You are on page 1of 4

Kommunikasie

AFDELING B TAALVAARDIGHEID

KOMMUNIKATIEWE WOORDESKAT
Woordeskat wat kan help om Kommunikasie, Vraestel 1 te beantwoord.

SAGS 2021: Leerders moet die vetgedrukte woorde in 'n reaksie/gevoel omskryf. Vetgedrukte
woorde mag nie in antwoord gebruik word nie.

WOEDEND baie kwaad; smoorkwaad

ONTSTELD geïrriteerd; gefrustreerd; omgekrap; ontevrede; nie


gelukkig nie

ONGELOOF verbaas; geskok; kan nie glo; verstom; sprakeloos

BANG groot laat skrik; angstig; beangs; bekommerd; vrees

BLYDSKAP baie gelukkig / bly; vreugde – hoera! / jippie!

OPGEWONDE opgewek; kan nie wag nie; sien uit; vrolik

HARTSEER ongelukkig; treurig; my hart is seer

BEDAGSAAM asseblief; vra mooi; beleefd

VRA OM VERSKONING jammer; ekskuus

WAARSKU pasop; oppas!; wees versigtig; mag nie

SKAAM Verleë

TROOS toemaar; so jammer


KALMEER wees geduldig; raak rustig; stadig eers; tel tot tien

HULP AANBIED / VRA kan ek help?; help my; ondersteun

DANKBAAR / BEDANK baie dankie; ek waardeer

OPSETLIK aspris; met ‘n spesifieke rede

NEGATIEWE KOMMENTAAR teleurgesteld; nie ‘n goeie plan / idee nie

PRYS trots; beïndruk; tevrede; pragtig; uitstekend; puik werk;


welgedaan

YWERIG Graag

DREIGEMENT versoek; beveel; jy moet

IEMAND AANMOEDIG praat moed in; motiveer; jy kan dit doen; maak ‘n plan

SMEEK asseblief; vra mooi

GROET goeiedag; goeiemôre; goeienaand; hallo

BEGEER wens; bewonder; sjoe

VERLANGE mis jou; alleen sonder jou; eensaam

UITNODIGING kom kuier; nooi jou uit; wil jou graag daar hê

MOEDELOOS gee moed op; ek kan dit nie doen nie

ONGEDULDIG haastig; maak gou; ag nie alweer nie

DESPERAAT Dringend

VERWARD deurmekaar; onseker

© Brainline Cloud School. Alle regte voorbehou.


Oefening (Let wel: Dis NIE hoe jy getoets gaan word nie. Hierdie is net ‘n oefening!)

Lees die volgende situasies noukeurig deur. Kies elke keer die korrekte styl en register wat
jy in die verskillende situasies sal gebruik en omkring die korrekte letter. Hou die
woordtelling in gedagte as jy jou keuse uitoefen.

1.1 Situasie:

Jou ouers is baie beïndruk met jou en wil jou prys omdat jy baie goeie eksamenuitslae behaal
het. Wat sê hulle vir jou?

A. Pragtige werk, ons liewe kind! Hou so aan. Ons weet jy het baie hard hiervoor gewerk.
B. Jy gaan ‘n prys vir hierdie werk ontvang!
C. Ons is baie beïndruk met al jou harde werk deur die jaar. Welgedaan!

1.2 Situasie:

Jy wil jou vriende uitnooi om Saterdaand saam met jou te spandeer. Wat sê jy vir hulle?

A. Ons vriende kuier Saterdagaand lekker by my huis en julle is uitgenooi.


B. Ons vriende kuier Saterdagaand lekker by my huis en ek wil julle graag daar hê.
C. Ek nooi julle uit om Saterdagaand by my huis te kom kuier.

1.3 Situasie:

Jou driejarige sussie huil toe sy van die swaai afval. Hoe troos jy haar?

A. Toemaar, sus! Kom ek soen jou eina dan gaan dit sommer baie beter voel.
B. Ag nee wat, dit was nie so seer nie.
C. Kom ek troos jou en dan gaan kies jy vir jou ‘n lekkertjie.

1.4 Situasie:

Iemand wat die Lotto gewen het en sy blydskap wil wys, sal die volgende sê.

A. My blydskap en vreugde is baie groot! Ek het die Lotto gewen!


B. Ek het die Lotto gewen en nou is ek baie ryk. Liewe hemel, ek kan dit nie glo nie!
C. Hoera! Ek het die Lotto gewen en nou is ek baie ryk! Nou kan ek ‘n nuwe kar koop!

1.5 Situasie:

Jy het jou boeke by die huis vergeet. Vra jou onderwyser om verskoning.

A. Juffrou, dit was ‘n rowwe naweek, sorry.


B. Ekskuus juffrou, my kop was op ‘n ander plek en ek het vir die verkeerde dag gepak. Ek vra
om verskoning.

© Brainline Cloud School. Alle regte voorbehou.


C. Jammer juffrou, ek het nie ‘n goeie rede waarom my boeke nie hier is nie.

© Brainline Cloud School. Alle regte voorbehou.

You might also like