You are on page 1of 9

Aandeelhouer

Deur Alta Marincowitz


•Aandeelhouer

• En die jongeheer?
• Gaan hy ook eendag in sy pa se voetspore volg?

• No ways Meneer my
• interest is nie in finance ek
• rate nie baie hoog woorde
• soos inflasie resessie aandele die
• beurs dra ek in my sak ek
• invest my tyd en energy in
• sport my muscles is my
• bates dit het
• effekte op die girls laat
• hulle bloedruk opwaarts neig
• my risiko’s is matig vir stewige
• lopies kyk ek krieket
• en anyway who cares wat die
• prys
• is van koring mielies en
• sonneblom
•Shareholder

•And this young gentleman?


•Will he also follow his dad’s footsteps one day?

•No ways Sir my


•interest is not in finance I
•don’t rate highly words
•like inflation recession shares the
•exchange I wear in my pocket I
•invest my time and energy in
•sport my muscles are my
•assets it has
•effects on the girls that
•makes their blood pressure rise upwards
•my risks are moderate for steady
•runs I watch cricket
•and anyway who cares what the
•price
•is of wheat mielies and
•sunfower
•Notas oor gedig:

•1. Die titel verwys na ‘n finansiële term. Dit is ’n persoon wat aandele het in ’n
maatskappy.
•2. Die konteks in die gedig is oor die verskille tussen die pa en sy seun wat in
verskillende bates (assets) belê (invest).
•3. ’jongeheer’ in reël 1 is formele taal (nederlands). Die onderwyser vra die
seun oor sy toekomstige beroep (career). Om ’in iemand se voetspore te volg’ is
’n idioom en dit beteken om dieselfde beroep as hulle te volg.
•4. Vanaf reël 3 is dit baie informele taal met geleende woorde uit Engels, nes ’n
tiener sou praat.
•5. Die tiener wil defnitief nie soos sy pa wees nie (No ways).
•6. Die kind se belange is nie finansieel nie. Sy pa betaal vir sy lewe en hy het
geen idee van geld verdien nie.
•7. Die terme wat in die gedig gebruik word wat vanaf die finansiële wêreld kom
is soos volg: rate (koers); beurs (stock exchange); interest (rente); invest (belê);
effekte (assets); opwaarts neig (stock price increases); risiko’s (risks); lopies
(runs on stock market or cricket); aandele (shares); rate (koers / vlak).
•8. Resessie is wanneer die ekonomie nie groei nie.
•9. In r.7: is woordspeling: aandelebeurs – in die finansiële wereld
beursie – iets waarin jy jou geld bêre.
•10. In r. 9 sien ons dat die seun tyd op homself spandeer.
•11. In r.10 is daar weer woordspeling: bates: in finansiële wêreld is dit die dinge waarin jy belê.
• vir die seun is dit sy fisiese liggaam / sy spiere (muscles).
•12. In r.11 is daar ook woordspeling: effekte: dit is die effektebeurs (stock exchange) maar
• vir die seun is dit die uitwerking (effect) wat hy op meisies het.
•13. In r.13 is die woordspeling: risiko’s: in die finansiële wêreld is dit wanneer iemand spekuleer (speculate)en nie kanse vat nie
• vir die seun – hy weet dat die meisies van hom hou so hy is nie bekommerd hy sal hulle verloor nie.
•14. In r.14 is die woordspeling: lopies: dit is wanneer jou belegging (investment) groei
• vir die seun is dit wanneer jou punte in sport groei.
•15. r.15 wys weereens dat dit ’n tiener is wat ’n ”traak my nie-agtige houding” (don’t care attitude) het. (who cares)
•16. Kontras: Die kontras is tussen die seun en sy pa. Die pa werk in die finansiële wêreld en het groot risikos en moet die geld verdien. Sy seun inteendeel is
onvolwasse en informeel en het nie dieselfde risiko’s of verantwoordelikhede (responsibilties) wat sy pa het nie.
•17. Die moontlike (possible) beroepe van die pa is: rekenmeester (accountant); ekonoom (economist); ouditeur (auditor); entrepreneur.
•18. Die seun is nie die enigste kind nie. Ons weet dit omdat die onderwyser in r.2 die woord ’ook’ gebruik.
• Vrye vers
• Geen leestekens in 2de strofe nie:
enjambement. Die tiener volg nie reëls nie –
Tipografie hy rebelleer
• Daar is baie alliterasie asook assonansie bv.
Meneer my; voetspore volg; hoog woorde;
kyk ek krieket ens.
• Tienerperspektief (prioriteite) is ander teenoor volwassenes.
TEMA • Die verwagting (expectations) van ouers en onderwysers teenoor kinders.
Vrae:

1. Wat is ‘n aandeelhouer? Verduidelik kortliks. (2)


Dit is iemand wat aandele het in ‘n besigheid of op die effekte-beurs.

2. Wie is die ‘aandeelhouer’ binne die konteks van die gedig? Motiveer jou antwoord. (2)
Ant: Die jong seun. “invest my tyd en energie in sport…”

3. Watter bewyse is daar dat die spreker in strofe 1 nie die “jongeheer” (r.1) direk aanspreek nie?? (1)
Ant:Die voornaamwoord “hy”

4. “Meneer” is die spreker in strofe 1. Wat beteken die selfstandige naamwoord Meneer en hoekom word dit met ‘n hoofletter geskryf? (2)
Ant: Dit verwys na ‘n onderwyser(1) Die hoofletter is ‘n vorm van respek / om respek aan te dui

5. Die “jongeheer” is die spreker in strofe 2. Wat beteken die woord “Jongeheer”? (1)
Ant: Dit beteken ‘n jong seun wat nog nie volwasse is nie – ongetroud is.(unmarried)

6. Vergelyk kortliks die taalgebruik en die inhoud van die twee strofes met mekaar. (2)
Ant: In strofe 1 is die taalgebruik formeel en daar is punktuasie
Ant: In strofe 2 is die taalgebruik informeel met geleende Engelse woorde en geen punktuasie.

7. Wat beteken die uitdrukking “(in) iemand se voetspore volg”? (2)


Ant: Dit beteken dat jy dieselfde loopbaan (career) as iemand te volg.(follow)

8. Die spreker in strofe 1 vra uit oor die “jongeheer”. Wat wil hy weet? Skryf die antwoord in JOU EIE WOORDE. (1)
Ant: Of hy van sy pa se werk hou? Ant: Hy vra of die seun so suksesvol soos sy pa wees?

9. Die “jongeheer” se pa is ‘n beroepspersoon (career person). Watter moontlike beroep, dink jy, volg hy? (1)
Ant: Beleggings-adviseur (investment consultant) / rekenmeester / bank bestuurder? [30]
10 Wat word geïmpliseer met die gebruik van die woord “ook”? (1)
Ant: Dit is geïmpliseer dat die jong seun het ‘n ouer broer of suster het.

11. Waarom, dink jy, is die meeste van die finansiële terme aan die begin van elke reël geplaas? (1)
Ant: Om dit te beklemtoon.(to emphasise)

12. Watter tegniek gebruik die digter om die finansiële terme aan die begin van elke reël te plaas? (1)
Ant: Enjambement

13. Haal ses agtereenvolgende (consecutive) woorde aan wat wys dat die kind nie in finansies belangstel nie. (1)
Ant: “ek rate nie hoog woorde soos…”

14. Die woord “interest” het ‘n finansiële konnotasie maar waarna verwys die seun wanneer hy hierdie woord gebruik? (1)
Ant: Hy gebruik die woord om te wys dat hy nie belang stel in finansies nie / Belangstellings (interests) van hom is persoonlik nie finansieel nie.

15. Gee twee Afrikaanse vertalings (translation) vir die woord “rate” in r.5. (2)
Ant: “koers” “pas” (die pas waarteen jy iets doen – pace)

16. Gee altwee betekenisse (meanings) vir die Afrikaanse woord “beurs”. (2)
Ant: Beurs- die effekte beurs (stock exchange) waar mense geld belê (invest)
Ant: Beurs – (bursary) jy kry ‘n beurs om te gaan studeer.
Ant: Beursie – die ding waarin jy jou geld sit.

17. Verskaf (provide) die Afrikaanse woord vir “invest” r.8 en verduidelik kortliks wat dit beteken. (belê: jy sit jou geld in
iets waar jy meer geld sal uitkry) (2)

18. Hoekom het die seun nie risiko’s nie? (1)


Ant: Hy het nog nie finansiele verpligtinge (obligations) nie.
19. Vertaal die frase “anyway who cares” in Afrikaans. (1) (Ant) “in elk geval – wie gee om?”
20. Hoe en waarom word r.16 uitgehef (stands out)? Prys – Deur alleenplasing en dit beklemtoon die woord wat verwys na geld. (2)
21. Wanneer, dink jy, sal die ‘jongheer’ wel in geldsake belangstel? Ant:Wanneer hy sy eie geld verdien / wanneer sy pa hom onterf (disinherit) /

You might also like