You are on page 1of 6

Toets 2023

G12 ~ Afrikaans Huistaal

TAAK 5: Kwartaaltoets 1

AFRIKAANS HUISTAAL
GRAAD 12
TAAK 5
KWARTAALTOETS
LEESBEGRIP, OPSOMMING, TAALSTRUKTURE EN –KONVENSIES

EKSAMINATOR: C. van Staden TYD: 1 uur


MODERATOR: T. Nel TOTAAL: 35

INSTRUKSIES

1. Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings en DRIE vrae:


1.1 Afdeling A: Leesbegrip
1.2 Afdeling B: Opsomming
1.3 Afdeling C: Taalstrukture en -konvensies
2. Beantwoord al die vrae.
3. Lees deur die hele vraestel voordat jy dit beantwoord.
4. Nommer elke vraag soos aangedui.
5. Dit is in jou eie belang om netjies en leesbaar te skryf.
6. Trek ’n lyn ná elke vraag.
7. Begin elke vraag op ’n nuwe bladsy.
8. Gebruik slegs ’n blou bolpuntpen.
9. Trek werk duidelik dood wat nie gemerk moet word nie.
10. Beantwoord die vrae op foliopapier.
11. Skryf jou NAAM, VAN, IDENTITEITSNOMMER, STUDENTENOMMER en die datum
bo-aan die antwoordblad.
12. Gee veral aandag aan spelling en sinskonstruksie.

Bladsy 1 van 6 © Impaq


Toets 2023
G12 ~ Afrikaans Huistaal

AFDELING A: BEGRIPSLEES

VRAAG 1

Lees die onderstaande teks en beantwoord die vrae wat daarop volg.

KUNSTANDE: DIE BYTENDE WAARHEID

1. ’n Ou advertensie wat die profiel van ’n vrou vertoon voordat sy kunstande gekry het – en
hoe sy daarna lyk danksy haar nuwe, kunsmatige gebit – moes die onteenseglike voor-
dele van ’n kunsgebit beklemtoon. In der waarheid sou die mens tot in die twintigste eeu
moes wag op kunstande wat werklik dienlik én gemaklik sou wees ...

2. Kunstande het ál skaarser geraak namate die mens se mondhigiëne toegeneem het,
maar daar is tog duisende Suid-Afrikaners wat met ’n mond vol tande sit wat nie uit hul
kakebene gekom het nie, maar uit die “tandewinkel”.

3. Baie kom selfs heel goed reg met dié prosteses van plastiek. Maar in die ou dae moes ’n
mens hare op jou tande hê om die beproewing te verduur.

4. Die stryd van die mens om iets in die plek van sy verlore tande te plaas het reeds meer as
2 500 jaar gelede begin.

5. Die Etruriërs van Toskane in Italië het al in 700 voor Christus gedeeltelike kunsgebitte
gemaak om sekere tande te vervang. Hulle het goud vir die basisse van die kunsgebitte
gebruik en tande uit ander mensmonde bygevoeg. So nie is nuwe tande uit beestande
gekerf.

6. In die sestiende eeu het tandartse los tande met goud bedraad en kunstande van
seekoei- of walrusivoor vervaardig. Maar hoewel ivoor vir honderde jare lank gebruik is,
was dit nooit ’n bevredigende plaasvervanger nie. Soos een skrywer dit in 1850 gestel
het: “Ivoor verleen aan die lug wat van die longe af terugkeer ’n onuitstaanbare afstootlike
reuk, wat nie voorkom of reggestel kan word nie ...”

7. Miskien was dit juis die soeke na iets beters as ivoor wat in die negentiende eeu tot ’n
grusame episode in die geskiedenis van die kunsgebit gelei het. Gesneuweldes in die
Slag van Waterloo is van hul tande beroof om kunstande te kon maak.

8. Voor 1900 het die draers van kunstande dit werklik bitter gehad. Die gebrek aan
behoorlike vervaardigingsmateriaal of die onvermoë om kunsgebitte stewig op hul plek te
laat bly, het, volgens een bron, selfs groot manne soos Amerika se president, George
Washington, buierig en opvlieënd gemaak.

9. Kunstande is darem ook in die poësie geprys. William Green, die tandarts van Engeland
se koning George III, se produkte is met die volgende gevleuelde woorde deur ’n digter
opgehemel:
Teeth, white as ever teeth were seen, delivered from the hand of Green!

Bladsy 2 van 6 © Impaq


Toets 2023
G12 ~ Afrikaans Huistaal

10. Tog was dit maar eers in die twintigste eeu dat die dra van kunstande rêrig draaglik geword
het. Ná die Eerste Wêreldoorlog het plastiek en kunshars nagemaakte tande so natuurlik
laat lyk en so gemaklik gemaak om te dra dat dit die einde van een van die mens se oudste
beproewings beteken het.

11. Vandag speel kunstande boonop ’n belangrike rol in die oplossing van misdade, omdat dit
feitlik vuurvas is en dus nie in suur opgelos kan word nie. Reeds is 1849 is die lyk van ene
dr. George Parkman slegs aan sy kunstande uitgeken. En in 1949 het John Haigh, die
“suurbadmoordenaar”, aan die pen gery omdat een van sy slagoffers, mev. Durand
Deacon, kunstande gehad het.
(Bron: bit.ly/3PwVE1c)

1.1 Verduidelik die woordspeling in die titel. (1)

1.2 Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Motiveer jou antwoord.

Kunstande is deesdae minder gewild as gevolg van beter tandversorging. (1)

1.3 Motiveer waarom die onderstreepte deel in paragraaf 2 ’n FEIT is en nie ’n


MENING nie. (1)

1.4 Gee ’n ander woord uit paragraaf 3 vir kunstande. (1)

1.5 Waarvan word moderne kunstande gemaak? (2)

1.6 ’n Mens (moes) hare op jou tande hê (par. 3).

Word dié stelling DENOTATIEF of KONNOTATIEF bedoel?


Motiveer jou antwoord. (1)

1.7 Watter edelmetaal word in die vervaardiging van kunstande gebruik? (1)

1.8 Skryf die onderstreepte aanhaling in paragraaf 6 in jou EIE WOORDE. (1)

1.9 Watter suggestie rakende die president is in paragraaf 8 opgesluit? (1)

1.10 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
neer, bv. 1.10 E.

Die verband tussen paragraaf 8 en paragraaf 9 is _____.

A aaneenskakelend
B kontrasterend
C redegewend
D (geen van bogenoemde nie) (1)

Bladsy 3 van 6 © Impaq


Toets 2023
G12 ~ Afrikaans Huistaal

1.11 Gee TWEE redes waarom kunstande misdade kan help oplos. (2)

1.12 Dink jy die optrede van die mense in paragraaf 7 sal vandag as aanvaarbaar
gesien word? Hoekom sê jy so? (1)

1.13 In paragraaf 1 word genoem dat die vrou se voorkoms verbeter het as gevolg van
haar kunstande. Sal jy soveel moeite doen en kostes aangaan om jou voorkoms te
verbeter?
Motiveer waarom jy so voel. (1)
[15]

TOTAAL AFDELING A: 15

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

Lees die artikel op die volgende bladsy en voer die volgende instruksies uit.

INSTRUKSIES

• Maak ’n opsomming van hoe moderne tandepasta ontwikkel het.


• Verskaf jou antwoord in een paragraaf na aanleiding van die teks.
• Jou opsomming mag nie meer as 90 woorde lank wees nie.
• Maak seker dat jy jou eie woorde gebruik en in volsinne skryf.
• Onthou dat daar een punt per feit toegeken word. Gee slegs een feit per sin.
• Dui die getal woorde tussen hakies aan die einde van jou opsomming aan.

GESKIEDENIS VAN MODERNE TANDEPASTA

’n Tradisie wat sekerlik nooit sal uitsterf nie, is die gebruik van tandepasta. Maar die tandepasta
wat ons ken, het eers in die negentiende eeu in massagebruik gekom. Hierdie eerste tandepasta
het ook ’n heel ander samestelling as die huidige produk gehad.

Voor 1850 was alle tandepasta in poeiervorm. Dr. Peabody, ’n tandarts, het met ’n blink idee
vorendag gekom om die formule van tandepasta te verbeter deur seep by die poeier te voeg.
Sodoende is die skoonmaakkrag van tandepasta verhoog.

In die 1850’s is kryt deur verskeie vervaardigers by tandepasta gevoeg. Dit is toe dat tandepasta
’n roomvorm aangeneem en in ’n glasbottel verpak is.

In 1892 het dr. Washington Sheffield Wentworth, ’n apteker en tandheelkundige chirurg, die
eerste tandepasta uitgevind soos ons dit vandag ken – in ’n opvoubare buis. Hy het sy
tandepasta Creme Dentifrice genoem.

Bladsy 4 van 6 © Impaq


Toets 2023
G12 ~ Afrikaans Huistaal

Frederick McKay, ’n Amerikaanse tandarts van Colorado Springs, het in 1901 ’n ondersoek met
fluoried begin om koffie- en ander kosvlekke wat baie van sy pasiënte op hul tande gehad het, op
te los. Sy ondersoek het gelei tot die vervanging van die seep wat in tandepasta gebruik word
deur emulgeermiddels soos natriumrisinoleaat en natriumlaurylsulfaat. In 1914 is fluoried toe vir
die eerste keer by tandepasta gevoeg. Fluoried voorkom bederf van tande en versterk tande.

Die eerste kruietandepasta het in 1975 verskyn. Tom’s of Maine was een van die vroegste
bekende kruietandepasta van die 20ste eeu. Tom’s of Maine en ander kruietandepasta was
alternatiewe vir fluoriedgebaseerde tandepasta.

In 1987 is eetbare tandepasta vir die eerste keer in die VSA vir die ruimtevaarders gemaak.
Hierdie tandepasta is steeds beskikbaar en word vir kinders gebruik. Kinders spoel nie hul mond
behoorlik uit nadat hulle geborsel het nie en daarom is eetbare tandepasta die beste vir hulle.

Rembrandt was in 1989 die eerste maatskappy wat tandepasta om tande te bleik, vervaardig het.
Baie ander maatskappye het later gevolg.

Daar is deesdae ’n groot verskeidenheid produkte, in verskillende kleure, teksture, geure en


prysklasse, beskikbaar om tande skoon te maak. Dit alles om die toenemend veeleisende
verbruiker te bevredig.
(Bron: bit.ly/3uc1TOt, bit.ly/3OOp1wg)
[10 ÷ 2] = [5]

TOTAAL AFDELING B: 5

AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

VRAAG 3

Bestudeer weer die teks in VRAAG 1 en beantwoord die volgende taalvrae:

3.1 Gee die afkorting vir voor Christus (par. 5). (1)

3.2 Herskryf die volgende sin uit paragraaf 5 in die lydende vorm:

Die Etruriërs van Toskane in Italië het al in 700 voor Christus gedeeltelike
kunsgebitte gemaak om sekere tande te vervang. (1)

3.3 Wat is die funksie van die koppelteken in “seekoei- en walrusivoor” (par. 6)? (1)

3.4 Benoem die klankverskynsel wat by die uitspreek van “president” (par. 8) kan
voorkom. (1)

3.5 Brei die volgende sin uit paragraaf 9 uit met ’n bywoordelike bepaling.
Onderstreep die bywoordelike bepaling wat jy invoeg.

Kunstande is darem ook in die poësie geprys. (1)

Bladsy 5 van 6 © Impaq


Toets 2023
G12 ~ Afrikaans Huistaal

3.6 Wat is die wisselvorm van die woord “rêrig” (par. 10)? (1)

3.7 Gee die betekenis van die premorfeem mis- in “misdade” (par. 11). (1)

3.8 In paragraaf 9 word Engelse woorde gebruik. Bespreek waarom dit aanvaarbaar is
om dié spesifieke Engelse woorde in ’n Afrikaanse artikel te gebruik. (2)
[9]

EN

(Bron: Beeld, Maart 1999)

3.9 Skryf die woorde van die tandarts in die indirekte rede. (1)

3.10 In Engeland is Engelse pasiënte (koerantopskrif). Watter pasiënte bly in Japan? (1)

3.11 Wat is die funksie van die deelteken in “pasiënte” (koerantopskrif)? (1)

3.12 Die tandarts se woorde is ironies. Verduidelik dié stelling deur te verwys na visuele
leidrade in die teks. (1)

3.13 Watter visuele aanduiding is daar wat die koerantopskrif ondersteun? (1)

3.14 Verduidelik die vooroordeel wat uit die koerantberig spreek. (1)
[6]

TOTAAL AFDELING C: 15

GROOTTOTAAL: 35
Bladsy 6 van 6 © Impaq

You might also like