Professional Documents
Culture Documents
Studiebrief 201/2/2019
AFRIKAANSE GRAMMATIKA
AFK2602
Semester 2
Departement Afrikaans
en Algemene Literatuurwetenskap
STAAFKODE
In hierdie studiebrief:
Lees asseblief studiebrief AFK2602/101/3/2019 weer deeglik deur. Gee veral aandag aan:
● die werkopdragte;
● die semesterpunt;
● toelating tot die eksamen;
● die eksamen en die hereksamen.
Tree gerus met ons in verbinding as jy nog enige vrae in verband met die werk het. Ons help jou
graag.
2
AFK2602/201
Baie dankie aan al die studente wat gehoor gegee het aan ons versoek om Werkopdrag 1 betyds in te
stuur. Hierdie werkopdrag is deur die rekenaar nagesien.
Die modelantwoorde word vervolgens met vetdruk aangedui. Gaan Werkopdrag 1 weer deur wanneer jy
vir die eksamen voorberei. Daar mag dalk ’n vraag of drie oor hierdie werk gevra word.
WERKOPDRAG 1
(Al die antwoorde kan in die Studiegids gevind of afgelei word.) [20 punte]
1. Wat is taal?
[1] Nederlands
4. Wanneer ons ... bestudeer, leer ons meer omtrent die boustene van woorde. Kennis van hierdie
boustene kan jou woord- en leesbegrip aansienlik verbeter.
[4] Morfologie
5. Binne watter taalkundige benadering word daar onderskeid getref tussen taalvermoë en uitvoering?
[3] Generatiwisme
6. Die taalgebruik van mense vir spesifieke situasies word ook … genoem.
[2] registers
[4] [ͻndœidələk].
3
10. Wat is die funksie van ʼn verbaliseerder?
12. Die afdeling oor die sintaksis verskaf vir jou insig in die struktuur en funksie van die Afrikaanse ...
[2] sin.
[3] Woordsoort
14. As jy nie by die taalreëls hou nie, sal jy onaanvaarbare of ... sinne in Afrikaans vorm.
[4] ongrammatikale
[4] ʼn groot versameling elektroniese tekste waarmee onder meer woordeboeke geskep word.
17. Die feit dat Spaanssprekendes van “casa” praat en Afrikaanssprekendes van “huis”, is ...
[3] arbitrêr.
18. Tydens die redigeerproses is daar ʼn paar dinge waaraan jy moet aandag skenk. Merk die antwoord
wat nie deel van hierdie dinge uitmaak nie.
[3] Carstens, W.A.M. 2013. (red). Norme vir Afrikaans. Kaapstad: Van Schaik Uitgewers.
20. Wanneer jy onseker is oor die betekenis van ʼn woord sal jy die woord in die volgende
gesaghebbende bron naslaan:
4
AFK2602/201
Die antwoorde vir Werkopdrag 2 sal na die sluitingsdatum, maar voor die eksamendatum,
onder “Additional Resources” op myUnisa opgelaai word. Tree gerus met my in
verbinding as ek die antwoorde van Werkopdrag 2 vir jou moet aanstuur
(broodfwj@unisa.ac.za).
3. WERKOPDRAGTE
Jy moet ’n semesterpunt opbou wat 25% bedra van jou finale punt vir hierdie module. Die
punt wat jy vir die eksamenvraestel kry, maak slegs 75% van jou finale punt vir die module uit.
Jy verdien ’n semesterpunt deur die werkopdragte te voltooi en in te stuur.
Dit is verpligtend om ten minste een werkopdrag in te stuur vir toelating tot die
eksamen (óf Werkopdrag 1 en/óf Werkopdrag 2).
4. EKSAMENTOELIGTING
Die EKSAMEN word geskryf in die semester waarvoor jy geregistreer het. As jy dus vir
Semester 1 ingeskryf is, moet jy die eksamen in Mei/Junie aflê. As jy vir Semester 2 inskryf,
moet jy die eksamen in Oktober/November aflê.
5
Een vraestel van twee uur lank word afgelê en die subminimum wat geld vir die eksamenvraestel is
40%. Dit beteken dat ’n student wat minder as 40% in die eksamenvraestel behaal, nie die module
kan slaag nie, al is sy/haar jaarpunt baie hoog. ’n Subminimum van 40% word dus vereis vir
kwalifisering vir ’n hereksamen.
Die beste voorbereiding vir die eksamen is die uitwerk van die vrae in die twee werkopdragte. Kyk
ook na die aktiwiteite in die studiegids. Verder is daar ook voorbeelde van vorige eksamenvraestelle
op myUnisa. Onthou net dat die formaat van die vraestelle sedert 2017 met dié van die verlede
verskil. Die modelantwoorde word nie vir hierdie vraestelle verskaf nie.
Werk deur die opvolgstudiebriewe aangesien dit terugvoer gee op die werkopdragte.
LET WEL: Die 5 November 2019-vraestel se formaat lyk soortgelyk aan dié van Werkopdrag 2.
Die vraestel bestaan uit vyf (5) vrae waarvan jy enige vier (4) vrae moet beantwoord. Die
eksamenvraestel se totaal is 100 punte.
EKSAMENVRAESTEL
Jy moet enige VIER (4) vrae beantwoord.
Vraag 1: Leereenheid 2: Fonetiek en Fonologie (25)
Vraag 2: Leereenheid 3: Morfologie (25)
Vraag 3: Leereenheid 4 & 5: Sintaksis (25)
Vraag 4: Leereenheid 6: Semantiek (25)
Vraag 5: Leereenheid 7: Skryfvaardighede (25)
TOTAAL [100]
Maak seker dat jy die verskillende konsepte en begrippe wat in studie-eenhede 2 – 7 van die
studiegids gevind word, verstaan en kan dat jy dit kan definieer. Jy moet dit kan herken en ook kan
toepas. Jy kan o o k gevra word om kort paragrawe oor enige van hierdie konsepte of begrippe te
skryf.
Let op die tipe vrae wat in die werkopdragte en vorige vraestelle gevra word (Semester 1 & 2). Jy kan
soortgelyke vrae in die eksamen verwag.
Bestudeer elke aspek van die fonetiese transkripsie. Dit is belangrik om te onthou dat die transkripsie
met kantige hakies begin en eindig en dat elke woord nie kantige hakies het nie. Daar is geen
hoofletter in die transkripsie nie (buiten die bry-r (Kaap)) en geen leestekens nie (net die gepaste
skuinsstrepies). Gee telkens net die klanke weer wat jy hoor as jy die betrokke woord uitspreek.
6
AFK2602/201
[ ɦεrbənœtəŋ
di doijə pəkəvəin drəif ən di se:
bədrəivəx // səi de:l ɦa:r stəŋk œitno:dəxənt me: //
ivərs oit vכrt aləs ve:r sa:mxəstεl
œit ɦa:r tכt e:nma:ləxə sεl εn sεl
εn sεl vכrt εlkə de:l
de:ltəits ɦe:l ən alə xəda:ntəs fan di evəxə xəɦe:l // ]
Die volgende is ’n voorbeeld van hoe die transkripsie NIE moet lyk NIE.
[ ɦεrbənœtəŋ ]
[ di ] [ doijə ] [ pəkəvəin ] [ drəif ] [ ən ] [ di ] [ se: ]
[ bədrəivəx ] // [ səi ] [ de:l ] [ ɦa:r ] [ stəŋk ] [ œitno:dəxənt ] [ me: ] // ... ]
Let op die tipe vrae wat in die werkopdragte en vorge vraestelle gevra word (Semester 1 & 2).
Weereens is dit belangrik om die konsepte en begrippe in hierdie leereenheid te ken en te kan
definieer. Jy moet ook die verskille tussen begrippe kan aandui. Verder moet jy die funksie en
betekenis van die verskillende morfeme kan aandui.
Maak seker dat jy woorde volgens die ‘plus’-metode en volgens die boomdiagrammetode kan ontleed.
Moenie die twee metodes met mekaar verwar nie.
AS JY MET DIE LANGER VRAE SUKKEL, MOET JY DIT DALK OORWEEG OM EERDER
’N ANDER VRAAG TE DOEN IN PLAAS VAN VRAAG 2 (OOK MET DIE OOG OP DIE
EKSAMEN). DIE LANGER VRAE TEL OOK ’N VOLLE 10 PUNTE IN DIE EKSAMEN.
HIERDIE 10 PUNTE MAG DALK NET DIE VERSKIL TUSSEN DRUIP EN SLAAG
BETEKEN.
Let op die tipe vrae wat in die werkopdragte en vorge vraestelle gevra word (Semester 1 & 2).
Dit is belangrik om die konsepte en begrippe in die leereenheid te ken. Dit is verder belangrik dat jy
hierdie konsepte of begrippe ook moet kan beskryf.
7
Maak seker dat jy die verskil tussen die volgende tipe vrae ken (vergelyk vorige jare se Werkopdrag 2 of
die vraestel).
VOORBEELDE
1) Vraag 3.1 vra byvoorbeeld net die benoeming van ’n betrokke woord volgens sy woordsoort. By
hierdie tipe vraag moet die benoeming so volledig moontlik gedoen word. Kyk of jy elke woord in die
volgende sin volledig kan benoem.
2) Vraag 3.2 vra byvoorbeeld die benoeming van die onderstreepte sinstuk. Hierdie tipe vraag het
betrekking op ’n sinstuk binne die enkelvoudige sin (moenie hierdie vraag met die volgende vraag
wat oor die saamgestelde sin gaan, verwar nie). Maak seker dat jy in hierdie geval die onderwerp,
gesegde, voorwerp en die bepalings van sinne kan identifiseer. Kyk of jy die onderstreepte
sinstukke in die volgende sin kan identifiseer en benoem.
3) Vraag 3.3 vra byvoorbeeld die identifikasie en benoeming van die bysin. Hierdie vraag het betrekking
op die bysin binne die saamgestelde sin. Jy moet die bysin identifiseer en aandui. As jy dit nie doen
nie, ontvang jy net die helfte van die betrokke punt. Kyk of jy die bysin in die volgende sin kan herken
en benoem.
Bogenoemde tipe vrae moet nie met mekaar verwar word nie. Jy moet tussen die vorm (binnebou) en
funksie (buitebou) kan onderskei, hetsy Vraag 3.2 of Vraag 3.3. By Vraag 3.2 gaan dit oor die vorm
(NS, AS, SG, ens.) en funksie (voorsetselvoorwerp, direkte voorwerp, onderwerp, kopulapredikaat,
ens.) van die sinstuk binne die enkelvoudige sin. By Vraag 3.3 gaan dit oor die vorm (die volle bysin
of infinitiefsin (’n bysin met ‘om’ + ‘te’ in die bysin)) en funksie (onderwerpsin, voorwerpsin,
nabepalingsin, predikaatsin, ens.) van die bysin binne die saamgestelde sin.
Let op die tipe vrae vrae wat in die werkopdragte en vorge vraestelle gevra word (Semester 1 & 2).
Dit i s belangrik om die bel angrik e konsepte en terme in die leereenheid te ken en te kan definieer.
Jy moet verder ook die verskille tussen die verskillende begrippe moet kan aandui. Bestudeer veral die
lêer AFK2602 SG SEMANTIEK GLOSSARIUM onder GLOSSARIA/GLOSSARIES wat onder
“Additional Resources” opgelaai is.
Maak verder seker dat jy met behulp van ’n boomdiagram sekere verbandstrukture van woorde kan
aandui.
8
AFK2602/201
Let op die tipe vrae vrae wat in die werkopdragte en vorge vraestelle gevra word (Semester 1 & 2).
Maak seker dat jy weet wat formele en informele kommunikasie (hetsy die brief of e-pos) behels.
Kyk ook na die assesseringskriteria en puntetoekenning. Let daarop dat ons op die uiterlike
struktuurmerkers, die inhoud en die taalgebruik van die teks wat jy skep, fokus.
**********************
Indien jy nog vrae oor jou eksamenvoorbereiding het nadat jy hierdie studiebrief deurgelees het, nooi
ons jou uit om met ons in verbinding te tree.