You are on page 1of 74

LEESBEGRIP – GRAAD 1

Albertha vd Merwe
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Kwartaal 1
TEMAS:
1. Ek

2. By die skool

3. Gesonde eetgewoontes

4. Die weer

1
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Ek
Ek hou van koekies.
Ek eet baie sjokoladekoekies.
Mamma die koekies spesiaal vir my.
Die koekies is baie soet en taai.

Vrae
1. Omkring die regte antwoord.
Ek eet…
a) koekies
b) lekkers
c) sjokolade
2. Die koekies is __________________ en ________________.
3. Omkring die regte antwoord
Wie het die koekies gebak?
a) ouma
b) mamma
c) sussie

2
LEESBEGRIP – GRAAD 1

As Boetie bad
As Boetie bad is alles nat
wat in die kamer staan.
Die water spat dan met ‘n boog
tot teen die drumpel aan.
Die kat dra gou haar kleintjies weg
en Sussie gryp haar pop.
Ou Wagter loer net een slag skuins
en soek die tuintjie op.

Vrae:
1. Is die stelling waar of onwaar?
Boetie bad baie versigtig. ____________________
2. Is die stelling waar of onwaar?
Sussie gryp haar motor en hardloop weg. _______________

3
LEESBEGRIP – GRAAD 1

3. Omkring die regte antwoord.


Die kat dra haar kleintjies _________
a) weg
b) nader
c) om die hoek
4. Skryf die regte name by die regte prentjie.
hond
kat

_____________________ ________________________

My eerste klas
My eerste klas
Juffrou het ons mooi opgepas
Alles wat ons nog gaan leer
Het Juffrou eerste probeer

4
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Ons het geleer om te tel


Ons het geleer om te lees
Ons het geleer om niks te vrees
Dankie Juffrou vir my eerste klas
In ons hartjies hou ons
Juffrou vir ewig vas.

Vrae:
1. Kleur die regte blokkies in:
Wat het die kinders in die skool geleer?
sing lees sing tel

2. Omkring die regte antwoord.


Was die kinders lief vir hulle juffrou?
a) Ja
b) Nee
3. Vul die regte woordjies in:
Juffrou het ons _________________opgepas.

5
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Ons het geleer om niks te _____________.


In ons _________________hou ons Juffrou vir ewig vas.
hartjies vrees mooi

Ou Juffrou Padda
“Tien klein paddajies, kom sit in ‘n kring.
Bring julle boekies en laat ons sing.
Maak julle bekkies wawyd oop
En sing vir my so soet soos stroop.”
“Kwak, Kwak, Kwak!”
“Kwek, Kwek, Kwek!”
Tien klein paddatjies maak my gek.

6
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Vrae:
1. Omkring die regte antwoord:
Daar was ____________ paddatjies in die klas.
a) 5
b) 8
c) 10
2. Kies die regte woord:
Die paddatjies moes leer om te ________________
Lees sing

3. Is die stelling waar of onwaar? Omkring die regte antwoord:


Die paddatjies het die Juffrou gek gemaak.
a) waar
b) onwaar
4. Onderstreep die regte woorde tussen hakkies:
Die paddas moes hulle (boekies/papiere) bring sodat hulle kon
(praat/sing)

7
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Gebakte piesangs

1 2

Stel die oond op 180 grade Celsius. Skil die piesangs.

3 4

Sny die piesangs middeldeur. Smeer die oondskottel met


botter.

5 6

Pak die halwe piesangskywe langs


Strooi bruinsuiker bo-oor die
mekaar.
piesangs.

8
LEESBEGRIP – GRAAD 1

7 8

Bak die piesangs vir 10 minute in


die oond. Klop die room met ‘n vurk en
bedien bo-op die piesangs.

Vrae:
1. Omkring die korrekte antwoord:
Hoe warm moet die oond gestel word.
a) 150 grade Celcius
b) 180 grade Celcius
c) 200 grade Celcius
2. Kleur drie bestanddele in wat gebruik word in die resep.
botter suiker meel piesangs

3. Nommer die stappe in die korrekte volgorde wat gevolg word


wanneer die piesangs gebak word.

9
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Strooi die bruinsuiker bo-oor die piesangs.


Sny die piesangs middeldeur.
Bak die piesangs vir 10 minute in die oond.
Klop die room met ‘n vurk en bedien bo-op die
piesangs.

4. Teken jou gunsteling deel van die resep. Waarvan het jy die meeste
gehou?

10
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Reën
Dis tog te lekker as die reën
so drup-drup op die blare,
en die druppels hang soos pêrels
aan ons toutjierige hare.
As dit weer buite skoon is
en al die slote loop,
dan kan ons tog te heerlik
ons voete daarin doop.
Mamma sê ons kinders
moet liewer binne bly,
want as ons natreën, sal ons dalk
‘n kwaai verkoue kry.
Maar wat van al die bome
wat altyd buite bly?
Nog nooit het ek gehoor
dat een ‘n seerkeel kry?

11
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Vrae:
1. Omkring die korrekte antwoord.
Mamma wil nie hê die kinders moet in die reën speel nie, want…..
a) hulle gaan siek word,
b) hulle gaan nat raak,
c) hulle gaan mekaar natspat.
2. Omkring die korrekte antwoord.
a) Die druppels hang soos hartjies.
b) Die druppels hang soos pêrels.
c) Die druppels hang soos sirkels.
3. Skryf die korrekte byskrifte by die prentjie.

Stewels sambreel water rok

12
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Kwartaal 2
TEMAS:
1. My gesin

2. Veiligheid by die huis

3. My liggaam

4. Hou my liggaam veilig

13
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Mamma
Twee blommetjies vir Mamma,
want sy kook my kos.
Nog twee blommetjies vir Mamma,
sy maak nare knope los.
Twee blommetjies vir Mamma
want sy sing vir my.
Nog twee blommetjies vir Mamma,
sy sit pleisters op ‘n sny.
Twee blommetjies vir Mamma,
want sy luister as ek kla.
Al die blommetjies vir Mamma.
Sy is die mooiste, beste Ma.
Met spesiale erkenning aan Alba Bouwer

14
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Vrae
1. Omkring die regte antwoord:
Hoeveel blommetjies het Mamma op ‘n slag gekry?
a) 3
b) 1
c) 2
2. Vul die korrekte woorde in:
Mamma maak my nare ___________________ los.
Mamma _____________ vir my,
Mamma plak ‘n ________________________ op my sny.
pleister sing knope

3. Verbind die korrekte woord met die prente:

blomme Mamma soene

15
LEESBEGRIP – GRAAD 1

My familie
Ek is lief vir my familie.
Ons kinders is Lollie, Mollie en Sollie.
My maat noem my pa oom Fanie
en sommer my ma tannie Tienie.
Soms gaan dit dol,
en is almal dan op hol.
In die besige wêreld moet ons woeker,
want in die week is ons baas die wekker.
Naweke ontspan en speel ons soet.
Ouma bak vir ons lekker koek.
Pa kyk televisie en lê op sy rug.
Ai, verby is die naweek, sê ons met ‘n sug!

16
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Vrae:
1. Omkring die korrekte antwoord:
Die kinders se name is…………………..
a) Lollie, Manie, Sollie
b) Lollie, Mollie Sollie
c) Lollie, Poppie. Sollie
2. Vul die korrekte woorde in.
Soms gaan dit __________________ en dan is almal op ___________.
hol dol

3. Is die stelling waar of onwaar.


Die haan kraai die kinders soggens wakker. ____________________
4. Verbind die woorde wat met mekaar rym.
soek wekker
woeker sug
rug koek

17
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Ons aandtakies
Mamma kook die kos.
Pappa was die kastrolle.
Ek en my broer help vir Mamma en Pappa.
Ons help baie.
Ons bêre die melk en die brood.
Dan is ons gereed om te gaan slaap.
Vertel vir ons asseblief ‘n storie!

Vrae
1. Watter soort werk het Mamma gedoen?
Mamma het _____________________________.
2. Wat het Pappa gedoen?
Pappa het die ____________________ gewas.
3. Omkring die korrekte antwoord.
Die gesin het uit __________ bestaan.

18
LEESBEGRIP – GRAAD 1

a) 3
b) 4
c) 2
4. Vul die ontbrekende woorde in.
Die kinders het die _____________ en ____________ gebêre.
melk Konfyt brood

5. Teken jou gunsteling storie.

19
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Veiligheid by die huis

Moenie met skerp voorwerpe Drink slegs pille as volwassenes dit


speel nie. vir jou gee.

Moenie met skoonmaakmiddels Moenie die deur vir vreemdelinge


speel of dit insluk nie. oopmaak nie.

Moenie aan voorwerpe vat wat Moenie naby vensters of glasdeure


warm is nie. speel nie.

20
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Vrae: pille,
1. Vul die regte woorde in: mes
Moenie met ‘n skerp ___________ speel nie. warm

Moenie aan voorwerpe vat wat ______________ I is nie.

Moenie ________ drink as volwassenes dit nie vir jou gegee


het nie.
2. Merk die prentjie wat gevaar vir jou inhou met ‘n ROOI kruis.

21
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Reëls om te onthou…

1. Geen gaste nie.


2. Moenie die deur oopmaak vir vreemdelinge,
3. Hou alle deure gesluit.
4. Moenie die huis verlaat nie.
5. Beantwoord slegs oproepe van jou gesin.
6. Skakel 10111 vir noodgevalle.
7. Moet vir niemand vertel dat jy alleen tuis is nie.

Vrae:
1. Is die volgende stelling waar of onwaar.
Ek mag die voordeur oopmaak vir vreemdelinge. ________________

2. Is die volgende stelling waar of onwaar.


Ek hoef moet vir Mamma sê as ek by die huis is. ________________
3. Wat is die noodnommer wat jy moet skakel as jy probleme het?

22
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Die nommer is ________________________


4. Van wie mag jy oproepe beantwoord as jy alleen bly.
Ek mag slegs oproepe ________________________________

Ek
Met my hande klap, klap, klap,
met my voete stap, stap, stap.
Ek kan my knieë knik, knik,
met my vingers tik, tik.
Altwee arms lig ek op,
daarmee raak ek aan my kop.
Met my mond tel ek tot tien,
Met my oë kan ek sien.
Alles om my kan ek hoor,
want ek luister met my oor!
My speelgoed sal ek sommer los,
want my neusie ruik die kos!
Rika Nel, uit DJ Opperman se Kleuterverseboek

23
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Vrae:
1. Trek die korrekte byskrifte na die verskillende liggaamsdele.

kop mond

bene

voete oë

2. Vul die korrekte woorde in:


Met hande ________________ ek.
Met my voete ________________ek.
Met my vingers ________________ ek.
Stap klap tik ruk

24
LEESBEGRIP – GRAAD 1

3. Kleur die woorde en sintuie wat bymekaar pas dieselfde kleur in:
oë hoor
ore praat
mond sien

Vir die Kleintjies


Twee klein handjies om mee te werk-
tien klein vingertjies word daardeur sterk.
Twee klein voetjies om mee te loop,
om my ma se goed te koop.
Twee klein ogies om mee te kyk,
hoedat Mammie my kleertjies stryk.
Twee klein oortjies om mee te hoor,
As Pappie sê, ek moenie steur.
Twee klein lippies om mee te soen
en ‘n klomp klein tandjies soos perlemoen.

25
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Vrae:
1. Omkring die korrekte antwoord:
Ek het _________vingers
a) 5
b) 10
c) 15

2. Omkring die korrekte antwoord:


Ek het _________ ore
a) 5
b) 2
3. Vul die korrekte woord in. Gebruik die woorde in die woordblok.
Ek gebruik my voetjies om mee te _______________.
Ek gebruik my lippies om te __________________.
Ek gebruik my oortjies om mee te _______________.

hoor loop sien soen

26
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Gesondheidsreëls

• Ons borsel soggens en saans ons tande.

• Wanneer ek ‘n snesie gebruik het moet ek


dit in die asblik gooi.

• Wanneer ek nies moet ek my hand voor


my hond hou.

• As ek klaar die toilet gebruik het moet ek


my hande met seep en water was.

• Ek moet my naels kort en skoon hou.


Vrae
1. Wanneer moet jy jou tande borsel?
Ek moet my tande borsel nadat ek ___________________het, en
voordat ek gaan _________________________.

27
LEESBEGRIP – GRAAD 1

2. Is die stelling waar of onwaar?


Ek moet my gebruikte snesies in ‘n asblik gooi?
__________________
3. Kleur die woorde en die stellings wat bymekaar pas met dieselfde
kleur in.
Borsel twee keer per dag naels
Kort en skoon hande
Was nadat ek die toilet gebruik het tande

28
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Kwartaal 3
TEMAS:
1. My gemeenskap

2. Troeteldiere

3. Regte en verantwoordelikhede

4. Plante en sade

5. Voedselsoorte

29
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Ben raak weg


Ben gaan doen graag inkopies saam met sy ma.
Vandag wil Ben dadelik na speelgoed toe gaan.
Hy wil so graag ‘n lorrie vir sy verjaarsdag hê.
Ma sê: “Ben, bly net hier. Ek gaan gou meel kry.”
Ben luister nie na sy ma nie en loop na ‘n ander rak
wat vol speelgoed is. Toe hy na ‘n ruk sy ma begin soek,
toe is sy weg. Ben het na die veiligheiswag gehardloop en
gesê dat hy nie sy ma kry nie. Die veiligheidswag het Ben se
Ma oor die interkom geroep. Gelukkig het Ben se Ma hom by die
veiligheidswag kom haal.

Vrae:
1. Wat doen Ben graag saam met sy ma?
Ben doen graag _________________________________
2. Waarna wil Ben in die winkel gaan kyk?

30
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Ben wil na __________________________________________.


3. Is die stelling waar of onwaar?
Ben het na sy ma geluister. ___________________________
4. Vul die korrekte woorde in:
Ben het na die ______________________________ gegaan.
Die veiligheidswag het sy ma oor die _______________________geroep.
Ben se ma het hom by die veiligheidswag kom __________________.
interkom veiligheidswag haal geroep

5. Teken die geskenk wat Ben graag vir sy verjaarsdag wou hê.

31
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Mense in ons gemeenskap wat ons help


Die petroljoggie gooi vir ons brandstof in ons motor. Hy is so gaaf hy was
ons motor se voorruit ook.
Die bloemiste maak die pragtigste, kleurvolle ruikers. Mense bestel
blomme by haar.
Die verpleegsters werk by die hospitaal. Hulle versorg al die siek mense.
Die taxi-bestuurder vervoer die mense met sy taxi.
Die verkeersbeampte reguleer die verkeer en sien toe dat die
skoolkinders veilig oor die pad loop.
Die dokter gee vir al die siek mense medisyne en pille.
Die polisiemanne en -vroue handhaaf orde en sien toe dat die mense die
reëls nakom. Hulle vang ook die misdadigers.
Die brandweerman blus brande.

Vrae
1. Voltooi die sinne deur die woorde in die linkerkolom met die woorde
in regterkolom te verbind.

32
LEESBEGRIP – GRAAD 1

‘n Brandweerman maak mense gesond


‘n polisieman gooi brandstof in ons motors in
‘n dokter blus brande
‘n petroljoggie rangskik blomme
‘n bloemiste vang misdadigers

2. Kyk na hierdie prente. Kies uit die raampies die naam wat by elke
prent pas en skryf dit onder die korrekte prent neer.

_______________ ______________ ______________ ________________


vulstasie brandweerwa polisiestasie hospitaal

33
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Hansie Haas
Hansie Haas is ‘n pragtige klein hasie. Hy is nog nie in die diereskool nie.
Hy is baie alleen en moet homself heeldag besig hou. Al wat hy die hele
dag doen, is om rondom sy hok te hop, hop, hop. Eendag terwyl hy nog
so hop, hop, hop, het Boer se groot hond hom gewaar en… Hansie Haas
het baie groot geskrik, en vinnig tot in sy hok gehop, hop, hop.

Vrae:
1. Omkring die korrekte antwoord.
Hansie is ‘n __________ hasie.
a) groot
b) wit
c) klein
2. Omkring die korrekte antwoord.
Hasie is nog nie in die _______________ nie.
a) skool
b) diereskool
c) mensekool
3. Waar het Hasie gewoon?

34
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Hasie het ___________________________ gewoon.


4. Wat was die Haas se naam?
Die Haas se naam was __________________.
5. Vir wie het Hansie geskrik?
Hy het vir die boer se ________________________ geskrik.

Jakkals nooi vir Gansie


Jakkals nooi vir Gansie: “Kom eet vanaand by my.
Daar’s heerlike ou kossies en uitjies uit die vlei”.
“Nee, dankie,” sê die Gansie, “al staan jy op jou kop.
As ek by jou kom kuier,
eet jy my lewendig op.”

Vrae:
1. Vir wie het Jakkals vir ete genooi?
Jakkals het vir _____________ vir ete genooi?
2. Waar het Jakkals die kos gekry?

35
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Hy het die kos in die __________ gekry.


3. Is die stelling waar of onwaar?
Gansie was nie bang om by Jakkals te gaan kuier nie. _______________
4. Wat dink jy sou met Gansie gebeur as sy regtig by Jakkals sou
gaan kuier?
Jakkals sou haar ________________________.
5. Omkring die regte woord:
Watter woord beteken dieselfde as heerlike?
a) sleg
b) lekker
c) kossies

36
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Goeie maniere
Ek help om ons huis netjies te hou.
Ek is ‘n goeie maat en help ander.
Ek wys vir my gesin dat ek lief is vir hulle.
Ek speel mooi met my speelgoed.
Ek kyk mooi na myself en my goed.
Ek help my boetie en sussie om die tafel te dek.

Vrae
1. Vul die korrekte woorde in:
Ek wys vir my gesin dat ek __________ is vir hulle.
Ek speel ___________ met my _________________.
Ek is ‘n goeie ________________ en help ander.
2. Skryf ‘n sin by elke prent:

_____________________________________
____________________________________

37
LEESBEGRIP – GRAAD 1

__________________________________
__________________________________

3. Verbind elke sin met die prent wat daarby pas.

Ek pak al my speelgoed weg nadat ek daarmee


gespeel het.

Ek help vir Mamma om die huis skoon te maak.

Ek wys vir my familie dat ek lief is vir hulle.

Ek help om die tafel te dek vir ete.

38
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Ek plant ‘n boontjies
Wat het ek nodig?
water
bone
‘n bakkie
watte
Volg hierdie stappe:
Maak 3 boontjies tussen 2 lae Maak die watte goed nat.
1 2
watte toe. Plaas dit in ‘n leë
bakkie of piering.
Plaas die bakkie of piering op Kyk na ‘n paar dae hoe jou
3 4
3 ‘n vensterbank of ‘n plek waar plantjie ontwikkel. Gee dit
daar genoeg sonlig is. een maal per dag water.

5
Wanneer jou plantjie wortels Gee jou plant gereeld water.
6
en twee blare het, kan jy dit Na ‘n paar weke sal jy jou eie
in sagte grond plant. boontjies kan pluk.

39
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Vrae
1. Omkring die regte antwoord:
Watter hulpmiddels het jy nodig as jy boontjies wil plant?
a) bakkie, mielies, watte, water
b) bakkie, bone, watte, water
c) bakkie, bone, water, lepel
2. Nommer die stappe van die boontje se ontwikkeling in die regte
volgorde.
Maak die watte goed nat.
Kyk na ‘n paar dae hoe jou plantjie ontwikkel.
Gee dit een maal per dag water.
Maak 3 boontjies tussen 2 lae watte toe. Plaas
dit in ‘n leë bakkie of piering.
Wanneer jou plantjie wortels en twee blare het,
kan jy dit in sagte grond plant.

3. Watter twee goed het die boontjie nodig om te groei?


Die boontjie het __________________ en ___________________ nodig
om te groei.

40
LEESBEGRIP – GRAAD 1

4. Teken ‘n prentjie van hoe die boontjie moet lyk wanneer jy dit in die
grond kan plant.

Lien is siek
Lien eet elke dag lekkers en sjokolade. Sy kla gereeld van maagpyn.
Mamma het vir haar gesê dat sy nie so baie lekkers en sjokolade moet
eet nie, want die suiker sal haar siek maak.
Sy moet elke dag twee vrugte eet en 4 glase
water drink. Lien hou ook nie daarvan om te

41
LEESBEGRIP – GRAAD 1

oefen nie, sy kyk eerder televisie wanneer haar maats aan sport
deelneem. Een nag het sy wakker geword van ‘n vreeslike maagpyn.
Haar mamma het vir haar medisyne gegee om te drink. Lien het belowe
om nooit weer so baie lekkers en sjokolade te eet nie.

Vrae
1. Wat het Lien elke dag geëet?
Lien het elke dag _________________ en ___________________
geëet.
2. Omkring die regte antwoord.
Die ______________ in die lekkers en sjokolade het vir Lien siek
gemaak.
a) kleursel
b) suiker
3. Wat moet Lien elke dag eet en drink om gesond te leef?
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________

42
LEESBEGRIP – GRAAD 1

4. Hoekom het Lien die nag wakker geword?


_________________________________________________________________
_________________________________________________________________
5. Noem nog twee gesonde kossoorte wat Lien kan eet.
a) ______________________________________________
b) ______________________________________________

Ons maak vrugteslaai


Benodigdhede
Verskillende soorte vrugte
‘n Groot mengbak
‘n Mes, snybord en lepel
Metode
1. Was die vrugte.
2. Skil dit of indien nodig (soos lemoene)

43
LEESBEGRIP – GRAAD 1

3. Sny dit in klein stukkies.


4. Meng die vrugte in die mengbak.
5. Geniet die heerlike, gesonde vrugteslaai.

Vrae
1. Noem 2 items wat jy nodig het om die vrugteslaai mee te maak.
Ek het ______________________________en ____________________nodig
om die vrugteslaai mee te maak.
2. Merk 4 soorte vrugte met ‘n kruis wat jy graag in jou vrugteslaai
sal wil sit?

44
LEESBEGRIP – GRAAD 1

3. Nommer die stappe in die korrekte volgorde van hoe die


vrugteslaai gemaak moet word.
Eet die heerlike vrugteslaai.
Skil die vrugte af.
Was die vrugte.
Sny die vrugte in klein stukkies.

4. Gee twee redes hoekom vrugteslaai gesond is om te eet. (volsinne)

45
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Kwartaal 4
TEMAS:
1. Huise

2. Ons vind dinge en plekke

3. Water

4. Die Hemelruim in die Nag

46
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Die drie varkies se huise


Toe bou die eerste varkie vir hom ‘n huisie van strooi. Toe hy klaar was,
was hy in sy skik met sy huisie. “Nou sal die wolf my nie kan vang en
opvreet nie,” het hy gesê.

Die tweede varkie het vir hom ‘n huisie van stokkies gebou. Dit was
sterker as die strooihuisie. Die tweede varkie was ook baie in sy skik
en het gesê: “Nou sal die wolf my nie kan van gen opvreet nie!”. “Ek sal
‘n sterker huis as joune bou, “ het die derde varkie gesê.

47
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Die derde varkie het vir hom ‘n mooi en stewige huisie van bakstene
gebou. Hy het lank daaraan gebou, want dit was ‘n baie sterk huisie.
Toe hy klaar was, was hy baie in sy skik en het gesê: “Nou sal die wolf
my nie kan vang en opvreet nie.”

Pitjie die lemoenpit


Pitjie, die stout klein lemoenpit was vandat baie stout en alweer in die

Vrae
1. Is die stelling waar of onwaar?
Die tweede varkie se huis was stewiger as die eerste varkie se huis.
_______________________
2. Omkring die regte antwoord:
Die derde varkie se huis het (lank/kort) gevat om dit te bou.
3. Waarvan het die eerste varkie sy huis gebou?

48
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Die eerste varkie het sy huis____________________ gebou.


4. Hoekom dink jy het derde varkie besluit om sy huis van bakstene
te bou?
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________
5. Waarvan sou jy jou huisie bou?
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________

Teken die prent


Jan het visse in sy kamer.
In die vistenk is bruin sand en drie groen plante.
Twee visse bly in die vistenk.
Jan hou van visse.

49
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Snelboot
Jy het nodig
dun karton
‘n skêr
‘n groot bak

50
LEESBEGRIP – GRAAD 1

water
vloeibare opwasseep

Knip ‘n driehoek uit karton en maak Buig die flap tussen die kepiesop en
twee kepies aan die onderkant. laat die boot dan in skoon, vlak
water in ‘n bak dryf.

Sit ‘n drupel opwasseep en op jou Raak aan die water agter die boot
vinger. met daardie vinger. Die boot sal
vorentoe skiet.

51
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Vrae:
1. Wat het jy nodig om ‘n snelboot te maak?

2. Omkring die regte antwoord


Daar moet ‘n _________________ uit die karton geknip word
a) sirkel
b) driehoek
c) vierkant
3. Vul die korrekte woorde in:
____________die flap tussen die __________________ op en laat die
___________________ dan in __________________, vlak water in ‘n bak
_________________.

52
LEESBEGRIP – GRAAD 1

kepies buig skoon boot dryf

4. Wat gebeur met die boot as jy aan die water agter die boot raak?
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________

Hoe kan ons water spaar?

• Moenie die kraan laat loop as jy tande borsel nie – dit vermors
water.
• Stort in plaas van bad – dit gebruik minder water.
• Plaas ‘n halwe baksteen in die toilet se spoeltenk; dan sal jy baie
minder water gebruik elke keer as jy dit spoel.
• Maak die tuin soggens vroeg of teen skemer nat, liewer as in die
middel van die dag wanneer dit warm is en baie van die water
gaan verdamp.

53
LEESBEGRIP – GRAAD 1

1. Is die volgende stelling waar of onwaar?


Ons moet die tuin in die middag natmaak. ________________
2. Omkring die korrekte antwoord.
Jy sal meer water bespaar as jy (stort / bad).
3. Wat moet jy in die toilet se spoeltenk plaas om water te spaar?
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________
4. Hoe kan jy water spaar as jy tande borsel?
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________

Sterre
‘n Ster se kleur sê wat sy oppervlaktemperatuur is.
Die warmste sterre is blou-wit; die tweede-warmste
is wit; dan volg geel (ons ster, die son, is geel); dan
oranje en die koelste sterre is rooi.

54
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Vrae
1. Hoe weet ons wat ‘n ster se oppervlaktemperatuur is?
______________________________________________________________
______________________________________________________________
2. Wat word ons ster genoem?
______________________________________________________________
______________________________________________________________
3. Rangskik die sterre van die warmste tot die koelste.
rooi
blou-wit
oranje
geel

4. Dink jy dis moontlik om al die sterre te tel? Gee ‘n rede vir jou
antwoord.
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________

55
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Ruimte-eerstes
Die eerste dier in die ruimte was ‘n hond
genaamd Laika (Russies vir “blawwer”), aan boord
die satelliet Spoetnik 11, wat op 3 November 1957 gelanseer is.

Vrae
1. Omkring die regte antwoord.
Die eerste dier op die maan was ‘n …………
a) hond
b) kat
c) perd
2. Wat beteken die naam Laika?
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________
3. Wanneer is die eerste satelliet op die maan gelanseer?
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________

56
LEESBEGRIP – GRAAD 1

4. Wat was die satelliet se naam?


_________________________________________________________________
_________________________________________________________________

57
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Addisionele begripstoetse

58
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Die Appel
Dit is ‘n appel.
Die appel is rooi.
Kyk na die rooi appel.
Die rooi appel is groot.

Vrae: (Omkring die regte antwoorde)


1. Watter kleur is die appel?
a) blou
b) geel
c) rooi

2. Is die appel groot of klein?


a) klein
b) groot

59
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Die mier
Dit is ‘n mier.
Die mier is swart.
Die mier het ses pote.
Hy het twee groot oë.

Vrae (Omkring die korrekte antwoorde)


1. Die mier is ……
a) geel
b) swart
c) bruin

2. Hoeveel oë het die mier?


a) 3
b) 2
c) 4

60
LEESBEGRIP – GRAAD 1

3. Die mier het ses pote.


a) waar
b) onwaar

Die Bal
Dit is ‘n groot bal.
Die bal is rooi, geel en blou.
Annie en San speel met die bal.
Hulle gooi die bal vir mekaar.

Vrae (Omkring die korrekte antwoorde)


1. Wat doen die kinders met die bal?
a) bons
b) skop
c) gooi

2. Watter kleure is die bal?


a) rooi, groen, geel

61
LEESBEGRIP – GRAAD 1

b) blou, geel, groen


c) rooi, blou, geel
3. Wat is die kinders se name wat met die bal speel?
a) San en Klara
b) Annie en San
c) Annie en Klara

Vicky Vis
Mevrou Vicky Vis, het ook glad nie gerus nie.
Sy het haar kleremaker gevra,
wat sy in die aand moes dra?
Die kleremaker het aanbeveel
dat sy geklee in geel moes gaan in geel
en wat die ander daarvan sê,
Kon haar maar min skeel.

Vrae
1. Watter soort dier was Vicky?

62
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Vicky was ‘n _____________


2. Vir wie het Vicky om raad gevra?
Vicky het ___________________om raad gevra.
3. Wat se kleur rok moes sy dra?
Sy moes ‘n ________________rok dra.
4. Wanneer moes Vicky die rok dra?
Vicky moes die rok in die _______________dra.

Oom Olifant
Oom Olifant, jou reuse dier,
die mense lag vir hul plesier,
want waar het jy al ooit gehoor
Van ‘n stertjie van agter
en ‘n stert van voor?

Vrae:
1. Is Oom Olifant groot of klein?

63
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Oom Olifant is ‘n _______________ dier.


2. Hoekom lag die mense vir Oom Olifant?
Oom Olifant het ‘n stertjie van _____________ en van ___________.
3. Is die stelling waar of onwaar?
Olifante het regtig ‘n stert van voor. ___________________
4. Omkring die regte antwoord.
Wat word Oom Olifant se voorste stertjie genoem?
a) ‘n bek
b) ‘n mond
c) ‘n slurp

Kabouterman
Daar onder in die bos woon Kabouterman
Hy het ‘n tuitpunt hoed en ‘n jassie aan,
In sy mond geen enkel tand.
Wie kan hy tog wees, daardie ou kalant?
Kabouter, stouter, maak jy die kinders bang?

64
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Is jy die tokkelos wat die kinders vang?


Arrie, ek is bang vir jou;
Kyk hoe beef my broekie nou!
Wag, ek moet laat spat, net-nou kom die ou.

Vrae:
1. Wat se klere het Kabouterman aan?
Kabouterman het ‘n tuitpunt ____________en ‘n _____________aan.
2. Hoeveel tande het Kabouterman in sy mond?
a) 3
b) 0
c) 1
3. Is die stelling waar of onwaar?
Kabouterman het regtig die kinders bang gemaak? _____________
4. Omkring die regte antwoord.
Watter woorde beteken dieselfde as bang?
a) beef my broekie

65
LEESBEGRIP – GRAAD 1

b) trek ‘n jassie aan

Varkie na die mark


Hierdie klein varkie gaan na die mark;
Hierdie klein varkie bly tuis;
Hierdie een het heerlik gesmul;
Hierdie een is vreeslik gekul;
Hierdie klein varkie huil
Wa, Wa, Wa
Tot by sy huis.

Vrae
1. Skryf woorde wat rym uit die leesstuk langsaan.
gesmul
huis

2. Hoekom het die varkie gehuil?

66
LEESBEGRIP – GRAAD 1

_________________________________________________________________
_________________________________________________________________
3. Waarheen het hulle die varkie geneem?
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________
4. Wat dink jy wou hulle met die varkie by die mark maak?
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________

67
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Ouma en Oupa se Huisreëls


Kleinkinders is altyd welkom.
Ouers op afspraak.
Alles gebeur op sy eie tyd,
koekies vir ontbyt.
Badtyd en slaaptyd is onderhandelbaar.
Baie drukkies, soentjies en bederf,
Lekkergoed die hele dag deur.
Ons luister na mekaar,
enige tyd is storie tyd.
Die woord nee bestaan nie in ons woordeboek nie,
want wat by ouma en oupa gebeur bly by ouma en oupa.
Koeldrank of roomys mors op die mat
is toelaatbaar, ouma sal gaan skoonmaak.

68
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Vrae
1. Watter woord in die volgende sin sê vir ons dat kinders welkom is
by ouma en oupa?
Kinders is altyd welkom. ____________________________
2. Omkring die regte woord:
Mamma en Pappa kan by ouma en oupa kom kuier op ‘n………….
a) dag
b) afspraak
c) altyd

3. Hoe weet die kinders dat ouma en oupa vir hulle lief is?
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________
4. Wie sal die mat skoonmaak as die kinders daarop mors?
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________

69
LEESBEGRIP – GRAAD 1

5. Dink jy dis reg dat Oumas en Oumas hulle klein kinders bederf?
____________________________________________________________
____________________________________________________________

‘n Duisendpoot
Pasop! Pasop vir die duisendpoot!
As hy jou byt lag jy jou dood.
Hy byt klein Jannie op ‘n dag.
Daar kry die kind die lekkerlag.
Die kielie hier, dit kielie daar,
Sy voetsool, neus, sy hart se sak.
Dit kielie in sy kieliebak.
sy mond rek wyd, sy tande wys,
Hy kry inwendig hoendervleis.
Hy rol, hy krul, hy hou sy maag.
Ha-Ha! Daar skeur sy hemp se kraag.
Ha-Ha! Daar klap sy boonste knoop.

70
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Hie-ha! Daar vlieg sy baadjie oop.


Sy are swel, sy kleur word blou;
Die lagbui word ‘n wolkbreuk nou.
Sy vader skrik; “My liewe tyd –
Vanwaar nou die lagsinnigheid?”
Sy moeder kerm: “Ag, wat is dit?
Nog nooit had hy die ritteltit.”

Vrae
1. Wat sal met jou gebeur as ‘n duisendpoot jou byt?
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________
2. Vir wie het die duisendpoot op ‘n dag gebyt?
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________

71
LEESBEGRIP – GRAAD 1

3. Wat het met sy hemp se kraag gebeur?


_________________________________________________________________
_________________________________________________________________
4. Dink jy ‘n mens sal rêrig die ritteltit kry as ‘n duisendpoot jou byt?
_________________________________________________________________
_________________________________________________________________
5. Skryf woorde uit die gediggie wat rym met die volgende woorde:
sak
maag
hoendervleis

72
LEESBEGRIP – GRAAD 1

Erkenning aan:
• Kleuterverseboek – D.J. Opperman
• Feiteboek vir Kinders
• Eksperimente vir Kleuters
• Huisgenoot Wenresepte vir kinders

73

You might also like