You are on page 1of 4

PRIMRE SKOOL WORCESTER PRIMARY SCHOOL

Tel: 023 347 0663/ F: 023 342 2766/ psw@psworcester.wcape.school.za Posbus/ P.O. Box 193, Worcester, 6849/ Krigestraat 8 Krige Street, Worcester
Nuusbrief/ Newsletter 11 van/ of 2014 28 Maart/ March 2014

5 leuens wat jy nit moet glo nie www.voelgoed.co.za


Wanneer jy met n kind gesen word, het vriende en familie altyd hope raad oor hoe om hom groot te maak. Jy glo hierdie rels en hou daaraan vas, sonder om te besef dis eintlik leuens ... Nog voor julle ouers word, vorm jy al n idee oor hoe jy jou kind gaan grootmaak. En as die pienkvoetjie eers daar is, kom die raad uit alle oorde: jou ma, pa, familie en vriende, en boeke deur sogenaamde kenners vertel jou wat om te doen en wat nie. Maar kort voor lank vind jy uit dat party van hierdie tegnieke glad nie werk nie. Hier is die topvyf leuens oor kind grootmaak. Bou sy selfbeeld op; hy sal hom beter gedra Al laat jy jou kind goed voel oor homself, gaan hy nie sommer sy gedrag verbeter nie. Annemarie het dit self ervaar toe haar seun se juffrou hom probeer opbou het deur goeie punte te gee vir gemiddelde werk. Hy het begin dink: Niemand verwag te veel van my nie. Ek hoef nie my beste te gee nie. Dit moet beteken ek is dom. Hy het al hoe slegter begin vaar. WAARHEID: n Goeie selfbeeld word gevorm deur dinge te doen wat jou goeie beeld uitdra; selfrespek word gevorm deur dinge te doen wat jy kan respekteer. Leer jou kind hoe om reg op te tree vir n goeie selfbeeld. Praat oor sy gevoelens as hy hom sleg gedra n Kind verstaan nie sommer sy gevoelens nie; daarom sal hy nie sy optrede beter kan hanteer nie. Lisa s sy het hierdie fout kwaad geword en begin skree het, het ek altyd gevra: Hoekom voel jy so? Ek kon dadelik sien hoe sy toeslaan. Dis omdat sy nie weet hoe om haar gevoelens uit te druk nie. Sy is bloot kwaad, hou nie van iets nie of dink iets is onregverdig. WAARHEID: Kinders hoef nie te verstaan hoekom hulle kwaad, ontsteld of vyandig voel nie. Hulle moet leer hoe om op te tree ongeag hoe hulle voel. Leer jou kind hoe om hulle gevoelens te hanteer, moet hulle nie daaroor uitvra nie. Leer- of gedragsprobleme vra vir ander rels Ouers van hierdie kinders is geneig om die rels nie so streng toe te pas nie. Sylvia vertel hoe hulle seun, wat terapie gekry het vir sy humeurprobleem, nie so swaar gestraf is soos sy boetie nie. Hulle het geglo dis iets waarmee hy sukkel. So het kinders met leerprobleme dalk ander akademiese verwagtings waaraan hulle moet voldoen, maar sosiale verwagtings bly vir almal dieselfde. WAARHEID: Jou kind moet hou by die samelewing se norme rakende optrede, ongeag leerof gedragsprobleme. Dis al hoe hy as volwassene gepas gaan optree. Straf moet regtig seermaak om te werk Ouers maak die fout om te dink elke keer as hulle kind oortree, moet die straf groter wees en seerder maak. Rika vertel hoe sy haar dogter n maand lank gehok het nadat sy haar sussie gevloek het. Daarna was haar weer gedoen. Kinders verander nie sommer hulle gedrag om nie weer gestraf te word nie. Wie het nog net een keer n spoedboete gekry en daarna altyd by die spoedgrens gehou? WAARHEID: Straf sonder om te leer, lei nie tot beter gedrag nie. Wanneer jou kind geleer word dat sy optrede sekere gevolge inhou, sal dit n leerervaring wees; nie bloot net n straf nie. Tipiese tienergedrag is n fase wat sal verbygaan Kobus s hy het in di slaggat getrap. Hy het geglo: Dis nie so erg nie. Alle tieners drink die een of ander tyd of eksperimenteer met dwelms. Deur dit te glo het hy eintlik vir sy seun toestemming gegee om dit te doen! Tieners eksperimenteer nie met dwelms nie; dan sou hulle met n wit jassie aan in n laboratorium gestaan het. Hulle gebruik dit! Geweld is ook nie n fase nie. As Boet nou leer dis reg om Sus rond te ruk en te pluk, gaan hy dit tien teen een ook met sy vrou doen. WAARHEID: Leer jou kind om nie geweld, alkohol of dwelms te gebruik om van angs en frustrasie ontslae te raak nie. Leer hulle eerder hoe om die emosies te hanteer. Wil jy jou kind reg grootmaak? Maak seker jy vergeet hierdie leuens. Hou vas aan die waarhede en bly op jou knie. So maak jy selfstandige, goedgemanierde kinders groot.

Special points of interest:


IMPORTANT DATES ASSESSMENT MEETING

Inside this issue:


SPORT RESULTS 2

STAFF

PRIMRE SKOOL WORCESTER PRIMARY SCHOOL


Belangrike datums/ Important dates 2014
DAY Saturday Monday Wednesday Thursday Friday Saturday DATE 29/3 7/4 9/4 10/4 11/4 12/4 ACTIVITY Rugby U/11A team: Riebeeck Valley Sports tournament Chess: Boland Schools Trials 2 @ Worcester School begins @ 07:25 Hockey: 1st Boland Trials (GIRLS) PARENTS: ASSESSMENT MEETING @ 18:00
Gr.R Indaba

Hockey: 1st Boland Trials (BOYS)


WPS vs Gericke Primary Rugby: U/7 - 13 Netball: U/10A,B,C - 13A,B,C

Assesseringsvergadering/ Assessment Meeting 10/4/2014 @ 18:00 - Skoolsaal/ School hall


Please remember the Assessment Meeting on 10/4/2014. During this meeting, Mr C. Schoeman, principal of Worcester Gymnasium, would like to address all parents who are considering enrolling their children in Worcester Gymnasium (Grade 8). During this meeting he will explain the admission requirements and admission procedure.

Hokkie/ Hockey
Congratulations to the following hockey players who made it through to the 2nd round of the North Boland Trials: Henry Damant Kenan le Roux Endi Mkontwana Akona Nobakada Bruce-John Joseph Simon van Wyk Gretchen Jeftha Shelomi Truter Stefmari Burden Reserves: Carla Roberts Andrea Wolhuter Players who have qualified for the Boland Trials: Simon van Wyk Gretchen Jeftha Shelomi Truter Stefmari Burden Endi Mkontwana Henry Damant Akona Nobakada Bruce-John Joseph WPS is proud of you!

Netbal/ Netball
Netbaltoernooi - Laerskool Gene Louw 25/3/2014: As gevolg van ren, moes ons dogters Action Netball op binneshuise bane speel. Dit was aanvanklik n bietjie vreemd, maar die dogters het dit geniet. O/13A verloor vs Eversdal 16-8 verloor vs Durbanville 22-5 verloor vs De Hoop 9-9

Rugby
Gene Louw Sportdag - Dinsdag, 25/3/2014: O/13A speel drie wedstryde en sluit daarmee hierdie kwartaal op n hoogtepunt af. Klop Gene Louw 24-7 Klop Lynwood 42-0 Klop De Hoop 5-0 Woensdag, 26/3/2014: WPS vs Victoria Park - Woensdag, 26/3/2014: O/13B verloor 5-10 teen Vic. Park se O/13A-span. Die manne het baie goed gespeel.

Boland Primary School Cricket


Baie geluk aan die volgende leerders wat span gekry het:
O/11A: Katleho Thobela / Luvuyo Bikani O/11B: Eron Pekeur / Ferdwill Ngqhosi / Khanyo Fusa / Sibabalwe Mbombo

O/13: Endi Mkontwana / Bruce-John Joseph

Nuusbrief/ Newsletter 11 van/ of 2014


Personeel/ Staff
Mev. Estelle Visser (gr.2.1) Dit spyt ons almal by WPS om totsiens te s aan n baie spesiale kollega. Mev. Visser het by ons begin in 1997. Sy het in ons almal se harte gekruip en ons sal haar onthou vir haar toewyding, lojaliteit, vriendelikheid, opregtheid en bedagsaamheid. Sy was ook betrokke by ons tennis en netbalafrigting. Ons wil baie dankie s vir haar harde werk in die klaskamer en op die sportveld gedurende al die jare by WPS, dit was lekker om saam met iemand van haar kaliber te werk. Ons gaan haar verseker baie mis, maar gun haar die nuwe begin in Hartenbos, waarheen sy en haar gesin verhuis. Ons wens haar alles van die beste toe vir die toekoms. Juf. Stefanie Latsky sal haar pligte oorneem vanaf 07/4/2014. Mev. Antoinette van der Merwe (gr.4.2) WPS wil baie dankie s vir ons sonskyn-juffrou wat vir ons afgelos het by gr.4.2 gedurende hierdie eerste kwartaal. Dankie vir al die toewyding en harde werk! Ons gaan haar mis, maar gelukkig bly sy nog in ons geledere in haar rol as WPS-ouer.

Klop op die skouer/ Pat on the back


WPS is baie trots op die volgende leerders wat uitblink in musiek: EREROL VAN UITBLINKERS VIR PRAKTIES 2013: GIANCARLO ABRAHAMS - Klavier voorgraad 1 KARLA WESSELS - Klavier voorgraad 1 Om op hierdie lys te verskyn, moes n kandidaat wat die UNISA praktiese musiekeksamen afgel het, een van die volgende persentasies behaal het: Voorgraad 1-7 90%+ Graad 8 85%+ Lisensiaat 80%+ EREROL VAN UITBLINKERS VIR MUSIEKTEORIE 2013: AIME PHILLIPS - Musiekteorie graad 1 CHAN PIENAAR - Musiekteorie graad 1 EDNA ROSSOUW - Musiekteorie graad 2 Om op hierdie lys te verskyn, moes n kandidaat wat die UNISA praktiese musiekeksamen afgel het, een van die volgende persentasies behaal het: Voorgraad 1- graad 2 95% Graad 3-5 90% Graad 6 85% Graad 7 en 8 80% Lisensiaat 75% Baie geluk aan al hierdie leerders en mev. Van Wyk met hierdie uitmuntende prestasies! Tydens die Boland Tweekamp Kampioenskappe wat in Februarie plaasgevind het, het die volgende 2 leerders (Seuns O/11) as volg gevaar: Andr Smith - Silwer medalje Philip Smith - Brons medalje Hulle gaan gedurende die vakansie deelneem aan die SA Kampioenskappe te Potchefstroom (4-5 April). Ons wens hulle alle sterkte toe!

Drag van leerders


Die volgende rels MOET nagekom word: 1. Seuns se hare moet 1 lengte wees oor die hele kop. 2. Tekkies moet dominant wit wees. 3. Sweetpakke/sportdrag mag slegs gedra word op dae as daar PT is. Ouers moet n briefie stuur indien kinders afwyk.

Dankie/ Thank you


Mnr. Peens s baie dankie aan elke huisgesin, leerder en kollega vir die groot bederf en al die geskenke verlede week. Dit word opreg waardeer! Kabousies & Kaboemsies stuur drukkies en soentjies vir Tannie Madelyn wat vir ons die Pampeliefie-klas so mooi ingekleur het met die paddastoelgordyne. Selfs ons toilet is nou n pragtige paddastoel. Ons geniet dit nou ekstra baie in die Pampeliefie-bos. Oom Henk Louwrens van Pennypinchers was so gaaf om vir ons n nuwe toiletbril op te sit. Nou wip ons nie meer so heen en weer nie. Tannie Carica spaar altyd ywerig vir ons le pille boksies en houers. Ouma Laetitia het vir ons n verskeidenheid vere gestuur waarmee ons pragtige prentjies kan maak. Drs Blomerus en Joubert het vir oulaas vir ons X-straal plate gestuur. Ons is ook baie dankbaar teenoor tannie Ena Cronje. Sy het wysies vir nog 40 van ons versies gemaak! Ons sangles elke week is pure pret! Ons is baie lief vir julle!! Julle is almal dierbaar vir ons! Baie dankie aan mnr. Van Zyl by Nu Metro in die Mall wat vir ons 7 gratis fliekkaartjies geskenk het vir ons leerders wat die Date-a-prefect-kompetisie gewen het. Baie dankie vir die spesiale vertoning, dit word opreg waardeer!

Koekverkoping datums/ Cake sale dates Lief en leed/ Love & empathy
30/5 13/6 1/8 5/9 17/10 14/11 Gr.R & 1 Gr.2 Gr.7 Gr.3 Gr.5 Gr.4 WPS se hart gaan uit na 2 personeellede hierdie week: Mnr. Gerhard van Rensburg (5.2) met die afsterwe van sy skoonma. Mev. Antoinette van der Merwe (4.2) met die afsterwe van haar ouma. Mag God u familie dra en vertroos in hierdie hartseer tyd. WPS dink ook baie spesiaal aan Jesse Julyan (2.1) wie se mamma onverwags oorlede is. Mag Jesus jou vashou en troos in hierdie moeilike tyd. Ulrike Andrich (7.4) is still in our thoughts. We wish you a speedy recovery. Congratulations to Mrs Denl van Zyl (3.5) with the birth of their new baby boy on 24/3/2014. May God bless your child and your family!

Kleurbaadjies te koop by De Jagers @ -20% tot einde April


Leerders word ook aangemoedig om kleurbaadjies te koop. Vir die leerders wat het, is dit verpligtend om dit op n Maandag te dra en natuurlik enige ander dag. WINTERDRAG / WINTER UNIFORM: Official date for winter uniform: Tuesday, 29 April 2014. Until such time, your child may wear either the summer or the winter uniform. Learners are not allowed to mix the two uniforms.

Verjaardae/ Birthdays
Me. Elzaan van Tonder verjaar op 5/4 en Mev. Grietjie Botha op 7/4. Mag dit vir elkeen van julle n besondere nuwe lewensjaar wees!

Afrigters nodig/ Coaches needed

WPS is baie dringend op soek na ouers wat kan help met ons Grondslagfase Sportafrigting. (Graad 1,2 & 3)

Seuns en meisies Hokkie - Maandae & Woensdae 12:45 - 13:45 Rugby & Netbal - Dinsdae& Donderdae 12:45 - 13:45 Ons benodig ook ouers wat bereid sal wees om balvaardighede met kinders te doen wat nie sport doen nie. Balvaardighede/sportontwikkeling is deel van die KABV-beleid vir skole en is dus verpligtend vir alle leerders in die grondslagfase. Skakel asb. ons kantoor indien u kan help.
WPS urgently requires parents to help the school with Foundation Phase Sports coaching. (Grade 1, 2 & 3)

Boys & girls Hockey - Mondays & Wednesdays 12:45 - 13:45 Rugby & Netball - Tuesdays & Thursdays 12:45 - 13:45 We also need parents who will be able to practise ball skills with learners who do not play sports. Ball skills/sports development is part of the CAPS-policy in schools and is thus compulsory for all learners in the foundation phase. Please contact our office if you are able to assist @ 023 347 0663.
BESOEKERS AAN DIE SKOOL/ VISITORS AT WPS: Ons wil u weereens versoek om asseblief eers by die kantoor aan te meld wanneer u die skool besoek. Ons word deur die WKOD verplig om n besoekerregister te hou. Dankie vir u samewerking. We urge you to report at reception when you visit our school. We are obliged, by the WCED, to keep a visitors register. Thank you for your co-operation.

Every Wednesday morning our parents pray together for our school and our learners. Come and pray together @ 07:30 in the Prayer Room.

NEW Banking details: ABSA 632005 ACC NO: 405 674 7412 (Cheque acc.)
WPS Greetings A.M. Peens (PRINCIPAL)

You might also like