You are on page 1of 3

AFRIKAANS HUISTAAL: GR.

9
BEGRIPLEES HERSIENING: WERKKAART

TEKS 1:Lees die artikel wat op 12 Oktober 2017 in Die Burger verskyn het aandagtig
deur. Beantwoord dan die vrae wat volg.

https://wolkskool.co.za/kontak
1.1 Verduidelik in jou eie woorde wat `n “potjierol” in die opskrif van die artikel is. (2)
Dit verwys na mense wat oorgewig is.

1.2 Watter probleem wat baie mense raak, word in hierdie artikel aangespreek? (1)
vetsug

1.3 Dink jy, dit is gepaste taalgebruik om van ‘n potjierol in die koerantopskrif te
praat? Motiveer jou antwoord. (2)
Leerder se eie gemotiveerde antwoord.

1.4 Beskryf kortliks wat die Obe-City-indeks se hooffunksie is. (1)


Die indeks gee inligting oor mense se suiker- en soutinname, asook oor
mense se groente- en vrugte aankope.

1.5 Hoekom, dink jy, het die joernalis ‘n artikel oor wat die Obe-City-indeks oor
potjierolle bevind het, geskryf? (1)
Leerder se eie gemotiveerde antwoord.

1.6 Gee ‘n sinoniem uit die teks wat dieselfde as oorgewig beteken. (1)
vetsugtig

1.7 Hoekom kry vetsug die skuld vir laer produktiwiteit en afwesigheid by mense
se werksplek? Verwys na albei aspekte in jou antwoord. (2)
Vetsug veroorsaak laer energievlakke by mense wat laer produktiwiteit tot
gevolg het. Voorts veroorsaak vetsug ook ander gesondheidprobleme wat sal lei tot
mense wat afwesig is by hulle werksplekke. Soortgelyke antwoorde ook
aanvaarbaar.
1.8 Behalwe mense se eetgewoontes, noem nog TWEE redes waarom mense
al hoe meer aan vetsug ly. (2)
Mense bestee meer geld aan produkte soos bier (alkohol) as aan gesonder
alternatiewe en mense oefen ook minder.

1.9 Lei uit die teks en die opskrif af wat Port Elizabeth se bynaam is en skryf dit
neer. (1)

Die Baai.

1.10 Gee ‘n moontlike rede hoekom jy dink meer inwoners van Kaapstad die beste
telling ten opsigte van hulle groente-en vrugte-aankope het. (antwoord nie in
leesstuk nie) (1)
Leerder se eie gemotiveerde antwoord.

1.11 Is die koerantopskrif ‘n feit of ‘n mening? Motiveer jou antwoord. (2)

Dit is ‘n feit. Dit is deur die OBE-CITY-Indeks bewys.


1.12 Word die woorde “kers opsteek” in paragraaf 12 letterlik (denotatief) of
figuurlik (konnotatief) gebruik?Motiveer jou antwoord. (2)

Figuurlik. Dit beteken Bloemfontein sal by die Moederstad moet raad vra.

1.13 Wat is die doel,met ander woorde wat wil die joernalis met die skryf van hierdie
artikel bereik, en wie is die teikengroep? (2)
Die doel van die artikel is om mense bewus te maak van die wêreldwye
impak van vetsug en hoe toenemend/algemeen dit ook in ons eie land
voorkom. Die doel is om mense aan te moedig om gesonder eetgewoontes te volg
om vetsug te bekamp.

Die teikenmark is mense wat oorgewig is/ongesonde eetgewoontes het.

[20]

You might also like