You are on page 1of 1

28 Junie 2021

Geagte Ouers

SKOOL SLUIT 28 JUNIE 2021

ʼn Wyse filosoof het eendag gesê: “Daar is net een ding waarvan ons seker kan wees, en dit is dat niks
seker is nie.” Hoe waar is dit nie?

Na aanleiding van president Cyril Ramaphosa se aankondiging gisteraand, word ons genoodsaak om
vroeër vir die wintervakansie te sluit. Alhoewel dit ons beplanning weereens drasties beïnvloed, weet
ons dat dit in die beste belang van ons leerders, personeel en ouers is.

Die skool sluit vandag, 28 Junie om 13:45 vir alle leerders. Daar is nog heelwat assesseringstake en
toetse wat in die volgende twee weke geskryf sou word, hierdie assesseringstake en toetse sal ná die
vakansie afhandel word. Reëlings rakende assesseringstake en toetse sal op die leerders se WhatApp-
groepe en op die skool se sosialemediaplatforms gestuur word.

Leerders moet asseblief hul WhatsApp-groepe dophou – personeel sal deurlopend vir leerders werk
stuur.

Ons doen weereens ʼn ernstige beroep op u om gehoor te gee aan die Covid-maatreëls. Dit dien
absoluut geen doel dat die skool vroeër sluit, in ʼn poging om die verspreiding van die virus te
voorkom, indien mense nie tuis bly en/of die regulasies verontagsaam nie. Moet asseblief nie die erns
van die virus onderskat nie?

Die skool heropen op 26 Julie 2021, tensy die Departement van Onderwys die datum wysig. Leerders
sal waarskynlik steeds volgens ʼn rotasiebasis skool bywoon, meer inligting in dié verband sal ook aan
u gekommunikeer word.

Mag ons in hierdie onsekere tye berusting vind in die wete dat ons ʼn groot en almagtige God dien.

Bly asseblief veilig en bly gesond.

Rooies-groete

___________________

Mnr. J.G. van Jaarsveldt


Hoof

You might also like