You are on page 1of 15

04/2023 26 Januarie 2023

Die lewe is soos saad. Hoe meer jy saai, hoe meer blomme om later te pluk. Hoe meer liefde jy
uitdeel, hoe ryker word jy. Hoe meer jy lag, hoe sterker word jou krag. Hoe meer jy bid hoe
sterker word die kragstroom wat jou voed.

MATRIEKUITSLAE

ʼn Kort samevatting van die 2022 matriekuitslae. Die volledige uitslae is beskikbaar op die skool
se webwerf.

 Slaagsyfer 100%
 Leerlinge met universiteitstoelating 85,34%

Ons toppresteerder is Simoné Booyens

“Ek het elke dag daarna uitgesien om skool toe te kom,” só sê Hoërskool Oos-
Moot se toppresteerder van 2022, Simoné Booyens.

Simoné het onderskeidings in al sewe haar vakke behaal: Afrikaans huistaal


(80%), Engels eerste addisionele taal (87%), Wiskunde (89%),
Lewensoriëntering (85%), Rekeningkunde (91%), Besigheidstudies (96%) en
Ingenieursgrafika en -ontwerp (85%). Sy het ‘n gemiddeld van 87,57%.

Sy was in Laerskool Voorpos en was reeds vanaf graad 10 in die Akademiese TOP 10. Haar
gunstelingvakke is Wiskunde en Rekeningkunde en sy beoog om B.Com Rek. aan die Universiteit
van Pretoria te gaan studeer.

“Skool het my aangemoedig om deel te neem,” en daarom was sy ook deel van die revue. Dit is
daarom dat tydsbestuur veral belangrik is wanneer dit by voorbereiding vir die eksamen kom.
Haar raad aan alle matrikulante is om slim te beplan en deurlopend hard te werk – begin deur
daagliks huiswerk te doen. “Ek is dankbaar vir my Hemelse Vader se goedheid en guns.
LIEF EN LEED

Dit is met leedwese wat ons verneem het van die afsterwe van Allison Tribelhorn (oud-Oosie en
hoofdogter 2018). Ons dra haar gesin en familie in ons gebede op.

BELANGRIKE DATUMS

Die volgende belangrike datums vir ons leerders en ouers:


1 Februarie : Graad 8: Gereedheidstoets – ‘n brief vir toestemming is op
16 Januarie 2023 uitgedeel en die skeurbriefie moet voor 1 Februarie
by die voog ingehandig word.
20 Februarie : Beheerliggaam tussenverkiesing 2023

KALENDERVERANDERINGS

Die volgende veranderings op die skoolkalender vir ouers en leerders se aandag:


 30 Januarie : Hokkie ouervergadering op 30 Januarie vir alle ouderdomme
 8 Februarie : Die Akademiese Prysuitdeling skuif na 9 Februarie
 4 Mei : Die Musiekfees skuif as gevolg van die PUK-reeks na 13 Mei.

KENNISGEWING VAN BEHEERLIGGAAM


TUSSENVERKIESING 2023

Kennis geskied hiermee dat ʼn vergadering vir die nominasie van kandiate vir die verkiesing van
een (1) ouerlid vir die beheerliggaam van bovermelde skool op 20 Februarie 2023 vanaf 18:30 in
Hoërskool Oos-Moot se skoolsaal gehou sal word. Ouers van leerders wat amptelik by die skool
ingeskryf is en nie by die skool in diens is nie, mag as kandidate genomineer word.
Indien ʼn kworum nie bereid of meer ouerlede genomineer is, as wat verkies moet word, sal ʼn
tweede verkiesing op 6 Maart 2023 om 18:30 by Hoërskool Oos-Moot ind ie skoolsaal gehou
word. Nominasievorms is in harde kopie by die skool beskikbaar of elektronies op die skool se
webwerf.

AKADEMIE

WISKUNDESENTRUM
Wiskunde bly nog steeds ʼn vak waarmee heelwat leerders sukkel. Die grootste probleem wat
leerders ondervind, is dat agtergrondkennis van die vorige grade nie behoorlik vasgelê is nie. Dit
is ook waar leerders die meeste van hul punte in die eksamen verloor. Onderwysers kan nie altyd
in skoolure daaraan aandag gee nie, aangesien die sillabus vir die betrokke graad afgehandel
moet word.

Die Wiskunde-Departement bestuur reeds vanaf 2016 die Wiskunde-Sentrum. Die sentrum sal in
die middag, van 14:00 – 15:00 oop wees. Klasse sal gratis aangebied word en leerders meld aan
by hul vakonderwysers tensy ander reëlings getref word. Klasse begin amptelik op
30 Januarie.

Die onderskeie grade word soos volg ingedeel: Alle klasse vind op Maandae plaas.
Graad 8 - Mnr R de Villiers T1
Graad 9 - Me C Hoek K47
Graad 10 - Me S van de Wetering K15
Graad11 - Mnr D Snyman K14
Graad 12 - Mnr J Pretorius K71

ʼn Skrywe met volledige inligting en ʼn skeurstrokie sal elektronies aan ouers uitgestuur word.
Inligting is ook op die Wiskundesentrum webwerf beskikbaar.
BASISLYN TOETSE

Ons verwys na die e-pos aangaande bogenoemde wat op 24 Januarie aan ouers gestuur is.
Die onderskeie grade skryf binnekort "basislyn toetse" in sekere vakke.

Die toetse is onvoorbereid en word deur die Departement van Onderwys opgestel met die doel om
te bepaal wat die leerders van die vorige jaar se werk kan onthou en vir hul statistiek te bied van
die vlak waarop ons leerders se kennis tot hede strek. Die vakonderwysers maak ook van hierdie
statistiek gebruik om te bepaal waar die leemtes is en dan meer aandag aan daardie aspekte te
skenk.

Die toetse word gedurende skoolure klein vakgroepe of tydens toetsperiodes op Dinsdae en
Donderdae geskryf.

Datum Graad Vak


31 Januarie 8 en 9 Wiskunde
10 en 123 Wiskunde
2 Februarie 9 EBW
10 en 12 Besigheidstudies
7 Februarie 9 Sosiale Wetenskap

IGO-WERKBOEKE 2023

Ons verwys na die skrywe aangaande die IGO-werkboeke vir die onderskeie grade en wil dit
onder ons ouers se aandag bring dat die betaling vir die graad 8- en 9-werkboeke op die laatste
31 Januarie 2023 betaalbaar is.
. SKOOLTERREIN: TOEGANGSHEKKE VIR LEERDERS

Ons wil graag die volgende reëlings ten opsigte van toegang tot die skoolterrein aan ons ouers en
leerders deurgee. Daar is meer as een toegangshek tot die terrein en wil ons graag die verkeer in
Haarhoffstraat verminder.

TOEGANGSHEKKE TOT DIE SKOOLTERREIN

 Haarhoffstraat

Hek 1
 Hoofhek waar die sekuriteitshuis geleë is.
 Hier is ʼn voetgangershek waar die leerders by die skoolterrein moet inbeweeg.

Hek 2
 Hek by die straat wat deur die skoolterrein loop.
 Hierdie hek is slegs vir die gebruik van die personeel, en matrikulante (met magtiging)
wat met motors inry asook afleweringsvoertuie.
 Ons versoek dat geen ouers inry om leerders binne die skoolterrein af te laai nie.

 Hertzogstraat
Voetgangershek

Hier is ʼn voetgangershek waar die leerders by die skoolterrein kan inbeweeg.

PAUL KRUGER KINDERHUIS LIEFDADIGHEIDSPROJEK


Die kinderhuise se staatsubsidies is gedurende die afgelope jare baie wisselvallig en benodig hul
hulp uit die gemeenskap. Ons wil graag ‘n versoek rig aan elkeen wat kan bydra om ons te help
om ook hier ‘n verskil te maak.
‘n Behoeftebepaling is gedoen en die volgende items is as BROODNODIGE items geïdentifiseer.

Bederfbare produkte Nie-bederfbare produkte


(vir kosblikke)
Boerewors Botteltjies water (500ml)
Weense worsies Boksies vrugtesap
Koue vleis
Toebroodjie smere

Skenkings
 Skenkings kan direk by Paul Kruger Kinderhuis (728 31ste laan, Villieria, Pretoria, 0186)
afgelewer word.
 Die kontakpersoon is Alex Botha (012 332 1366/7).

Donasies

 Daar is ‘n behoefte aan klere vir die kinders en word donasies in dié geval verkies.
 Die skool het ‘n rekening oopgemaak waar kontantdonasies hiervoor gemaak kan word.
 Gebruik asseblief die volgende verwysing indien u ‘n donasie wil maak:
 U naam of naam van die onderneming + 237
 Anoniem237 in die geval waar u ‘n anonieme skenking wil maak.
Die projek eindig 28 Februarie 2023.01.26
Navrae kan ook gerig word aan me L Bouwer by kultuur@oos-moot.co.za.

FOTODAG
Die skool neem jaarliks individuele foto’s van die leerders in hul skooldrag. Die eerste amptelike
fotodag vir hierdie jaar is op 8 Februarie 2023.
1) Individuele foto's word van alle leerders en personeel geneem.
 Die foto’s word in die skool se media gebruik, waaronder die jaarblad, nuusbrief, sosiale
media, skoolkoerant, skool se webwerf en koerantartikels.onder andere vir die Jaarblad
gebruik.
 Dit is ‘n kop-en-skouerfoto.
 Ouers kan hierdie foto(s) bestel.
 Indien ouers nie toestemming verleen het volgens die Popia-wet nie, sal die betrokke
foto nie in die media geplaas of gebruik word nie.
2) Die foto’s word gedurende skoolure geneem en leerders gaan soos NORMAAL voort met
klaswisseling en akademie.
3) Geen gelde word tydens die fotosessies deur leerders of die personeel betaal nie.
4) Alle bestellings word elektronies deur die fotograwe hanteer.
5) Sodra die foto’s gereed is vir bestelling sal die ouers in kennis gestel word.
4) Alle foto’s word in die skoolsaal geneem.
5) Leerders sal per voogklas uitgeroep word.
6) Leerders moet in klasverband en alfabeties aantree.
7) Kleredrag:
 Gr.8 tot gr.11 - Somersdrag met kleurbaadjie/Penningbaadjie.
 Gr.12 - Somersdrag met matriekdas en kleurbaadjie/Penningbaadjie.
 Matriekraadlede dra hul formele drag.
 Oopknoophemde se kraag moet asseblief buite oor die baadjie gevou word.
8) Belangrik:
 Geen leerder kan ‘n maat se penningkleurbaadjie leen nie.
 Voorkoms moet korrek wees: Hare netjies; seuns skoongeskeer; geen grimering; geen
verkeerde juwele.
 Daar gaan nie weer geleentheid vir individuele foto’s wees nie.
9) Foto’s van boeties en sussies saam.
 Hierdie foto’s word slegs op versoek en aan die einde van die dag geneem wanneer alle
klasse afgehandel is.
 Hierdie foto’s kan slegs geneem word indien dit wel gekoop word.
 GEEN maats word saam afgeneem nie.
 Die nodige vorm moet deur die ouers/voogde voltooi en onderteken word, en by
fotograwe ingehandig word wanneer die foto geneem wordmet die neem van die
foto.
10) Personeel
 Kan enige tyd deur die loop van die dag kom vir hul foto
 Alle personeel moet afgeneem word. Foto’s word in die skool se media gebruik.
 Kleredrag: 2023 personeelhemp vir eenvormigheidsdoeleindes.

VALENTYNSBAL
Die eerste sosiale geleentheid vir ons leerders is die Valentynsbal.
Datum : 11 Februarie 2023
Tyd : 18:00
Plek : Skoolsaal
Drag : Semi-formeel
Kaartjies : R100 per kaartjie
Tema : Phantom of the Opera
Foto’s : R60 per gedrukte A5-foto. Dadelik beskikbaar op die aand van die bal.
Betaling
• Betaal verkieslik elektronies (EFT).
• Kaartfasiliteite is ook beskikbaar in die finansieskantoor.
• Gebruik asseblief die verwysing GB170 met betaling.
• Bring jou betalingsbewys of strokie na die finansieskantoor om jou kaartjie(s) te ontvang.

JAARBLAAIE VAN VORIGE JARE

Die skool het ‘n aantal jaarblaaie vir die jare 2016 tot 2022 beskikbaar indien enige persoon sou
belangstel om een aan te koop. Koste is R40 per jaarblad. Kontakpersoon: me M Koelman
(koelmanm@oos-moot.co.za).

KULTUUR

MUSIEKBLYSPEL
Die musiekblyspel is ‘n ongelooflike skouspel van musiek, dans, drama en sang.
Oudisies
Datum : 31 Januarie 2023
Tyd : 17:15 tot 21:00
Leerders kan by me L Bouwer in die Kultuurkantoor (atletiekhuis) ‘n
spesifieke tydgleuf bespreek.
Plek : Skoolsaal

Enige navrae ten opsigte van kultuuraangeleenthede kan gerig word aan me L Bouwer by
kultuur@oos-moot.co.za
AKTIWITEITSFOTOGRAWE

SKOOL SE ONTVANGS

Ons wil vriendelik versoek dat ouers asseblief nie onnodige pakkies vir leerders (klere, boeke,
kospakkies, tasse, kontant, geskenke, blomme, selfone, ensovoorts) by die ontvangs sal inhandig
nie. Die skool en ontvangs neem geen verantwoordelikheid vir enige pakkies nie. Slegs medikasie
kan in noodgevalle by die ontvangs afgegee word.

SPORT

Die sportsoorte se inligting vir die seisoen word, sodra beskikbaar, op die onderskeie webbladsye
uiteengesit. In die nuusbrief sal slegs veranderinge en belangrike inligting ten opsigte van ʼn
sportsoort uitgelig word. Besoek asseblief die skool se webwerf gereeld om op hoogte te bly van
wedstryde/programme/uitslae, ensovoorts. Ons wens al ons leerders in die onderskeie
sportsoorte STERKTE toe waar hul deelneem.
ATLETIEK
Die byeenkomsdatums en programme is beskikbaar op die skool se webwerf.

Byeenkomste
27 Januarie : Abrie van Staden byeenkoms (Garsfontein)
Direkte uitsending
Die byeenkoms word direk uitgesaai by die volgende skakel:

Reëlings:
* Atlete vertrek per bus vanaf die skool.
* Leerders kom met hul skooldrag skool toe en sal geleentheid kry om te verklee voor die
byeenkoms.
* Leerders wat nie atletiekdrag het nie, kan deelneem in die skool se Oosie-drag.
* Die atletiekprogram vir hierdie byeenkoms, sal sodra beskikbaar, op die skool se webwerf
geplaas word.
Navrae kan gerig word aan mnr HJ v Aswegen by atletiek@oos-moot.co.za.

1 Februarie : TUKS TOP 10


Die volgende atlete neem aan hierdie byeenkoms deel:
Micyla Botha (0/19), Suane Dekker (0/19), Iliné Botha (0/14), Monique Geldenhuys (0/16), Ziane
du Plessis (0/17), Dione Smith (0/19), Leandro Delport (0/15), Gert-Hendrik Grobler (0/19),
Matthew Burnett (0/19), Jandré de Beer (0/16), Ryan Brits (0/17), Jeaqeus Barnard (0/19),

HOKKIE
Ons nooi graag al die hokkiespelers en hul ouers na die hokkie oueraand.
Datum : 30 Januarie
Tyd : 18:00 vir 18:30
Plek : Skoolsaal
Navrae kan gerig word aan sport@oos-moot.co.za.
BERGFIETSRY
Ons is baie opgewonde vir die Bergfietsry (MTB) seisoen wat binnekort weer begin. Oefening vind
plaas vanaf 3 Februarie elke Dinsdag en Donderdag middag van 15:00 tot 16:00 in die
Magaliesberg aangrensend Crots Straat. Enige leerders wat graag wil deelneem moet asb hulle
name kom opgee by mnr. de Villiers in lokaal T1. Alle leerders is welkom.
Navrae kan aan mnr R de Villiers gerig word by r.devilliers@oos-moot.co.za.
KRIEKET
Oefentye
Span Dag Tyd
0/14 Maandag en Dinsdag 14:00 – 15:30
0/15 Maandag en Dinsdag 14:00 – 15:30
Seniors Maandag en Dinsdag 16:00 – 17:30

Enige verandering aan die oefentye sal deur die organiseerder, direk aan die spelers deurgegee
word.
Navrae kan aan mnr J Redelinghuys gerig word by j.redelinghuys@oos-moot.co.za

TENNIS
Die tennisseisoen skop binnekort af en die bepalings vir die dogterspanne is soos volg:
Senior A
Datum Span Span Tuis/weg
1 Feb Garsfontein OM Weg
8 Feb OM Waterkloof B Tuis
15 Feb Zwartkop A OM Weg
22 Feb AHMP B OM Weg
1 Mar OM Menlopark B Tuis
Senior B
Datum Span Span Tuis/weg
1 Feb OM PHSG B Tuis
8 Feb Pretoria-Noord OM Weg
15 Feb OM St Mary’s Tuis
22 Feb Die Wilgers OM Weg
1 Maart OM AHMP D Tuis
8 Maart Hatfield CS OM Weg
15 Maart OM Montana B Tuis

Navrae kan gerig word aan mnr W Smit by w.smit@oos-moot.co.za

NETBAL
Proewe
 24 Februarie : 0/14, 0/15 en 0/16 (14:00)
 25 Februarie : 0/17 en 0/18 (08:00)

HENGEL
Ligadatums
12 Maart
23 April
14 Mei
PRESTASIES

Baie geluk aan al ons atlete, spelers en deelnemers wat uitstaande prestasies lewer. Jul
opoffering, harde werk en deursettingsvermoë word in jul prestasies gereflekteer. Oosies is
ongelooflik trots op almal. Prestasies word geplaas soos ontvang

VLR GRAADVERTEENWOORDIGERS 2023


Die volgende leerders is aangewys as graadverteenwoordigers in die onderskeie grade.

Graad 11 Graad 10 Graad 9


Matthew Blauw Elroné Venter Anke Styger

SAGTEBAL
Carlia van der Merwe en Kay”Dshay Naudé is gekies om die Tshwane Sagtebalvereniging in die
jaarlikse Gordon Monk toernooi van Sagtebal Suid-Afrika te verteenwoordig.

ADVERTERING IN DIE NUUSBRIEF

You might also like