You are on page 1of 5

4.

Semantiek / Betekenisleer
4.1 Sinonieme
Dit is woorde met min of meer dieselfde betekenis, byvoorbeeld:
Die aanwas/groei van die bevolking.
Die gehoor luister aandagtig/noukeurig na die toespraak.

4.2 Antonieme
Dit is woorde met min of meer die teenoorgestelde betekenis, byvoorbeeld:
Hy het sy werk nie deeglik nie, maar uiters onvolledig gedoen.
Vir ouer mense het hy eerbied, maar hy behandel sy maats met minagting.

4.3 Homonieme
Dit is woorde wat verskil in betekenis, maar wat dieselfde uitspraak en spelling het:
In die lente bloei die blomme en is die tuine oortrek met bloeisels. Ek het my toon
gestamp en dit bloei.

4.4 Homofone
Dit is woorde wat dieselfde klankvorm het, maar die spelling, betekenis en herkoms
verskil: Ek bleik die wasgoed met bleikmiddel. Dit blyk die waarheid te wees.

4.5 Paronieme
Dit is woorde wat dieselfde stam het, maar verskil in betekenis: kliënt en klant.

Die kliënt maak gebruik van sy prokureur se dienste. Die klant koop by die winkel.
Die gesin is besorg oor die toestand van die siek broertjie. Die sorgsame moeder staan
vroeg op om ontbyt reg te hê vir die kindertjies.

4.6 Polisemie
Dit is woorde wat dieselfde gespel word en wat dieselfde beteken, maar wat verskil-
lende toepassingsmoontlikhede het:

Om dit te verduidelik, noem ons ‘n aantal voorbeelde:

a. rug (s.nw.)
Die seun val op sy rug.
Die perd verdwyn oor die rug van die rant.
Die titel verskyn op die rug van die boek.

33
b. veld (s.nw.)
Die veld is dor vanweë die droogte (gras).
Die veld van ondersoek was wyd (gebied).
Die hokkiewedstryd vind op die veld van die skool plaas
(hokkieterrein).
c. loop (ww.) loop (stap) loop (gaan)
loop (lek) loop (ry, beweeg) loop (bywoon, volg)
d. grys (b.nw.)
Die ou oom is al grys. Die lig is grys. Die gryse verlede.

4.7 Doeblette
Twee woorde wat ‘n gemeenskaplike oorsprong het, maar in vorm en betekenis verskil.
Dit is dus tweelingwoorde wat stamverwant is, maar verskil in betekenis en gebruik.

Voorbeelde:
kwes (‘n bok) – wond kwets (gevoelens seermaak)
gereelde besoeke (op gesette tye) gereëlde kongres (goed georganiseerde)
praktiseer (‘n dokter – beroep uitoefen) prakseer (‘n plan – maak)

Verdere voorbeelde:
aardig arig blaadjie bladjie
bodem boom bra braaf
harslag hartslag kompanie kompanjie
lid (lede) lit (litte) mankoliek melancholies
rand (rande) rant (rante) reebok ribbok
skenk skink stad (stede) stat (statte)
tabak twak

4.8 Dubbelsinnigheid
Taal word gebruik om ‘n boodskap oor te dra en in dié sin is dit ook ‘n kommuni-
kasiemiddel. As ‘n taalgebruiker dus doeltreffend wil kommunikeer, moet hy daarop
let om nie die betekenis van ‘n sin te verwaarloos nie.

Faktore wat bydraes lewer tot die betekenis van ‘n sin is onder meer:

a. Die betekenis van die woorde waaruit ‘n sin opgebou is.


b. Die funksie van elke sinsdeel.
c. Die posisie van die woord in die sin.

Kyk na die volgende sinne en let op die verskil in betekenis:

Sy is ver van mooi af. Sy is mooi van ver af.

En

Jy moet self leer om te dink. Jy moet leer om self te dink.


34
Dubbelsinnigheid in sinne word veroorsaak as daar meer as een interpretasiemoontlik-
heid van dieselfde sin is, byvoorbeeld:

Bêre die boeke onder die bank.


Dit kan beteken:

Bêre die boeke wat onder die bank lê.

of

Bêre jou boeke onder jou bank.

Dubbelsinnigheid kom normaalweg voor in alle tale, maar dit kom soms onnodig voor
as gevolg van swak woordkeuse, of deur weglating, of deur ‘n lomp manier van sê.

4.9 Idiomatiese taal


Idiome sluit in spreekwoorde, segswyses, gesegdes en vaste uitdrukkings.

/HWWHUOLNHHQÀJXXUOLNHJHEUXLNYDQZRRUGH
'DDULV¶QDOJHPHQHIDVHWYDQEHWHNHQLVJHEUXLNLQGLHWDDOZDWRQVRQGHUVNHLDVÀJXXU-
like taalgebruik, teenoor letterlike taalgebruik. Dit is reeds opvallend by die hantering
van uitdrukkings. Neem byvoorbeeld die volgende uitdrukking:

Hy het lang vingers.


Dit beteken: hy steel.

Hierteenoor kan ons ook die sin: “Hy het lang vingers” kry, wat letterlik beteken dat
die betrokke persoon se vingers lank is.

'DDULVRRNDQGHUYRUPHYDQÀJXXUOLNHWDDOJHEUXLNVRRVGLHYHUVNLOOHQGHVRRUWHEHHOG-
spraak. Neem as voorbeeld die metafoor:

Die seun is ‘n hemelbesem.


Hier word die metafoor “hemelbesem” gebruik om te sê dat die seun baie lank is.

4.11 Die gevoelswaarde van woorde


Die gevoel wat ‘n taalgebruiker teenoor iemand of iets koester, kan hy dadelik laat
uitkom. Dit doen hy onder meer deur bepaalde woorde te gebruik, deur ‘n bepaalde
stembuiging, deur die intonasie van die sin, deur bepaalde woorde te benadruk. Dit
gaan alles gewoonlik ook gepaard met die gebruik van gebare, die skud van die kop,
die houding van die lyf en dies meer.

Die gevoelswaarde van woorde of uitdrukkings gaan gewoonlik nie om die betekenis
van ‘n woord of woorde nie, maar wel om ‘n bepaalde gevoel of houding aan die kant
van die spreker, wat weer invloed op die hoorder het.

35
So gesien, onderskei ons ‘n groep woorde waarmee die spreker ‘n houding kan uitdruk
ten opsigte van bepaalde sake in die werklikheid: hy noem nie net die sake nie, maar
neem ook in die betrokke situasie ‘n houding van goed- of afkeuring, van blydskap of
verdriet, van aggressie of vreedsaamheid; en hierdie houding druk hy uit deur van
bepaalde woorde gebruik te maak.

Sulke woorde het houdingsbetekenis:

mooi! gaaf! foei! sies! ditsem! bravo!


netjies! ga! ba! gmf!

Dergelike woorde is gewoonlik uitroepe.


‘n Ander groep woorde het sowel houdings- as verwysingsbetekenis: die saak word

benoem, maar die spreker druk ook sy houding daaroor uit:

smeerlap! kat! opdons! hond!


luiaard! aansukkel! vuilis! vent!
dis ‘n vrot poging!

Vergelyk ook sinne soos:

a. Meidjie, jy moet nou hier kom, hoor!


(Deur ‘n moeder aan haar dogtertjie gesê.)
b. Mamma sal gou ‘n pleistertjie op die ou seerplekkie plak!
F2PDDUM\uVKRÁLN

Let daarop hoe in sinne (1) en (2) vertroeteling uitgedruk word; dit geskied onder meer
deur die gebruik van verkleinwoorde. Sin (3) kan só uitgespreek word dat dit dank-
baarheid óf sarkasme uitdruk.

4.12 Konjunkte, disjunkte en adjunkte taalgebruik


Wanneer ons woorde op die gewone manier gebruik, dit wil sê om presies te sê wat ons
bedoel, praat ons van konjunkte taalgebruik. Die woord word dus gebruik vir die saak
(die betekenis wat normaalweg daaraan geheg word).

Wanneer ons taal egter metafories gebruik, praat ons van disjunkte taalgebruik. Dit is
wanneer die woord wat ons kies slegs gedeeltelik na die normale betekenis daarvan
verwys, bv. om te sê: “Jou kamer is ‘n varkhok”, word die woord varkhok anders as
normaalweg gebruik – die kamer is immers nie letterlik ‘n varkhok nie. Daar is egter
sekere ooreenkomste tussen die twee ruimtes, en gevolglik verstaan ons die woord
sonder veel probleme.

Wanneer die woord en die saak soos ons dit normaalweg verstaan nog verder van me-
kaar lê, praat ons van adjunkte taalgebruik. Hieronder sal maskertaal soos eufemismes
val, aangesien jy juis nie sê wat jy bedoel nie, byvoorbeeld as jy sê: “Hy loop twee rye
spore,” verwys dit nie direk na dronkenskap nie.

36
Nog voorbeelde:
Die bobbejaan sit op ‘n klip = konjunkte taalgebruik
Daardie man is ‘n regte bobbejaan = disjunkte taalgebruik
Bly kalm: moenie die bobbejaan agter die bult gaan haal nie = adjunkte taalgebruik

Wisselvorme:

dae - dage oë - oge


hoër - hoger probeer - geprobeer
het baklei - gebaklei eienaardig - eigenaardig
neëntig - negentig opbrings - opbrengs
ag - agt meesal - meestal
afskuwelik - gruwelik vryelik - vrylik
VWHUÁLQJVWHUZHOLQJ

37

You might also like