daar is altyd alternatiewe vir plastieksakke en die soektog na meer alternatiewe duur
voort. Papiersakke is ‘n moontlike opsie maar dit het ook ʼn invloed op die omgewing.

8 Mense gebruik klaar plastieksakke wat meer as een keer gebruik kan word. Dit is
sterker en duursamer en kan langer gebruik word. Mense kan ook materiaalsakke
gebruik wat selfs nog langer hou as plastieksakke.

2
9 Mens kan byvoorbeeld ook uit glasbottels water drink in plaas daarvan om elke keer
water te drink uit bottels wat weggegooi word.

10 Mense kan kies om hul eie glasbeker te gebruik wanneer hulle byvoorbeeld ʼn
wegneemkoffie koop.

11 Plastiekstrooitjies dra ook by tot besoedeling. Daar word ook na ander moontlik
alternatiewe soos kartonstrooitjies gekyk. Mense kan ook glas- of staalstrooitjies
koop om te gebruik.

12 Daar is deesdae ook baie alternatiewe vir plastiekverpakking. Mense kan nou eerder
produkte koop wat eerder in karton verpak word en nie plastiek nie.

Bron verkry en aangepas: https://jougesin.solidariteit.co.za/plastiek-se-invloed-op-die-omgewing/

VRAE:
1.1 Haal een woord uit paragraaf 1 aan wat sê dat plastiek sleg vir die

omgewing is. (1)

________________________________________________________________

1.2 1.2.1 Word plastiek vinnig afgebreek? (1)

________________________________________________________________

1.2.2 Haal ‘n frase uit paragraaf 1 aan om jou antwoord te motiveer. (1)

________________________________________________________________

________________________________________________________________

1.3 Wat gebeur wanneer plastiek gebrand word? (1)

________________________________________________________________

________________________________________________________________

1.4 Noem 2 dinge waarvoor plastiek ‘n gevaar inhou wanneer dit in water

beland. (2)

________________________________________________________________

________________________________________________________________

1.5 1.5.1 Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR?

Daar is meer plastiek as visse in die see. (1)

________________________________________________________________

3
1.5.2 Motiveer jou antwoord deur een sin uit die teks aan te haal. (1)

________________________________________________________________

1.6 Waar eindig die chemikalieë op wat plastiek lek? (1)

________________________________________________________________

1.7 Hoe gebeur dit dat diere plastiek inkry? (1)

________________________________________________________________

________________________________________________________________

1.8 Watter vorm van plastiek is een van die grootste vorms van

omgewingsbesoedeling? (1)

________________________________________________________________

1.9 Wat gebeur wanneer plastiek in dreine beland? (1)

________________________________________________________________

1.10 Daar is verskeie maniere hoe mense kan help om die problem op te los.

Watter alternatief kan mense gebruik vir ‘n plastieksak? (1)

________________________________________________________________

1.11 1.11.1 Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? (1)

Plastiekstrooitjies dra nie by tot besoedeling nie.

________________________________________________________________

1.12 Wat kan mense koop in plaas van plastiek- of kartonstrooitjies? (1)

________________________________________________________________

________________________________________________________________

(15)

Vraag 2: Infografiek
Lees deur die volgende infografiek en beantwoord die vrae wat daarop volg.

4
VRAE:
2.1 Voltooi die volgende sin wat sê waaroor die infografiek handel. (2)

Hierdie infografiek handel oor hoe _______________________ ons seelewe

_______________________.
5
2.2 In watter soort walvis is daar die meeste plastiek gekry? (1)

________________________________________________________________

2.3 Waaraan is die gewig van die plastiek gelykstaande? (1)

________________________________________________________________

2.4 Op watter strand het ‘n walvis in 2018 uitgespoel? (1)

________________________________________________________________

2.5 Op watter strand het ‘n walvis in 2019 uitgespoel? (1)

________________________________________________________________

2.6 Watter soort walvis het in 2018 uitgespoel? (1)

________________________________________________________________

2.7 Noem een plastiek item wat ‘n kledingstuk is wat in ‘n walvis gevind is. (1)

_________________________________________________________________

2.8 Noem twee ander plastiek items wat in die walvis gevind is. (2)

_________________________________________________________________

_________________________________________________________________

(10)

6
Vraag 3: Spotprent
Kyk na die volgende spotprent en beantwoord die vrae wat daarop volg.

VRAE:

3.1 Deur wie is die spotprent geteken? (1)

_________________________________________________________________

3.2 In watter land is die Teemsrivier? (1)

_________________________________________________________________

3.3 In watter land is die Seinerivier (1)

_________________________________________________________________

3.4 In watter land is die Vaalrivier? (1)

_________________________________________________________________

3.5 Hoekom dink jy is die Vaal in Vaalrivier doodgekrap? (1)

_________________________________________________________________

_________________________________________________________________

(5)
TOTAAL VIR AFDELING A: [30]

7
AFDELING B: GEDIGTE
Vraag 4: Gesiene gedig
Lees deur die volgende gedig en beantwoord die vrae wat daarop volg.

Eksamenlokaal – Suzaan Laing

1 Haar skoene klik hard op die houtvloer


2 soos sy op en af stap
3 tussen rye tjoepstil banke.

4 Nou en dan kraak die blaai van ‘n blad


5 die Septembereksamenlug.

6 Hande bewe met rukke oor skoon wit velle


7 los ‘n inkwarboel agter.

8 Die horlosie tel twee ure af.

9 Sy stap stadig en oes die stelle een vir een


10 Blou en wit:
11 Ryp met gistermiddag se kennis

VRAE:
4.1 Wat gebeur in hierdie gedig? (1)

_________________________________________________________________

_________________________________________________________________

4.2 Watter persoon se skoene “klik hard op die houtvloer”? (1)

_________________________________________________________________

8
4.3 Haal een voorbeeld van klanknabootsing uit die gedig aan. (1)

_________________________________________________________________

4.4 Haal ‘n voorbeeld van personifikasie uit die gedig aan. (1)

_________________________________________________________________

4.5 Watter woord in strofe 3 wys dat die leerlinge bang en gespanne is? (1)

_________________________________________________________________

4.6 Haal ‘n voorbeeld van ‘n metafoor uit die laaste strofe aan, en

verduidelik kortliks wat hierdie metafoor beteken. (2)

_________________________________________________________________

_________________________________________________________________

_________________________________________________________________

4.7 Wat is ‘n “inkwarboel”? (1)

_________________________________________________________________

4.8 Waarvan is strofe 1 en 5 ‘n voorbeeld? (1)

_________________________________________________________________

4.9 Wat is die gedig se rymskema? (1)

_________________________________________________________________

(10)
TOTAAL VIR AFDELING B: [10]

AFDELING C : TAALLEER EN KOMMUNIKASIE


Vraag 5: Sinstrukture
Skryf die volgende sinne oor soos aangedui.
5.1 Stephen (nie / om plastiekbottels te gebruik / nie / hou / daarvan). (1)

Stephen ________________________________________________________

________________________________________________________________

9
5.2 Die publiek moet elke dag minder plastiekprodukte gebruik. (1)

Elke dag _____________________________________________________

_____________________________________________________________

5.3 Die walvisse sluk baie plastieksakke in. (1)

Volgende jaar __________________________________________________

_____________________________________________________________

5.4 Die man tel honderde plastiekbottels op. Hy wil op ‘n skoon strand loop. (1)

Die man tel honderde plastiekbottels op aangesien ____________________

______________________________________________________________

5.5 Die seeleeu kan nie swem nie. Sy stert is vol plastiekbottels (1)

Die seeleeu kan nie swem nie ,want _______________________________

______________________________________________________________

5.6 Die leerders (in die Afrikaansklas, elke week, herwin, plastiekbottels) (1)

Die leerders ___________________________________________________

______________________________________________________________

5.7 Die seun sit en lees die artikel oor plastiekbesoedeling. (1)

Gister ________________________________________________________

______________________________________________________________

10
5.8 Die man gooi plastiekbottels in die see. Die vrou gooi plastiekbottels in die see.

(óf...óf) (1)

Óf die man _____________________________________________________

______________________________________________________________

5.9 Die mense tel plastiekbottels op. Hulle gooi dit in die asblik. (1)

Nadat _________________________________________________________

______________________________________________________________

5.10 Walvisse is ‘n bedreigde spesie. Ons moet hulle beskerm. (daarom) (1)

Walvisse is ‘n bedreigde spesie daarom ______________________________

______________________________________________________________

5.11 Die oseaan was tien jaar gelede vol plastiekprodukte. (1)

Op hierdie oomlik ______________________________________________

______________________________________________________________

5.12 Gewone mense help elke dag die seediere. (1)

Die seediere ___________________________________________________

______________________________________________________________

5.13 Die walvis het baie plastieksakke ingesluk. (Skryf oor in die negatief) (1)

______________________________________________________________

5.14 Het jy al enige plastiekprodukte op die grond gegooi? (1)

Nee, _________________________________________________________

______________________________________________________________

11
5.15 Die plastiekbottel lek. (Skryf oor in die negatief) (1)

______________________________________________________________

5.16 Die wetenskaplike sê: “Daar is baie plastiekprodukte in die see.” (1)

Die wetenskaplike sê dat _________________________________________

______________________________________________________________

5.17 Gretha Thunberg vra: “Wanneer gaan mense ophou om plastiekprodukte te

gebruik?” (1)

Gretha Thunberg vra wanneer _____________________________________

______________________________________________________________

5.18 Die jongmense beveel: “Volwassenes, julle moet die wêreld respekteer!” (1)

Die jongmense beveel volwassenes dat ______________________________

______________________________________________________________

5.19 Die jongmense het ‘n betoging teen plastiekbesoedeling bygewoon. (1)

‘n Betoging teen plastiekbesoedeling ______________________________

______________________________________________________________

5.20 Die president sal elke dag water uit ‘n glasbottel drink. (1)

Water uit ‘n glasbottel ___________________________________________

______________________________________________________________

5.21 Die dief hardloop in die straat. (toekomende tyd) (1)

______________________________________________________________

5.22 Die polisievrou staan en wag vir versterkings. (1)

12
Oormôre ______________________________________________________

______________________________________________________________

5.23 Die polisieman tel die gestroopte perlemoen langs die pad op. (1)

Volgende week ________________________________________________

______________________________________________________________

5.24 Die polisie vang die boewe wanneer ek hulle bel. (verlede tyd) (2)

______________________________________________________________

______________________________________________________________

[25]

Vraag 6 is op die volgende bladsy.

Vraag 6: Woordstrukture

Lees die volgende paragraaf deur en skryf elke keer die woorde tussen hakies
volgens die instruksies oor.
Onthou dat jou antwoorde korrek gespel moet word.
Lady Gaga is ‘n bekende (6.1 sanger – gee die teenoorgestelde geslag) wat saam
met ander kunstenaars gaan help om geld in te samel vir renosters wat gestroop word.
13
______ (6.2 Hy / Sy / Haar - kies die korrekte voornaamwoord) is die groot rede
waarom Mathilda die (6.3 renosterbul – gee die teenoorgestelde geslag) skielik so
snaaks optree en aantrek. Al die ander renosters praat ______ (6.4 oor / met – kies
die korrekte voorsetsel) haar (6.5 baie mooi – gee die intensiewe vorm)
leerstewels. Die bril wat sy dra is ook (6.6 baie nuut – gee die intensiewe vorm). Sy
dink sy lyk mooi, maar ‘n groot groep renosters dink sy is so lelik soos die (6.7
_________ - voltooi die vergelyking). Sy staan elke oggend (6.8 om/vir/in
– kies die korrekte voorsetsel) (6.9 04:15 – skryf uit in woorde) op om haarself
(6.10 voor/langs – kies die korrekte voorsetsel) die badkamer se spieël te bewonder.
Dit neem haar (6.11 twee-uur / twee uur – kies die korrekte antwoord) lank om die
leerstewels aan te trek en haar grimering aan te sit.

Mathilda se ma vra haar om (6.12 asseblief – gee die afkorting) net ‘n bietjie (6.13
vinnig – gee die vergrotende trap) in die badkamer te maak. Sy sê dat Mathilda moet
oefen om (6.14 baie vinnig – gee die intensiewe vorm) haar uitrusting wat so rooi
soos (6.15 ____ - voltooi die vergelyking) is aantrek (6.16 in plaas van – gee die
afkorting) om tyd te mors.

Mathilda voel dit is die (6.17 goed – gee die oortreffende trap) raad wat sy nog gekry
het. Elke dag teen (6.18 19:30 – skryf uit in woorde) (6.19 nm. – skryf die afkorting
uit) gaan neem sy ‘n vuurwarm bad, want sy is dan (6.20 baie moeg – gee die
intensiewe vorm) na ‘n lang dag saam met haar beste vriendin, haar (6.21 buurman –
gee die teenoorgestelde geslag).

Mathilda se pa sê vir haar dat sy elke dag net (6.22 mooi – gee die vergrotende trap)
word. Dit is die (6.23 groot – gee die oortreffende trap) kompliment wat (6.24 ____ -
gee die korrekte voornaamwoord) vir Mathilda kan gee. (6.25 Mathilda en haar pa –
gee die korrekte voornaamwoord) gaan elke (6.26 Vry. – skryf die afkorting uit) na
Goofy’s vir die (6.27 heerlik – gee die oortreffende trap) melkskommels in die
omgewing. Sy hou daarvan om daarna saam met haar pa (6.28 na/vir/voor – kies die
korrekte voorsetsel) musiek te luister. Sy swem ook elke (6.29 Ma. – skryf die
afkorting uit) saam met hom in die dam na die (6.30 15:30 – skryf uit in woorde)
nuus op die radio.

6.1 6.16

6.2 6.17

14
6.3 6.18

6.4 6.19

6.5 6.20

6.6 6.21

6.7 6.22

6.8 6.23

6.9 6.24

6.10 6.25

6.11 6.26

6.12 6.27

6.13 6.28

6.14 6.29

6.15 6.30

(30 x ½) [15]

TOTAAL VIR AFDELING: [40]

TOTAAL VIR VRAESTEL: [70]

15

You might also like