You are on page 1of 2

MOET OUERS KINDERS SE SPORTWEDSTRYDE BYWOON

OF NIE?
BRE hom boeta, trap hom, skryf hom af!
Lelike opdragte soos di word toenemend langs die
skolesportveld gegee.
Die skuldiges? Nie kinders nie, maar volwasse toeskouers.
Meestal ouers. Ouers wat vloek en skel, hul kinders van die
kantlyn af afrig en aanpor om die rels te oortree en rof en
onbeskof te speel.
Sielkundiges meen di gedrag het n reuse- emosionele en
sosiale impak op kinders.
Juffrou en maats - hier is nou vir jou n taai toffie...
Die lewe kom nie met n instruksieboek nie, dis hoekom ons
Pas het. Hy is my eerste Super Hero. Hy wil net die beste vir
my h.
Ouers spandeer soveel tyd en geld aan sport afrigting en
toerusting. Darom is dit te verstane dat hulle graag langs die
veld wil wees. Ons het hulle aanmoediging en
onvoorwaardelike liefde nodig. Ouers moetnet leer om
inspanning te prys en te beloon, net soveel as wat hulle ons
resultate prys.
Darom glo ek hulle verdien hulle regmatige plek langs die
sportveld. n Ereplek.
Navorsing het bewys ouers se positiewe betrokkenheid by hul
kinders se sport die sterkste bepaler vir n genotvolle en
gunstige belewenis van sport is.
Die kind moet 1ste kom en die wen, 2de!
Volgens Jannie Putter, skrywer van Wie wen ek of my kind is
baie ouers hulle kinders se grootste bron van stres. So ouers,
onthou jou kind is nie n verlengstuk van jou nie. Jou selfeeld
kan nooit aan jou kind se prestasie gekoppel word nie.

Pa, jou laaste woorde moet wees; Gaan net en geniet die
vaardighede wat jy al bemeester het.
Agter elke suksesvolle sportster, staan sy ouers! Afrigters kom
en gaan, maar jou ouers is altyd daar.
288 Woorde

You might also like