You are on page 1of 40

AFK2602- e-tutor: Notas op discussions 2019

Fonetiek & Fonologie:

Foneme is woord- of betekenisonderskeidend, dit wil sê elke keer as dit met ? ander
klank vervang word, verander die woord se betekenis.
Vergelyk bv. die foneme [k / l / m / v / b] in die volgende woorde: [kat / lat / mat / vat /
bat] – dit is elke keer net die een klank wat verander, maar dit het ? ander woord met
? ander betekenis tot gevolg.
Allofone is nié woord- of betekenisonderskeidend nie.
Vergelyk bv. die foneme [x] en [ç] in die volgende woorde: [xe:l / xεlt / xit?r] (geel, geld,
gieter) en [çe:l / çεlt / çit?r]. Vergelyk ook [k] en [c] in die volgende woorde: [k?n?rs /
kis / ke:l] (kinders, kies, keel) en [c?n?rs / cis / ce:l].
Hoewel die eerste klank telkens verander, bly dit dieselfde woord met dieselfde
betekenis: [xe:l] en [çe:l] beteken presies dieselfde; dis net die uitspraak wat verskil –
in hierdie geval het ons met palatalisasie te doen.
Net so beteken [k?n?rs] en [c?n?rs] presies dieselfde.
Ons kan sê die allofone is onderling uitstluitend – jy kan net een van die twee op ?
keer gebruik; ons kan nie [xçεlt] of [çxεlt] sê nie. Dit is ook aanvullend – die twee
uitspraakvorme vul mekaar aan omdat dit deur verskillende sprekers gebruik word.
Ons het dus hier te doen met taalvariasie – mense wat woorde verskillend uitspreek.

Fonetiek is die studie van afsonderlike spraakklanke se vorming en uitspraak. Die


fonetiek van Afrikaans is dus die studie van die vorming en uitspraak van al die
spraakklanke wat gebruik word om in Afrikaans te kommunikeer.

Fonologie is die studie van klankpatrone en die prosesse wat plaasvind wanneer
spraakklanke met mekaar verbind. Die fonologie van Afrikaans is dus die studie van
die klankpatrone (klankkombinasies) en prosesse wat plaasvind as die Afrikaanse
spraakklanke gekombineer/met mekaar verbind word.
Die skryftaal is nie ? presiese weergawe van die spreektaal nie, met ander woorde
ons skryf nie soos ons praat nie.

Klanke wat langs mekaar staan, beïnvloed mekaar. Daarom spreek ons nie alles uit
presies soos ons dit spel nie. Die verandering van die skryftaal (primêre
vorm/woordeboekvorm) na die spreektaal (sekondêre vorm) is die gevolg vanfoniese
prosesse – dit is die manier waarop klanke mekaar beïnvloed as hulle na mekaar
uitgespreek word. Ons skryf bv. <onmmoontlik> maar ons sê [?mo:ntl?k]. [n] en [m] is
albei nasale klanke. Wanneer hulle direk na mekaar staan, word die [n] soos die [m]
met twee lippe uitgespreek (bilabiaal) en dit klink soos een klank. Hierdie fonetiese
proses wordassimilasie genoem.

Omdat die spreektaal die produk is van ? proses (dit is wat ons kry nadat ? foniese
proses die skryftaal verander het), beskou ons dit as die sekondêre vorm van taal.

Voorbeelde van foniese prosesse is onder andere assimilasie; velarisasie;


bilabialisasie; nasalisasie; lateralisasie; assibilasie; degeminasie en metatesis.

Dit is belangrik dat jy die verskil tussen skryftaal (primêre vorm) en spreektaal
(sekondêre vorm) verstaan.
Die skryftaal is die woordeboekvorm. Ons beskou dit as die primêre vorm, want dit
is ? goeie aanduiding van hoe die standaardtaal klink. Die spelreëls vir die skryftaal
is in die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) opgeteken.
Die skryftaal is nie ? presiese weergawe van die spreektaal nie, met ander woorde
ons skryf nie soos ons praat nie.
Klanke wat langs mekaar staan, beïnvloed mekaar. Daarom spreek ons nie alles uit
presies soos ons dit spel nie. Die verandering van die skryftaal
(woordeboekvorm/standaardtaal) na die spreektaal is die gevolg van foniese
prosesse – dit is die manier waarop klanke mekaar beïnvloed as hulle na mekaar
uitgespreek word. Ons skryf bv. <onmmoontlik> maar ons sê [?mo:ntl?k]. [n] en [m] is
albei nasale klanke. Wanneer hulle direk na mekaar staan, word die [n] soos die [m]
met twee lippe uitgespreek (bilabiaal) en dit klink soos een klank. Hierdie fonetiese
proses word assimilasie genoem.
Omdat die spreektaal die produk is van ? proses (dit is wat ons kry nadat ? foniese
proses die skryftaal verander het), beskou ons dit as die sekondêre vorm van taal.
Voorbeelde van foniese prosesse is onder andere assimilasie; velarisasie;
bilabialisasie; nasalisasie; lateralisasie; assibilasie; degeminasie en metatesis.
Vir ? presiese weergawe van die spreektaal gebruik ons die IPA-stelsel
(International Phonetic Association) se fonetiese tekens om ? fonetiese transkripsie
te maak. Dit is ? weergawe van presies hoe iets uitgespreek word.
Doen Aktiwiteit 2.3 in jou MO en maak seker jy verstaan hoe en waar klanke gevorm
word sodat jy kan bepaal hoe hulle mekaar sal beïnvloed.
Voltooi ook Tabel 2.3 op bl. 35 in jou MO om seker te maak jy verstaan die fonetiese
prosesse.
WENK: Daar is in elke eksamenvraestel ? vraag oor die verskil tussen die spreektaal
en skryftaal en/of ? vraag oor primêre en sekondêre vorme.

Maak seker dat jy al die fonetiese tekens en die reëls vir transkripsies ken
voordat jy met die transkripsie begin. Sê dan hardop wat jy gaan transkribeer en
luister mooi na elke klank sodat jy kan skryf presies wat jy sê en hoor.
1. Begin en eindig die transkripsie met vierkantige hakies: [...].
2. MOENIE ? hakie om elke woord of elke letter sit nie.
3. Moenie hoofletters gebruik nie.
4. Gebruik 'n dubbelpunt om aan te dui dat 'n klank lank is.
5. Dui ? komma en alle ander leestekens binne die sin (bv ? dubbelpunt) met een
skuinsstreep aan: /
6. Dui ? punt, uitroepteken en vraagteken (dus die einde van die sin) met twee
skuinsstrepe aan: //
7. Leer die fonetiese tekens!
8. Jy hoef nie klankverskynsels soos assimilasie, palatalisasie of nasalering aan
te dui nie. Jy moet net ? breë transkripsie doen (Studiegids, bl. 36).
9. Skryf ALLES wat jy hoor en NET wat jy hoor – dus geen dubbele konsonante
nie.
10. Maak seker dat jy nie stukke uitlaat nie.

Inleiding tot die Taalkunde:

Afrikaans is ’n afstammeling van die Proto-Indo-Europese taalfamilie waaruit Proto-


Germaans, die grondtaal van die Germaanse taalfamilie, ontstaan het. Die Wes-
Germaanse dogtertale is Nederlands, Duits en Engels. Ons kan ook sê dat dié drie
tale susterstale van mekaar is.
Afrikaans is ? Germaanse taal.
Afrikaans is beïnvloed deur Portugees, Maleis en verskeie inheemse tale soos die
taal van die Khoi-Khoin.
Die belangrikste strukturaliste is Ferdinand de Saussure, Roman Jakobson, Leonard
Bloomfield en Edward Sapir.
Noam Chomsky stel Generatiewe Taalkunde bekend en onderskei tussen
“competence” en “performance”. Maak seker dat jy die verskil tussen “competence”
en “performance” ken en verstaan.
Kognitiwiste glo dat elke taalgebruiker deur blootstelling aan werklike taalgebruik
geleidelik ’n mentale voorstelling van taal ontwikkel. Kognitiwiste sien taal nie as ’n
afsonderlike menslike vermoë nie, maar sien taal as deel van die algemene
kognitiewe vermoëns van die mens.
Afrikaans is vir die eerste keer ondersoek deur Nederlandse taalkundiges. Die eerste
Afrikaanse grammatika, Eerste beginsels fan di Afrikaanse taal deur SJ du Toit, het
in 1876 verskyn. DF Malherbe se Afrikaanse taalboek verskyn in 1917. In die
beginjare van die Afrikaanse taalkunde het die groot belangstelling gelê by die
ontstaan en ontwikkeling van Afrikaans. Die Nederlandse taalkundige DC Hesseling
se Het Afrikaansch verskyn in 1899.
11. Noem drie belangrike taalkundige benaderings.
• Gee ’n kort opsomming van elkeen van dié benaderings.
• Wie was die belangrikste rolspelers in die ontwikkeling van elke
benadering?
12. Hoe verskil strukturalisme en kognitiwisme van mekaar?
13. Wat was die aanvanklike status van Afrikaans?
14. Noem twee Afrikaanse taalkundiges noem wat ’n bydrae tot die Afrikaanse
taalkunde gelewer het.
15. Watter Afrikaanse taalkundige het die generatiewe benadering gebruik?
16. Deur wie is die eerste Afrikaanse grammatika geskryf en wanneer het dit
verskyn?
17. Skryf drie interessanthede oor taal neer.

Morfologie:

Afleidings is gelede woorde wat uit een stam en een of meer affikse bestaan.

Samestellings bestaan uit twee of meer stamme.

Samestellende afleidings bestaan uit twee of meer stamme en een of meer affikse.

Samestellende samestellings bestaan uit 'n verbinding van samestellings. (bl.59–61).

Afleiding stam affiks


Gautenger Gauteng -er
Manlik man -lik

Samestelling stam verbindingsklank stam


(opsioneel)
lndekssyfer indeks syfer
Werkslas werk -s- las
Perdestal perd -e- stal
Karakterskets karakter skets

Samestel stam affiks verbindingsk stam stam stam affiks


lank
lende (opsioneel)
afleiding
Visvangs vis vang -s
Kieserslys kies -er -s lys
Alleenlop alleen loop -er
er
Vliegtuigb vlieg tuig beheer toring -s
eheertorin
gs

Samestellende samestelling stam/samestelling/woordgroep stam/samestelling/woordgroep


Vyfjaarplan vyf jaar plan
Mediesefondsbydrae mediese fonds bydrae
Mooiweergodsdiens mooi weer God + -s- + diens

Samestellende samestellings bestaan uit 'n verbinding van samestellings.

Wanneer 'n samestellende samestelling ontleed word. bestaan een of meer van die dele daarvan ook
weer uit 'n samestelling. In wese word 'n samestelling gevorm en dit word dan weer verbind met 'n stam
OF met nog 'n samestelling. Vergelyk bv.:

kampkosresepteboek: kampkos is 'n samestelling bestaande uit die twee stamme kamp + kos

resepteboek is 'n samestelling bestaande uit die twee stamme resep + boek (-te- is verbindingsklanke)

Die samestelling van kampkos + resepteboek lewer dan 'n samestellende samestelling:
kampkosresepteboek.

Jy gee ook 'n uitstekende voorbeeld:

Woonstelblokparkeerterrein: woonstel + blok = woonstelblok (samestelling)

parkeer + terrein = parkeerterrein (samestelling)

woonstelblok + parkeerterrein (samestellende samestelling)

Affikse kan verdeel word op grond van hulle kategoriale/woordsoortelike funksie (wat hulle doen; watter
woordsoort hulle vorm).

Substantiveerders vorm substantiewe (selfstandige naamwoorde) – dit verander die woordsoort in ?


selfstandige naamwoord (s.nw.), bv. -aard indronkaard (dronk is ? adjektief; dronkaard is ?
substantief/s.nw.; -aard het die adjektief dus in ? s.nw. verander).

Adjektiveerders vorm adjektiewe – dit verander die woordsoort in ? byvoeglike naamwoord, bv. –lik in
menslik (mens is ? s.nw; menslik is ? adjektief; -lik het die s.nw. dus in ? adjektief verander).

Verbaliseerders vorm werkwoorde – dit verander die woordsoort in ? werkwoord, bv. be- in beman
(man is ? s.nw; beman is ? werkwoord (verb); be- het die s.nw. dus in ? werkwoord verander)

ALLE woorde kan in twee groepe verdeel word: simplekse/ongelede woorde en komplekse/gelede
woorde.
Komplekse/gelede woorde kan in betekenisvolle eenhede (morfeme) verdeel word, bv. pa’s waar pa
die stam is en -s meervoud aandui.
Simplekse/ongelede woorde kan nie in betekenisvolle eenhede (morfeme) verdeel word nie, bv.
pampoen. Op hul eie beteken nie pam- of -poenenigiets nie.

Woorde kan in morfeme of lettergrepe/sillabes verdeel word.

Morfeme het betekenis.

Lettergrepe/sillabes het nie betekenis nie.

Morfeme is die betekenisvolle dele waaruit woorde opgebou word, bv pa + s = pa’s.

Lettergrepe het te doen met die spelreëls en het niks met betekenis te doen nie, bv. pam+poen =
pampoen.

Wanneer jy 'n woord morfologies ontleed, moet jy eerstens vasstel OF die woord in
betekenisvolle dele verdeel kan word. As jy bv. die woord pampoen verdeel in pam-
en -poen, het nie een van die dele betekenis nie. As jy die woord mansverdeel in man-
en -s, het albei dele betekenis: man verwys na 'n manlike persoon en -s dui die
meervoud aan.
'n Deel van 'n woord wat betekenis dra, word 'n morfeem genoem. In die voorbeelde
hier bo is man en -s dus morfeme omdat dit betekenis het, maar pam- en -poen is nie
morfeme nie omdat dit nie betekenis het nie; dit is lettergrepe.
As jy 'n woord morfologies moet ontleed, moet jy dit in morfeme verdeel, met ander
woorde in betekenisvolle dele. Dis belangrik om te onthou dat elke deel (morfeem) se
betekenis moet verband hou met die betekens van die geheel. Kyk bv. na die woord
wortel. Ek kan dit verdeel in wor- en -tel. Is wor- en -tel morfeme of lettergrepe? Om
dit te bepaal, moet jy die betekenis van die woord wortel én die woord tel in 'n
woordeboek naslaan.
Dis duidelik dat daar geen betekenisverwantskap is tussen tel en wortel nie – om te
tel (“count”) het niks te doen met 'n wortel (“carrot, root”) nie. Daarom kan ons
aanneem dat wortel 'n simpleks is wat uit twee lettergrepe bestaan en nie 'n kompleks
met twee morfeme nie.

Kyk nou na die woord verbrand. Ek kan dit verdeel in ver- en -brand. Is ver- en -brand
morfeme of lettergrepe? Om dit te bepaal, moet jy die betekenis van die woord
verbrand én die woord brand in 'n woordeboek naslaan. Dis duidelik dat dié twee met
mekaar verband hou – albei het met vuur te doen. Daarom weet ons verbrand is 'n
kompleks met twee morfeme.

Verdeel dus eers die woord wat jy moet ontleed in lettergrepe en probeer vasstel wat
die kern van die woord is – wat is dit betekenis?
Besluit dan of die betekenis van die dele van die woord verband hou met die betekenis
van die geheel.
Las nou die dele stuk vir stuk aan mekaar en kyk elke keer of die betekenis verander,
byvoorbeeld:
Onselfsugtig: on + self + sug + tig
Self beteken eie ek.
Sug beteken begeerte (“desire”).
Selfsug beteken die drang om die eie ek se belange te bevorder.
Ons het hier duidelik te make met vier morfeme, want self en sug se betekenis hou
verband met die betekenis van selfsug. As ons -tig by die selfstandige naamwoord
selfsug voeg, kry ons die adjektief selfsugtig. Ons weet dus dat -tig 'n postmorfeem is,
want dit verander die woord se betekenis en woordsoort. As ons nou on- by selfsugtig
voeg, kry onsonselfsugtig, wat “nie selfsugtig nie” beteken. Ons weet dus on- is 'n
morfeem, want dit beteken nie.

Kom ons ontleed nou die woord onselfsugtig met die plus-metode:
on- (prefiks) = self (vrye stam) + sug (vrye stam) + -tig (suffiks)

Die plus-metode wys net vir jou uit watter morfeme 'n woord bestaan, maar nie in
watter volgorde dit aan mekaar gelas word nie. Om te sien hoe die woord opgebou
word, gebruik ons die boomdiagrammetode (sien aangeheg).

Die plus-metode word gebruik om komplekse soos rekenaarspeletjies te ontleed.

Breek die woord op in morfeme en skryf + tussen die morfeme om te wys hulle is aan mekaar verbind:
reken + aar + spel + e + tjie + s

Benoem elke morfeem – skryf tussen hakies na elke morfeem watse soort morfeem dit is:

reken (vrye stam) + aar (suffiks) + spel (vrye stam) + e (verbindingsklank) + tjie (suffiks) + s
(suffiks)

Bestudeer afdeling 3.4.1 op bl. 54 in jou MO en doen dan aktiwiteit 3.10 op bl. 56.

Jy gaan in elke vraestel gevra word om komplekse met die plus-metode en die boomdiagrammetode
te ontleed. Oefen dit met soveel as moontlik voorbeelde en vra as jy iets nie verstaan nie.

Stamme en affikse

Gelede woorde/komplekse kan verdeel word in een of meer stamme wat soms verbind met een of
meer affikse.

Stamme kan verdeel word in vrye stamme, afhanklike stamme en gereduseerde stamme

Affikse kan verdeel word in prefikse, suffikse, ambifikse

Affikse het betekenis, maar tree nooit selfstandig op nie; dis altyd deel van ? gelede woord.

Affikse word verdeel op grond van hulle posisie ten opsigte van die stam.

Prefikse (voorvoegsels) is affikse wat voor die stam staan, bv. geloop.

Suffikse (agtervoegsels) is affikse wat na die stam staan, bv. pa’s.

Ambifikse (alkantvoegsels) is affikse wat tegelykertyd voor én na die stam staan, bv. verkleineer

Semantiek:

As jy ? boomdiagram in taalkunde teken, beteken dit jy begin by ? enkele woord wat


die “stam” van die onderstebo boom is. In die semantiek sluit daardie woord se
betekenis dan dié van al ander woorde in – dit het dus ? baie breë betekenis. Die
“takke” en “blare” van die boom is woorde met ? betekenis wat nie so omvattend is
nie, maar verband hou met die “stam” se betekenis.
Kyk na die volgende voorbeeld:
ysterpampoen, wortels, pampoen, groente, aartappels, Hubbardpampoen,
boerpampoen, ertjies
Die “stam” is “groente”, want al die ander woorde verwys na verskillende soorte
groente.
Die “takke” is wortels, pampoen, aartappels, ertjies – soorte groente.
Hubbardpampoen, ysterpampoen en boerpampoen is soorte pampoen, daarom kan
ons sê hulle is die “blare” aan die pampoen-tak.
Teken nou die onderstebo boom deur te begin by die stam en dan die takke wat
daarvan afhang (kyk aangehegte dokument).
OEFENING
Stel ? boomdiagram op om die hiponiemstruktuur van tafel aan te toon.
Bepaal self of die woord ? hiponiem of superordinaat is.
Die woorde wat jy in gedagte moet hou wanneer jy hierdie vraag beantwoord, is die
volgende:
• Hiponiem
• Hiponiemstruktuur
• Superordinaat

Denotasie: Verhouding tussen ‘n woord en sy denotata


Denotata is AL die buitetalige sake waarna ‘n item kan verwys, bv.
• leer (waarop jy klim om iets op die dak by te kom)
• leer (waarvan onder andere skoene, handsakke en meubels gemaak word)
• leer (om jou toets deur te kom)
Denotasie is NIE konteksgebonde nie – dit is die betekenis van ‘n woord sonder dat
ons die konteks in ag neem

Verwysing: Die verhouding tussen woorde en alles in die wêreld


Verwysing is konteksgebonde: dit bestaan net in ‘n gespreksituasie, want dit word eers
geaktiveer wanneer dit gebruik word. Ek weet bv. wat die woord leer se denotata is,
maar ek weet nie waarna die woord verwys voordat dit nie in ‘n gespreksituasie in
konteks geplaas word nie. Eers as iemand sê: “Ek moet baie hard leer om deur te
kom.” of na my bank wys en sê: “Dis darem pragtige leer.” weet ek waarna die woord
leer verwys.

Referente is buitetalige sake, gebeure, handelinge, eienskappe waarna leksikale


items (woorde en woordgroepe) verwys

Konnotasie: Assosiatiewe betekenis


Dit is die waarde wat ‘n woord kry a.g.v. assosiasies met die denotata. Die woord
jakkals verwys bv. na ‘n hondagtige dier, maar ons assosieer dit ook met die eienskap
skelm.
Konnotasies is dikwels ‘n figuurlike betekenis. Dit kan verskil van spreker tot spreker,
want elke mens kan sy eie (dikwels emosionele) waarde aan ‘n woord heg.

Kyk na die verskillende soorte betekenis in die sin: “Sjoe, hy is ‘n groot vark.”
Denotasie: ‘n nieherkouende soogdier wat vir sy spek en vleis geteel word
Konteks – iemand wat na ‘n boer se stoetdier wys – dit is verwysing na ‘n dier; die
referent is ‘n dier; emosioneel staan die spreker waarskynlik neutraal
Konteks – iemand wat na ‘n baie vuil mens wys – dit is verwysing na ‘n mens; die
referent is ‘n mens; daar is ‘n emosioneel negatiewe assosiasie/konnotasie.

Betekenis is abstrak, simbolies, arbitrêr en konvensioneel van aard.


Abstrak: Ons kan dit nie hoor, sien, aanraak of grafies voorstel – dit kan nie sintuiglik
waargeneem word nie.
Simbolies: Dit benoem of toon iets in die werklikheid aan.
Arbitrêr: Daar is geen natuurlike of noodwendige verband tussen 'n woord en sy
betekenis of die saak/begrip waarna daardie woord verwys nie.
Konvensioneel: Die sprekers van 'n taal gebruik elke woord tradisioneel met 'n
bepaalde betekenis. As dit nie so was nie, sou ons mekaar nie kon vestaan nie. Elke
woord kan verskeie betekenisse hê, bv. bank wat 'n meubelstuk kan wees om op te
sit of 'n plek waar jy jou geld bewaar. Telkens word net een van dié betekenisse deur
die konteks geaktiveer.
Polisemie verwys na woorde met verskeie verwante betekenisse, bv.:
• Ek bank by ABSA.
• Hy gaan bank toe.
• Sy het baie geld in die bank.

• Alle kinders moet skool toe gaan.


• Die skool is wit geverf.
• Die hele skool is siek.
• Hy skool sy werkers in die regte prosedures.

Homonimie verwys na woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar wat
heeltemal verskillende betekenisse het, bv.:
• Daardie wit gebou is die bank.
• Ek sit graag op daardie bank.

• Die kinders leer vir die eksamen.


• Klim op die leer as jy nie kan bykom nie.

• Ons vertrek more Griekeland toe.


• Die sitkamer is ? heerlik sonnige vertrek.

Die kriteria vir absolute homonimie is die volgende (par. 18.4 in die studiegids, bl.
176):
1. Daar moet ? duidelike betekenisverskil wees.
2. Die woorde se klankvorm en spelling moet identies wees.
3. Die woordvorme moet sintakties (na woordsoort en grammatiese gedrag)
dieselfde wees, m.a.w. die woorde wat vergelyk word moet almal werkwoorde
of selfstandige naamwoorde wees – jy kan nie ? ww. met ? s.nw. vergelyk nie.
Vergelyk bv.
• Daardie wit gebou is die bank.
• Ek sit graag op daardie bank.
• Haar kous het ? leer in.
• Hy klim op die leer.
• Die handsak is van leer gemaak.

Homograwe word eenders gespel, maar die uitspraak en betekenis verskil


(studiegids, bl. 176):
• As die son óndergaan, kan ? mens mooi foto’s neem.
• Die koor het ? hele transformasie ondergáán.

Homofone klink eenders, maar die spelling en betekenis verskil (studiegids, bl. 176):
• Ek eet graag kerrie en rys.
• Hulle reis graag na die buiteland.
Opsommenderwys kan die begrippe wat bespreek is soos volg vergelyk word:

• Homonieme: selfde uitspraak selfde spelling


verskillende betekenis
• Homograwe: verskillende uitspraak selfde spelling
verskillende betekenis
• Homofone: selfde uitspraak verskillende spelling verskillende
betekenis
• Poliseme: selfde uitspraak selfde spelling verwante
betekenis

Woorde se betekenisse toon ooreenkomste en verskille.


Ons gebruik daardie ooreenkomste en verskille om woorde te kategoriseer (in groepe
met min of meer eenderse betekenisse te plaas) en hiërargies te orden (die prototipe
eerste en die periferie laaste)
As ek die woord voël gebruik, dink jy waarskynlik dadelik aan iets wat kan vlieg, bv.
duiwe, swaeltjies, arende.
Maar dink jy ooit aan iets soos hoenders en volstruise? Al kan 'n volstruis nie vlieg nie,
is dit ook 'n voël.
Navorsing toon die meeste mense dink eerste aan 'n duif as hulle die woord voël
hoor. Duif is dus die prototipe – die beste voorbeeld van 'n voël, dit waaraan jy eerste
dink as jy die woord voël hoor.
Volstruis sal waarskynlik op die periferie (rand) lê – die verste van die prototipe af –
omdat die eienskappe daarvan so baie van dié van duif verskil, soos bv. dat dit nie
kan vlieg nie.
Vir ons as Suid-Afrikaners sal die woorde emoe, ekster en wielewaal ook nader aan
die periferie as aan die prototipe lê, omdat dit nie voëls is wat ons gereeld hier teenkom
nie. Wanneer ons dié woord hoor, dink ons nie dadelik aan voëls nie.
Kategorisering en hiërargiese ordening is subjektief. Dit word bepaal deur sprekers se
kennis en ervaring.
As jy gevra word om 'n groep woorde van prototipe na periferie te rangskik, beteken
dit jy moet die “bekendste” woord, dit waaraan jy eerste dink, eerste plaas en die
“onbekendste” waaraan jy dalk glad nie sou gedink het as jy self die lys moes maak
nie, heel laaste. Dan plaas jy al die woorde tussenin in volgorde van bekendheid of
van jou assosiasie met die onderwerp.
Veronderstel jy moet 'n klomp drinkgoed rangskik. Die meeste mense dink waarskynlik
eerste aan koffie, tee en koeldrank. Die alkoholiese drankies wat die meeste gebruik
word, is bier en wyn; daarom kan dit volgende kom. Iets soos ryswyn word baie min
in Suid-Afrika gedrink en kan daarom laaste kom.
Dis belangrik dat jy vir so 'n opdrag nie net die woorde in verskillende groepe verdeel
nie – jy is nie gevra om dit te kategoriseer nie. Jy moet dit hiërargies orden, met
ander woorde van die bekendste na die onbekendste in een groep.
As jy gevra word om jou ordening te motiveer, moet jy probeer om aan soveel as
moontlik redes te dink vir jou ordening. By die drinkgoed kon jy bv. gesê het hoekom
koffie, tee en koeldrank volgens jou die prototipes is – dit word nie net per geleentheid
gedrink soos alkoholiese drankies nie, maar heeldag en oral; dit is ook goedkoper en
makliker bekombaar as die res en sal daarom meer gebruik word.
Maak seker dat jy die terme prototipe en periferie ken en dat jy die opdrag verstaan
en reg uitvoer, dan behoort jy al heelwat punte te kry. Die nasieners sal beslis nie van
jou verwag om presies dieselfde volgorde as op die memorandum te gee nie, maar
hulle moet kan sien dat jy die vraag verstaan en daaroor nagedink het. Daarom is jou
motivering vir die volgorde wat jy kies baie belangrik. Kyk na die puntetelling en
moenie net 1 rede skryf as iets 5 punte tel nie.
LEKSIKALE BETEKENIS is ‘n lekseem (woord) se vaste betekenis binne die
betekenissisteem van ‘n taal.

DENOTASIE verwys na die verhouding tussen ‘n lekseem en iets in die buitetalige


werklikheid, bv. persone, dinge, plekke, eienskappe, prosesse, aktiwiteite. Ons kan
dus sê dat ‘n lekseem iets in die werklikheid denoteer (aanwys, insluit, omvat).

Leksikale betekenis en denotasie saam vorm DESKRIPTIEWE BETEKENIS.

KONNOTASIE verwys na al die persoonlike of individuele betekeniswaardes wat ‘n


taalgebruiker aan ‘n lekseem heg; dus die “bybetekenis” wat die woord vir ‘n bepaalde
spreker het. Ons konnotasie met ‘n woord is ten nouste gekoppel aan ons ervaring
van die entiteite in die werklikheid.Party mense hou bv. baie van olywe en het dus ‘n
positiewe konnotasie met die woord. Ander mense eet dit glad nie; hulle konnotasie
met olywe is dat dit sleg smaak.

GRAMMATIESE BETEKENIS verwys na ‘n lekseem se grammatiese eienskappe wat


dit deel maak van ‘n bepaalde klas, bv. selfstandige naamwoorde, werkwoorde,
adjektiewe.

STILISTIESE BETEKENIS het te make met ‘n spreker se keuse uit variante; dit sê iets
oor die spreker se houding ten opsigte van ‘n onderwerp of oor sy beoordeling
daarvan. So kan ‘n mens bv. kies of jy wil sê iemand het te sterwe gekom of iemand
het gevrek

EMOTIEWE/AFFEKTIEWE BETEKENIS het te doen met die gevoel of emosie wat ‘n


bepaalde taalelement oordra. So dra skelwoorde byvoorbeeld ‘n baie negatiewe
betekenis.

Stel ’n lys van 10 woorde op om 'n kategorie (soogdier/visse/blomme) uit te druk.


Motiveer jou keuse van die prototipe en jou keuse van wat op die periferie is.
Stap 1. Skryf 10 soorte blomme neer.

Stap 2. Skryf die prototipe boaan jou lys neer. Dit is die blom waaraan jy eerste
dink as jy die woord “blom” hoor. Rangskik dan al die woorde in volgorde
tot by die blom waaraan jy die minste dink, of selfs een wat jy nie ken
nie; dit is die periferie.

Stap 3. Verduidelik hoekom jy die woorde gekategoriseer het soos jy dit in Stap
2 gedoen het. (hoekom jy daardie volgorde gebruik het). Hoe het jy
besluit wat die prototipe is? (Hoekom het jy jou eerste woord boaan die
lys geplaas?) En hoe het jy besluit wat die periferie is? (Hoekom het jy
jou laaste woord onderaan die lys geplaas?)

VOORBEELD: 'n Kategorie van blomme

4. Skryf 'n lys woorde neer:


roos, sonneblom, angelier, aalwyn, varkoor, tjienkerientjee, daglelie, viooltjie, aster

5. Rangskik dit van prototipe na periferie:


roos, angelier, varkoor, aster, viooltjie, sonneblom, daglelie, tjienkerientjee, aalwyn

6. Motiveer jou keuse van die prototipe en periferie.


Die meeste mense dink eerste aan 'n roos as hulle aan blomme dink. Dit word die
meeste in ruikers gebruik, bv. vir troues, en is waarskynlik die bekendste blomsoort.
Angeliere, varkore en asters word ook dikwels in ruikers gebruik.
Viooltjies word meestal in potte gekweek en word nie juis in ruikers gebruik nie.
Sonneblomme herinner ? mens eerder aan boerdery as aan blommeruikers. Dit kom
op plase voor, maar nie juis in dorpstuine nie.
Daglelies word nooit gepluk nie, omdat dit te vinnig doodgaan; daarom dink 'n mens
selde daaraan as jy aan blomme dink.
Tjienkerientjees is nie juis bekend nie.
Aalwyne kom net in sekere dele van die land in die veld voor, nie juis in tuine of ruikers
nie. 'n Mens dink eerder daaraan as 'n veldplant en nie as 'n blom nie.
Op skool het jy na alle teenoorgesteldheidsbetrekkinge verwys met die term
antonimie. Teenoorgesteldes verskil egter van mekaar. Op grond van hierdie verskille
word onderskei tussen VIER soorte teenoorgesteldheid.

Antonimie
Die term antonimie verwys na die kontras tussen gradeerbare woorde, met ander
woorde adjektiewe waarvoor jy trappe van vergelyking kan gee soos warm – koud,
maer – vet, mooi – lelik.
Die trappe van vergelyking lyk so:
• warm, warmer, die warmste teenoor koud, kouer, die koudste
• maer, maerder, die maerste teenoor vet, vetter, die vetste
• mooi, mooier, die mooiste teenoor lelik, leliker, die lelikste
Jy kan ook ‘n graadwoord voor hierdie woorde gebruik, bv. baie warm, verskriklik koud.

Komplementariteit
Die term komplementariteit verwys na die kontras tussen niegradeerbare adjektiewe
soos
• manlik – vroulik
• dood – lewend
• waar – vals
Hierdie woorde het nie trappe van vergelyking nie, want ek kan nie sê iemand is meer
dood as iemand anders nie – as jy dood is, is jy dood. Jy kan nie doder of die doodste
wees nie.
Let op dat ons hier met kontras werk. As die musiek op ‘n partytjie nie vinnig en hard
genoeg is nie, kan jy wel sê ek wens hulle speel lewendiger musiek. Maar dan gaan
dit nie om die kontras tussen lewend en dood nie (wel tussen lewendig en dooierig).
Maak dus doodseker met watter soort kontras jy te doen het. Dit is net
komplementariteit as die woorde wat in kontras met mekaar staan nie trappe van
vergelyking het nie.
Omgekeerdheid
Die term omgekeerdheid verwys na die kontras tussen pare wat parafrases van
mekaar vorm, met ander woorde as jy die twee woorde in sinne gebruik, sal die sinne
dieselfde beteken. Hierdie soort woorde druk dikwels omgekeerde sosiale rolle of
familieverbintenisse uit. Vergelyk byvoorbeeld:
Sannie is Jan se vrou. = Jan is Sannie se man.
Louis is my neef. = Ek is Louis se niggie.
Piet is Marie se dokter. = Marie is Piet se pasiënt.
Willem is Wilna se pa. = Wilna is Willem se dogter.
Dalene is Stefan se ouma. = Stefan is Dalene se kleinseun.

Direksionele kontras
Die term direksionele kontras impliseer beweging in een van twee teenoorgestelde
rigtings ten opsigte van 'n gegewe plek of punt (dink aan die Engelse woord direction).
Vergelyk byvoorbeeld:
op – af
aankom – vertrek; kom – gaan
links – regs
voor – agter
Direksionele kontras kan egter ook verwys na die kontras tussen positiewe en
negatiewe waardes. Vergelyk byvoorbeeld:
onthou – vergeet
besit – verloor
getroud – geskei

Denotasie: Verhouding tussen 'n woord en sy denotata


Denotata is AL die buitetalige sake waarna 'n item kan verwys, bv.
• leer (waarop jy klim om iets op die dak by te kom)
• leer (waarvan onder andere skoene, handsakke en meubels gemaak word)
• leer (om jou toets deur te kom)
Denotasie is NIE konteksgebonde nie – dit is die betekenis van 'n woord sonder dat
ons die konteks in ag neem

Verwysing: Die verhouding tussen woorde en alles in die wêreld


Verwysing is konteksgebonde: dit bestaan net in 'n gespreksituasie, want dit word eers
geaktiveer wanneer dit gebruik word. Ek weet bv. wat die woord leer se denotata is,
maar ek weet nie waarna die woord verwys voordat dit nie in 'ngespreksituasie in
konteks geplaas word nie. Eers as iemand sê: “Ek moet baie hard leer om deur te
kom.” of na my bank wys en sê: “Dis darem pragtige leer.” weet ek waarna die woord
leer verwys.

Referente is buitetalige sake, gebeure, handelinge, eienskappe waarna leksikale


items (woorde en woordgroepe) verwys

Konnotasie: Assosiatiewe betekenis


Dit is die waarde wat 'n woord kry a.g.v. assosiasies met die denotata. Die woord
jakkals verwys bv. na ? hondagtige dier, maar ons assosieer dit ook met die eienskap
skelm.
Konnotasies is dikwels 'n figuurlike betekenis. Dit kan verskil van spreker tot spreker,
want elke mens kan sy eie (dikwels emosionele) waarde aan 'n woord heg.

Kyk na die verskillende soorte betekenis in die sin: “Sjoe, hy is 'n groot vark.”
Denotasie: 'n nieherkouende soogdier wat vir sy spek en vleis geteel word
Konteks – iemand wat na 'n boer se stoetdier wys – dit is verwysing na 'n dier; die
referent is 'n dier; emosioneel staan die spreker waarskynlik neutraal
Konteks – iemand wat na 'n baie vuil mens wys – dit is verwysing na 'n mens; die
referent is 'n mens; daar is 'nemosioneel negatiewe assosiasie/konnotasie.
Sintaksis:

Die man koop vir die meisie ‘n pragtige bos blomme.

Die man koop (onderwerp) + die meisie(indirekte voorwerp) + bos blomme (direkte voorwerp)

‘n NS is ‘n stuk met ‘n naamwoord (s.nw./vnw./eienaam) as kern. Die NS kan ook ‘n voorbepaling


en ‘n nabepaling bevat, bv. Die mooi meisie met die swart hare

Die NS kan verskeie funksies hê – dit “doen” verskillende goed in ‘n sin: ondw., voorw,
voorbepaling, setselaanvulling, kopula-aanvulling/kopulapredikaat. Kyk na die volgende
voorbeeld.

In “Die mooi meisie met die swart hare” gaan dit duidelik oor die meisie – dit is die kernnaamwoord
(s.nw. – soortnaam).

Voor die woord meisie staan die voorbepaling: die mooi (bep. lw. + adj.)

Na die woord meisie staan die nabepaling: met die swart hare (SG = setsel + NS – nou kan jy
hierdie NS weer net soos “die mooi meisie” ontleed: vbp. (lw. + adj.) + s.nw.

VORM + FUNKSIE

Die mooi meisie met die swart hare het vir my pragtige blomme gegee.

Die mooi meisie met die swart hare: Vorm = NS Funksie = ondw.

Het vir my pragtige blomme gegee: Vorm = WS Funksie = gesegde

vir my Vorm = SG Funksie = voorsetselvoorwerp (vir


= setsel)

pragtige blomme Vorm = NS Funksie = (direkte) voorwerp

Die mooi Vorm = bep. lw. + adj. Funksie = voorbepaling by “meisie”

met die swart hare Vorm = SG Funksie = nabepaling

die swart hare Vorm = NS Funksie = setselaanvulling

die swart Vorm = bep. lw. + adj. Funksie = voorbepaling by “hare”


Benoem die bysinne in die onderstaande sinne na hulle vorm en funksie.

LET WEL: Sluit die bysin in jou antwoord in. Sonder die bysin verloor jy die helfte van die punt(e).

1 Om eerste te kom, verg harde werk.

Vorm: infinitiefsin (dit bevat om te)

Funksie: onderwerpsin

Vervang die bysin met 'n vnw.: Dit verg harde werk.

Doen nou dieselfde sin as met 'n enkelvoudige sin om vas te stel wat die onderwerp is.

2 Sy het gesweer dat sy nie vir die ongeluk verantwoordelik is nie.

Vorm: volle bysin (dit bevat ? onderwerp [sy] en gesegde [is nie vir die ongeluk verantwoordelik
nie] soos 'n hoofsin, net die woordvolgorde verskil.)

Funksie: voorwerpsin

Vervang die bysin met 'n vnw.: Sy het dit gesweer/Sy sweer dit.

Dit/die bysin volg op ? oorganklike hoofwerkwoord, daarom is dit die voorwerp.

3 Ek het ongelukkig vergeet om die wyn saam te bring.

Vorm: infinitiefsin (dit bevat om te)

Funksie: voorwerpsin

4 Dit lyk of hulle maar sukkel.

Vorm: volle bysin

Funksie: predikaatsin

Dit is die aanvulling van die koppelwerkwoord net soos die kopulapredikaat in 'n enkelvoudige sin.

5 Sy plan om 'n nuwe besigheid te begin, het misluk.

Vorm: infinitiefsin (dit bevat om te)

Funksie: nabepalingsin

Dit staan na die s.nw. plan en dit bepaal die s.nw., dus is dit 'n nbp.
Elke enkelvoudige sin het slegs een hoofwerkwoord (MO, bl. 70-73).

Die HW is die nieweglaatbare werkwoord (ww.) in ? sin en dit is die kern van die werkwoordstuk
(WS).Vergelyk bv.:

Sarel slaap.

Sarel: vorm – NS

funksie – onderwerp

slaap: vorm – WS

funksie – spilww.

Die SPIL is die eerste werkwoord in ? sin (MO, bl. 88).

? Saamgestelde sin bevat meer as een hoofwerkwoord (HW) (MO, bl. 70-73).

Medewerkwoorde (MW) is weglaatbaar. Dit sluit hulpwerkwoorde en skakelwerkwoorde in (MO,


bl. 74).

Vergelyk bv.: Hy sal wil gaan slaap as hy na sy nagskof tuiskom.

Hy sal wil gaan slaap. Hy wil gaan slaap. Hy gaan slaap. Hy slaap.

Ons kan sal, wil en gaan weglaat – dit is medewerkwoorde.

Ons kan egter nie slaap weglaat nie, want dit is die HW.

Ons kan ook nie tuiskom weglaat uit die bysin nie: as hy na sy nagskof tuiskom. Tuiskom is daarom
ook ? HW.

Omdat die sin twee hoofwerkwoorde bevat (slaap en tuiskom), weet ons dit is ? saamgestelde sin.

kopula-aanvulling San is [mooi]

adjunk Sy loop [stadig]

voorbepaling (’n [lelike]) eendjie

nabepaling iets [moois]

Om adjektiefstukke te identifiseer:
Stel vas of dit ? enkelvoudige of saamgestelde sin is.

As dit saamgestel is, verdeel dit in enkelvoudige sinne.

Verdeel die enkelvoudige sin in onderwerp en gesegde.

Stel nou vas of die adjektief deel is van die onderwerp of gesegde (of albei).

Onthou, die onderwerp en voorwerp is altyd ? NS (naamwoordstuk).

As die adjektief in die NS voor die nw. (naamwoord) staan, is dit (deel van) die vbp.
(voorbepaling) by die nw.: ’n lelike eendjie

As die adjektief in die NS na die nw. (naamwoord) staan, is dit (deel van) die nbp. (nabepaling)
by die nw.: iets moois

As die adjektief deel is van die WS (werkwoordstuk/gesegde), stel vas of dit deel is van die WS-
kern. Die voorwerp (? NS) en die kopula-aanvulling staan in die kern – as ? mens dit weghaal,
verander die hoofwerkwoord of die sin raak ongrammatikaal.

As die adjektief in die kern staan en deel is van ? NS, is dit steeds ? voorbepaling of nabepaling:
San lees ? mooi boek. (“? mooi boek” is die voorwerp. As ek dit weglaat, is die ww. onoorganklik
en nie meer oorganklik nie.)
As die adjektief in die kern staan maar nie ? deel is van die voorwerp nie, is dit ? kopula-aanvulling:
San is mooi. As ek “mooi” weglaat, is die sin ongrammatikaal, want ? koppelwerkwoord kan nie
sonder sy aanvulling staan nie.

As die adjektief deel is van die WS, maar nie in die kern staan nie, is dit ? adjunk: Sy loop stadig.

Lees al die inligting wat ek oor sintaksis geplaas het om hierdie verduideliking te verstaan en VRA
as daar nog iets is waaroor jy wonder.

’n Werkwoord verwys na 'n handeling – iets wat iemand doen, 'n toestand waarin iemand
of iets verkeer. Hulle kan met hulpwerkwoorde verbind om tyd of modaliteit uit te druk.

Die HOOFWERKWOORD (HW) is die enigste woord wat nooit uit 'n sin weggelaat kan word nie.
Vergelyk bv.: “Loop!”

Hoofwerkwoorde word in kategorieë verdeel op grond van hulle verbintenis met ander
woorde/sinstukke:
Onoorganklike werkwoorde (Won.) hoef nie deur enigiets gevolg te word nie, bv. Ons
gesels. Die baba slaap.

Oorganklike werkwoorde (Woor.) moet gevolg word (“oorgaan op”) deur 'n s.nw. wat die
voorwerp is: Hy skop die bal. Sy sing'n lied.

Koppelwerkwoorde (Wkop.) koppel die sin se onderwerp aan 'n eienskap van die
onderwerp, bv. Die kind is siek. Die blommelyk mooi.

Voorsetselwerkwoorde (Wvs.) word gevolg deur 'n vaste voorsetsel (dit moet altyd
dieselfde voorsetsel wees en kan nie met ? ander een vervang word nie), bv. Ek hou van
biltong. (Ek kan nie sê “Ek hou agter biltong.” nie.)

Refleksiewe/wederkerende werkwoorde (Wrefl./Wwed.) koppel 'n onderwerp en


voorwerp wat na dieselfde referent (persoon/ding) verwys, bv. Ek vererg my. (Ek en my
verwys na dieselfde persoon.)
Assisterende (stut)werkwoorde, byvoorbeeld: laat (val die bal); kom/gaan (haal die
kinders)
Omskrywingswerkwoorde (Womskr.), byvoorbeeld: is (gesnoei); word (opgesit)

Bestudeer bl. 67-70 in jou MO en doen dan die volgende:

Aktiwiteit 4.9 op bl. 69

• ? Koue glas lemoensap is heerlik. Dié stuk verwys na lemoensap. Die woord lemoensap:
• benoem iets (gee ? naam aan die sap) – volgens sy betekenis is dit ? s.nw.
(selfstandige naamwoord);
• het ? meervoud (ek bestel drie lemoensappe) en verkleiningsvorm (hy wil net ?
klein sappie drink) – sy morfologiese kenmerke is ook dié van ? s.nw.; en
• kan voorafgegaan word deur ? lidwoord (die lemoensap) – dit het die sintaktiese
kenmerke van ? s.nw.
Ons kan dus op grond van lemoensap se betekenis en sy morfologiese en sintaktiese kenmerke
sê die woord lemoensap is ? s.nw.

• ? Sny brood met konfyt is baie lekker. Lekker sê vir ons hoe die konfyt smaak. Die woord
lekker:
• beskryf iets;
• het trappe van vergelyking (is dus gradeerbaar – ek kan sê hóé lekker iets is); en
• dit kan voorafgegaan word deur ? graadwoord (bv. baie lekker, verskriklik lekker).

Ons kan dus op grond van lekker se betekenis en sy morfologiese en sintaktiese kenmerke sê die
woord lekker is ? adjektief (bl. 105).

Bestudeer bl. 63-67 en bl. 71-73 in jou MO en doen dan die volgende:
Aktiwiteit 4.5 op bl. 66

Aktiwiteit 4.6 op bl. 67

Aktiwiteit 4.7 op bl. 69

Aktiwiteit 4.8 op bl. 70

Om vas te stel wat die onderwerp van ? ENKELVOUDIGE SIN is:

7. Onderstreep die spilwerkwoord.


8. Verander die sin in 'n ja/nee-vraagsin
9. Maak 'n stelsin wat met die onderwerp begin.
10. Skryf die onderwerp vetgedruk (“bold”).
11. Sit blokhakies om die gesegde.
12. Sit blokhakies om die gesegde.

VOORBEELD:
Gister het die seun met die seer been al weer probeer rugby speel.

Onderstreep die spilwerkwoord. Gister het die seun met die seer been al weer
Dit is die eerste werkwoord in die sin. probeer rugby speel.
Verander die sin in 'n ja/nee-vraagsin Het die seun met die seer been gister al weer
(inversievraagsin /algemene vraagsin). probeer rugby speel?
Dit begin met die spilwerkwoord en die
antwoord kan ja of nee wees.
Maak 'n stelsin wat met die onderwerp begin. Die seun met die seer been het gister al weer
Die eerste woord na die spilwerkwoord is probeer rugby speel.
die begin van die onderwerp.
Skryf die onderwerp vetgedruk (bold). Die seun met die seer been het gister al
Alles wat voor die spilwerkwoord staan, is weer probeer rugby speel.
deel van die onderwerp.
Sit blokhakies om die gesegde. Die seun met die seer been [het gister al
Alles wat nie deel is van die onderwerp nie, is weer probeer rugby speel].
deel van die gesegde.

Die VOOWERP is altyd 'n naamwoordstuk wat deel is van die gesegde.

Voorbeeld: Die seun skop die rugbybal.

Skop die seun die rugbybal?

Die seun [skop die rugbybal].

As die sin omgeskakel word in 'n passief, staan die voorwerp eerste:

Die rugbybal word geskop deur die seun.

Lees weer die plasing oor hoe om vas te stel wat die onderwerp en gesegde van 'n enkelvoudige
sin is. Verdeel dan die saamgestelde sin in enkelvoudige sinne (hoofsin en bysinne). Ontleed nou
elke deel van die saamgestelde sin (elke enkelvoudige sin wat deel is van die saamgestelde sin)
net so om vas te stel wat elkeen se onderwerp is.

VOORBEELD:

Dat die seun die rugbybal ver kan skop, is 'n feit.
Is dit 'n feit dat die seun die rugbybal ver kan skop?

Dit is 'n feit [dat die seun die rugbybal ver kan skop].

Omdat dit 'n saamgestelde sin is, is daar twee hoofwerkwoorde: skop en kan

Ons kan die twee sinne afsonderlik ontleed:

Die seun [kan die rugbybal ver skop].

Dit [is 'n feit].

Dit is 'n voornaamwoord wat verwys na die sin dat die seun die rugbybal ver kan skop.
Jy kan sien dit is die onderwerp van die sin en dit kan vervang word met die sin dat die seun die
rugbybal ver kan skop. Ons sien dus dat die seun die rugbybal ver kan skop is ? sin wat die funksie
van onderwerp vervul, daarom noem ons dit 'n onderwerpsin.

'n Feit is 'n naamwoordstuk; dit is nie deel van die onderwerp nie, maar wel van die gesegde – dit
is dus die voorwerp.

Gaan lees gerus weer al die aantekeninge onder die forum oor Sintaksis.

13. Onthou om met sinstukke te werk, nie met 'n enkele woord nie (tensy die sinstuk net uit
een woord bestaan), bv.: Die man met die blou hemp is my pa. Die onderwerp van die sin
is Die man met die blou hemp (nié net man nie).
14. Die woorde van 'n sinstuk word saam rondgeskuif in 'n sin, bv.: My pa is die man met die
blou hemp.
15. 'n Bysin is deel van 'n saamgestelde sin ('n sin met meer as een hoofwerkwoord) en kan
dikwels met 'n enkele woord soos 'n voornaamwoord of bywoord vervang word, bv.

Hy is my pa. Die man met die blou hemp is my pa.

Hulle swem graag waar die grootste branders breek. Hulle swem graag daar.

Die bestuurder sê dat die teater binnekort oopmaak vir die toeskouers. Die bestuurder sê
dit.

16. Bysinne het twee vorme: dit is óf 'n infinitiefsin (bevat om te) óf 'n volle bysin ('n volledige
sin met afhanklike volgorde).
17. 'n Bysin vervul die funksie van 'n sinstuk, dit wil sê onderwerp, voorwerp, adjunk van
tyd/plek/rede, predikaat (aanvulling van ? koppelwerkwoord), ens. Dit is dieselfde funksies
as wat sinstukke in 'n enkelvoudige sin het; maak dus seker jy verstaan die funksies van
stukke in enkelvoudige sinne voordat jy saamgestelde sinne probeer ontleed. As jy dan
die bysin met ? enkele woord vervang en weet wat die funksie van daardie woord in ?
enkelvoudige sin is, weet jy ook wat die funksie van die bysin in die saamgestelde sin is.

Kom ons kyk nou na voorbeelde.

Om eerste te wees, is nie altyd maklik nie. Dit is nie altyd maklik nie.

Vorm: Infinitiefsin (bevat om te) Funksie: Onderwerpsin

Vra 'n algemene vraagsin (wat met die spilwerkwoord begin) en beantwoord dit om vas te stel wat
die onderwerp van die sin is; alles wat in die stelsin (antwoordsin) links van die spilwerkwoord
staan, is die onderwerp (die spilww. is pers in die sinne wat volg):
Is dit altyd maklik? Dit is altyd maklik.

Is om eerste te wees altyd maklik? Om eerste te wees, is altyd maklik.

Dat mens nie sonder harde werk slaag nie, is ’n feit. Dit is 'n feit.

Vorm: volle bysin (bevat onderwerp en gesegde soos ? gewone sin) Funksie:
Onderwerpsin

Doen die toets vir onderwerp en gesegde:

Is dit 'n feit? Dit is ? feit.

Is dat mens nie sonder harde werk slaag nie 'n feit? Dat mens nie sonder harde werk slaag nie, is
’n feit.

Sy het gesê dat sy nie weer sal kom nie. Sy het dit gesê. (Sy sê dit.)

Vorm: volle bysin (bevat onderwerp en gesegde soos 'n gewone sin) Funksie:
Voorwerpsin

(Kyk na die enkelvoudige sin waarin die bysin met dit vervang is en jy sal sien dat dit die voorwerp
is.)

Julle moet onthou om julle rekeninge te betaal. Julle moet dit onthou. (Julle onthou dit.)

Vorm: Infinitiefsin (bevat om te) Funksie: Voorwerpsin

Bestudeer al die inligting op hierdie forum en volg dan die volgende drie stappe om enkelvoudige
sinne te ontleed:

• Verdeel die sin in 'n onderwerp (NS) en gesegde (WS).


• Ontleed die onderwerp.
• Ontleed die gesegde.

Perspektivering is ? manier om iets vir die leser in perspektief te stel deur ? bepaalde deel van
die sin meer of minder te beklemtoon. Die volgende konstruksies word vir perspektivering gebruik:

• Omskrywingskonstruksies: (die passief wat die voorwerp beklemtoon en partykeer selfs


die onderwerp weglaat)
• Topikalisering/topiekkontruksies: (‘n ander deel van die sin – nie die onderwerp nie –
word beklemtoon deur dit voorop in die onderwerp se normale posisie aan die begin van
die sin te plaas)
• Eindplasing: (stukke wat gewoonlik aan die begin of in die middel van die sin staan, word
aan die einde geplaas sodat dit beklemtoon word)

Omskrywingskonstruksies is wat jy tot dusver leer ken het as die passiewe/lydende vorm.
Vergelyk bv.:

• Piet het al die appels opgeëet. (neutrale stelsin)


• Al die appels is deur Piet opgeëet. (passief waarin meer klem op al die appels én op Piet
geplaas word)
• Al die appels is opgeëet. (agenslose passief waarin al die klem op al die appels geplaas is
deurdat Piet heeltemal weggelaat is)

Topikalisering is waar ? ander deel as die onderwerp in die eerste posisie in die sin geplaas word
sonder dat enigiets bygevoeg of weggelaat word – die bestaande woorde word net rondgeskuif.
Dié deel van die sin wat beklemtoon moet word (die “topiek”), word na die begin van die sin geskuif,
bv.:

• Hy loop heeldag en toffies eet. (neutrale stelsin)


• Toffies loop hy heeldag en eet. (klem op toffies)
• Heeldag loop hy en toffies eet. (klem op heeldag)

Eindplasing (ook agterplasing genoem) is waar ? deel van die sin wat beklemtoon moet word en
nie gewoonlik aan die einde van die sin staan nie, na die einde van die sin toe geskuif word, bv.:

• Ek toer nie graag in Amerika rond nie. (neutrale stelsin)


• Ek toer nie graag rond in Amerika nie. (klem op in Amerika)

Saamgestelde sinne kan neweskikkend of onderskikkend wees (MO, bl. 79).

Neweskikkende sinne het 'n onafhanklike woordorde en word verbind met 'n neweskikkende
voegwoord (MO, bl. 93-94). As die voegwoord weggelaat word, kan elke sin op sy eie as hoofsin
staan, bv.
Ek gaan slaap. Ek is moeg. Ek gaan slaap, want ek is moeg.

Onderskikkende sinne het 'n afhanklike woordorde en word met 'n onderskikkende
voegwoord aan die hoofsin verbind (MO, bl. 94-95), bv.

Ek gaan slaap omdat ek moeg is.

...ek moeg is het 'n afhanklike woordorde – dit kan nie op sy eie as hoofsin staan nie.

Net soos sinstukke het bysinne ook 'n vorm en 'n funksie.

Wanneer jy bysinne na die vorm en funksie benoem, is dit belangrik om eers die hoofsin en die
bysin van mekaar te skei. Onthou om in die eksamen en in werkstukke altyd die bysin te gee
voordat jy sy vorm en funksie noem. As die nasiener nie weet of jy met die regte bysin werk nie,
kan jy net die helfte van die punte vir 'n vraag kry.

Bysinne is na hulle vorm óf volle bysinne óf infinitiefsinne (MO, bl. 95).

'n Volle bysin het altyd 'n onderwerp.

'n Infinitiefsin het nie 'n onderwerp nie en dit bevat om te.

Net soos 'n sinstuk, kan 'n bysin verskillende funksies vervul: onderwerp, voorwerp, adjunk van
tyd/plek/rede, predikaat (aanvulling van 'n koppelwerkwoord), ens. (MO, bl. 96 en verder).

Kom ons kyk na 'n paar voorbeelde.

• Dat 'n mens hard moet werk, is nie te betwyfel nie.

Hoofsin: (dit) is nie te betwyfel nie.

Bysin: Dat 'n mens hard moet werk

Bysin se vorm: volle bysin (die onderwerp is 'n mens).


Bysin se funksie: onderwerpsin (kyk weer na die hoofsin – die bysin staan in die plek van die
onderwerp)

• Ek het ongelukkig vergeet om hulle ook te nooi.

Hoofsin: Ek het ongelukkig vergeet.

Bysin: om hulle ook te nooi.

Bysin se vorm: infinitiefsin (dit bevat om te).

Bysin se funksie: voorwerpsin (kyk weer na die hoofsin – die bysin staan in die plek van die
voorwerp)
• Dit lyk of hy nie die mas opkom nie.

Hoofsin: Dit lyk

Bysin: of hy nie die mas opkom nie.

Bysin se vorm: volle bysin (die onderwerp is hy).

Bysin se funksie: predikaatsin (kyk weer na die hoofsin – dit is die aanvulling by die
koppelwerkwoord lyk.

Gaan doen nog meer voorbeelde in die ou eksamenvraestelle en VRA as jy iets nie verstaan nie.

Woorde word saamgevoeg om SINSTUKKE te vorm.

Elke sinstuk het 'n VORM (binnebou – hoe lyk dit) en 'n FUNKSIE (buitebou – wat doen dit in die
sin).

Kom ek verduidelik dit aan die hand van 'n voorbeeld wat nie uit die taalkunde kom nie:

Ek is 'n vrou van middelmatige lengte met donker hare en oë – dis my vorm (hoe ek lyk).

Ek het verskeie funksies: ek is my man se vrou, my kinders se ma, jou tutor, ens. – dis wat ek
doen.

Kom ons gaan nou terug na die taal: elke sinstuk het 'n vorm (binnebou) en 'n funksie (buitebou).

Ons benoem elke stuk as geheel volgens die woordsoort van die kernwoord in die stuk, dié woord
wat die hoofbetekenis van die stuk dra.

As die kernwoord 'n naamwoord is, noem ons die stuk 'n naamwoordstuk (NS).

As die kernwoord 'n werkwoord is, noem ons die stuk 'n werkwoordstuk (WS).
As die kernwoord 'n adjektief (byvoeglike naamwoord) is, noem ons die stuk 'n adjektiefstuk (AS).

As die kern 'n voorsetsel is, noem ons die stuk 'n setselgroep (SG).

'n Sinstuk bestaan uit een of meer woorde. As jy gevra word om sinstukke te benoem, moet jy
dit steeds 'n STUK noem al bestaan dit net uit een woord.

Byvoorbeeld: Hy lag lekker.

Hy: Binnebou/vorm – NS

Buitebou/funksie – onderwerp
'n Sinstuk kan verskillende FUNKSIES in 'n sin hê.

'n NS kan bv. die onderwerp of die voorwerp in 'n sin wees.

Bestudeer bl. 79-86 in jou MO en doen dan die volgende:

Aktiwiteit 5.1 op bl. 81

Aktiwiteit 5.2 op bl. 83

Aktiwiteit 5.3 op bl. 84

Aktiwiteit 5.6 op bl. 86

Onderwerpsin

Dat 'n mens hard moet werk, is nie te betwyfel nie.

Hoofsin: (dit) is nie te betwyfel nie.

Bysin: Dat 'n mens hard moet werk

Bysin se vorm: volle bysin (die onderwerp is 'n mens).

Bysin se funksie: onderwerpsin (kyk weer na die hoofsin – die bysin staan in die plek van die
onderwerp)

Voorwerpsin

Ek het ongelukkig vergeet om hulle ook te nooi.

Hoofsin: Ek het ongelukkig vergeet.


Bysin: om hulle ook te nooi.

Bysin se vorm: infinitiefsin (dit bevat om te).

Bysin se funksie: voorwerpsin (kyk weer na die hoofsin – die bysin staan in die plek van die
voorwerp)

Predikaatsin
Die predikaat is die werkwoordstuk/gesegde in die sin. Die Oxford Dictionary definieer dit soos
volg: “The part of a sentence or clause containing a verb and stating something about the subject
(e.g. went home in John went home).”

In 'n saamgestelde sin is 'n predikaatsin 'n bysin wat as kopulapredikaat/aanvulling by die
koppelwerkwoord optree, bv.:

Dit lyk of hulle maar sukkel.

Lyk is 'n koppelwerkwoord en die bysin “of hulle maar sukkel” is die aanvulling by lyk, daarom is
dit 'n predikaatsin.

Betreklike bysin

'n Betreklike bysin begin met 'n betreklike voornaamwoord wat terugverwys na 'n s.nw. Die
betreklike bysin sê iets oor daardie s.nw. waarna die betr. vnw. verwys.

Die seun wat daar speel, is my kind. Wat is 'n betr. vnw. wat na seun verwys. “Wat daar speel”
sê vir ons iets oor die seun. Omdat “wat daar speel” met 'n betr. vnw. begin en iets sê oor die s.nw.
waarna wat verwys, is "wat daar speel" 'n betreklike bysin.

Graadsin

'n Graadsin tree soos 'n graadadjunk/bywoord van graad op as bepaler by die werkwoordstuk - dit
sê hoe erg iets is/in watter mate/graad iets gebeur, bv.: Sy is so moeg dat sy nie op haar voete
kan staan nie.

is so moeg = werkwoordstuk

dat sy nie op haar voete kan staan nie = graadsin – dit sê hoe moeg sy is

Benoem die sinstukke se binnebou (vorm) deur na die woordsoort te kyk.

• 'n Koue glas lemoensap is heerlik. Dié stuk verwys na lemoensap. Lemoensap is dus die
sinstuk se kern. Omdat die kern van die sinstuk 'n s.nw. is, is die sinstuk 'n naamwoordstuk
(NS).

• 'n Sny brood met konfyt is baie lekker. Dié stuk sê vir ons hoe die konfyt smaak. Omdat
die kern van die sinstuk 'n adj.(b.nw.) is, is die sinstuk 'n adjektiefstuk (AS).

Benoem nou die sinstukke se funksie deur te kyk wat hulle in die sinne doen (MO, bl. 83).
• 'n Koue glas lemoensap is heerlik.
• 'n Koue glas lemoensap is die entiteit waaroor iets in die sin gesê word. Op grond
hiervan kan ons sê dit is die onderwerpvan die sin.

• 'n Koue glas lemoensap is heerlik.


• 'n Koue glas staan voor die kernnaamwoord lemoensap en dit bepaal (beskryf) die
kernnaamwoord lemoensap. Op grond hiervan kan ons sê 'n Koue glas is die
voorbepaling by die naamwoord in die NS van die sin.

• 'n Sny brood met konfyt is baie lekker.


• Die AS baie lekker word deur die koppelwerkwoord is aan die onderwerp ('n sny
brood met konfyt) gekoppel. Die AS kan nie weggelaat word nie, want 'n
koppelwerkwoord sonder 'n aanvulling is ongrammatikaal. Omdat die AS die
koppelwerkwoord aanvul, is baie lekker 'n kopula-aanvulling.

• Hy eet 'n lekker appel.


• 'n lekker appel verwys na die ding wat die handeling ondergaan wat deur die
hoofwerkwoord aangedui word. Op grond hiervan kan ons sê 'n lekker appel is die
voorwerp van die sin.

• Hy eet 'n lekker appel.


• 'n lekker appel staan voor die kernnaamwoord appel en dit bepaal (beskryf) die
kernnaamwoord appel. Op grond hiervan kan ons sê 'n lekker appel is die
voorbepaling by die naamwoord in die NS van die sin.

Gaan doen nog meer voorbeelde in die ou eksamenvraestelle en VRA as jy iets nie verstaan nie.

Sinne word opgebou uit WOORDE. Maak seker jy ken die verskillende woordsoorte en kan
identifiseer watter woordsoort elke woord in ? sin is. VRA as jy nie seker is nie.

Die vernaamste kenmerke van woordsoorte is die volgende:

• betekenis
• naamwoorde benoem iets/gee 'n naam daaraan, bv. tafel, donkie, moed
• adjektiewe beskryf 'n eienskap van iets, bv. Hy is moeg. Die groen gras...
• werkwoorde verwys na 'n handeling/iets wat iemand doen of 'n toestand
waarin iemand of iets verkeer of dit verbind die onderwerp aan 'n eienskap
van die onderwerp, bv. Sy slaap. Dit is warm. Hulle word onderwysers.
• morfologiese eienskappe – met watse morfeme kan hulle verbind
• naamwoorde het dikwels 'n meervoud (stoele) en verkleining (stoeltjie)
• adjektiewe het dikwels trappe van vergelyking (mooier, mooiste) en as dit voor
'n nw. Staan, het dit dikwels 'nadjektiwiese -e, (goeie man, regte optrede)
• werkwoorde het 'n verlede tyd (geslaap, was warm, onderwysers geword)
• sintaktiese spreiding – kombinasiemoontlikhede/met watter ander woorde kan dit
verbind
• naamwoorde kan met 'n lidwoord verbind (natuurlik ook met baie ander
woordsoorte, maar as dit met 'n lw. kan verbind, weet jy dis 'n nw.), bv. 'n stoel,
die moed
• adjektiewe verbind met naamwoorde (rooi blomme) en werkwoorde (is rooi)
• werkwoorde verbind met hulpwerkwoorde om tyd (het geslaap) of modaliteit
(wil wen; sal gaan) uit te druk.

Doen nou die volgende aktiwiteite in jou MO en VRA as daar nog iets is wat jy wil weet:

Aktiwiteit 4.2 op bl. 60

Aktiwiteit 4.3 op bl. 61

Aktiwiteit 4.4 op bl. 62

Skryfvaardighede:

Die e-pos kom ooreen met ? formele brief. Maak seker dat jy AL die inligting weergee
wat die ontvanger sien as hy/sy die e-pos lees, ook dit wat die pakket op jou
rekenaar genereer (dus nie net wat jy invul nie):
• Sender se adres (From:) – Jy tik dit wel nie in as jy ? e-pos skryf nie, maar dit
verskyn in die e-pos as die ontvanger dit oopmaak en jy kan nie e-pos stuur as
jy nie ? e-posadres het waarvandaan jy dit kan stuur nie. Onthou dus om jou
eie e-posadres ook te gee.
• Ontvanger se adres (To:) – Die e-posadres van die persoon vir wie jy die e-pos
stuur. Gee alle e-posadresse soos wat jy dit op ? rekenaar sal sien as jy e-pos
stuur, nie ? gewone adres nie, bv. piet.pompies@gmail.com
• Cc – Dit gebruik jy net as dit nodig is om die e-pos vir meer as een persoon te
stuur.
• Datum en tyd – Jy vul dit ook nie in as jy die e-pos skryf nie, maar soos jou eie
e-posadres verskyn dit op die e-pos wat die ontvanger oopmaak. Net soos in ?
formele brief is dit noodsaaklike inligting, daarom moet jy onthou om dit te gee.
• Onderwerp (Subject:) – Jy moet sê waaroor die e-pos gaan. Onthou om dit kort
te hou, net een woord as dit moontlik is. As jy nie die onderwerp met een woord
kan saamvat nie, hou dit steeds KORT; moenie ? hele sin skryf nie. Dit stem
ooreen met die onderwerp in ? gewone formele brief.
• Rig die brief aan Geagte Meneer (of me.) en sit die van by as jy weet wat dit is,
bv. Geagte me. Botha
• Die boodskap self, bestaande uit ? inleiding, ? liggaam (paar paragrawe) en ?
slot net soos in enige ander skryfwerk.
• In die eksamen word dikwels gevra dat jy ? formele e-posbrief moet
skryf. Formeel beteken dit moet professioneel wees: die grammatika,
spelling en punktuasie moet korrek wees; sms-taal is nie aanvaarbaar in
? formele brief nie.
• Sê duidelik wat die rede is waarom jy die brief skryf, bv. om iemand vir
iets te bedank of om aansoek te doen vir werk of om oor swak diens te
kla.
• Hou die brief kort en bondig, maar sorg dat dit ten minste twee tot vier
paragrawe bevat waarin jy al die nodige inligting verskaf.
• Elke paragraaf moet oor ? spesifieke punt handel.
• Gebruik formele taal en sorg dat jy reg spel en geen taalfoute maak nie.
• Feite moet logies op mekaar volg sodat die boodskap duidelik en
verstaanbaar is.
• Sluit die brief net soos ? gewone brief af met “Die uwe” en daaronder jou naam.
• Handtekening aan die einde: Net soos in ? formele brief moet jy jou naam
onderaan ? e-pos skryf. Onthou egter dat dit ? elektroniese handtekening is
– tik dit soos jy in ? regte e-pos sal doen. Niemand gee ? handgeskrewe
handtekening in ? e-pos nie.
• Onthou ook as ? mens jou naam in ? formele brief teken, dan skryf jy dit
daaronder uit.
• Sê in watter hoedanigheid jy skryf/Gee jou posbenaming.
• Gee jou kontaknommer (en e-posadres as jy dit nie bo gegee het nie)
onder jou naam, bv.:
Die uwe
Me. Grieta Ellis
Dorpswinkel: Verkoopsbestuurder
079 456 2389
Wanneer jy ? brief of e-pos skryf, is jy eintlik besig om met iemand te praat. As die
houding wat jy inneem negatief is, gaan jou leser negatief daarop reageer. As jy egter
bloot ? probleem onder die leser se aandag bring en vra of dit reggestel kan word,
gaan jy waarskynlik ? baie beter reaksie kry en die leser sal waarskynlik baie gewilliger
wees om jou te help.

Dit is belangrik dat jy altyd seker maak vir wie jy skryf (dus: met wie jy praat) en
hoekom jy vir daardie persoon skryf (wat wil jy met jou brief of e-pos bereik). Kom ons
neem die e-pos wat julle vir Werkopdrag 2 moes geskryf het as voorbeeld. Jy het jou
werkopdrag teruggekry en gesien jou punt is 73% .Toe kyk jy op myUnisa en sien tot
jou skok daar staan jy het 0%.

Natuurlik raak ? mens ontsteld as jy sien jou punte is verkeerd opgeteken; dit kan
immers die verskil tussen druip en slaag of tussen net-net slaag en ? onderskeiding
beteken. Jy het hard gewerk vir jou punte en verdien dat dit reg opgeskryf word. Die
vraag is: Het die dosent jou met opset benadeel of per ongeluk ? fout begaan of het
daar dalk iets anders skeefgeloop? Die antwoord op daardie vraag gaan bepaal met
watter houding jy die e-pos skryf. Jou houding bepaal weer wat jy met jou e-pos gaan
bereik – gaan jy die dosent se medewerking en ? positiewe houding in die toekoms
kry, of gaan jy jou punt reggestel kry, maar die dosent onredelik kwalik neem sodat hy
in die toekoms negatief teenoor jou voel?

As jy sommer net aanvaar dat die dosent jou met opset benadeel het, gaan jy ?
woedende brief skryf. Dalk is die dosent nie eens bewus van die probleem nie en het
iets anders skeefgeloop. Die nasiener het dalk per ongeluk nie raakgesien dat die
stelsel die punt verkeerd op myUnisa gelaai het nie (onthou, alles word elektronies
gedoen en rekenaarfoute kan maklik insluip, veral as die internetsein swak is of tydens
die proses onderbreek word). Dan is die dosent heeltemal onskuldig en word uit die
bloute beskuldig van iets waarvan hy niks weet nie. Vra jouself af wie positief op so ?
boodskap gaan reageer.

As jy bloot die inligting met die dosent deel en bewyse aanheg sodat hy nie daarvoor
hoef te gaan soek op die stelsel nie, kry jy onmiddellik ? minder negatiewe reaksie. As
jy dan boonop beleefd vra dat die saak so spoedig as moontlik reggestel word en
byvoeg dat jy sy hulp sal waardeer, gaan hy jou baie graag help.

Om ? goeie punt vir skryfwerk te kry, moet jy nie net die struktuur van ? e-pos of brief
korrek hê en geen taal- en spelfoute maak nie. Jou boodskap moet ook logies en
oorredend wees. Hou die bakleierige, negatiewe en aggresiewe toon en boodskappe
vir iemand vir wie jy verskeie kere reeds op ? mooi manier gevra het om ? fout reg te
stel. Dreigemente is nié oorredend nie.

Lees weer Studie-eenheid 21.


Onthou om jou berig ’n opskrif te gee wat die lesers se aandag sal trek (bl. 202).
Die berig moet saaklik wees en vir die lesers inligting gee.
As dit ’n hoofberig is, moet jy ook die koerant se mening oor ’n saak gee, nie net die
feite nie (bl. 204).
'n Lesersbrief gee jou eie opinie oor iets, maar onthou om steeds hoflik te wees en
niks te sê wat lasterlik is nie. Al is dit ’n brief, moet dit ’n opskrif hê (bl. 206).
Maak seker dat jy die regte aanhef gebruik.
Onthou om jou naam of skuilnaam te gee en met 'n streep aan te dui waar die deel
wat vir publikasie bedoel is, eindig.

Kohesie: referensiële samehang

Kohesie is referensiële samehang; dit beteken dat verwysings in ? teks na ander dele
van die teks logies moet wees. ? Mens gebruik byvoorbeeld voornaamwoorde om te
verwys na iets of iemand wat reeds genoem is; jy gebruik nie dieselfde naamwoord of
eienaam oor en oor nie:
“Jan en Pieter was gister hier. Hulle het kom kuier voordat hulle môre oorsee gaan.”
In dié sin verwys “hulle” na Jan en Piet, gister verwys na die dag voor vandag en môre
na die dag na vandag. Wanneer jy skryf, moet jy seker maak dat verwysings na mense
en dinge, tyd en plek logies is en verband hou met die res van die skryfstuk.
Koherensie: inhoudelike samehang

? Mens gebruik woorde om verbande te lê tussen die dele van ? skryfstuk. Daardie
verbande word koherensie genoem. Sonder koherensie sal ? skryfstuk lyk na ? klomp
losstaande stellings wat niks met mekaar te doen het nie, daarom gebruik jy woorde
soos egter, daarom, want, maar, nogtans, ens. Die korrekte gebruik van sulke woorde
sal jou skryfwerk baie meer verstaanbaar en professioneel maak.

18. Maak seker jy weet vir wíé jy skryf sodat jy jou taalgebruik en inhoud by die
leser kan aanpas. Onthou, as jy skryf om oor iets te kla, wil jy nie die persoon
so slegsê dat jy nooit weer met daardie onderneming kan besigheid doen nie.
Jy wil liewer vra dat hulle hul diens verbeter sodat jy hulle weer kan gebruik.
19. Maak seker jy weet wát jy moet skryf – ’n brief, toespraak, e-pos, koerantberig
of wat ook al; moet jy iets vertel of beskryf of feite daaroor gee? Kies die
onderwerp waarvan jy die meeste weet en waaroor jy die maklikste sal kan
skryf.
20. Doen navorsing oor jou onderwerp – gaan lees daaroor in boeke, koerante,
tydskrifte, op die internet, ens. (In die eksamen moet jy seker maak jy kies ?
onderwerp waarvan jy iets weet, aangesien jy nie kan navorsing doen nie.)
21. Rangskik jou feite in groepe sodat jy oor elke groep ’n paragraaf kan skryf.
22. Stel ’n raamwerk op sodat jy weet wat die volgorde van jou paragrawe gaan
wees en wat in elke paragraaf bespreek gaan word.
23. ELKE skryfstuk móét uit die volgende dele bestaan:
a. Inleiding – stel jou onderwerp bekend (sê wat jy gaan sê)
b. Liggaam – ’n aantal paragrawe wat elkeen ’n ander faset van die
onderwerp belig (sê dit)
c. Slot – ? opsomming of gevolgtrekking of ? beroep op jou
luisteraars/lesers om met jou saam te stem of te doen wat jy hulle vra
(sê wat jy gesê het)
24. Lees jou skryfwerk oor nadat jy klaar geskryf het en maak jou foute reg.
25. Vra iemand anders om dit ook te lees en vir jou te sê watter dele dalk moeilik
is om te verstaan. Verbeter dit dan. Onthou, ? mens moet oefen om te skryf net
soos jy alle ander dinge in die lewe moet oefen – hoe meer jy skryf, hoe
makliker raak dit.
26.

You might also like