You are on page 1of 6

2023

Herstandaardisering van
Afrikaans

AFR 110
ANKE PRINSLOO
U23664322

1
Indeks

Indeks....................................................................................................................................................1
Inhoud...................................................................................................................................................2
Die herstandaardisering van Afrikaans..............................................................................................2
Biblografie.............................................................................................................................................4

2
Inhoud
Die herstandaardisering van Afrikaans

Standaardisering van ‘n taal is dikwels veel meer ingewikkeld as wat voor gegee word. Dit is nie net
‘n taalkunde kwessie nie, want dit het ‘n invloed op verskillende domeine.

Afrikaans is 'n ryk en veelsydige taal met 'n boeiende geskiedenis. Dit het sy oorsprong in die taal van
die Nederlandse koloniste wat in die 17de eeu na Suid-Afrika gekom het gekry, maar het sedertdien
ontwikkel en verander deur invloede van verskillende gemeenskappe en kulture. (Gouws, 2019)

Min mense gebruik satndaardafrikaans, maar sien neer op die mense wat dit nie gebruik nie. Die
doel van standaardafrikaans was nog altyd om ‘n eenvormige taal te skep wat mense die geleentheid
gee om meer effektief te komminukeer. Dit is onmoontlik, want die taal verander voortdurend! Dit
was nog altyd moontlik gemaak deur mense te beperk deur gebruik te maak van taalreëls,
woorvorme ensovoorts. (audiomack, 2023)

Daar heers ‘n lewendige debat oor die herstandaardisering van Afrikaans waar streeksvariëteite méér
prominent deel is van die standaardvorm. Sommige mense dink dat herstandaardisering van
Afrikaans ‘n verlies gaan wees en iets van hulle af wegneem. Dit is nie so nie! Herstandaardisering is
nie ‘n persoonlikke verlies nie, maar het die vermoë om Afrikaans op ‘n hoe vlak as amptelike taal te
laat funksioneer. (McLanchlan, 2023)

Die herstandaardisering van Afrikaans verwys na die proses waardeur daar 'n poging aangewend
word om 'n gemeenskaplike taalstandaard te skep, wat dit toelaat om effektief in verskeie sosiale en
professionele kontekste gebruik te word. (Odendaal B. G., 2012)

Die taal bly nie staties nie. Standaardafrikaans word voortdurend deur al die ander variëteite en ook
deur invloede van buite gevoed. Herstandaardisering is grotendeels aangedryf deur die behoefte om
die taal aan te pas by 'n veranderende samelewing en om dit 'n plek te gee in 'n toenemend globale
konteks. Taalreels en nuwe woorde word ook nie uit mense se duime uit gesuig nie, maar word
afgelei uit die taal soos dit gebruik word.

Daar is ‘n behoefte aan gestandaardiseerde Afrikaans om effektiewe kommunikasie tussen


verskillende sprekers en gemeenskappe te verseker omdat dit in verskillende domeine gebruik word.
Dit maak kommunikasie tussen mense van verskillende domeine moontlik. (rensburg, 2019)

Dit speel ‘n belangrike rol in professionele gebiede, onderwys en kulturele identiteit. Die behoefte vir
‘n gestandaariseerde vorm van Afrikaans maak dit moontlik vir spreker en hulle gehoor en

3
onderwysers en hul leeders om effektief te kommunikeer. In die onderwysstelsel vergemaklik dit ook
die leerproses. Dit is wel belangrik om die kulturele erfenis in gedagte te hou omdat die taal ‘n
unieke uitdrukkingsvermoë het.

Standpunte vir herstandaardisering word soms vas gestel deur teoretiese, politieke, ekonomiese
raamwerke of soms persoonlike raamwerke en word nie uit mense se duime uit gesuig nie.
Herstandaardisering is ‘n lang proses omdat baie mense dit nie aanvaar nie. Vir herstandaardisering
om plaas te vind moet daar samewerking tussen verskillende organisasies wees wat ‘n rol daarin
speel.

“Verandering in ‘n taal getuig van ware, natuurlike en deurlopende herstandaardisering.” (tweede


laaste paragraaf, bron twee)

4
Bibliografie

audiomack (2023). Lesing: Die herstandaardisering van Afrikaans [Recorded by G. Odendaal].


Namibie.

Gouws, A. (2019, 08 21). Litnet. Retrieved from Litnet: https://www.litnet.co.za/herstandaardisering-


van-afrikaans-die-tameletjie-en-uitdaging-van-opsies-en-besluite

McLanchlan, T. (2023). 'n Reaksie op gerbra odendaal se lesing tov die herstandaardisering van
Afrikaans. Litnet.

Odendaal, B. G. (2012, 12). Stellenbosch University. Retrieved from SUNScholar Research Repostory:
https://scholar.sun.ac.za/handle/10019.1/71820

rensburg, P. v. (2019, 08 27). afrikaans.com. Retrieved from afrikaans.com:


https://afrikaans.com/2019/08/27/die-herstandaardisering-van-afrikaans/

You might also like