Professional Documents
Culture Documents
Geen gedeelte van hierdie studiegids mag in enige vorm of op enige manier sonder skriftelike toestemming van die publiseerders weergegee word nie.
It all starts here
Ranked in the top 5% of universities globally by the QS-rankings
Contributes the second largest number of graduates annually to the labour market
ii
INHOUDSOPGAWE
Module-inligting...................................................................................................................................
Baie welkom by hierdie module!.........................................................................................................
Voorvereistes......................................................................................................................................
Studiemateriaal..................................................................................................................................
Hoe om hierdie studiegids te gebruik.................................................................................................
Assessering in hierdie module...........................................................................................................
Moduleplan........................................................................................................................................
Module uitkomste...............................................................................................................................
Aksiewerkwoorde...............................................................................................................................
Ikone................................................................................................................................................
Waarskuwing teen plagiaat..............................................................................................................
Leereenheid 1 Inleiding tot kontekstuele hermeneutiek.......................................................
Leereenheid 2 Sosio-ekonomiese uitdagings in die Suid-Afrikaanse samelewing ...........
Leereenheid 3 Die ontwikkeling van kapitalisme ..................................................................
Leereenheid 4 Kolonialisering en die samelewing................................................................
i
Module-inligting
Modulekode WVES 222
Kantoortelefoon
E-posadres Mark.Rathbone@nwu.ac.za
Spreekure
Voorvereistes
Vir doeleindes van hierdie module, aanvaar ons dat jy:
Opgelei word om toenemend bedrewe te word in die onderrigtale wat op hierdie
module van toepassing is aan die Noordwes-Universiteit;
toegerus word met voldoende en tersaaklike kennis en vaardighede met
betrekking tot jou toekomstige beroep;
tersaaklike / toepaslike kennis en praktiese ervaring van die Suid-Afrikaanse
maatskaplike, kulturele en politieke landskap het; en
dat jy oor die nodige leervaardighede beskik.
Alhoewel dit nie verpligtend vir die suksesvolle afhandeling van hierdie module is nie,
beveel ons nietemin sterk aan dat jy vir die volle duur van die module toegang tot ’n
rekenaar met internet, eFundi en e-posfasiliteit moet hê. Vanweë ’n verskeidenheid
redes, is persoonlike besoeke aan en telefoniese kontak met jou dosent nie altyd
moontlik of werkbaar nie. Dit is egter ’n bewese feit dat gereelde skakeling met jou
dosent by wyse van e-pos en die internet die voorkoms van enige misverstand en
probleme wat jou studies betref ingrypend kan verminder en selfs geheel en al kan
uitskakel. Skakeling met jou dosent by wyse van internet en e-pos sal die reaksietyd
(dit wil sê die gemiddelde tyd bereken van die oomblik dat jy jou navraag of probleem
aan jou dosent versend totdat jy ’n amptelike reaksie daarop kry) beduidend verminder.
ii
Aangesien hierdie module akademies op NKR-vlak 6 (Nasionale Kwalifikasie-
raamwerk) gekategoriseer is en gevolglik op die verkryging van hoërorde vaardighede /
bevoegdhede soos akademiese professionele leierskap, kritiese, onafhanklike denke,
ontleding, sintese en evaluering ingestel is, is die primêre oogmerk van die module NIE
om ’n “inligtingsessie” (of ’n reeks “inligtingsessies”) te wees nie. Dit moet sommer uit
die staanspoor baie duidelik wees. Die rasionaal vir die teoretiese konseptuele
benadering wat in hierdie module gevolg word, is dat jy as ‘n toekomstige akademiese
en professionele werker, in die eerste plek as ’n intellektueel-hervormende “agent van
verandering” beskou gaan word wat nooit moet probeer om jou akademiese insigte in
’n ivoortoring te isoleer nie, maar wat dit eerder moet benut om die algemene probleme
van die alledaagse lewe en bestaan in Suid-Afrika en in die wye wêreld in die
algemeen aan te spreek. Ek glo dat julle as studente ten volle van die geleenthede
gebruik moet maak om voortdurend ernstige vrae te vra oor WAT julle leer, WAAROM
julle dit moet leer, HOE julle dit behoort te leer en wat die groter DOEL is wat julle in
julle eie toekomstige lewe moet najaag met al die moontlikhede wat dit inhou.
Ek sal dus in hierdie module doelbewus probeer om nie “voorskriftelik” te wees nie. My
doel is om NIE voorskriftelik te wees ten opsigte van wat julle behoort te leer, of selfs
hoe julle dit moet bestudeer nie. Die doelwit is om die ware student in julle te laat
ontwaak en om julle te begelei tot op die punt waar julle selfstandig oor julle leefwêreld
kan besin. Die strewe is dus in hierdie module daarna om die deurslaggewende
belangrikheid van kritiese besinning voortdurend te beklemtoon. Dit gaan veral oor ’n
deurtastende soeke na die wese van belangrike leefwêreldprobleme en hoe hulle
die beste met behulp van kritiese nadenke aangespreek kan word.
Studiemateriaal
Rathbone, M. 2020. Understanding Business and Ethics in the South Africa Context,
Van Schaik
iii
sleutel is: (a) doelgerigte raadpleging, (b) onderlinge ondersteuning en (c) doelgerigte
samewerking.
Moduleplan
Leereenheid 1 Inleiding tot kontekstuele hermeneutiek
Leereenheid 2 Sosio-ekonomiese uitdagings in Suid-Afrika
Leereenheid 3 Die ontwikkeling van Kapitalisme
Leereenheid 4 Kolonialisering en die samelewing
Module uitkomste
Ná afhandeling van hierdie module behoort die studente:
1. Oor ’n wesenlike kennisbasis van ’n verskeidenheid wêreldbeskouings en
ideologieë (of verstaansraamwerke) te beskik en hulle kritiese begrip te toon by
wyse van ’n vermoë om die aard en funksie, asook verskillende kontemporêre
manifestasies van hierdie wêreldbeskouings en ideologieë (of verstaans-
raamwerke) te kan vergelyk, met spesifieke verwysing na die ekonomie en
besigheid.
2. Oor die vermoë te beskik om die onderlinge verband tussen verskynsels, soos
dié wat in natuurlike en sosiale stelsels voorkom, te begryp en vanuit hierdie
gunstige posisie probleme in die werklike lewe of gevallestudies wat op kern-
aangeleenthede van ons dag gegrond is, te ontleed en evalueer – dinge soos
armoede, voortdurende / aanhoudende verandering, menseregte, MIV/vigs,
magsmisbruik, korrupsie, rassisme, xenofobie / vreemdelingehaat, ensovoorts.
3. In staat te wees om hulle persoonlike wêreldbeskouing (verstaansraamwerk)
helder te verwoord en om dit te gebruik as ’n vertrekpunt / uitgangspunt vir
beredenering en die kommunikeer van werkbare oplossings vir kernaangeleent-
hede en die probleme van ons dag op ’n tipies akademiese wyse.
iv
Aksiewerkwoorde
Die onderstaande lys dien as ’n aanduiding van wat jy moet doen as bepaalde
werkwoorde gebruik word om aktiwiteite aan te dui. Daar word vir jou gerief ’n
voorbeeld gegee by elke werkwoord om die gebruik daarvan te illustreer. Hierdie
aksiewerkwoorde word ook in die bewoording van denke- of gedagtesnellers en
werkopdragte van toepassing op hierdie studiegids gebruik.
Beskryf
Doen verslag oor die eienskappe of aard van iets, of verduidelik hoe dit werk.
VOORBEELD: Beskryf die funksies van ’n omgewingsbestuurder.
Bespreek / onderskei
Lewer in jou eie woorde kommentaar oor iets. Dit behels dikwels dat twee
standpunte of twee verskillende moontlikhede gedebatteer moet word.
VOORBEELD: Bespreek die verskille tussen teorie en modelle. Onderskei
tussen teorie en modelle.
Bespreek krities
Kritiseer, beoordeel en / of interpreteer terwyl iets bespreek word.
VOORBEELD: Verskaf ’n kritiese bespreking van die posisie wat in hierdie
aanhaling deur die skrywer verdedig word.
Definieer
Gee ’n akkurate betekenis van ’n konsep / begrip.
VOORBEELD: Definieer / omskryf MIV/vigs.
Demonstreer
Sluit voorbeelde in en bespreek dit as bewys dat jy verstaan hoe ’n proses werk
of hoe ’n begrip in situasies in die werklike lewe toegepas word.
VOORBEELD: Demonstreer hoe jy te werk sou gaan om ’n bepaalde program in
jou besondere vakgebied te implementeer.
Evalueer
Bepaal iets se waarde of verdienstelikheid, of spreek ’n oordeel oor iets uit.
VOORBEELD: Evalueer die ... siening van omgewingsmisbruik vanuit ’n ...
oogpunt / perspektief.
Assesseer
Die woord assessering vind sy oorsprong in die Latynse werkwoord assidere wat
beteken: (a) om te bevorder, (b) om baie naby aan ... te sit en (c) om fyn dop te
hou. Die doel is om vir iets aanspreeklik of verantwoordbaar te wees. Samel
inligting in om sinvolle besluite wat op daardie inligting gegrond is te neem ten
einde individuele studente ten opsigte van hulle eie opleiding by te staan.
VOORBEELD: Assesseer die situasie met betrekking tot xenofobie /
vreemdelingehaat en diskriminasie in Suid-Afrika gedurende 2008.
Gee ’n oorsig
Beklemtoon die belangrikste kenmerke, strukture of algemene beginsels van ’n
tema of idee sonder die fyner besonderhede, maar met ietwat meer
besonderhede as in die geval van benoem, lys of verklaar.
v
VOORBEELD: Gee ’n oorsig van die belangrikste kenmerke van ’n liberale
lewensbeskouing / lewensopvatting en van die mens.
Gee ’n voorbeeld
Gee ’n praktiese illustrasie van ’n begrip / konsep of proses.
VOORBEELD: Gee ’n voorbeeld van die implementering van ’n program teen
diskriminasie in Suid-Afrikaanse skole.
Identifiseer
Gee die wesenlike kenmerke of eienskappe van ’n verskynsel / fenomeen.
VOORBEELD: Identifiseer die kenmerke van ’n konserwatiewe benadering tot
die probleem van diskriminasie.
Illustreer
Teken ’n diagram of maak ’n skets of ’n voorstelling van iets, of verduidelik dit
aan die hand van 'n voorbeeld.
VOORBEELD: Verduidelik die historiese / geskiedkundige oorsprong van die
konsep / begrip “Sokratiese dialoog” en illustreer die tydlose toepaslikheid van
sodanige dialoog wanneer ’n probleem aangespreek word.
Kritiseer
Dui aan of jy met ’n sekere stelling of siening saamstem of nie deur dit vanuit ’n
spesifieke raamwerk of paradigma te beoordeel.
VOORBEELD: Lewer kritiese kommentaar op die sogenaamde
“gemeenskaplike” benadering tot maatskaplike probleme.
Lys
Verskaf ’n lys name, feite of items soos versoek sonder om dit te beskryf of
verduidelik (’n bepaalde volgorde of kategorie mag dalk gespesifiseer word).
VOORBEELD: Lys die belangrikste persoonlike eienskappe van ’n effektiewe
student.
Motiveer
Jy moet ’n verduideliking en die redes vir jou standpunte of sienings gee.
VOORBEELD: Konstateer jou eie siening oor die probleem van onbeteuelde
kapitalisme. Staaf jou antwoord.
Noem
Noem iets kortliks sonder om enige besonderhede te verskaf.
VOORBEELD: Noem ten minste vyf voorbeelde van omgewingsmisbruik.
Ontleed (analiseer)
Identifiseer die dele van ’n begrip / konsep.
VOORBEELD: Ontleed die ... siening van stereotipering.
Som op
Gee in jou eie woorde ’n gestruktureerde oorsig van die sleutel- of belangrikste
aspekte van ’n onderwerp of tema.
vi
VOORBEELD: Som die belangrikste implikasies van Steger se teorie oor
versoening op.
Essay / opstel
Gee ’n omvattende verslag oor ’n onderwerp.
VOORBEELD: Skryf ’n opstel oor die wesenlike kenmerke van ’n ideologie.
Meld
Gee die verlangde inligting sonder enige bespreking.
VOORBEELD: Meld vier wesenlike kriteria waaraan elke goeie teorie moet
voldoen.
Verduidelik
Verduidelik of gee redes vir iets, gewoonlik in jou eie woorde.
VOORBEELD: Verduidelik die toepassing van die ... model.
Vergelyk
Dui die ooreenkomste en die verskille tussen twee voorwerpe / objekte of
kwessies / aangeleenthede aan.
VOORBEELD: Vergelyk sosialisme met individualisme.
vii
Ikone
Tydstoekenning Leeruitkomste
Assessering /
Studiemateriaal
Werksopdragte
Voorbeeld Refleksie
viii
Leereenheid 1
Leereenheid 1
INLEIDING TOT KONTEKSTUELE HERMENEUTIEK
Studietyd
Jy sal ongeveer 40 uur (met inbegrip van klastyd) benodig om hierdie leereenheid te
bemeester en die uitkomste te bereik.
Studiemateriaal
Verwysings na boeke en artikels:
Rathbone, M. 2020. Understanding Business and Ethics in the South African
context. Van Schaik. Hoofstukke 1 & 2
Leeruitkomste
Ná afhandeling van hierdie leereenheid, moet jy in staat te wees om:
Verstaan die funksionering en belang van ‘n kontekstuele benadering vir
besigheid;
Ken die sterkpunte van hierdie benadering;
Identifiseer die sterkpunte en swakpunte van ‘n kontekstuele benadering;
Gebruik ‘n kontekstuele benadering in ‘n gevalle studie;
Verstaan die relevansie, belang en kompleksiteit van hermeneutiek om
besigheid en etiek in Suid-Afrika te verstaan;
Oorsigtelike kennis van die hermeneutiek van Schleiermacher, Dilthey,
Heidegger, Gadamer, Habermas, Derrida, Merleau-Ponty en Ricoeur;
Verstaan die verhouding tussen hermeneutiek, geskiedenis en kultuur;
Verstaan die waardes van hermeneutiek en die betekenis daarvan vir die
samelewing en geregtigheid.
Assessering
1. Formatief – klasbesprekings, groepwerk en gevallestudies;
2. Multi-keuse toets
3. Opdrag: Skryf ‘n opstel gebasseer op hermeneutiek in Hoofstuk 1 van die
handboek waarin jou persoonlike verstaansraamwerk bespreek en evalueer
word
1
Leereenheid 1
Leereenheid 2
SOSIO-EKONOMIESE UITDAGINGS IN DIE SUID-AFRIKAANSE
SAMELEWING
Studietyd
Die tydskedule vir hierdie leereenheid is ongeveer 30 uur. Beplan jou tyd op ’n
doeltreffende wyse.
Studiemateriaal
Rathbone, M. 2020. Understanding Business and Ethics in the South African
context. Van Schaik. Hoofstuk 4
Leeruitkomste
Ná afhandeling van hierdie module behoort die studente:
oor die vermoë te beskik om die onderlinge verband tussen verskynsels soos
dié wat in natuurlike en sosiale stelsels voorkom te begryp en vanuit hierdie
gunstige posisie probleme in die werklike lewe of gevallestudies wat op
kernaangeleenthede van ons dag gegrond is, te ontleed en evalueer – dinge
soos armoede, voortdurende / aanhoudende verandering, menseregte,
MIV/vigs, magsmisbruik, korrupsie, rassisme, xenofobie / vreemdelingehaat,
ensovoorts; en
Assessering
1. Formatief – klasbesprekings, groepwerk en gevallestudies;
2. Semestertoets – Studie eenheid 1 & 2
2
Leereenheid 3
DIE ONTWIKKELING VAN KAPITALISME
Studietyd
Die tydskedule vir hierdie leereenheid is ongeveer 30 uur. Beplan jou tyd op ’n
doeltreffende wyse.
Studiemateriaal
Rathbone, M. 2020. Understanding Business and Ethics in the South African
context. Van Schaik. Hoofstuk 5
Leeruitkomste
Ná die voltooiing van hierdie leereenheid moet die studente in staat wees om:
Kennis en begrip van die ontwikkeling van kapitalisme vanaf feudalism en
handel;
Kennis en begrip van die kern van kapitalisme
Kennis en begrip van die kritiek op kapitalisme
Assessering
1. Formatief – klasbesprekings, groepwerk en gevallestudies;
3
Leereenheid 1
Leereenheid 4
KOLONIALISERING EN DIE SAMELEWING
Studietyd
Die tydskedule vir hierdie leereenheid is ongeveer 30 uur. Beplan jou tyd op ’n
doeltreffende wyse.
Studiemateriaal
Rathbone, M. 2020. Understanding Business and Ethics in the South African
context. Van Schaik. Hoofstuk 6
Leeruitkomste
Ná die voltooiing van hierdie leereenheid moet die studente in staat wees om:
Verstaan die belang van die historiese en kulturele aard van besigheid en
verbruikers
Begrip van Afrika geskiedenis en kultuur in terme van koloniale, postkoloniale
en dekoloniale denke;
Kennis en begrip van Afrika denkers en onlangse hermeneutiese
ontwikkelinge;
Verstaan die impak van kolonialisme op Suid-Afrika se ekonomie
Assessering
1. Formatief – klasbesprekings, groepwerk en gevallestudies;
2. Eksamen –Studie eenheid 3 & 4