You are on page 1of 11

05/2023 2 Februarie 2023

Ons gebed is dat God elkeen, elke dag, met Sy krag sal lei, Sy mag sal vashou, Sy hand jou sal
bewaar, Sy wysheid jou sal leer en Sy liefde jou hart sal vul.

OOS-MOOT DIE TOPSKOOL IN TSHWANE-NOORD DISTRIK

Ons spog hierdie jaar nie net met 'n 100% slaagsyfer vir ons 2022 matrikulante nie, maar is ook
tydens die Tshwane-Noord se jaarlikse prysuitdeling op 27 Januarie 2023 as die TOPSKOOL in
die DISTRIK aangewys.

Verskeie van ons graad 12-leerders (2022) is aangewys as die toppresteerders in die distrik in die
volgende vakke:
VERBRUIKERSTUDIES
1ste plek: Nicole Posthumus (86,5%) en 2de plek: Janneke du Preez (85,95%)
BESIGHEIDSTUDIES
1ste plek: Michael Owens (98,7%)
INLIGTINGSTEGNOLOGIE
1ste plek: Christopher Cloete (92%). Christopher het ook 'n ICT-beurs ontvang.
TOERISME
3de plek: Monya van der Merwe (94,2%)
Weereens baie geluk aan die Graad 12-klas van 2022 asook al die personeel.

BELANGRIKE DATUMS

Die volgende belangrike datums vir ons leerders en ouers:


7 Februarie : Kwartaaltoetse begin vir die graad 10- tot 12-leerders.
8 Februarie : FOTODAG – Individuele foto’s vir alle leerders en personeel.
9 Februarie : Akademiese prysuitdeling.
9 Februarie : Kwartaaltoetse vir graad 8 en 9 begin.
20 Februarie : Beheerliggaamtussenverkiesing 2023

AKADEMIE

TOETSREEKS
Die toetsreeks vir die graad 10- tot 12-leerders begin op 7 Februarie en vir die graad 8- en 9-
leerders op 9 Februarie.

Graad 12: Afrikaans toets


Die graad 12-leerders se Afrikaans toets op 7 Februarie begin om 06:30 en leerders moet
asseblief reeds om 06:15 by hul voogklasse aanmeld.

BASISLYNTOETSE
Ons verwys na die e-pos wat uitgestuur is op 31 Januarie ten opsigte van hierdie toetse.

'n Kennisgewing is op 31 Januarie van die Departement van Onderwys ontvang waarin
hierdie toetse gekanselleer word.

AKADEMIESE ONDERSTEUNING

In opdrag van die Departement, moet alle graad 8-leerders in staatskole deur 'n siftingsproses gaan
om te bepaal of hulle spesifieke akademiese ondersteuning benodig om hulle potensiaal te
verwesenlik. U hulp word asseblief benodig om hierdie taak te verrig.

U kind sal vandag 'n harde kopie van die vorm by die skool ontvang wat gebruik word vir die eerste
rondte van die siftingsproses. U moet asseblief hierdie vorm voltooi en terugstuur na u kind se
voogonderwyser, voor of op 6 Februarie. Die vorm is ook vanoggend elektronies aan ouers
uitgestuur.
AMANUENSIS OPLEIDING

Ouers en studente wat belangstel om opleiding te ontvang om leerders met spesiale behoeftes
tydens die afneem van toetse en eksamens by te staan, kan ʼn opleidingsessie van die Departement
op 11 Mei 2023, om 14:30 tot 15:30 by Pretoria High School for Girls bywoon. Navrae kan gerig
word aan me J van der Spuy (j.vanderspuy@oos-moot.co.za).

KULTURELE TOER: WES-KAAPTOER


ʼn Kulturele toer word vanaf 1 tot 5 Oktober 2023 na die Wes-Kaap beplan. Belangstellende graad
8- tot 12-leerders kan die toer meemaak onder toesig van Hoërskool Oos-Moot personeellede (me
L de Bruin en M Botha). Die toer word deur Free World Travel hanteer en gelde word direk aan hul
betaal. (Travel and Sport – ndaniels@travelandsport.com)

Daar is nog agt plekke beskikbaar en volledige inligting is beskikbaar by me L de Bruin.

WOLKSKOOL
Die Wolkskool is ʼn produk van die Skoleondersteuningsentrum
(SOS), ʼn nie-winsgewende organisasie met ʼn span
onderwyskundiges wat ten doel het om gehalte Afrikaanse
onderrig te help verseker.

Die skool het besluit het om vanaf 1 September 2021 gebruik


te maak van Die Wolkskool en dat AL ons leerders voortaan
toegang sal kry. Die Wolkskool vervang nie die rol van die
onderwyser by die skool nie, maar word as ʼn aanvullende hulpmiddel vir al ons leerders en
veral die wat akademiese tyd verloor het, beskikbaar gestel. Die skool dra die koste vir die
leerder se registrasie op hierdie platform.
Die Wolkskool is ʼn aanlyn platform van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) met
videolesse, werkkaarte en assesserings wat deur professionele onderwysers ontwikkel is. Die
platform maak van die nuutste tegnologie gebruik om u kind ʼn veilige, stabiele en vinnige aanlyn
leerervaring in Afrikaans te bied.

Ons onderwysers speel ʼn kernrol in die sukses van Die Wolkskool, omdat die platform juis tot sy
reg kom wanneer onderwysers dit inspan om leemtes in kennis en begrip by u kind te identifiseer
en betyds aan te spreek. Verskeie van ons eie onderwysers is ook betrokke by Wolkskool (sien
onder).

Wat behels Die Wolkskool


Die Wolkskool bied u kind die geleentheid om videolesse oor en oor te kyk totdat hy/sy dit
verstaan, teen sy/haar eie pas, vanaf enige plek en op sy/haar eie tyd.
U as ouer ontvang ook weekliks ʼn elektroniese verslag (e-pos) wat u op hoogte van u kind se
vordering sal hou.

Elke leerder ontvang 2 GIG data per maand. Dit is egter net vir gebruik op Die Wolkskool.
Die skool moet Die Wolkskool voorsien van leerders se inligting (Naam, van, ID-nommer, skool e-
posadres) vir registrasiedoeleindes.

Dit is die skool se plig om toe te sien dat die reg op privaatheid van persone (en spesifiek dié van
die kinders) gerespekteer word soos wat dit in die Wet op die Beskerming van Persoonlike
Inligting (Wet 4 van 2013 van Suid-Afrika – POPI Wet) bepaal word. Die Wolkskool voldoen wel
aan al die vereistes.

Ouers sal ook in die toekoms direk kommunikasie vanaf Die Wolkskool ontvang.
Besoek gerus die skool se webwerf vir ʼn kort video oor Wolkskool.
GOOGLE CLASSROOM
Leerders het toegang tot hierdie platform waar daar vaknotas en vakinligting deur die personeel
geplaas word. Besoek die webwerf vir volledige inligting (bv. hoe om aan te teken).

DISSIPLINE
Dit het onder ons aandag gekom dat die leerders (seuns en dogters) die afgelope tyd haarrekkies
as bandjies om hul gewrigte dra. Ons verwys ons ouers en leerders graag na die Oosie-gedrag
en gedragskode in die leerderdagboeke en op die skool se webwerf.

SLUITKASTE
Leerders kan slegs voor skool, gedurende pouse en na skool hul sluitkaste besoek.

PAUL KRUGER KINDERHUIS LIEFDADIGHEIDSPROJEK


Die kinderhuise se staatsubsidies is gedurende die afgelope jare baie wisselvallig en hul benodig
hulp uit die gemeenskap. Ons wil graag ‘n versoek rig aan elkeen wat kan bydra om ons te help
om ook hier ‘n verskil te maak.

‘n Behoeftebepaling is gedoen en die volgende items is as BROODNODIGE items geïdentifiseer.

Bederfbare produkte Nie-bederfbare produkte


(vir kosblikke)
Boerewors Botteltjies water (500ml)
Weense worsies Boksies vrugtesap
Kouevleis
Toebroodjiesmere
Skenkings
 Skenkings kan direk by Paul Kruger Kinderhuis (728 31ste laan, Villieria, Pretoria, 0186)
afgelewer word.
 Die kontakpersoon is Alex Botha (012 332 1366/7).

Donasies

 Daar is ‘n behoefte aan klere vir die kinders en donasies word in dié geval verkies.
 Die skool het ‘n rekening oopgemaak waar kontantdonasies hiervoor gemaak kan word.
 Gebruik asseblief die volgende verwysing indien u ‘n donasie wil maak:
 U naam of naam van die onderneming + 237
 Anoniem237 in die geval waar u ‘n anonieme skenking wil maak.

Die projek eindig 28 Februarie 2023.


Navrae kan ook gerig word aan me L Bouwer by kultuur@oos-moot.co.za.

FOTODAG
Die skool neem jaarliks individuele foto’s van die leerders in hul skooldrag. Die eerste amptelike
fotodag vir hierdie jaar is op 8 Februarie 2023.
1) Individuele foto's word van alle leerders en personeel geneem.
 Die foto’s word in die skool se media gebruik, waaronder die jaarblad, nuusbrief, sosiale
media, skoolkoerant, skool se webwerf ensomeer.
 Dit is ‘n kop-en-skouerfoto.
 Ouers kan hierdie foto(s) bestel.
 Indien ouers nie toestemming verleen het volgens die Popia-wet nie, sal die betrokke
foto nie in die media geplaas of gebruik word nie.
2) Die foto’s word gedurende skoolure geneem en leerders gaan soos NORMAAL voort met
klaswisseling en akademie.
3) Geen gelde word tydens die fotosessies deur leerders of die personeel betaal nie.
4) Alle bestellings word elektronies deur die fotograwe hanteer.
5) Sodra die foto’s gereed is vir bestelling sal die ouers in kennis gestel word.
6) Alle foto’s word in die skoolsaal geneem.
7) Leerders sal per voogklas uitgeroep word.
8) Leerders moet in klasverband en alfabeties aantree.
9) Kleredrag:
 Gr.8 tot gr.11 - Somersdrag met kleurbaadjie/Penningbaadjie.
 Gr.12 - Somersdrag met matriekdas en kleurbaadjie/Penningbaadjie.
 Matriekraadlede dra hul formele drag.
 Oopknoophemde se kraag moet asseblief buite oor die baadjie gevou word.
10) Belangrik:
 Geen leerder kan ‘n maat se penningkleurbaadjie leen nie.
 Voorkoms moet korrek wees: Hare netjies; seuns skoongeskeer; geen grimering; geen
verkeerde juwele.
 Daar gaan nie weer geleentheid vir individuele foto’s wees nie.
11) Foto’s van boeties en sussies saam.
 Hierdie foto’s word slegs op versoek en aan die einde van die dag geneem wanneer alle
klasse afgehandel is.
 Hierdie foto’s kan slegs geneem word indien dit wel gekoop word.
 GEEN maats word saam afgeneem nie.
 Die nodige vorm moet deur die ouers/voogde voltooi en onderteken word, en by
fotograwe ingehandig word wanneer die foto geneem word.
12) Personeel
 Kan enige tyd deur die loop van die dag kom vir hul foto’s.
 Alle personeel moet afgeneem word. Foto’s word in die skool se media gebruik.
 Kleredrag: 2023 personeelhemp vir eenvormigheidsdoeleindes.
VALENTYNSBAL
Die eerste sosiale geleentheid vir ons leerders is die Valentynsbal.
Datum : 11 Februarie 2023
Tyd : 18:00
Plek : Skoolsaal
Drag : Semi-formeel
Kaartjies : R100 per kaartjie
Tema : Phantom of the Opera
Foto’s : R60 per gedrukte A5-foto. Dadelik beskikbaar op die aand van die bal.
Betaling
• Betaal verkieslik elektronies (EFT).
• Kaartfasiliteite is ook beskikbaar in die finansieskantoor.
• Gebruik asseblief die verwysing GB170 met betaling.
• Bring jou betalingsbewys of strokie na die finansieskantoor om jou kaartjie(s) te ontvang.

IDENTITEITSKAARTE

Die meerderheid van ons graad 11-leerders wat kwalifiseer vir ʼn ID-kaart, het nog nie een nie.
Identiteitskaarte is baie belangrik vir die leerders se graad 12-eksamens. Kan enige ouer/voog
wat ʼn kontak by Binnelandse Sake het dit asseblief met ons deel. Die kontakbesonderhede kan
aan me N Pfeil (graadvoog graad 11) gestuur word n.pfeil@oos-moot.co.za.

JAARBLAAIE VAN VORIGE JARE

Die skool het ‘n aantal jaarblaaie vir die jare 2016 tot 2022 beskikbaar indien enige persoon sou
belangstel om een aan te koop. Koste is R40 per jaarblad. Kontakpersoon: me M Koelman
(koelmanm@oos-moot.co.za).
KENNISGEWING VAN BEHEERLIGGAAMTUSSEN-
VERKIESING 2023

Kennis geskied hiermee dat ʼn vergadering vir die nominasie van kandidate vir die verkiesing van
een (1) ouerlid vir die beheerliggaam van bovermelde skool op 20 Februarie 2023 vanaf 18:30 in
Hoërskool Oos-Moot se skoolsaal gehou sal word. Ouers van leerders wat amptelik by die skool
ingeskryf is en nie by die skool in diens is nie, mag as kandidate genomineer word.

Indien ʼn kworum nie bereik of meer ouerlede genomineer is, as wat verkies moet word nie, sal ʼn
tweede verkiesing op 6 Maart 2023 om 18:30 by Hoërskool Oos-Moot in die skoolsaal gehou
word. Nominasievorms is in hardekopie by die skool beskikbaar of elektronies op die skool se
webwerf.

SPORT

Die sportsoorte se inligting vir die seisoen word, sodra beskikbaar, op die onderskeie webbladsye
uiteengesit. In die nuusbrief sal slegs veranderinge en belangrike inligting ten opsigte van ʼn
sportsoort uitgelig word. Besoek asseblief die skool se webwerf gereeld om op hoogte te bly van
wedstryde/programme/uitslae, ensovoorts. Ons wens al ons leerders in die onderskeie
sportsoorte STERKTE toe waar hul deelneem.

ATLETIEK
3 Februarie : Mootbyeenkoms (tuis)
Program is beskikbaar op die webwerf
10 Februarie : Valentynsbyeenkoms (tuis)

NETBAL
Proewe
 24 Februarie : 0/14, 0/15 en 0/16 (14:00)
 25 Februarie : 0/17 en 0/18 (08:00)
HENGEL
Ligadatums
12 Maart
23 April
14 Mei

PRESTASIES

Baie geluk aan al ons atlete, spelers en deelnemers wat uitstaande prestasies lewer. Jul
opoffering, harde werk en deursettingsvermoë word in jul prestasies gereflekteer. Oosies is
ongelooflik trots op almal. Prestasies word geplaas soos ontvang.

BORGE

Ons bedank graag ons borge vir hul ondersteuning.

ADVERTERING IN DIE NUUSBRIEF

You might also like