You are on page 1of 20

Die SOS se

Kurrikulumaanbod
vir volhoubare,
waardegedrewe
onderwys
Inhoudsopgawe
Die onderwyslandskap 3
Die rasionaal 4
Die opvoedingsideaal 5
Die visie 5
Die missie 5
Begronding 5
Die SOS se Kurrikulumaanbod 6
Die SOS se Onderrig- en Leermodel bou voort
op die bestaande skoolstelsel 7
Toekomsvaardighede deur middel van Leerervarings™ 8
Leerervarings™ 8
Die Leerervaring™ bestaan uit dié fases 9

Kernkonsepte van die SOS se model 10


Die fasegerigte skool 10
Die Meesteronderwyser 10
Meesterkringe 11
Leerderondersteuning 11
Leerbenaderings 11
Leer onder die vergrootglas 12
Dinamiese leerruimtes 13

Onderrigmetodes 14
Kringonderrig en Meesterkringe 14
Sewe modelle vir Kringonderrig 15
Verpersoonlike leer 15
Omgekeerde klaskamer 15

Vakaanbod en toekomstige aanlyn kursusse 16


Die Wolkskool 17
Die Wolkskool en die opvoeder 17
Die Wolkskool en die leerder 17
Die Wolkskool as leerbestuurstelsel 17
Die Wolkskool as ekostelsel 17
Wêreldklasplatform 18
Vakaanbod 18
Kerneienskappe 18

Ten slotte 20
skole.co.za | 2 | Die SOS se Kurrikulumaanbod
Die onderwyslandskap

Vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap om te


floreer, is dit nodig dat Afrikaanse skole uitnemende
instellings moet wees. Afrikaans as taal van onderrig en
leer is onder geweldige druk in die openbare sektor. Taal
is sentraal in die oordrag van kultuur, waardes en etos,
wat tot dusver bygedra het tot die sukses van bestaande
Afrikaanse skole. Die uitwerking van moedertaalonderrig
op akademiese prestasie blyk ook duidelik uit die slaag-
syfer van Afrikaanse enkelmediumskole.

Die impak wat ’n skool en haar onderwysers


op die hart van ’n kind het, is van onskatbare
waarde. Die SOS beklemtoon die noodsaaklik-
heid van ’n gesonde balans tussen opleiding en
opvoeding in ’n skool om leerders te ontwikkel
met die nodige karakter en waardes om ’n
positiewe verskil in hul gemeenskap en die
wêreld te kan maak.

Uitnemende, selfstandige onderwysinstellings


is die antwoord op die huidige krisis
vir Afrikaanse onderwys. Die SOS se
Kurrikulumaanbod vir uitnemende onderwys
is in Christelike en kulturele waardes geanker
en sal Afrikaanssprekendes op nasionale vlak
inspireer om selfstandige, uitnemende skole in
hul gemeenskappe te vestig. Hierdie skole sal
deel wees van ’n hoogs ondersteunende netwerk
wat gehalte-onderrig in Afrikaans volhoubaar
sal verseker.

LEON FOURIE
Uitvoerende Hoof:
Solidariteit Skoleondersteuningsentrum

skole.co.za | 3 | Die SOS se Kurrikulumaanbod


Die rasionaal

Met die ontwikkeling van die SOS se Onderrig- en Leermodel is daar wêreldwyd gekyk
na beste onderrigpraktyke. Internasionaal en plaaslik is onderwys by ’n keerpunt. Met
die verstommende pas waarteen tegnologie voortsnel, betree leerders en studente ’n
werkomgewing wat unieke vaardighede vereis om in die 21ste eeu voorspoedig te wees.
Ons moet dus tradisionele onderwys dringend onder die vergrootglas plaas en krities-lojaal
bepaal waar ons moet verander, verbeter of vernuwe. Dit is teen hierdie agtergrond wat die
rasionaal vir ’n volhoubare en waardegedrewe Onderrig- en Leermodel duidelik word.

Onlangse navorsing het nie net deurbrake gemaak Tegnologie maak vandag oplossings moontlik wat
oor hoe leer optimaal plaasvind nie, maar ook oor ’n dekade terug ondenkbaar was. So byvoorbeeld
die vaardighede waaroor leerders moet beskik word die opvoedkundige beginsel van verpersoonlike
om ’n toekoms van voortdurende verandering leer deesdae met die hulp van tegnologie wyd
suksesvol aan te durf. Hierdie nuwe kennis syfer geïmplementeer. Tyd en geografiese beperkings
selde deur tot in die tradisionele klaskamer. ’n Oorvol word deur tegnologie afgebreek: die wêreld is nou die
kurrikulum, ’n burokratiese onderwysstelsel en klaskamer. Vir onderwysers skep tegnologie meer
oorwerkte onderwysers is van die redes hiervoor. kapasiteit deur hul administratiewe las te verminder.
Gesentraliseerde onderwysstelsels maak dit moeilik Bekwame onderwysers kan dus daarop fokus om aan
vir onderwysleiers en opvoeders om innoverend op hul leerders ongelooflike leerervarings te bied.
te tree.
Die sleutel waarmee die volle potensiaal van ’n kind
In Suid-Afrika is Afrikaanse openbare skole nog ontsluit kan word, is ’n bekwame onderwyser wat
eilande van uitnemendheid. Druk om te verengels, dit as ’n roeping vanuit ’n Christelike lewens- en
toenemende voorskriftelikheid van die staat wêreldbeskouing doen. Dit is hierdie opvoedkundige
en finansiële uitdagings, plaas die langtermyn- grondslag waaruit kennis, vaardighede en waardes
volhoubaarheid van Afrikaanse openbare skole op ontwikkel, en ons kinders plaaslik stewig anker en as
risiko. Dit is dus noodsaaklik dat die privaat sektor met geroepe volwassenes op nasionale en globale vlak
ouergemeenskappe saamwerk om Afrikaanse gehalte- laat uitstyg.
onderwys vir die volgende geslag te verseker. Die
vestiging van selfstandige skole skep die vryheid om Die SOS se Onderrig- en Leermodel, kurrikulum-
’n toekomsgerigte onderrigleermodel te implementeer inhoud en ondersteunende stelsels is op
wat tegnologie optimaal aanwend om wêreldgehalte internasionale en plaaslike navorsing gebaseer
onderrig in Afrikaans volhoubaar te verseker. en in samewerking met Akademia ontwikkel.

skole.co.za | 4 | Die SOS se Kurrikulumaanbod


Die opvoedingsideaal
Die SOS se opvoedingsideaal is om leerders in verwondering te laat oor
die ware, die goeie en die skone. Dit is die verwoording van ons lewens- en
wêreldbeskouing; ’n breë raamwerk wat elke aspek van ons onderrig en leer rig,
en dit met ons volle menswees in balans bring. Dit is die ideale einddoel wat die
rigting en doel van onderrig en leer bepaal.

“Die belewenis van opvoeding.”


~ In gesprek met prof. Gawie du Toit.

Die visie
Die skep van ontsagwekkende Leerervarings™ waardeur elke Afrikaanse leerder en opvoeder hul
volle potensiaal ontsluit om ’n betekenisvolle verskil in hul gemeenskap en in die wêreld te maak.

Die missie
Die SOS se missie met die Onderrig- en Leermodel is om die SOS te ondersteun
in die daarstel van ’n gemeenskapsnetwerk van uitnemende Christelike
Afrikaanse onderwys, vanuit en vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap.

Begronding
Die begronding bepaal die grense waarbinne opvoeders funksioneer.

Christelike lewens- en wêreldbeskouing

Moedertaal-
Oopheid Kultuurgebonde Natuurgebonde Opvoedergesag
onderrig

skole.co.za | 5 | Die SOS se Kurrikulumaanbod


Die SOS se
Kurrikulumaanbod
Ons beskou die sillabus as die volledige ervaring verryk en verpersoonlik die ervaring van die kinders.
van ’n kind binne die leerreis, wat gefasiliteer Ons bied ’n volledige pakkie onderrig- en leermateriaal,
word deur meesteronderwysers en ondersteun onderrigstrategieë en assesserings as deel van ons
word deur die ouers. Dit strek verder as die kurrikulum. Terwyl ons die KABV as ’n minimum
inhoud wat deur die nasionale Kurrikulum- en vertrekpunt gebruik, verryk ons dit met Christelike
Assesseringsbeleidsverklaring (KABV) voorgeskryf beginsels, die integrasie van nuwe nywerheidsera-
word. Die SOS se kurrikulumaanbod fokus op die tegnologie soos robotika en hommeltuie, kulturele
holistiese ontwikkeling van die kind, insluitend sy erfenisleer, en verrykende aanlyn kursusse.
denke, hart en liggaam, asook die ontwikkeling van
kernvaardighede, houdings en kennis, met ’n spesifieke Die SOS se benadering tot die kurrikulum stel ons in
fokus op gesyferdheid en geletterdheid as die staat om ’n omvattende en uitgebreide Leerervaring™
hoofvoertuie vir alle ander vakke. te bied wat op die holistiese ontwikkeling van die kind
fokus, terwyl dit op die behoeftes en belangstellings van
Die integrasie van tegnologie is noodsaaklik in ons leerders inspeel. Dit verseker dat leerders goed toegerus
sillabus, en dit versterk die hande van opvoeders en is vir en voorbereid is op die uitdagings van die toekoms.

Vakaanbod Kurrikulumuitkomste Kruiskurrikulêre doelwitte


• Kernvakke: Afrikaans, Engels en • Verbind met God die Skepper as • Plaaslik geanker,
Wiskunde rentmeester van Sy Skepping kultureel verbonde
• Geesteswetenskappe: Geskiedenis, • Probleemoplossing deur kritiese en • Globaal bemagtig,
Derde taal en Kuns kreatiewe denke internasionaal mededingend
• Besigheidswetenskap: Rekeningkunde, • Werk doeltreffend saam met ander • Toekomsvaardig
Besigheidstudies, Ekonomie en • Organiseer en bestuur jouself • Christelik begrond
Entrepreneurskap • Versamel, ontleed, organiseer en
• Natuurwetenskappe: Fisiese evalueer inligting krities
Wetenskappe, Lewenswetenskappe • Kommunikeer doeltreffend deur
en Geografie verskeie mediums
• Tegnologie: Robotika en kodering, • Gebruik Wetenskap en Tegnologie
programmering, en digitale en doeltreffend
datavaardighede • Verstaan die wêreld as ’n stel
• Sosiale welstand: Lewensoriëntering verwante stelsels
en Bybelonderrig • Leef met kulturele selfvertroue en
wedersydse erkenning en respek
• Werk met digitale en datavaardighede

skole.co.za | 6 | Die SOS se Kurrikulumaanbod


Die SOS se Onderrig- en
Leermodel bou voort
op die bestaande
skoolstelsel
“Die volgende 200 jaar”
~ In gesprek met prof. Irma Eloff.

Wat ken ons? Hoe verbeter ons dit?

Opvoeders Meesteronderwysers™.

Ouers, leerfasiliteerders en die (professionele) gemeenskap word


Onderwyser as enigste opvoeder
deur Meesteronderwysers™ betrek.

Kringonderrig en Meesterkringe: groepe opvoeders met verspreide


Een opvoeder, een klaskamer
kundigheid voor groepe leerders in een dinamiese leerruimte.

Geïsoleerde/gesegmenteerde
Geïntegreerde vakonderrig.
vakonderrig

Boksie-klaskamers met rye


Dinamiese, modulêre lokale; natuurlike beweging.
tafels en stoele

Lesings vir oordrag van vakkennis Omgekeerde klaskamer.

Huiswerk Geen huiswerk vir graad R tot 6 en voorbereiding vir graad 7 tot 12.

Statiese roosters, periodes


Dinamiese roosters; beplande vryheid binne grense.
en ’n klok

KABV en jaarlikse onderrigplan Verrykte KABV deur middel van beplande Leerervarings™.

Groot klem op toetse, eksamens Klem skuif na geïntegreerde en deurlopende assessering; fokus op
en punte (summatief) die ontwikkeling van insig en vaardighede (formatief).

Fokus op vakkennis Vakkennis slegs die basis van leer- en denkvaardighede.

Indeling volgens hoër- en laerskole Skoolfases as modulêre entiteite.

Groot uitgawes aan


Gedeelde (tegnologiese) dienste.
menslike hulpbronne

Verpersoonlike leer word moontlik gemaak deur Kringonderrig


Individu verdwyn
en tegnologie.

Kort skooldag met baie aktiwiteite


Verlengde skooldag waarbinne alle skoolaktiwiteite plaasvind.
wat ná skool plaasvind

skole.co.za | 7 | Die SOS se Kurrikulumaanbod


Toekomsvaardighede deur
middel van Leerervarings™
Die term toekomsvaardighede word gedefinieer as die vermoë om ingewikkelde probleme binne
’n toekomstige en onbekende konteks doeltreffend te kan hanteer. Dit verwys ook na ’n individu se
ingesteldheid om op ’n selforganiserende wyse op te tree.

Dit gaan dus nie meer oor kennis as sodanig nie, maar oor die vaardighede wat deur ’n toenemend
veranderende en komplekser wordende wêreld vereis word. Toekomsvaardighede, ook bekend as die
6 K’s, som breedweg die vaardighede op wat deur die wêreld vereis word en in die SOS-klaskamer
ontwikkel word:

Koöperatiewe
Kommunikasie Kritiese denke
leer

Kulturele
Kreatiwiteit Karakter
burgerskap

Leerervarings™ KENNIS
Die ontwerp en uitvoer van doelgerigte Leerervarings™ is ’n
sleutelkenmerk van die SOS se Onderrig- en Leermodel.

Leersiklusse kan oor jare, maande, weke, dae of oomblikke


strek. ’n Jaarplan in ’n leerder se skoolloopbaan is byvoorbeeld
een só ’n leersiklus wat uit ’n reeks Leerervarings™ bestaan. ’n
Leerervaring™ kan weer oor ’n blok van dae of weke strek en
word vooraf meesterlik deur ’n multidissiplinêre Meesterkring
beplan.

Leer in die Leerervaring™ vind progressief en geïntegreerd ERVARING


plaas op kognitiewe, affektiewe en psigomotoriese vlak.
Ondersteuning van leer vind plaas deur middel van intervensie,
remediëring, steierbou en terugvoer op individuele of kollektiewe
vlak. Die Leerervaring™ kan selfgerig, gedifferensieerd,
verrykend, prakties, summatief of formatief wees en moet
deurlopend aan die doel van die oefening beantwoord en die
interdissiplinêre samehang met die geheel uitwys.

Figuur 1: Verskil tussen kennis en ervaring.

skole.co.za | 8 | Die SOS se Kurrikulumaanbod


Die Leerervaring™ bestaan uit dié fases
»» Doelwitte: Met die aanvang van elke
Leerervaring™ bepaal ’n leerder met behulp van
’n Meesteronderwyser die uitkomste wat aan
die einde van die Leerervaring™ bereik moet
word. Doelwitte word gestel aan die hand van
»» Toepassing: Hierdie fase behels die
vorige evaluerings, wat moontlike leemtes
verryking en verdieping van die konsepte
en verbetering van gevestigde vaardighede
wat in die vorige fase verwerf is. Deur
uitgelig het. Dit het ten doel om konsepte en
middel van ’n geïntegreerde Leerervaring™
vaardighede te bevorder en ’n geheelinsig by
word teorie en praktyk bymekaar gebring.
die leerder te kweek. Deur te vra: “Waar was
Die Toepassingsfase is noodsaaklik vir die
ek?”, “Waar staan ek nou?” en “Waarheen
ontwikkeling van toekomsvaardighede.
volgende?” word selfgerigte leer bevorder.
»» Evaluering: Summatiewe assessering het
»» Kennisverwerwing: In hierdie leerfase maak
sy plek in die Evalueringsfase, om te bepaal
leerders kennis met konsepte uit verskillende
of die doelwitte en uitkomstes bereik is.
vakgebiede aan die hand van die breë raam-
Assessering moet konstruktief belyn wees
werk wat deur die Meesterkring bepaal word:
met die doelstellings en inhoud van die
~ Die tydsduur van die leerfase
Leerervaring™. Evaluering moet betroubaar
~ Die inhoud wat gedek moet word
wees om so ver moontlik die volle omvang van
~ Die minimum vereistes van konseptuele
die Leerervaring te toets: konsepte, maar ook
vorming waaraan leerders moet voldoen
die moeilikheidsgraad en kognitiewe vlakke.
~ Die minimum bronne wat geraadpleeg
moet word »» Refleksie: Terugvoer aan die leerder vorm
• Kennisverwerwing gaan gewoonlik ’n integrale deel van die Leerervaring.
die Toepassingsfase vooraf, bv. by Tydens refleksie kyk die leerder (met die
navorsingsgedrewe of ondersoekende leer. hulp van die Meesteronderwyser) terug oor
• Die Wolkskool dien as die leerbestuurstelsel die Leerervaring™, in daardie stadium van
vir die kennis- of inhoudoordrag van elke voltooiing, bespreek die uitkomste wat bereik is
onderwerp in die blok. en stel moontlike verdere doelwitte wat nodig
• Assessering vind deurlopend plaas. is om die Leerervaring suksesvol te voltooi.
S TOE
PA
Figuur 2: Die Leerervaring.
LIG TIN G
N in g
r wer w
isve kool/les)
SOEK I

nn Eva
Ke Wolks lu erin
e g
(Di
Formatiewe Geïntegreerde
assessering Summatiewe
assessering
(bemeestering) assessering
(bemeestering)
Konsepte
Taak
K1 Projek
K2 Opdrag Vakkennis RE
INTEGRALE LEER
Vak

L K3 Ondersoek
Skryfstuk
L DOE

Leeronder-
FL

K4
steuning Voordrag
E K TEE

Konsepte Uitstappie
K1
Kognitief
TE

Vak

S K2 Vakkennis R
K3 Affektief
Konsepte
Psigomotories
Prestasie K1 Leeronder-
Uitkoms K2 steuning Leerjoernaal
Doelwitte bereik?
Vak

Konsepte K3 Vakkennis
Vaardighede K4
K5

MEGAKOGNITIEF

skole.co.za | 9 | Die SOS se Kurrikulumaanbod


Kernkonsepte van
die SOS-model
Die fasegerigte skool
Fasegerigte skoolontwerp maak voorsiening vir onbeperkte
uitbreidingsmoontlikhede. ’n Modulêre benadering word
gevolg waar elke skoolfase as ’n “entiteit op sy eie” beskou
word, wat kan aansluit by ’n geïntegreerde entiteit
(oftewel skool) wat een of meer skoolfases kan insluit.
BEMEESTERFASE ABSTRAK
Graad 10-12

BELEEFFASE Bemeester
Graad 7-9 projekte, kursusse, gevorderde programme

ONDERSOEKFASE Beleef
Graad 4-6 gemeenskapsprojekte, toepassing, beroepsvoorligting

ONTDEKFASE Ondersoek
Graad 1-3 geleide ondersoeke, geïntegreerde assesserings, navorsing

ONTWIKKELFASE Ontdek
Graad RRR-R praat, luister, skryf, lees, tel, kyk, voel, bou, speel, uitstappies

Ontwikkel
praat, luister, kyk, voel, bou, speel, uitstappies

TOENEMEND SELFGERIG KONKREET

Figuur 3: F
 asegerigte benadering tot skool.

Die Meesteronderwyser
Toekomsgerigte onderwys vereis ’n beduidende verskuiwing
in die rol van die opvoeder, maar nie in sy of haar
belangrikheid in die klas nie. In hierdie Onderrig- en
Leermodel word na ’n opvoeder verwys as ’n
Tegnologiese
Meesteronderwyser. ’n Meesteronderwyser is kennis (T)
in die eerste plek ’n pedagoog en nie slegs
’n vakkundige nie. Die opvoeder is nie slegs
die bron van inhoud en kennis in die klas
nie, maar speel ’n kernrol in die skep van
leerervarings wat streef na insig, eerder as
die inoefening van kennis. Vakkennis bly
belangrik, maar is slegs ’n middel tot die PIT-kennis
ontwikkeling van leer- en denkvaardighede. Pedagogiese Inhouds-
kennis (P) kennis (I)
Die meegaande figuur toon die kern-
vaardighede van ’n Meesteronderwyser
en benadruk die sentrale rol wat
Meesteronderwysers in waardeoordrag en
versekering van gehalteonderrig en -leer speel. Kul p
Ch tu u r e n g e me e n s k a
rist
ou ing
e l i ke
Figuur 4: Kernvaardighede van ’n Meesteronderwyser. lewen sbesk

skole.co.za | 10 | Die SOS se Kurrikulumaanbod


Meesterkringe
Navorsing bewys dat die gesamentlike doeltreffendheid van opvoeders ’n groot impak op leer het.
Meesteronderwysers werk dus saam in Meesterkringe wat sáám doelwitte stel, leerervarings beplan,
navorsing doen, soms saam onderrig en saam oor ’n leerervaring besin.

Leerderondersteuning
Die term leerderondersteuning beteken ondersteuning deur opvoeders aan leerders, selfs buite die
domein van formele leer- en vaardigheidsontwikkeling.

Leerderondersteuning
Die beginsel van differensiasie is ingesluit by die ontwerp van ’n doeltreffende leerervaring.
Elke leerder se behoeftes en reaksie op die leerproses en die leeromgewing word deurlopend
in ag geneem. So word verpersoonlike leer moontlik gemaak.

Leerondersteuning
Sosiale en emosionele ondersteuning
Remediëring & Verryking

Leerbenaderings
Die SOS se Onderrig- en Leermodel sluit die volgende benaderings tot onderrig en leer in om te verseker
dat leerders se volle potensiaal ontsluit word:

Probleemgebaseerde Projekgebaseerde Ondersoekgebaseerde


Bemeesteringsleer
leer leer leer

Konkrete en abstrakte
Geïntegreerde leer Selfgerigte leer Koöperatiewe leer
leer

Omgekeerde leer Spelgebaseerde leer

skole.co.za | 11 | Die SOS se Kurrikulumaanbod


Leer onder die vergrootglas
Die grondbetekenis van die woord “leer” is die “volg van ’n spoor” of “ervaring deur nasporing”.
In die mees basiese vorm beteken leer “kennis- of kundigheidsverwerwing”.

Leer is ’n proses waardeur bestaande kennis, begrippe, gedrag, vaardighede, waardes, houdings of
voorkeure aangevul of vervang word.

Die doel van leer is om leerders se volle potensiaal te ontsluit om ’n betekenisvolle verskil in hul
lewenswêreld te maak.

Leer is nie bloot die memorisering van inligting en ontwikkeling van vaardighede nie, maar is ’n sikliese
proses. Die leerproses is natuurlik en aanvanklik onbewustelik. Wanneer die wêreld meer kompleks
en kennis en vaardighede abstrak raak, word die leersiklus baie meer doelgerig en bewustelik. ’n
Gefragmenteerde skoolstelsel, wat kennis in silo’s aan die kind voorsien sonder om dit met die
werklikheid te integreer, verbreek hierdie siklus. Daarom beklemtoon die SOS se model deurlopend ook
die toepassing van kennis en die interdissiplinêre samehang van die geheel.

Figuur 5: Leer as sikliese proses.

L DOE
TE
S

E R SO
TE E
K
FLEK

IN LIGT
RE

IN
G
S TOE
PA

skole.co.za | 12 | Die SOS se Kurrikulumaanbod


Dinamiese leerruimtes
Die beginsels van hierdie model laat toe dat die Meesterkring volgens behoefte kleiner of groter
leerruimtes binne die bestaande onderriglokaal skep. Verskuifbare afskortingsmure maak dit moontlik
om ’n klaskamer vinnig te omskep in ’n stiller, meer gekonsentreerde omgewing vir kleiner groepe of om
die ruimte uit te brei om samewerkende leer in groter groepe aan te moedig. Alle leerders in ’n graad kan
soms saam in een leerruimte onderrig word.

Leerruimtes is buigsaam en dinamies. Meubelrangskikking maak individuele, paar- en


groepwerkmetodes moontlik. Fisieke leeromgewings het modulêre werkstasies en areas met gemaklike
sitplekke, wat bydra tot leer.

Figuur 6: Dinamiese leerruimtes.

Meesteronderwyser

Meerdoelige
meubels

Leerfasiliteerder

Modulêre
werkstasies

Meester-
onderwyser

Meesteronderwyser
Dinamiese
afskortings

Wegbreeklokaal
vir leeronder- Personeel
steuning Ablusie: Ablusie:
Meisies Seuns

skole.co.za | 13 | Die SOS se Kurrikulumaanbod


Onderrigmetodes

Kringonderrig en Meesterkringe

Figuur 7: Die Meesterkring.

Die kollektiewe effektiwiteit van opvoeders uitvoering en refleksie op Leerervarings™ deur ’n


het ’n reuse-impak op leer. Die Meesterkring interdissiplinêre span van Meesteronderwysers.
is dus ’n belangrike komponent in die SOS
se Onderrig- en Leermodel. Die sleutelwoord In Kringonderrig val die klem op die groei
is “saam”. Meesteronderwysers moet sáám en ontwikkeling van leerders en opvoeders;
doelwitte stel, sáám beplan, sáám navorsing balansering van leerinhoud en gedeelde
doen, sáám onderrig gee en sáám reflekteer. verantwoordelikheid; spesialisasie en
Kringonderrig (“co-teaching”) is die praktyk om verbreding van horisonne; die duidelike en
’n groep Meesteronderwysers (Meesterkring) interessante aanbieding van inhoud; deelname;
saam te voeg om die verantwoordelikhede vir die verwagtinge; asook kognitiewe, affektiewe en
beplanning, onderrig, assessering en opvoeding gedragsuitkomste.
van ’n klas of groep leerders te deel.
Die potensiaal wat Kringonderrig vir die
Die gebruik van Kringonderrig is veral nodig deurlopende professionele ontwikkeling
vir die integrasie van inhoud en vaardighede van onderwysers en die akkommodering
tydens die Toepassingsfase. Leerfases kry van beginneronderwysers inhou, is groot en
nuwe betekenis deur die beplanning, navorsing, opwindend!

skole.co.za | 14 | Die SOS se Kurrikulumaanbod


Sewe modelle vir Kringonderrig
Kringonderrig kan op verskeie maniere benader word:

Figuur 8: Sewe modelle vir kringonderrig.

MINSTE
Stasierotasie
KOÖPERATIEWE LEER Alternatiewe onderrig
Een onderrig, Spanonderrig
een observeer

Een onderrig, Parallelle onderrig Stasie-onderrig


een ondersteun
MEESTE
KOÖPERATIEWE
LEER

Verpersoonlike leer
Verpersoonlike leer word onder meer deur differensiasie moontlik gemaak. Verpersoonliking behels
die voorsiening van verskillende leerroetes op grond van die individuele leerbehoeftes van leerders.
Differensiasie vorm reeds deel van die beplanning en voorbereiding van die Leerervaring™, met leerders
se vordering as die konteks.

Omgekeerde klaskamer
Met die omgekeerde klaskamer vind kennisoordrag – wat tradisioneel in die klas gedoen word – deur
middel van videolesse, werkopdragte en assesserings by die huis plaas, terwyl die toepassing van kennis,
wat tradisioneel as huiswerk gegee is, in die klaskamer plaasvind. Dít bied aan die opvoeder heelwat
beweegruimte om te differensieer en, waar nodig, remediërend of verrykend te werk te gaan.

Figuur 9: Die omgekeerde klaskamer.


IN

SKEP
S

DI
UI

EK
EH

LA
DI

EVALUEER
SK
BY

AM

Tradisionele Omgekeerde
ER

klaskamer ANALISEER klaskamer

PAS TOE
BY
R
ME
AS DIE

DI

VERSTAAN
KA

EH
KL IN

UI
S

ONTHOU

skole.co.za | 15 | Die SOS se Kurrikulumaanbod


Vakaanbod per fase
Fase Vakaanbod

Ontwikkelfase • Welstand
• Identiteit en samehorigheid
Graad RRR-R
• Kommunikasie
• Verken Wiskunde
• Kreatiwiteit
• Kennis en begrip van die wêreld

Ontdekfase • Afrikaans Huistaal


• Wiskunde
Graad 1-3
• Engels Eerste Addisionele Taal
• Robotika en kodering
• isiZulu
• Musiek
• Lewensvaardighede

Ondersoekfase • Afrikaans Huistaal


• Wiskunde
Graad 4-6
• Engels Eerste Addisionele Taal
• Natuurwetenskappe
• Tegnologie
• Sosiale Wetenskappe – Geskiedenis
• Sosiale Wetenskappe – Geografie
• Lewensvaardighede

Beleeffase • Afrikaans Huistaal


• Wiskunde
Graad 7-9
• Engels Eerste Addisionele Taal
• Natuurwetenskappe (BNS)
• Tegnologie
• Sosiale Wetenskappe – Geskiedenis
• Sosiale Wetenskappe – Geografie
• Ekonomiese Bestuurswetenskappe
• Skeppende Kunste
• Lewensoriëntering

Bemeesterfase • Afrikaans Huistaal


• Engels Huistaal of
Graad 10-12
Engels Eerste Addisionele Taal
• Wiskunde
• Fisiese Wetenskappe
• Lewenswetenskappe
• Ingenieursgrafika en Ontwerp (IGO)
• Rekeningkunde
• Besigheidstudies
• Ekonomie
• Geskiedenis
• Visuele Kuns
• Geografie

skole.co.za | 16 | Die SOS se Kurrikulumaanbod


Die Wolkskool

Die Wolkskool maak ’n omgekeerde klaskamer moontlik. Dit bied ’n


leerbestuurstelsel wat die doelmatigheid, doeltreffendheid, volhoubaarheid
en toeganklikheid van gehalte Afrikaanse onderwys help verseker.

Die Wolkskool en die opvoeder Die Wolkskool as


Die Wolkskool stel opvoeders in staat om die SOS leerbestuurstelsel
se Onderrig- en Leermodel te implementeer deur Die Wolkskool ondersteun leerders en maak
aan hulle die volgende te bied: voorsiening dat ouers en gemeenskapslede kan
»» Voorafvervaardigde kort video’s en werkkaarte bydra tot sinvolle Leerervarings™ deur:
vir alle grade, in alle laerskool- en die meeste »» doeltreffende kommunikasie tussen
hoërskoolvakke; onderwysers, leerders en ouers te bevorder;
»» Formatiewe aanlyn assesserings wat »» elemente van spel toe te pas om leer en die
belangrike data oor leerders se kennis en verwesenliking van doelwitte aan te moedig;
begrip van ’n bepaalde onderwerp voorsien;
»» data te versamel om persoonlike leerroetes
»» ’n Stelsel wat die noodsaaklike ekstra te ondersteun; en
kapasiteit skep om verpersoonlike leer
moontlik te maak; »» jaarplanne maklik toeganklik te maak.

»» Verligting van onderwysers se


administratiewe las; Die Wolkskool
»» Die daarstel van ’n platform waar as ekostelsel
Meesteronderwysers saam kan werk.
Die Wolkskool is ontwikkel as ’n ekostelsel om
skole te ondersteun, deur:
Die Wolkskool en die leerder »» onderwysers byeen te bring in ’n netwerk wat
saam werk en saam groei;
Die Wolkskool bied die volgende aan leerders:
»» skole, onderwysers en klaskamers met mekaar
»» Aanlyn toegang tot voorafvervaardigde kort
te verbind;
video’s en werkkaarte vir alle grade in die
meeste vakke om selfgerig te werk, konsepte »» kommunikasie tussen alle onderwysrolspelers
voor te berei en te hersien (aanlyn te kry via ’n te verbeter;
webblaaier én deur middel van ’n toep); »» holistiese data te versamel om ingeligte
»» Formatiewe aanlyn assesserings wat leerders besluite oor optimale leer te neem; en
’n vroeë aanduiding gee of hulle ’n onderwerp »» die SOS se Onderrig- en Leermodel op een
bemeester het; geïntegreerde platform te implementeer.
»» Verrykende inhoud deur middel van wêreldwys.

skole.co.za | 17 | Die SOS se Kurrikulumaanbod


Wêreldklasplatform
»» Die Wolkskool is ‘n produk van die
Skoleondersteuningsentrum (SOS). Dit is ’n
Laerskoolvakke
leerderbestuurstelsel (LMS) met inhoud wat
»» Afrikaans
oor al die fasette van vervlegte leer en die
»» Engels
omgekeerde klaskamermodel beskik. Die
»» Natuurwetenskappe
stelsel is aanpasbaar om skole se unieke
»» Sosiale Wetenskappe
karakter te behou en vervang geensins die
»» Wiskunde
onderwyser se rol in die onderrigproses nie.
»» Ekonomiese en Bestuurswetenskappe
»» Die Wolkskool is professioneel ontwikkel »» Tegnologie
en op ’n wêreldklasplatform gebou. Dié »» Digitale Tegnologie
unieke stelsel maak gebruik van dieselfde
programmeringstaal wat deur Facebook
gebruik word. Dit verseker dat die stelsel Kerneienskappe
bestendig is, ongeag die aantal gebruikers. Die »» ’n Wêreldklas-leerderbestuurstelsel (LMS) in
stelsel-sekuriteit voldoen aan die POPI-wet. Afrikaans wat onderwysers ondersteun en
»» Die Wolkskool se Vraagbank gee die werklas verminder.
onderwyser-gemeenskap toegang tot ‘n »» Skep en skeduleer assesserings met
immergroeiende databasis van vrae wat deur Vraagbank.
kundige onderwysers geskep is. Vraagbank stel »» Gestruktureerde kurrikulum dek die volledige
onderwysers in staat om assesserings in slegs KABV-sillabus en berei leerders voor op 4IR.
drie maklike stappe te skep en in Klasse op Die
»» Bruikbare verslae oor leerders se vordering
Wolkskool te skeduleer sodat dit deur leerders
aan ouers en onderwysers.
voltooi kan word. Die Wolkskool sal hierdie
assesserings outomaties merk en onmiddellike »» Videolesse, e-werkboeke, aanlyn
terugvoer aan die onderwyser verskaf. assesserings en memorandums van
kerninhoud wat aanvullend is tot
Vakaanbod kontakonderrig.
Hoërskoolvakke »» Skep van klasse met die moontlikheid van
»» Afrikaans Huistaal meer as een onderwyser per klas.
»» Engels Eerste Addisionele Taal »» Stuur van boodskappe, dokumente, opdragte
»» Ekonomiese Bestuurswetenskappe en skakels aan leerders.
»» Natuurwetenskappe
»» Skedulering van take waar leerders werk deur
»» Tegnologie
die platform kan inhandig.
»» Sosiale Wetenskappe
»» Besigheidstudies »» Kalender met belangrike inligting vir leerders.
»» Fisiese Wetenskappe »» 68 500+ aktiewe leerders en 9 800+ aktiewe
»» Ingenieursgrafika en Ontwerp onderwysers is reeds op die stelsel.
Inligtingstegnologie
»» Lewenswetenskappe »» Skep van Raadsale vir onderwysers.
»» Rekenaartoepassingstegnologie »» Stuur van boodskappe, dokumente en
»» Rekeningkunde skakels aan onderwysers in Raadsale.
»» Wiskunde
»» Kalender met belangrike inligting vir
»» Wiskundige Geletterdheid
onderwysers.
»» Digitale Tegnologie

skole.co.za | 18 | Die SOS se Kurrikulumaanbod


Wêreldklas-
onderwysoplossings vir skole
Verhoog jou skool se waarde-aanbod aan ouers met Die Wolkskool! Met duisende kort
video’s, kerninhoud, assesserings en werkboeke in 28 vakke vir Graad 1 tot 12, kan ’n skool
Die Wolkskool aanwend vir vervlegte leer, verryking, remediëring of ekstra klasse –
teen ’n fraksie van die koste – en boonop in Afrikaans!

Tegnologie maak vandag oplossings moontlik wat ’n kort rukkie gelede nog ondenkbaar was.
Basiese konsepte kan tuis behandel word, terwyl moeilike begrippe in die klas hanteer word.
Só vind dieper leer plaas en verbeter leerders se akademiese prestasie. Vervlegte leer stel
onderwysers en skole in staat om hulle onderrig- en fasiliteitkapasiteit te optimaliseer.

Skandeer vir
meer inligting oor
Die Wolkskool se
skole-aanbod
Ten slotte
Die SOS se Onderrig- en Leermodel is ontwikkel om uitnemende opvoeding vir
elke Afrikaanse gemeenskap volhoubaar moontlik te maak. Met hierdie model kan
leerders die intellektuele en persoonlike gewoontes, waardes, kennis en vaardighede
ontwikkel waarop verantwoordelike, selfstandige en produktiewe lewens gebou word.

Saamgestel deur Johan Koekemoer


Hoof: Onderrig en Leer
johan@skole.co.za

Moderator – André Badenhorst • andre@skole.co.za


Navorser – Marlien van der Westhuizen • marlien@skole.co.za
Kommunikasiespesialis – Sarina Prinsloo • sarina@skole.co.za
Grafiese ontwerp en uitleg – Aksent Media • dawid.brand@gmail.com

Vir meer inligting oor die SOS


se Kurrikulumaanbod besoek:

Solidariteit Skoleondersteuningsentrum t. 012 612 0234 e. admin@skole.co.za


Von Willichlaan 284, Die Hoewes, Centurion skole.co.za

You might also like