You are on page 1of 7

Laerskool Bellville-

Noord

Juffrou Maryke
Graad R – 2024

-1-
BRING DIE VOLGENDE ITEMS OP JOU EERSTE SKOOLDAG SAAM.

Hierdie items is ‘n skenking aan die skool en hoef nie gemerk te wees nie. Bring dit op die
eerste dag saam, asb.

1 doos van 200 snesies


1 pakkie pleisters (20)
1 bottel handewasseep (of ‘n hervul sakkie)
1 plastiek lepel gemerk met u kind se naam op (bly in u kind se tas)
1 beursie vir snoepiegeld (bly in u kind se tas)
1 pak A4 papier (500 bladsye) Verkieslik Typek

KOMMUNIKASIE

Algemene skool kommunikasie geskied deur D6 Connect.

Elke graad R klas het ‘n WhatsApp groep en juffrou korrespondeer so met ouers.
Boodskappe op WhatsApp kan net na skool (na 12h30) beantwoord word. Ons
kommunikeer nie gedurende skoolure (07h15 - 12h30) nie.

DAAGLIKS IN U KIND SE SPORTSAK

- Verfhemp
- Kosblik
- Ekstra stel klere word benodig vir noodgevalle

TAS

Ons het in die verlede baie probleme met te klein tasse gehad en daarom sal in die
toekoms slegs Bellville-Noord se sportsak toegelaat word.

Prys van sportsak – R300

Klerebank tye:
Maandagaande oop vanaf 16:00 – 17:00 (Ingang by nasorg hek indien hoofhek
gesluit is)
Donderdagoggende vanaf 07:30 – 09:30.

Ons hanteer geen kontant nie, daar is ‘n kaartmasjien beskikbaar wees

U kind kan die sak vanaf Gr. 1 gebruik om sportklere in te pak. Die sak is groot
genoeg om boeke, prente, skoene, kosblikke en sweetpakke in die winter te berg.

Geen tasse op wieletjies of met trekstange word toegelaat nie aangesien dit by
die kassies uitsteek en dan pootjie dit die leerlinge as hulle in die gange
beweeg.

-2-

VOORSKOOT
Kry ‘n ou T-hemp met moue van iemand wat groter as u kind is.

Skryf met ‘n permanente koki u kind se naam in drukskrif voor op die bors.

Voorskote met vasmaakbande word nie toegelaat nie aangesien te veel tyd
verlore gaan as die onderwyseres almal se bande moet vasknoop.

Verfhemde word net gedurende vakansies gewas en bly andersins in die leerder se
kassie.

BEURSIE/SNOEPIE

Gr. R leerders mag net snoepie toe gaan vir kos bv. ‘n broodjie. Geen lekkers sal aan
‘n Gr. R leerder verkoop word nie. Hulle gaan net na die koekverkopings
(entrepreneursdae). U sal deur u kind se boodskapboek presies weet wanneer dit is.

Beursies met sy/haar naam duidelik daarop gemerk word net gebruik tydens
koekverkopings.

BOODSKAPBOEK

Die skool verskaf aan u kind ‘n klaswerkboek wat sal dien as boodskapboek. Die
leerder sal die boek op die eerste dag by die onderwyseres kry. Die ouer moet die
boek asb. met goeie plastiek oortrek.

Boodskapboeke word op Donderdae aan die kind gegee met ‘n brief waarin die
komende week se aktiwiteite uiteen gesit word. U kind MOET dit Maandae by
sy/haar onderwyseres inhandig. Die ouer moet by die brief teken sodat die
onderwyseres kan weet dat u kennis geneem het van die inhoud. Ouers is ook
welkom om boodskappe van die huis af, in die boek te skryf.

SPEELGOED – BAIE BELANGRIK

Die skool is goed toegerus en geen leerling word toegelaat om speelgoed van die
huis na die skool te bring nie. Die skool en onderwysers aanvaar geen
verantwoordelikheid vir duur speelgoed wat by die skool wegraak nie.
Die volgende items word glad nie by die skool toegelaat nie, selfone (werkend of
nie-werkend), tablette, laserspeelgoed, messe, items wat koëels of pyle uitskiet
en enige grimering.

KLEREDRAG

Dit is belangrik dat u kind gemaklik moet kan beweeg en alles moet kan geniet
sonder om bang te wees dat hy/sy sal vuil word.

-3-

SEUNS
Dra gemaklike kortbroeke en T-hemde in die somer en sweetpakke of denims in die
winter.
DOGTERS
Dra verkieslik kortbroeke in die somer. Nou mini- of baie wye rokke strem die
meisies se sit- en klimbewegings en word daarom nie toegelaat nie. Sweetpakke en
langbroeke of denims word vir die winter aanbeveel.

SKOENE
U kind moet tekkies of sandale met ‘n bandjie agterom die hak dra omdat
insteekskoene u kind laat val. In die somer mag hulle kaalvoet skool te kom. Hulle
moet skoene in hulle sak hê om oor die warm teer op warm dae te kan loop.

Baie belangrik!
ALLE KLERE EN ANDER PERSOONLIKE BESITTINGS MOET GEMERK WEES.

HARE

Lang hare moet vasgemaak wees. Seuns dra netjiese kort hare. Seuns en dogters
se kuiwe mag nie oor die wenkbroue hang nie, want dit belemmer die kind se sig.

VOEDSEL

Toebroodjies, skyfies, vrugte, jogurt, soutigheid/ enige kos word toegelaat. Groot
asb. – geen gaskoeldrank en lekkers in die kosblikke nie. (Lekkers en
gaskoeldrank veroorsaak swak konsentrasie.) Ons het nie vir elke kind ‘n lepel nie.
Merk asb. ‘n plastieklepel en hou dit in u kind se kosblik as u vir hom jogurt inpak.

U kind moet soggens ontbyt eet anders sal hulle nie die pas kan volhou nie.
Koeldrankbottels moet ‘n “uittrek doppie” hê.

GR. R - FOOIE

U betaal ‘n skryfbehoeftepakket van R300. Met hierdie geld koop die skool
waslappies, skryfbehoeftes en ander benodigdhede vir die eerste kwartaal aan sodat
u kind dadelik met onderrig kan begin. Skoolgelde word in 11 maandelikse
paaiemente betaal, met die eerste paaiement op 1 Februarie tot en met 1 Desember.
Betalings geskied per direkte inbetaling of per debietorder.

LAERSKOOL BELLVILLE-NOORD
ABSA: 145 049 0551
REK: TJEKREKENING
TAK: 632005
VERWYS: Leerder se rekeningno Voorletter en van (bv. L10 P Le Roux)

Verwysing vir nasorggelde: N/S P Le Roux


(Inbetalings sonder korrekte verwysings sal nie geallokeer kan word nie.)

-4-
Alle kontant betalings wat aan die skool gestuur word moet te alle tye in ‘n koevert
wees. Skryf asseblief duidelik op die koevert, u kind se naam, gr. en die doel
waarvoor dit is, bv. Annette Louw Gr. R1 - Klasfoto

Skoolfonds- en nasorgfooie vir 2024, sal op die oriënteringsaand bekend gemaak


word.

KLASTYD

Leerders word tussen 7:15 en 7:40 afgelaai by die klein hekkie in Rathgarstaat.

Indien u na 7:40 by die skool kom, sal die hekke weens veiligheidsredes gesluit wees
en moet u voor by die sekretaresse aanmeld.

Dieselfde geld as u in die gebou is en weer na u motor toe moet gaan. Hekke sal dan
gesluit wees as u buite kom.

Parkeer voor die hoofingang as u iets met die onderwyseres wil bespreek en dan
kan u weer daar uitgaan na 7.40 sonder om probleme te ondervind.

EERSTE SKOOLDAG

Verduidelik vooraf aan u kind waarnatoe hy/sy gaan en dat u hom/haar weer na
storietyd sal kom haal.

Die juffrou is ’n kind se vriend en is daar om te help as jy nie iets kan doen nie of
ongelukkig is oor iets. Sy is lief vir jou en sal jou mooi oppas totdat jou ouers jou kan
kom haal.

Indien u kind huilerig is wanneer u hom moet afgee, sê vinnig totsiens en loop al
skree hulle hoe hard.

Die juffrou sal haar bes doen om die kind se aandag so gou moontlik op iets anders
te fokus. Moet groot asb. nie herhaaldelik terugdraai om totsiens te sê nie. Dit
rek die pyn net langer uit vir die leerling.

SIEKTE

Siek leerlinge op medikasie moet tuis bly. Die onderwyseres word nie toegelaat om
medisyne in die klas toe te dien nie. Asmalyers en diabete word uitgesonder.

Baie belangrik: Skakel die skool by tel no. 021-948-3654 indien u kind siek is en
verstrek die rede. U kan ook ‘n ouer leerling in die skool met ‘n boodskap na
die klasonderwyser stuur.

-5-
PROBLEME

Dit is in belang van u kind dat u enige probleme en veranderinge tuis onder die
onderwyser se aandag bring. Alle inligting word as vertroulik beskou. Ons strewe
altyd daarna om u kind se skoolervaring so aangenaam en
positief as moontlik te maak. Dit kan alleenlik geskied as ons die omstandighede wat
op die kind inwerk, ken.

NASORG

Ons skool beskik oor ‘n goeie nasorgdiens wat elke weeksdag beskikbaar is vanaf
12:30 – 17:30.

Me. Carine Blatt is die Naskoolsentrum-hoof en kan by 021 948 3654 (druk 4)
gekontak word.

Noodgevalle : Carine Blatt - 082 258 5146

HERWINNING

Die skool herwin ou koerante, tydskrifte, eierhouers en kartonne. U kan op


Maandae hierdie artikels skool toe stuur in ‘n winkelsak of dit self in die
herwinningshouers by die saal se vierkant, gooi.

VERJAARSDAE

Wanneer u kind verjaar, kan hulle iets te ete bring. ‘n Plaatkoek reeds in blokkies
gesny of ‘n kolwyntjie of ‘n muffin of ‘n pakkie tjips is heeltemal voldoende. Let
daarop dat u nie u kind se verjaarsdagpartytjie by die skool mag gee en verwag dat
elke leerling vir u kind ‘n geskenk moet bring nie. Partytjies is ‘n private
aangeleentheid en moet tuis gehou word onder die ouer se toesig.

ROMMEL

Ouers kan tuis die volgende artikels versamel en gereeld saam met u kind stuur:

2 & 5 liter roomysbakke Vere/ tou /wol


Doppies/ proppe/ kurkproppe Toiletrolle
Klein dosies Ou hoede/ skoene
Afval houtblokkies Handsakke/juwele
Garetolle Konsertklere
Rekenaarpapier (een kant nog skoon) Skoon ou sokkies/ sykouse
Eierhouers x6 Afval lint/kant/knope
Ou elektriese apparate Lemoen- en uiesakkies
Foamolite bakkies Ou tydskrifte

-6-
DIE ONDERWYSERES

Maak ‘n punt daarvan om alle probleme aangaande u kind met die betrokke
onderwyseres te bespreek i.p.v met ander ouers of vriende. Sodoende word
misverstande uit die weg geruim en ‘n goeie verstandhouding opgebou.

U kan haar in noodgevalle of as u persoonlike dinge wil bespreek, in die aande na


18:00 skakel of ‘n afspraak maak vir die tydgleuf wat beide partye pas.

Me. Maryke Walters: 078 128 3924

Me. Chalene Oberholzer: 081 794 6095

SKOOLGEREEDHEID

Die onderwyseres en die ouers werk saam as ‘n span. U sal indien nodig, van tyd tot
tyd deur die onderwyser versoek word om u kind te help om sekere aspekte van die
werk tuis te oefen. Dit is in u kind se belang om dit gereeld te doen. Elke afdeling
van die werk is ‘n bousteen in u kind se SKOOLGEREEDHEIDSPROGRAM. Dit is
dus belangrik dat daar nie leemtes sal ontstaan in u kind se ontwikkeling in totaliteit
nie.

U is welkom om probleme aangaande die onderwyser of die klas waarin u kind is met
die hoof te bespreek. Protokol vereis egter dat u EERS die saak met die
onderwyseres BESPREEK en dan met die hoof. Die hoof moet eers
AGTERGROND (deur die onderwyseres verskaf) van ‘n saak hê voordat hy AKSIE
kan neem.

Nadat u kind ‘n kwartaallikse verslag ontvang het, kan u die onderwyseres besoek om
u kind se vordering te bespreek. Afsprake sal volgens ‘n rooster bespreek en
uitgevoer word.

SKOOL VERLAAT

U kind is nou by ‘n departementele skool ingeskryf. Wanneer u kind die skool gaan
verlaat, moet u die sekretaresse en onderwyser betyds in kennis stel en die nodige
vorms by die kantoor invul voor die kind se vertrek. U sal dan ‘n oorplasingsvorm
ontvang wat u by die kind se nuwe skool moet inhandig.

Dankie vir u samewerking in hierdie verband.

Ons hoop dat u en u kind ‘n aangename verbintenis met die


gr. R-afdeling van Laerskool Bellville-Noord sal hê en
dat hierdie jaar ‘n onvergeetlike jaar vir
u kind sal wees!

You might also like