You are on page 1of 1

MONOLOOG 1: Oorslaap

(Vir kinders 6-13)

(Kind baie opgewonde en bietjie angstig.)

(Roep) Mamma!!! Mamma!!!! (Pouse.) Nee, nee ek wil niks hê nie.


Wel, okay net een piep… piep… piepklein, mikroskopiese ou dingetjie… Maar dis niks
groots nie, belowe!
ASSEBLIEF, ASSEBLIEF, GROOT ASSEBLIEF KAN EK VANAAND BY JORDAN SE
HUIS GAAN OORSLAAP?
Wag! Voor mamma nee sê, hoor net wat ek te sê het.
Eerstens, ek het my kamer van hoek tot kant skoongemaak – dis so skoon mens kan
van die vloer af eet! Ja, ja, ek weet mens moet nooit van die vloer af eet nie – duh! Dis
‘n metafoor!
Ek het ook die vloer gemop, die skottelgoed gewas, die kat gebad, al die spieëls
skoongemaak, die vuilgoed uitgevat en al my huiswerk klaargemaak! Sommer ‘n maand
se huiswerk – vooruit! Ek is al so ver met my huiswerk, een van die dae kan ek aansoek
doen vir universiteit!
En mamma het mos al vir Jordan se mamma ontmoet… sy’s ‘n oulike tannie!
Sy gaan elke Sondag kerk toe, sy maak seker ons eet nie te veel swiets nie, sy bestuur
baie versigtig en ja, ja, ek weet sy is ‘n vegan maar ek glo ons kan dit seker vergewe,
ne? Ten minste weet mamma darem ek gaan groente vir aandete eet.
(vir hom/haarself) Ugh… NET groente!

Anyway, wat sê die mooiste, liefdevolste, oulikste, spesiaalste mamma in die hele wye
wêreld? Mag ek maar gaan? Die tannie het gesê ek hoef niks saam te bring nie – net
my slaapklere?! (Pouse)
DANKIE, DANKIE, DANKIE! Mamma sal nie spyt wees nie! Okay, baai!
(Kind stop en dink vir ‘n oomblik.)
Mamma, miskien moet ek dalk ook net ‘n paar worsies saamvat? Seblief?

You might also like