You are on page 1of 5

Onderhoud | 3

Redakteur: Megan Frick

Leer ken HSB se nuutste


verlowingspaartjie
>>>

Voorwaartsie
SKOOLKOERANT VAN DIE HORSKOOL BONNIEVALE - 29 MEI 2015

R7,00

Beste horskoolkoerant in SA (Media24 NSP 2014)

HSB-HOEDEDAG

HOEDE LOK
AANDAG OP
HOEDEDAG
Beoordelaars haal hoede af
vir kreatiwiteit
HILDA JONKER
Op 30 Maart het die VRL n
Hoededag-kompetisie vir die
graad 1 tot 4-leerders van Horskool Bonnievale gehou. Dit was
n groot sukses en talle leerders
het deelgeneem.
Daar was n groot verskeidenheid hoede met temas van
diere, plante, sneeumanne en
selfs n vulkaan.
Selfs Suid-Afrika se politieke
kwessies was n inspirasie vir
sommige skeppings. Xenofobie
en beurtkrag is uitgebeeld in
hoede wat twee van die leerders
gemaak het.

In elke klas van graad 1 tot 4 is


n wenner aangewys.
Jada-Lee Lagorie was die
wenner in graad 1 met haar babapophoed. Rachel Brand-Kirby
in graad 2 het met haar sneeuman-hoed gewen.
Andrea van Tonder het met sy
aktiewe vulkaan n eersteplek
ontvang in sy graad 3-klas.
Carli Erasmus het die politiek
ingebring en vir haar n noodhoed gemaak indien die krag
weer afgaan.
Selfs juf. Karlien en juf. Githe
het kreatief geraak en vir hulle
n hoedjie van n ander kleur opgesit.

Andrea van Tonder (gr. 3) bendruk die beoordelaars en


toeskouers met sy vulkaanhoed.
|Foto: Hilda Jonker

GEDIGGIEDAG

HAASBEK
GESIGGIES
BEKOOR MET
GEDIGGIES
Olifant, jou reuse dier, die kleintjies
juig van pure plesier!

Alle deelnemers het 'n deelname-sertifikaat ontvang.


|Foto: Mia Beukes
MIA BEUKES

Hoe lui die spreekwoord nou


weer? Waar die hart van vol is,
loop die mond van oor. Die gr.
1-4-leerders weet beslis wat dit
beteken.
Op Woensdag 20 Mei het die
Junior-komitee van die VRL n
Gediggiedag vir die gr. 1-4s gehou.
Die deelnemers se ouers het
die klubhuis laat bewe met hul
applous en al die gediggiegesiggies volstoom ondersteun.
Daar was altesaam 14 deelnemers en elkeen kon hul eie gediggie kies om voor te dra.
Bekende gediggies soos,
Otjie Potjie, Oom Olifant en
Parts of my body is met groot
entoesiasme deur die ywerige
groepie uitgevoer.
Tydens n kort ruskansie was
een van die deelnemers se
ouma braaf genoeg om een

van haar Sub. A-gediggies


voor te dra. Een van die VRLlede, Rachel Jonker, het
ook die gehoor met n gedig
wat sy gekies het, vermaak.
Nadat al die deelnemers spontaan hul gediggies voorgedra
het, is hulle met lekkergoed bederf en elkeen het ook n sertifikaat van deelname ontvang.
Luan Wessels, een van die
Junior-komiteelede, het die volgende te s gehad: Ek dink die
Gediggiedag was baie suksesvol. Die kleintjies het goed gedoen en ek het dit self baie geniet.
Die Gediggiedag is in die Els
Klubhuis gehou.
Die dag is gerel deur Barend Esterhuyse, hoofseun en
die Junior-komitee se voorsitter. Hy het ook die deelnemers
en die res van die gehoor met n
toespraak verwelkom.

Aktueel

Voorwaartsie
29 Mei 2015

DIEFSTAL

INBRAAK
MAAK
GROOT
OPSPRAKE

'n Ware feeverhaal

29 Mei 2015

Mnr. Darius van Loggerenberg het op 27 Maart die ja-woord vir juf. Githe-Mari Goosen gevra. Di
jong onderwyserpaartjie ken mekaar al van April 2011 af en gaan al van Junie daardie jaar af uit.
Voorwaarts se J.D. Wentzel het gaan uitvind hoe goed hulle mekaar ken. Dieselfde vrae is afsonderlik aan beide gevra en die een kon nie die ander een se antwoorde hoor nie.
Bron: www.disneyprincessandprince.com

LUAN WESSELS
Op Donderdag 14 Mei was
daar n inbraak by die graad 1
tot 4-skoolgebou van Horskool
Bonnievale.
Die personeel vermoed die
inbraak het in die laatmiddag of
gedurende die nag gebeur. Dit
is onseker hoeveel rowers betrokke was.
Die diewe het hul weg gevind
tot in die laerskool se biblioteek
deur by n venster van die seuns
se kleedkamer in te klim. Hulle
het toe deur die plafon gebreek
van die biblioteek.
n DVD-speler en n skootrekenaar is gesteel.
Die volgende dag was die
polisie daar om ondersoek in
te stel en om vingerafdrukke te

Onderhoud

Voorwaartsie

Vrae oor mnr. Van Loggerenberg

Vrae oor juf. Goosen:

Wat is Meneer se gunsteling-fliek?


Mnr.: Facing The Giants
Juf.: Pad na jou hart

Wat is Juffrou se gunsteling-fliek?


Juf.: Safe Haven
Mnr.: Safe Haven

Wie is Meneer se gunsteling-aktrise?


Mnr.: Donnalee Roberts
Juf.: Donnalee Roberts

Wie is Juffrou se gunsteling-akteur?


Juf.: Willie Esterhuizen (Worsie
op Vetkoekpaleis).
Mnr.: Worsie.

Wat maak Meneer die vinnigste kwaad?


Mnr.: As my rugbyspan verloor.
Juf.: As sy rugbyspan verloor.

neem, maar geen leidrade oor


wie die diewe is, kon gevind
word nie.
Ek en my maatjies het heel
dag gewonder wie die diewe
was, maar die juffrouens het
ons verseker dat die polisie
hulle wel sal vind, vertel Anke
Hattingh, n gr. 1-leerder.

Beraamde tyd van misdaad: Laatmiddag / gedurende die nag.


Gesteelde items: 'n Skootrekenaar en 'n DVD-speler.
Enige leidrade vir polisie: Geen.
Biblioteek: Steeds sonder DVD-speler en skootrekenaar.

Wat laat Meneer


meeste lag?
Mnr.: Vetkoekpaleis.
Juf.: Ek.

die

As Meneer se klas afbrand,


wat sal Meneer eerste red?
Mnr.: My selfoon. Definitief
nie die kinders nie.
Juf.: Sy rugbyballe.
Wat was julle mees romantiese oomblik?
Mnr.: Toe ek haar vra om met
my te trou.
Juf.: Ons verlowing.
Wat is Meneer se skoengrootte?
Mnr.: 12
Juf.: GROOT!!!
Waar sal Meneer eendag
wil aftree?
Mnr.: rens langs die see.
Juf.: Langs Nuweland.
Wat is Meneer se gunsteling-klerehandelsmerk?
Mnr.: Billabong.
Juf.: Quicksilver of Billabong.
Wat is Meneer se droommotor?
Mnr.: Range Rover Evoque.
Juf.: Range Rover.

Wat maak Juffrou die vinnigste kwaad?


Juf.: As mense diere seermaak.
Mnr.: Dieremishandeling.
Wat laat Juffrou die meeste
lag?
Juf.: Die antwoorde wat die
kinders in hul toetse gee.
Mnr.: Haar hase. (Sy het mak
hase.)
As Juffrou se klas afbrand,
wat sal Juffrou eerste red?
Juf.: My handsak en skootrekenaar.
Mnr.: Haar selfoon en skootrekenaar.
Wat is Juffrou se skoengrootte?
Juf.: 5
Mnr.: 5
Wat is Juffrou se gunsteling-parfuum?
Juf.: Happy.
Mnr.: Geen idee nie.
Wat is Juffrou se gunsteling-gereg?
Juf.: Enige iets wat ek nie hoef
te maak nie.
Mnr.: Enige iets wat ek vir haar
maak. Sy haat kosmaak.
Hoeveel pare skoene het
Juffrou?
Juf.: Verskriklik baie.
Mnr.: Oneindig baie.

Voorwaartsie
29 Mei 2015

Fotoblad

Spikkel

Voorwaartsie
29 Mei 2015

Kyk wie Phineas en Ferb die mooiste kan inkleur

Bron: www.colouringpedia.com

Kommentaar
Beurtkrag: wat s die jonges?

Voorwaartsie
29 Mei 2015

Cayden Kortje

HEELTYD SPEELTYD
Die Ronnebos-speelplek

Ek is baie bang
dan gaan slaap
ek.

Juan Hattingh

Anri Neetling

Graad 3

Graad 1

Wat doen
julle as dit
" E s ko m donker"is?

29 Mei 2015

Voorwaarts se Mar Schreuder kyk watter speelplek vir die laerskool die lekkerste is

Graad 1

Ek hardloop na
my pa toe.

Resensies

Voorwaartsie

Die Ronnebos-speelplek, soos die graad 3s en 4s dit


noem, is hulle gunsteling-speelplek. Dis hier waar al die
kinders vergeet wie met wie maatjies is en almal in een
groot groep saam speel.
Speletjies soos wegkruipertjie, winkel-winkel en huishuis word pouses in hierdie kinderwoud gespeel. Dit gee
hulle n meer realistiese gevoel wanneer hulle tussendeur
die bosse en struike huishou of hulle eie winkels bestuur.
Dis die perfekte speelplek om die leerders n groot verbeelding te gee en hulle aandag vir n rukkie van al die
somme en ander dinkwerk af te haal.

Ek sit my lampie
aan dan lees ek
boeke.

Die parkie is ideaal vir die kinders wat hou daarvan om


heeltyd aktief te bly en hulself wil besig hou met al die plesierige strukture wat in die parkie tot hul beskikking is.
Die swaaie, klimraam en bande word dag-vir-dag geklouter en geklim deur voetjies en handjies wat oortyd
werk sodra die pouseklok lui. Om pouse in die parkie deur
te bring help hulle om beter te vaar wanneer hulle LOPrakties moet doen omdat hulle meer bekend is met soortgelyke fisiese aktiwiteite wat hulle tydens hierdie periode
moet uitvoer.

Die Tennishuisie

Lennay Kleyn

Brian Hamilton

Graad 1

Graad 2

Ek raak bang en
gaan slaap dan
by my ma.

Ek steek 'n kers


aan en gaan
slaap dan.

Die Parkie

Net die graad 1s en 2s word toegelaat om in die Tennishuisie hulle pouses deur te bring.
Hier het hulle n lang lys speletjies wat elke pouse gespeel
word. Speletjies soos brandbal, handtennis, touspring en
verskeie ander word in die tennishuisie gespeel. Dis duidelik dat baie sportiewe aktiwiteite hier uitgevoer word om die
kinders se liggame sowel as hulle verstande fiks te hou.
Hulle hou daarvan om in die tennishuisie te speel omdat
dit afgesonder voel van die res van die skoolkinders, wat
weer met ander avonture besig is.

Vind ons by facebook.com/VoorwaartsSkoolkoerant

Voorwaartsie
SKOOLKOERANT VAN DIE HORSKOOL BONNIEVALE

FOTOBLAD | 4

Fotoblad van kwartaallikse aktiwiteite

Hoogste telling aangeteken deur elke Hoogste telling aangeteken deur elke
span in die tweede kwartaal vir netbal span in die tweede kwartaal vir rugby

HSB o.7 0-1 LS Montagu

HSB o.7 3-1 LS Montagu

HSB o.8 14-2 LS De Villiers Graaf

HSB o.8 6-2 LS Robertson Voorbereiding

HSB o.9 8-0 LS Beaumont HSB o.9 9-4 LS Montagu


HSB o.10 12-0 LS Ashton HSB o.11 50-0 LS Volschenk
HSB o.11 14-1 LS Porterville HSB o.13 49-0 LS Porterville
HSB o.12 8-1 Mullersrus Primr

RUGBY

O.13A-RUGBYSPAN MAAK
HSB TROTS
O.13-Rugbyspan hou naam hoog di
kant van berg
MIGUEL KLIM
Horskool Bonnievale se o.13Arugbyspan het Saterdag 16 Mei
aan die Overberg Wintersportdag in Caledon gaan deelneem.
Hulle het groot opskudding
veroorsaak toe hulle Laerskool
Gansbaai, wat hulle sterkste opponent vir die dag was en die
gunstelinge om die wedstryd te
wen, met 30-0 verslaan het.
Die kaptein, Ruach Wessels,
het n die wedstryd ges: Die
dag het vir ons goed begin. Om
teen 'n goeie span soos Laerskool Gansbaai te speel en om
hulle te wen, kan 'n mens net
trots maak. Die boys het regtig
goeie rugby gespeel.
In die o.13-span se tweede
wedstryd vir die dag het hulle
teen Laerskool Overberg se B-

span gespeel. Die Kleinovies was


vasbeslote om die Bonnies te wen
nadat hulle 'n vyfpunt-nederlaag
teen hulle by die Montagu-sportdag
behaal het.
Tuisveldvoordeel het geen rol in
die wedstryd gespeel nie en die
Bonnies het hulle weereens verslaan. Die telling di keer 30-0.
Mnr. Francois Hattingh (afrigter)
het na afloop van die twee wedstryde ges: Die boys het regtig
goed gespeel. Hulle het my verwagtinge oortref toe hulle die eerste
wedstryd, wat ek beskou het as 'n
taai wedstryd, so ver gewen het. Dis
nog vroeg in die seisoen, maar ons
speel belowende rugby.
Die o.13-span het hierdie seisoen
nog net een van hul agt wedstryde
verloor.

You might also like