You are on page 1of 15

FAKULTEIT VIR OPVOEDKUNDE EN

SOSIALE WETENSKAPPE

VAKGIDS
2023

AFRIKAANS
TAAL Y (2)

SAF151S

B. ED 1
(Intermediêre fase)
KWALIFIKASIE: B. Ed 1

DEPARTEMENT: Algemene Onderwys en Opleiding – Intermediêre fase

FAKULTEIT: Opvoedkunde en Sosiale Wetenskappe


(Mowbray Kampus)

1. U DOSENT

 Mnr. Earl Basson Kantoor: 0.29


Telefoon: 021 680 1556
E-pos: bassonea@cput.ac.za
2. DIE PLEK VAN AFRIKAANS IN DIE KURSUS

In die lig van die taalvereistes wat aan die onderwysers in die Wes-Kaap gestel word tydens
aanvangsonderrig, die gronslagfase, intermediêre en seniorfase van skoolonderrig, is dit
wenslik en noodsaaklik dat die student veeltalig moet wees. Veeltaligheid is ook in pas met
die nasionale taalbeleid van die land.

3. DOEL VAN DIE VAKKURSUS

Om studente se mondelinge en skriftelike uitdrukkingsvermoë in Afrikaans as addisionele


taal te verbeter sodat die nodige peil van vlotheid en korrektheid, wat vir doeltreffende
primêre onderwys nodig is, bereik kan word.

Om by die student ‘n waardering te ontwikkel vir die estetiese, kulturele en sosiale aard van
die teikentaal deur die bestudering van jeug- en volwasse letterkundige werke.

Hierdie kursus berei studente voor om Afrikaans as Addisionele Taal aan te bied. Om hierdie
rede word die metodologie vir addisionele taalonderrig by die kursus ingewerk. Op
eerstejaarsvlak word spesifiek op die Luister en Praat-vaardighede gefokus.

4. UITTREE-UITKOMSTE EN ASSESSERINGSKRITERIA VAN DIE VAKKURSUS.

Na voltooiing van hierdie kursus sal die student in staat wees om die volgende in Afrikaans
te doen:

4.1. Luister vir inligting en genot, en reageer gepas en krities binne ‘n wye
verskeidenheid situasies.
4.2. Kommunikeer vrymoedig en doeltreffend in gesproke taal binne ‘n wye
verskeidenheid situasies.
4.3. Lees en kyk vir inligting en genot en reageer krities op die estetiese, kulturele en
emosionele waardes in tekste.
4.4. Skryf verskillende soorte tekste vir ‘n wye verskeidenheid doeleindes.
4.5. Dink en redeneer, en verkry en verwerk inligting deur middel van die taal.
4.6. Gebruik die klanke, woordeskat en grammatika van die taal om tekste te skep en te
interpreteer.

5. TOEWYSING VAN KREDIETE, TYD EN NKR-STATUS

5.1 KREDIETE AAN VAKKURSUS TOEGEKEN: AFRIKAANS TAAL Y

B Ed 1 10 krediete B Ed 2 10 krediete
5.2 LESUURTOEWYSING EN URE ROOSTERTYD
2 x 45 minute per 1 x 50 minute per
week week
B Ed 1 B Ed 2
2 x 45 minute x 24 2 x 45 minute x 24
weke = 36 uur weke = 36 uur

5.3 NKR-VLAKKE VAN KREDIETE


10 krediete op NKR vlak 5

6. HANTERING VAN TYD

6.1 HANTERING VAN KONTAKTYD


Hierdie vakkursus maak voorsiening vir twee periodes kontaktyd per week.
6.2 ONDERRIGMETODES:
ʼn Verskeidenheid van onderrigmetodes word aangewend, onder andere formele
lesings, klasgesprekke, groepaktiwiteite en aanbiedings deur studente.

Die gevarieerde taalaktiwiteite en ryk invoer gedurende die kontaktyd dien bloot as ‘n
toevallige model vir studente wat die teikentaal as addisionele taal sal onderrig. Die
vakdidaktiek wat op tweedetaalonderrig fokus, word nie in hierdie hierdie kursus
spesifiek onderrig nie.

6.3 DIE STUDENT SE AANDEEL AAN DIE VERWERWINGS- OF LEERPROSES

Die student behoort …


 gereeld te lees. Klasbywoning is verpligtend.
 aktief deel te neem aan klasbesprekings
 soveel as moontlik blootstelling aan die taal buite die klaskamer kry, bv.
radioprogramme
 te streef na die persoonlike verbetering van mondelinge en skriftelike
kommunikasievaardighede
 ’n positiewe gesindheid te openbaar of aan te kweek
 gereeld klas by te woon met die oog op deurlopende evaluering

7. LEERINHOUD EN JAARPROGRAM
CPUT
FACULTY
2023
WEE OF Onderrigprogram Assesserings
DATE
K EDUCATIO
N
4. 20 – 24 Feb Orientasie en V&A oor Afrikaans
5. 27 – 3 March Letterkunde - Wat is
kinderliteratuur?
Taalkunde – Intensiewe vorme +
diomatiese uitdrukkings
6. 6 – 10 March Taalkunde – Intensiewe vorme +
diomatiese uitdrukkings
Letterkunde - Genres van
kinderliteratuur

7. 13 –17 March Verskuilde kurrikulum in Blackboard-quiz (Taalkunde)


kinderliteratuur
FAKULTEIT OPVOEDKUNDE VAKANSIE (18 Maart – 26 Maart)
21 March Human Rights
Day
8. 27-31 March Kindergedigte
(Bespreking van opdrag)
9. 3 – 7 April Kindergedigte
10. 10 – 14 April WIL
11. 17 – 21 April WIL
12. 24 – 28 April WIL
13. 1 – 5 May WIL
14. 8 – 12 May Letterkunde – Kinderliteratuur en
die jong leser
(Bespreking van opdrag)
15. 15 - 19 May Letterkunde – Kinderliteratuur en Inhandiging van refleksie oor
Strategieë vir die jong leser kindergedigte
16. 22 – 26 May Letterkunde – Kinderliteratuur en
kreatiewe responses op literatuur
17. 29 – 2 June Letterkunde – Kinderliteratuur en
kreatiewe responses op literatuur
18. 5 – 9 June Letterkunde – Kinderliteratuur en
die jong leser
19. 12 – 16 June Konsultasies + Onafhanklike werk
aan opdrag
20. 19 – 23 June 23 June: CPUT Inhandiging van opdrag
and FE last day
Term 2
FAKULTEIT OPVOEDKUNDE VAKANSIE (23 Junie – 16 Julie)
21. 17 - 21 July 18 July: WIL
Schools start
22. 24 - 28 July WIL
23 31 – 4 Aug WIL
24. 7 - 11 Aug WIL
25. 14 - 18 Aug Inleiding tot inheemse
kinderverhale
(Bespreking van opdrag)
26. 21 - 25 Aug Inheemse Suid-Afrikaanse
kinderverhale
27. 28 - 1 Sept Inheemse Suid-Afrikaanse
kinderverhale
28. 4 - 8 Sept Last day Term 3 Onafhanklike werk aan opdrag Inhandiging van opdrag
FAKULTEIT OPVOEDKUNDE VAKANSIE (8 September – 17 September)
29. 18 - 22 Sept Inleiding tot ’n jeugroman
(Bespreking van die assessering)
30. 25 - 29 Sept Karaterisering in die jeugroman
31. 2-5 Oct Ruimte, tyd, milieu in die
jeugroman
32. 9 - 13 Oct Temas in die jeugroman
33. 16 - 20 Oct Onafhanklike werk aan assessering
34. 23 - 27 Oct 27 Oct: Last Inhandiging van assessering
Day of lectures
30 - 3 Nov Study week
27 / 15 Dec
8. STUDIEMATERIAAL

8.1. Klasaantekeninge word van tyd tot tyd deur die dosent verskaf.
8.2. Aanbevole handboeke:
 ‘n Goeie woordeboek, bv. Tweetalige Woordeboek – Bosman, et al, Tafelberg
Uitgewers.
 Taalkunde handboek: Afrikaans Handbook & Study Guide. An English
student’s guide to Afrikaans deur Beryl Lurtin (2009 Uitgawe).
 Inheemse storieboek:
o Stories op die wind - ’n Veeltalige Bloemlesing van Noord-Kaapse
Verhale
 Jeugroman
o Elton amper famous April en Juffrou Brom deur Carin Krahtz

9. ASSESSERING

Datum
Assesseringstaak Gewig assessering/
Inlewering
Assesserings vir T 1 – 40%

Taalquiz (Blackboard) 20% 17 Maart 

Refleksie oor kindergedig 20% 19 Mei

Projek oor kindergedigte 50% 23 Junie 

Klasbywoning 10%

Assesserings vir T 2 – 30%

Posters/Videos Idiome 90% 8 September 

Klasbywoning 10%

Assesserings vir T 3 – 30%

Opstel oor jeugroman 90% 27 Oktober 

Klasbywoning 10%

Gewig van punte vir elke kwartaal

Kwartaal Datum Gewig


1 Maart - Junie 40%

2 Julie – Sept. 30%


3 Oktober - November 30%
10. AFSPRAAKTYE MET DOSENT
Indien ʼn student probleme ondervind, is hulle welkom om per e-pos ʼn afspraak te maak.
Studente moet asseblief gebruik maak van die Whatsapp-groepe en klasverteenwoordigers
om vrae deur te stuur. Whatsapps moenie direk aan die dosent gerig word nie. Moet dus nie
’n reaksie verwag indien jy ’n whatsapp stuur nie. E-pos my by bassonea@cput.ac.za.

11. ALGEMENE BELEID

Raadpleeg die Algemene Kursusgids vir die Intermediêre en Seniorfase vir die beleid
rakende slaagvereistes, sleepvakke, klasbywoning, toetse, eksamens, werkopdragte en
navrae oor punte.

12. PRAKTIESE REËLINGS

12.1. Alle opdragte moet tydens klastyd ingelewer word en die student moet die klaslys
teken as bewys van inlewering. Indien ’n opdrag laat is, word 5% per dag afgetrek tot
‘n maksimum van drie akademiese dae. Vir enige opdrag wat meer as drie
akademiese dae laat is, sal ’n punt van 0% toegeken word.
12.2. Wanneer skriftelike assesserings tydens klastyd geskryf word, is dit die student se
verantwoordelikheid om die klaslys te teken as bewys van sy/haar teenwoordigheid.
12.3. ’n Student moet ’n geldige rede en bewyse verskaf waarom ’n skriftelike of
mondelinge assessering nie afgelê is nie, alvorens toelating tot ’n “siektetoets”
toegestaan sal word. ’n Student wat vir ’n toets afwesig was, moet binne drie
akademiese dae na die evalueringsdatum persoonlik met die dosent ’n reëling tref.
12.4. ’n Student moet ’n geldige rede en bewyse verskaf waarom ’n opdrag nie betyds
ingelewer is nie. ’n Student wat vir ’n inleweringsdatum afwesig was en ’n geldige
mediese sertifikaat het, moet die opdrag binne drie akademiese dae nadat die
mediese sertifikaat verval het, aan die dosent inlewer en die klaslys teken.
12.5. Hierdie jaar sal daar van alle studente verwag word om werkstukke via Blackboard in
te handig (behalwe wanneer anders aangedui). Indien Blackboard of die internet
probleme gee, mag studente die werkstuk e-pos om te bewys dat dit wel klaar was
op die inhandigingsdatum. Hierdie e-pos sal egter nie gemerk word nie. Die student
moet steeds die werkstuk via Blackboard inhandig. Maak seker dat jy SafeAssign
gebruik om seker te maak dat jy nie per ongeluk plagiaat gepleeg het nie.
12.6 Plagiaat: Raadpleeg die KSUT-beleid oor plagiaat op Blackboard. Maak seker dat jy
bewus is daarvan dat jy ALLE bronne moet aandui, ook wanneer jy ’n lesplan of
Powerpoint opstel. As jy jou skuldig maak aan plagiaat, kry jy nie net 0 nie (sien
uitsondering in die eerstejaar), maar jy kry ook ’n waarskuwingsbrief en jy moet voor
’n tugkomitee verskyn

13. OPDRAGTE/ ASSESSERING

Opdragte
Opdrag 1 Kronologiese hervertelling van die radio-
drama 18 Maart 

Opdrag 3 Projek oor die radio-drama


21 - 25 June 

Opdrag 4 Taaltoets
2 September  
Opdrag 5 Idiomatiese uitdrukkings-opdrag
23 September 

Opdrag 6 Persoonlike reflektiewe bespreking van


een kortverhaal 14  Okt 

Opdrag 7 Video-essay oor een kortverhaal 15 - 19 Nov 

Opdrag 1

Vertel die storie in ’n kronologiese volgorde


Luister na die radiodrama Bullets over Bishop Lavis en gee ’n kronologiese vertelling
van die verhaal. Let op die volgende:

 Jou vertelling moet nie langer as 300 woorde wees nie.


 Maak seker jy gebruik die karakters se name in jou vertelling.
o Jerome
o Ronnie
o Malaysia
o Anél
 Hieronder is ’n generiese formaat van ’n kronologiese vertelling van ’n storie.
Gebruik gerus die formaat en die kernwoorde om jou met jou te help.

o Beginpunt of Inleiding

 Once upon a time / Once there was – Eendag was daar / Eendag
het
 In the beginning – Aanvanklik / Aan die begin het
 First of all – Eerstens

o Middelpunt of Lyf van die verhaal


 Meanwhile – Terwyl
 After that – Na dit het / Na die tyd het / Daarna het
 Suddenly – Skielik / Uit die bloute

o Einde of Slot van die verhaal


 In the end – Aan die einde
 Finally – Uiteindelik
 After all – Na alles wat gebeur het

 Jy kan die storie vir my e-pos na bassonea@cput.ac.za of jy kan die storie op


’n bladsy uitskryf en vir my ’n foto van jou verhaal stuur.
 Inhandigingsdatum is 29 April 2022
Student voltooi ’n projek oor die radiodrama “Bullets over Bishop Lavis”
Opdrag 4: Idiomatiese uitdrukkings-projek

Afrikaans Eerste Addisionele Taal (SAF151S)


Visuele voorstellings van idiomatiese uitdrukkings

(60 punte)
In hierdie opdrag moet jy visuele voorstellings van idiomatiese uitdrukkings skep en
vir die klas aanbied. Neem die volgende in ag tydens die voltooiing van die taak:

1. Dit is ʼn groeptaak, so verdeel julself in groepe van vier.


2. Jy moet ten minste vyf idiomatiese uitdrukkings visueel illustreer.
3. Die gekose idiomatiese uitdrukkings moet tematies verband hou met mekaar.
Dit wil sê as jy die tema “Konflik” kies, moet jou gekose idiomatiese
uitdrukkings verband hou met konflik.
4. Die visuele voorstelling kan in enige vorm gedoen word, bv. fotografie,
potloodsketse, collage.
5. Maak ʼn plakkaat waar jy jou idiome kan plak, want jy word ook verwag om die
plakkaat vir die klas aan te bied.
6. Jy moet natuurlik die konnotatiewe betekenis van die idioom op die plakkaat
insluit. Een manier om dit te doen is om die denotatiewe betekenis
onder/langs die visuele voorstelling te gee.
7. Gebruik die idiomatiese uitdrukkings-werkkaart as ʼn handleiding vir hoe jy jou
plakkaat kan doen.
8. Wees kreatief!

Datum van inlewering: 23 September 2022


Idiomatiese uitdrukkings-rubriek

Afrikaans EAT (151S)

Naam Studentenommer
1._________________________________________________ 1.________________________

2._________________________________________________ 2.________________________

3._________________________________________________ 3.________________________

4. _________________________________________________ 4.________________________
Swak Goed Uitstekend
(0- 4) (5-8) (9-12)

Foto/Illustrasie
- Die illustrasie hou nie verband met die - Die illustrasie verklaar die letterlike - Die illustrasie verklaar die letterlike
letterlike betekenis van die idiome nie. betekenis van die idiome. betekenis van die idiome.
- Illustrasie is nie op die regte plek nie - Die illustrasie is op die korrekte plek. - Illustrasie is op die regte plek.
- Illustrasie is van swak gehalte. - Illustrasie is van goeie gehalte. - Illustrasie is van uitstekende gehalte.
- Konsep van foto/illustrasie toon geen - Konsep van foto/illustrasie is kreatief. - Konsep van foto/illustrasie is baie
kreatiwiteit. kreatief.

Konnotatiewe betekenis - Definisie is inkorrek of geen definisie. - Definisie is korrek. - Definisie is korrek met ekstra detail.

Taalgebruik - Taalgebruik in die verduideliking is - Verduideliking is in volsinne aangebied, - Die verduideliking is in volsinne
swak en bevat baie grammatikale foute. met enkele foute. aangebied en bevat geen foute nie.

Aanbieding van plakkaat - Die plakkaat bevat foute in die plasing - Al die elemente is op die korrekte plek - Al die elemente is op die korrekte plek
van elemente. geplaas op die plakkaat. geplaas.

- Die plakkaat is onnet. - Die plakkaat is netjies. - Die plakkaat is netjies en is goed
georganiseer.
- Uitleg van die plakkaat toon geen - Uitleg van die plakkaat is kreatief.
kreatiwiteit. - Uitleg van die plakkaat is baie kreatief.

Mondelinge aanbieding - Die student het nie deel geneem aan - Die student het deel geneem aan die - Die student het ’n aktiewe rol in die
die aanbieding nie. aanbieding. aanbieding gehad.

- Dit was moeilik om die student te hoor - Die student kan die idiome onafhanlik - Die student kan ’n gevorderde
en/of te verstaan. van die groep verduidelik. verduideliking van die idiome bied.

- Die student kon nie die betekenis


verduidelik nie.
Afrikaans Eerste Addisionele Taal
Persoonlike identiteit: Video-essay
(100 punte)
In hierdie opdrag moet jy individueel of in ’n groep ’n mondelinge aanbieding doen,
waarin jy die hoofvraag in een van die kortverhale moet beantwoord.

Onderwerpe

Kortverhaal: My lyf is die twee extremes tussen pleasure en pyn deur Jackie
Nagtegaal

Dink jy/julle geestesgesondheid (mental health) kry die nodige aandag in vandag se
samelewing?

 Gee ’n opsomming van die kortverhaal


 Wat is geestesgesondheid?
 Hoe sluit die tema van die kortverhaal aan by geestesgesondheid?
 Word daar openlik gepraat oor geestesgesondheid?
 Is dit nodig om openlik te praat oor geestesgesondheid?
 Hoe kan kwessies rondom geestesgesondheid aangespreek of opgelos
word?
 Wat is jou siening van die slot van die verhaal?

Kortverhaal: Seuntjies deur Nataniël

Verken die kwessie van gender verwagtinge, gender rolle en manlike in die
kortverhaal “Seuntjies” deur Nataniël.

 Gee ’n opsomming van die kortverhaal.


 Wat is die sentrale tema van die kortverhaal?
 Definieer die konsepte gender, gender rolle en gender verwagtinge.
 Hoe word die kwessie van die gender verwagtinge in die kortverhaal
uitgebeeld?
 Hoe affekteer gender verwagtinge hoe seuns hul manlikheid sien?
 Is daar ’n skakel tussen gender verwagtinge en toksiese manlikheid?
 Is daar ’n skakel tussen toksiese manlikheid en gendergebaseerde geweld?
 Hoe belig die kortverhaal kwessies rondom toksiese manlikheid?

Algemene riglyne:

1. In groepe van vyf, moet julle ’n video-opname maak waarin julle die vraag
bespreek.
2. Die opname moet verkieslik nie langer as 10 minute lank wees nie.
3. Elkeen in die groep moet ten minste 2 minute lank praat.
4. Indien jy die opdrag individueel doen, moet jou opname nie langer as 5
minute wees nie.
5. Gebruik die vrae julle/jou te bespreking aan te help.
6. Natuurlik moet julle in Afrikaans praat.
7. Julle het kreatiewe vryheid, so julle is welkom om die aanbieding op enige
kreatiewe manier aan te bied. Maak dit interessant!
8. Kyk asseblief na die rubriek, sodat julle sien hoe jy bepunt word.
9. Let op na tegniese kwessies in jou video-opname, bv. klank, beligting, ens. Ek
moet jou duidelik kan hoor en sien.
10. Jy is meer as welkom om my te raadpleeg indien jy enige vrae het.
11. Stuur jou video na afrikaansdepartement@gmail.com.

Datum: 19 November 2022

You might also like