You are on page 1of 20

AUDF 371 AC

OUDITKUNDE: KORPORATIEWE BEHEER,


STANDAARDE EN STATUTÊRE VEREISTES
Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

MOD opgestel deur: Me O Stumke


Kopiereg © 2020-uitgawe. Hersieningsdatum 2021.
Noordwes-Universiteit

Geen gedeelte van hierdie MOD mag in enige vorm of op enige manier sonder skriftelike toestemming van die uitgewers weergegee word nie.
It all starts here
 Ranked in the top 5% of universities globally by the QS-rankings
 Contributes the second largest number of graduates annually to the labour market

Dit begin alles hier


 As een van die top 5% universiteite wêreldwyd deur die QS-ranglys aangewys
 Lewer jaarliks die tweede meeste graduandi aan die arbeidsmark

Gotlhe go simolola fano


 Re beilwe mo gare ga diyunibesiti tse 5% tse di kwa godimo go ya ka peo ya maemo
ya QS
 Ngwaga le ngwaga go abelwa palo ya bobedi ka bogolo ya badiri mo maketeng ya
badiri
NOORDWES-UNIVERSITEIT

Module-inligting
Modulekode AUDF 371

Modulenaam Auditing: Korporatiewe Beheer, Standaarde en Statutêre Vereistes

24 krediete
Modulekrediete Dit beteken dat u altesaam 240 uur moet bestee om die uitkomste van
hierdie module suksesvol te bemeester. Vir totale studietyd per
leereenheid, verwys na elektroniese studiemateriaal.

NKR-vlak 7

Voorvereistes AUDF211 en AUDF221 geslaag

Bykomende hulpbronne of vereistes om module  Internettoegang vir eFundi


suksesvol te voltooi  Klasbywoning is verpligtend

Dosent en kontakinligting
Vaal Potchefstroom Mahikeng

Naam van Soos gekommunikeer Soos gekommunikeer Soos gekommunikeer


dosent(e)

Kantoortelefoon Soos gekommunikeer Soos gekommunikeer Soos gekommunikeer

E-posadres Soos gekommunikeer Soos gekommunikeer Soos gekommunikeer

Gebou en Soos gekommunikeer Soos gekommunikeer Soos gekommunikeer


kantoornommer

Spreekure Soos gekommunikeer Soos gekommunikeer Soos gekommunikeer

Onderrigassistente Soos gekommunikeer Soos gekommunikeer Soos gekommunikeer

Inleiding
Doel van die module:
Verkry 'n begrip van en die vermoë om gesonde korporatiewebeheer-beginsels, ouditstandaarde en
statutêre vereistes wat op maatskappye van toepassing is, toe te pas.

1
Onderrig en leer in hierdie module
Onderrig sal gebruik word om die ontwikkeling van die uitkomste wat hier onder genoem word te
fasiliteer deur verskillende moeilike konsepte tydens die kontaksessies te verduidelik. Aan die
hand van praktiese voorbeelde, klasbesprekings, eFundi-hulpbronne en toeste en vasvra's sal
daar op die praktiese toepassing van die konsepte gefokus word, ten einde die uitkomste in hierdie
module te bereik.
U sal by al hierdie leergeleenthede baat vind, maar spesifiek deur klasbywoning, deelnanme aan
klasbesprekings, voorbereiding vir die klasse en deur eFundi te benut.

Module-uitkomste
Na voltooiing van die module moet die student die volgende kan demonstreer:
 Geïntegreerde kennis van Korporatiewe Beheer en statutêre vereistes.
 Geïntegreerde kennis van geselekteerde Internasionale Ouditstandaarde (ISA), Inter-
nasionale Standaarde oor Oorsigaanstellings (ISRE), Internasionale Standaarde oor
Verwante Dienste (ISRS), Korporatiewebeheer-beginsels en statutêre vereistes in ‘n
besigheidsomgewing, asook hul toepaslikheid in spesifieke besigheidsomgewings.
 ‘n Begrip van ‘n reeks toepaslike prosedures en tegnieke in ooreenstemming met geselek-
teerde Internasionale Ouditstandaarde (ISA), Internasionale Standaarde oor Oorsigaan-
stellings (ISRE), Internasionale Standaarde oor Verwante Dienste (ISRS), Korporatiewe-
beheer-beginsels en statutêre vereistes in ‘n besigheidsomgewing, asook hul toepaslikheid
in spesifieke besigheidsomgewings.
 Die vermoë om komplekse probleme binne ‘n besigheidskonteks, in terme van geselekteerde
Internasionale Ouditstandaarde (ISA), Internasionale Standaarde oor Oorsigaanstellings
(ISRE), Internasionale Standaarde oor Verwante Dienste (ISRS), Korporatiewebeheer-
beginsels en statutêre vereistes te identifiseer, analiseer, krities te reflekteer en te adresseer.
 Die vermoë om besluite te neem en eties en professioneel op te tree, en die vermoë om
daardie besluite en aksies te regverdig deur toepaslike professionele etiese waardes en
benaderings binne ‘n besigheids- en professionele rekeningkundige omgewing, toe te pas.
 Die vermoë om idees en opinies te ontwikkel en te kommunikeer met goedgevormde
argumente deur toepaslike Internasionale Ouditstandaarde (ISA), Internasionale Standaarde
oor Oorsigaanstellings (ISRE), Internasionale Standaarde oor Verwante Dienste (ISRS) en
Korporatiewebeheer-beginsels en statutêre vereistes te gebruik.
 Die vermoë om volle verantwoordelikheid te neem vir eie werk, leer, besluitneming en
gebruik van hulpbronne, en beperkte aanspreeklikheid vir die besluite en aksies binne ‘n
professionele rekeningkundige omgewing.

Assesseringskriteria
Die student het die uitkomste bemeester indien hy/sy die volgende kan doen:
 Noem, verduidelik of beskryf verskillende beginsels ten aansien van korporatiewe beheer en
statutêre vereistes.
 Noem, verduidelik of beskryf verskillende beginsels in verband met geselekteerde vereistes
van Internasionale Ouditstandaarde (ISA), Internasionale Standaarde oor Oorsigaanstellings
(ISRE) en Internasionale Standaarde oor Verwante Dienste (ISRS).
 Evalueer, besluit en pas die toepaslike tegnieke toe wat gebruik moet word ooreenkomstig
geselekteerde vereistes van Internasionale Ouditstandaarde (ISA), Internasionale
Standaarde oor Oorsigaanstellings (ISRE) en Internasionale Standaarde oor Verwante
Dienste (ISRS), en statutêre vereistes.
 Ontwerp of formuleer die toepaslike prosedures wat uitgevoer moet word ooreenkomstig
geselekteerde vereistes van Internasionale Ouditstandaarde (ISA), Internasionale

2
Standaarde oor Oorsigaanstellings (ISRE) en Internasionale Standaarde oor Verwante
Dienste (ISRS), en statutêre vereistes.
 Identifiseer, analiseer, beoordeel krities en hanteer komplekse probleme in vetroude
sakekontekste deur 'n toepaslike oplossing te kies ooreenkomstig geselekteerde vereistes
van Internasionale Ouditstandaarde (ISA), Internasionale Standaarde oor Oorsigaanstellings
(ISRE) en Internasionale Standaarde oor Verwante Dienste (ISRS), Korporatiewe-
beheerbeginsels en statutêre vereistes.
 Identifiseer en beoordeel professionele etiese implikasies van besluite wat in 'n sake- en
professionele rekeningkundige omgewing geneem is en regverdig daardie besluite en
optrede op grond van 'n professionele etiese raamwerk.
 Identifiseer en beoordeel probleme in bekende sakekontekste en formuleer 'n toepaslike
oplossing, wat gekommunikeer moet word ingevolge geselekteerde vereistes van
Internasionale Ouditstandaarde (ISAs), Internasionale Standaarde oor Oorsigaanstellings
(ISREs) en Internasionale Standaarde oor Verwante Dienste (ISRS), Korporatiewe-
beheerbeginsels en statutêre vereistes.
 Ontwerp of formuleer die toepaslike prosedures wat uitgevoer moet word op grond van
geselekteerde vereistes van Internasionale Ouditstandaarde (ISA), Internasionale
Standaarde oor Oorsigaanstellings (ISRE) en Internasionale Standaarde oor Verwante
Dienste (ISRS), asook statutêre beginsels op verskillende sakeomgewings en professionele
rekeningkundige omgewings.
 Toom die vermoë om eties en verantwoordelik op te tree deur ten volle te voldoen aan die
etiese beginsels wat in die sake- en professionele rekeningkundige omgewing verwag word.

Moduleplan:
U sal die volgende kernonderwerpe in hierdie module bestudeer:
Eerste semester
Leereenheid 1: SAIGR se professionele gedragskode (CoPC)
Leereenheid 2: Debiteure-en-inkomstesiklus
Leereenheid 3: Krediteure-en-betalingsiklus
Leereenheid 4: Voorraadsiklus
Leereenheid 5: Finansiering-en-beleggingsiklus
Leereenheid 6: Salaris-en-loonsiklus
Tweede semester
leereenheid 7: Die ouditproses (oorsig)
leereenheid 8: Onafhanklike oorsigte: isre 2400
leereenheid 9: Voltooiing van die oudit
leereenheid 10: Die ouditverslag en die uitwerking van rapporteerbare onreëlmatighede daarop
Leereenheid 11: Onafhanklike oorsigaanstelling van historiese finansiële state en verwante
dienste
Leereenheid 12: KING IV Kode oor Korporatiewe Beheer-Verslag

3
Assessering
Vereistes vir die suksesvolle voltooiing van die module
U benodig 'n finale modulepunt van minstens 50% om die module te slaag. Die finale punt word
soos volg bereken:
 Deelnamepunt: 'n Minimum van 40% om eksamentoelating te verwerf
 Eksamen: 'n Sub-minimum van 50%

Assesseringsplan:
A) Assessering sal vir u deelnamepunt tel (Formatiewe assessering)
Klastoetse (3/4) : 60%
Junie-eksamen/Toets : 30%
Informele Assesserings (Huiswerk, eFundi, ens) : 10%
Totaal 100%
Belangrik: geen siektetoetse sal deur die jaar geskeduleer of geskryf word nie, omdat
daar meer as genoeg geleenthede is om geassesseer te word.
B) Eksamen (Summatiewe assessering)
Finale eksamen is 'n 3-uur lange vraestel wat 100 punte tel, en al die inhoud vir die jaar dek.
C) Informele assessering wat u leer sal ondersteun en terugvoering daaroor gee
Ons sal in die kontaksessies die inhoud van die module behandel deur middel van aktiwiteite
soos "eenminuut-vraestelle", meningsopnames/opnames, klastoetse, studente-aanbiedings,
refleksiejoernale, groepbesprekings met terugvoering, ens. Hierdie aktiwiteite sal u leer
ondersteun en u van onmiddellike terugvoering voorsien.
Buite die klas sal daar van u verwag word om eFundi-toetse en vasvra's wat op die inhoud
van die module gegrond is, te voltooi.

Aksiewerkwoorde
U sal 'n lys aksiewerkwoorde en hul betekenisse hier onder vind:
 Aanbied:
Vertoon rekeningkundige inligting op die gesig (voorkant) van die finansiële state, in die korrekte
formaat
 Analiseer/ontleed:
Stel ondersoek in en bespreek volledig
 Berei voor/stel op:
Verskaf ʼn rekening, staat of aantekening in die korrekte formaat.
 Bereken/bepaal:
Bepaal die bedrag/waarde van.
 Beskryf:
Gee ʼn deeglike beskrywing van eksakte detail.
 Bespreek:
Gee u mening oor.
 Bespreek krities:
Gee u kritiese mening oor.

4
 Bewys:
Staaf die antwoord deur logiese argumente en toepassing van feite.
 Definieer:
Gee ʼn volledige definisie van.
 Differensieer/onderskei:
Lys en bespreek die verskille tussen.
 Evalueer:
Beoordeel ʼn saak aan die hand van sekere kriteria.
 Gee 'n oorsig:
Vat ʼn groot volume kennis op logiese en sistematiese wyse saam, sonder dat die essensie van die
saak verlore raak.
 Identifiseer:
Kies die korrekte beskrywing van ʼn item.
 Joernaliseer:
Skryf ʼn transaksie op in die vorm van ʼn joernaalinskrywing
 Klassifiseer:
Klassifiseer in ʼn groep of klas.
 Lys:
Lys feite een vir een.
 Meet:
Bepaal die bedrag waarteen ʼn item in die finansiële state ingesluit gaan word.
 Noem:
Gee slegs die name van.
 Noteer/skryf op:
Skryf die inligting op die brondokument in die joernaal.
 Ontwikkel/skep:
Ontwikkel ʼn dokument/stelsel deur van die gegewe inligting gebruik te maak.
 Openbaar:
Vertoon vereiste rekeningkundige inligting volledig in die aantekeninge by die finansiële state.
 Pos:
Dra inligting vanaf joernale oor na die grootboek (verskaf ʼn grootboekinskrywing).
 Verduidelik:
Klaar uit of interpreteer op ʼn regverdige manier.
 Verantwoord:
Hanteer transaksies rekeningkundig korrek in die joernaal, grootboek of finansiële state
 Vergelyk:
Sake word teenoor mekaar gestel en ooreenkomste en verskille na vore gebring.
 Voltooi:
Verskaf addisionele inligting oor die gegewe data
 Waardeer:
Bepaal die waarde van.

5
Studiemateriaal
Verpligte studiemateriaal:
 Marx, Van der Watt & Bourne, Dinamiese Ouditkunde nuutste uitgawe.
 Jackson & Stent, Auditing Notes for South African Students nuutste uitgawe.
 Gowar & Jackson, Graded Questions on Auditing nuuste uitgawe.

Waarskuwing teen plagiaat


Plagiaat is ʼn ernstige oortreding en jy moet jou vertroud maak met die plagiaatbeleid van die NWU.
http://library.nwu.ac.za/af/kopiereg-en-plagiaat
Verwys asb. na die Beleid oor Akademiese Integriteit wat te vinde is by die volgende webadres:
http://www.nwu.ac.za/af/content/beleide-en-reels

6
Leereenhede
Hier onder volg slegs 'n oorsig van die temas/onderwerpe met hul uitkomste. Raadpleeg asseblief
u “Lessons”-opsie op eFundi vir bykomende inhoud en studiemateriaal.

Eerste semester

1 SAICA se Professionele Gedragskode

1.1 Deel 1
Studiemateriaal
Hierdie leereenheid is gegrond op Dinamiese Ouditkunde Hoofstuk 3. Skenk spesifiek aandag aan
die volgende afdelings in die Professionele Gedragskode, soos dit in die handboek uiteengesit
word:
 Afd 100 Inleiding en Fundamentele Beginsels
 Afd 110 Integriteit
 Afd 120 Objektiwiteit
 Afd 130 Professionele Bevoegdheid en Behoorlike Sorg
 Afd 140 Vertroulikheid
 Afd 150 Professionele gedrag

Leeruitkomste
Na voltooiing van hierdie gedeelte behoort u in staat te wees om die volgende te doen:
 Noem en definieer die fundamentele beginsels wat 'n professionele rekenmeester moet
nakom en aan voldoen.
 Noem en definieer die bedreigings wat moontlik die fundamentele etiese beginsels kan
bedreig.
 Noem en definieer die twee breë kategorieë van veiligheidsmaatreëls wat bedreigings tot 'n
aanvaarbare vlak kan verlaag of uitskakel.

Tydstoewysing
Dit behoort u ongeveer 15 uur (insluitend kontaktyd) te neem om hierdie leereenheid suksesvol te
voltooi.

1.2 Deel 2: Professionele Rekenmeesters in Openbare Praktyk


Studiemateriaal
Hierdie leereenheid is gegrond op Dinamiese Ouditkunde Hoofstuk 3. Skenk spesifieke aandag aan
die volgende afdelings in die Professionele Gedragskode, soos dit in die handboek uiteengesit
word:
 Afd 200 Inleiding
 Afd 210 Professionele aanstelling
 Afd 220 Belangebotsings

7
 Afd 230 Tweede menings
 Afd 240 Gelde en ander tipes vergoeding
 Afd 250 Bemarking van professionele dienste
 Afd 260 Geskenke en gasvryheid
 Afd 270 Bewaring van kliëntebates
 Afd 280 Objektiwiteit – alle dienste
 Afdeling 290 is uiters belangrik. Hierdie afdeling verskaf direkte leiding aan professionele
rekenmeesters in openbare praktyk oor hoe om in praktiese situasies op te tree waar 'n
bedreiging vir die onafhanklikheid in 'n aanstelling kan ontstaan.
Fokus slegs op die volgende bedreigingsnommer in Afdeling:
1,2,7,8,10,11,12,13,14,15,16,19,20,21,22,24,26,30,33,34,36,37,38,39

Leeruitkomste
Na voltooiing van hierdie leergedeelte behoort u die volgende te kan doen:
 Pas die konsepsuele raamwerk toe om bedreigings vir nakoming van fundamentele etiese
beginsels te identifiseer.
 Evalueer die betekenisvolheid van bedreigings vir fundamentele etiese beginsels.
 Pas veiligheidsmaatreëls toe om bedreigings vir fundamentele etiese beginsels uit te skakel
of tot 'n aanvaarbare vlak te beperk.
 Pas die raamwerk toe met verwysing na spesifieke praktiese situasies, soos dit in Afd 290
van die raamwerk geïllustreer word.

Tydstoewysing

Dit behoort u ongeveer 20 uur (insluitend kontaktyd) te neem om hierdie


leereenheid suksesvol te voltooi.

1.3 Deel 3: Openbare Rekenmeesters in Besigheid


Studiemateriaal
Hierdie leereenheid is gegrond op Dinamiese Ouditkunde Hoofstuk 3. Skenk spesifiek aandag aan
die volgende afdelings in die Professionele Gedragskode soos dit in die handboek bespreek word:
 Afd 300 Inleiding
 Afd 310 Potensiële konflik
 Afd 320 Voorbereiding en rapportering van inligting
 Afd 330 Tree op met voldoende kundigheid
 Afd 340 Finansiële belange
 Afd 350 Aansporings

Leeruitkomste
Na voltooiing van hierdie leergedeelte behoort u die volgende te kan doen:
 Identifiseer bedreigings waarvoor 'n professionele rekenmeester te staan kan kom.
 Evalueer die betekenisvolheid van die bedreigings.
 Identifiseer veiligheidsmaatreëls en pas dit toe om hierdie bedreigings uit te skakel of dit tot
'n aanvaarbare vlak te verlaag.
 Toon 'n begrip van die etiese verantwoordelikhede van 'n professionele rekenmeester in
besigheid, onder andere gebaseer op die vertroue wat in die professionele rekenmeester

8
geplaas word. Erken en meet 'n verswakkingsverlies, met inbegrip van die meting van die
verhaalbare bedrag van 'n bate, ongeag of dit die billike waarde minus koste om te verkoop
of die waarde daarvan in gebruik behels.
 Pas die raamwerk toe met verwysing na spesifieke praktiese situasies, soos in Afd 290 van
die raamwerk geïllustreer word.

Tydstoewysing
Dit behoort u ongeveer 20 uur (insluitend kontaktyd) te neem om hierdie leereenheid suksesvol te
voltooi.

2 Inkomste-en-Ontvangstesiklus
Studiemateriaal
Hierdie leereenheid is gegrond op Auditing Notes for South African Students Hoofstuk 10.

2.1 Beheermaatreëls
Leeruitkomste
Na voltooiing van hierdie leergedeelte behoort u die volgende te kan doen:
 Reproduseer die skeiding van pligte van toepassing op die kredietverkope-siklus.
 Reproduseer die vloei van inligting asook die brondokumente van toepassing op die
optekening van kredietverkoopstransaksies.
 Reproduseer die risiko's met betrekking tot elke funksie in die siklus asook die
beheermaatreëls om daardie risiko's te hanteer, vir toepassing op 'n gevallestudie.
 Identifiseer die swakhede en doen aanbevelings vir die geïdentifiseerde swakhede in 'n
gevallestudie met betrekking tot kredietverkope.
 Reproduseer die skeiding van pligte van toepassing op die kontantverkope-siklus.
 Reproduseer die vloei van inligting asook die brondokumente van toepassing op die
optekening van kontantverkoopstransaksies.
 Identifiseer die swakhede en doen aanbevelings vir die geïdentifiseerde swakhede in 'n
gevallestudie met betrekking tot kontantverkope.
 Reproduseer die skeiding van pligte van toepassing op die ontvangstesiklus.
 Reproduseer die vloei van inligting asook die brondokumente van toepassing op die
optekening van ontvangste-transaksies.
 Identifiseer die swakhede en doen aanbevelings vir die geïdentifiseerde swakhede in 'n
gevallestudie met betrekking tot die inkomste-en-ontvangstesiklus.

2.2 Ouditprosedures
Leeruitkomste

Na voltooiing van hierdie leergedeelte behoort u die volgende te kan doen:


 Wees vertroud met die oorkoepelende risiko van die inkomste-siklus, die tersaaklike
finansiële stellings, belangrike rekeningkundige aspekte volgens IFRS 15, bedrog in die
siklus en die tersaaklike ouditprosedures.
 Formuleer ouditprosedures met betrekking tot kredietverkope en pas dit op 'n gevallestudie
toe.

9
 Formuleer ouditprosedures met betrekking tot kontantverkope en pas dit op 'n gevallestudie
toe.
 Reproduseer die ouditprosedures met betrekking tot ontvangste van debiteure en pas dit op
'n gevallestudie toe.
 Reproduseer die stellings wat op debiteure van toepassing is.
 Reproduseer die ouditprosedures wat u sal uitvoer om elke stelling wat op debiteure van
toepassing is, te hanteer.

Tydstoewysing
Dit behoort u ongeveer 20 uur (insluitend kontaktyd) te neem om hierdie leereenheid suksesvol te
voltooi.

3 Beheermaatreëls: Aankope-en-Betalingsiklus
Studiemateriaal
Hierdie leereenheid is gegrond op Auditing Notes for South African Students Hoofstuk 11.

3.1 Beheermaatreëls
Leeruitkomste

Na voltooiing van hierdie leergedeelte behoort u die volgende te kan doen:


 Herken brondokumente en verstaan watter transaksies daarin weerspieël word.
 Reproduseer die vloei van inligting wanneer aankooptransaksies opgeteken/vasgelê word.
 Reproduseer die risiko wat op elke individuele funksionele afdeling van toepassing is asook
die beheerprosedures vir toepassing op 'n gegewe gevallestudie.
 Identifiseer die swakhede en doen aanbevelings vir die geïdentifiseerde swakhede in 'n
gevallestudie met betrekking tot aankope.
 Reproduseer die onderskeie funksionele afdelings wat op die betaalstelsel van toepassing is.
 Reproduseer die vloei van inligting wanneer betalingstransaksies opgeteken/vasgelê word.
 Ken die risiko's ten aansien van elke funksie in die siklus asook die beheermaatreëls wat
nodig is om daardie risiko's te hanteer, vir toepassing op 'n gegewe gevallestudie.
 Identifiseer die swakhede en doen aanbevelings vir die geïdentifiseerde swakhede in 'n
gevallestudie met betrekking tot die aankope-en-betalingsiklus.

3.2 Ouditprosedures
Leeruitkomste

Na voltooiing van hierdie leergedeelte behoort u die volgende te kan doen:


 Wees vertroud met bedrog in die siklus en die toepaslike beheertoetse en
stawingsprosedures wat op die aankoop/betalingsiklus betrekking het.
 Reproduseer analitiese en breedvoerige ouditprosedures met betrekking tot aankope en pas
dit op 'n gevallestudie toe.
 Reproduseer ouditprosedures met betrekking tot betalings en pas dit op 'n gevallestudie toe.
 Reproduseer die stellings wat op krediteure van toepassing is.

10
 Reproduseer die ouditprosedures wat u sal uitvoer om elke stelling van toepassing op
krediteure te hanteer.
 Reproduseer die ouditprosedures wat u sal uitvoer ten aansien van algemene bepalings.
 Reproduseer die ouditprosedures wat u sal uitvoer om alke stelling van toepassing op bank
en kontant te hanteer.

Tydstoewysing
Dit behoort u ongeveer 20 uur (insluitend kontaktyd) te neem om hierdie leereenheid suksesvol te
voltooi.

4 Voorraad-en-Produksiesiklus
Studiemateriaal
Hierdie leereenheid is gegrond op Auditing Notes for South African Students Hoofstuk 12.

4.1 Beheermaatreëls
Leeruitkomste
Na voltooiing van hierdie leergedeelte behoort u die volgende te kan doen:
 Beskryf die sakerisiko's wat met voorraad gepaardgaan.
 Beskryf die beheermaatreëls wat 'n entiteit kan implementeer om sakerisiko's te hanteer.
 Noem en pas die volgende rekeningkundige beginsels ten aansien van voorraad toe:
 - koste
 - kosteformule
 - netto realiseerbare waarde
 Bespreek die jaarlikse voorraadopname/voorraadtelling in geheel, met spesifieke verwysing
na die beplanning en voorbereiding asook die kliënt se skriftelike instruksies vir die
voorraadopname-oefening.
 Identifiseer swakhede van 'n voorraadopname in 'n gegewe gevallestudie.
 Identifiseer die ouditrisiko's met betrekking tot spesifieke tipes voorraad in 'n gegewe
situasie/gevallestudie.

4.2 Ouditprosedures
Leeruitkomste
Na voltooiing van hierdie leergedeelte behoort u die volgende te kan doen:
 Ontwerp ouditprosedures om ouditbewyse te verkry vir die onderskeie finansiëlestaat-
stellings wat op voorraad betrekking het.
 Spesifiseer die inligting wat benodig word en die berekeninge wat gedoen moet word
wanneer Rekenaargesteunde Oudittegnieke (RGOT's) in 'n oudit van voorraad gebruik word.
 Dui aan hoe die verslae wat met behulp van RGOT's geproduseer word in die uitvoering van
die oudit gebruik sal word.

Tydstoewysing
Dit behoort u ongeveer 20 uur (insluitend kontaktyd) te neem om hierdie leereenheid suksesvol te
voltooi.

11
5 Finansiering-en-Beleggingsiklus
Studiemateriaal
Hierdie leereenheid is gegrond op Auditing Notes for South African Students Hoofstuk 14.

5.1 Beheermaatreëls
Leeruitkomste
Na voltooiing van hierdie leergedeelte behoort u die volgende te kan doen:
 Beskryf die sakerisiko's wat met die finansiering-en-beleggingsiklus gepaardgaan.
 Beskryf die beheermaatreëls wat 'n entiteit kan implementeer om hierdie sakerisiko's te
hanteer.
 Identifiseer swakhede in 'n gegewe gevallestudie van die finansiering-en-beleggingsiklus.

5.2 Ouditprosedures
Leeruitkomste
Na voltooiing van hierdie leergedeelte behoort u die volgende te kan doen:
 Pas die ouditprosedures vir die verifiëring van langtermynlenings op 'n gegewe stel omstan-
dighede (gevallestudie) toe.
 Oudit vir nakoming van die vereistes van IAS 17 rakende die kapitalisering van 'n verpligting
ingevolge 'n finansiële huurkontrak.
 Pas die ouditprosedures vir die bevestiging van verpligtinge ingevolge finansiële huurkon-
trakte op 'n gegewe stel omstandighede (gevallestudie) toe.
 Pas die ouditprosedures vir die verkryging en verkoop van PPE op 'n gegewe stel
omstandighede (gevallestudie) toe.
 Oudit die belangrike rekeningkundige beginsels van IAS 16 wat op PPE van toepassing is.
 Pas die ouditprosedures per stelling vir die bevestiging van PPE op 'n gegewe stel
omstandighede (gevallestudie) toe
 Oudit die belangrike rekeningkundige beginsels van IAS 39 wat op belegging in aandele van
toepassings is.
 Pas die ouditprosedures per stelling vir die bevestiging van belegging in aandele op 'n
gegewe stel omstandighede (gevallestudie) toe.

Tydstoewysing
Dit behoort u ongeveer 20 uur (insluitend kontaktyd) te neem om hierdie leereenheid suksesvol te
voltooi.

6 Betaalstaat-en-Personeelsiklus
Studiemateriaal
Hierdie leereenheid is gegrond op Auditing Notes for South African Students Hoofstuk 13.

12
6.1 Beheermaatreëls
Leeruitkomste
Na voltooiing van hierdie leergedeelte behoort u die volgende te kan doen:
 Beskryf die verskillende funksionele afdelings van toepassing op die salaris-en-loonstelsel.
 Beskryf die vloei van inligting wanneer salaris/loontransaksies opgeteken/vasgelê word.
 Identifiseer die risiko's wat op elke individuele funksionele afdeling van toepassing is asook
sy beheerprosedures, vir toepassing p 'n gegewe situasie.
 Identifiseer swakhede in 'n gevallestudie van 'n salaris-en-loonstelsel en beveel verbeterings
aan.

6.2 Ouditprosedures
Leeruitkomste
Na voltooiing van hierdie leergedeelte behoort u die volgende te kan doen:
 Ontwerp/formuleer op grond van 'n gevallestudie die ouditprosedures van toepassing op
elke funksionele afdeling.
 Voer analitiese prosedures in 'n gevallestudie uit.

Tydstoewysing
Dit behoort u ongeveer 20 uur (insluitend kontaktyd) te neem om hierdie leereenheid suksesvol te
voltooi.

Tweede semester

7 Die Ouditproses: Hersiening


Studiemateriaal
Hierdie leereenheid is gegrond op Dinamiese Ouditkunde Hoofstuk 5. Skenk spesiale aandag aan
bladsy 5-3 tot 5-21.

Leeruitkomste
Na voltooiing van hierdie leergedeelte behoort u die volgende te kan doen:
 Bespreek die doelwitte van 'n oudit van finansiële state.
 Bespreek die algemene beginsels van 'n oudit.
 Verduidelik die verskil tussen 'n oudit, oorsig en verwante dienste.
 Noem die 4 stadiums van die ouditproses asook die aktiwiteite wat tydens elke stadium
uitgevoer moet word.
 Weet waar die finalisering-, gevolgtrekking- en verslagdoeningstadium in die ouditproses
inpas.

Tydstoewysing
Dit behoort ongeveer 10 ure (insluitend kontaktyd) te neem om hierdie leereenheid suksesvol te
voltooi.

13
8 Die proses vir onafhanklike oorsigte: ISRE 2400

8.1 Stadiums van die ouditproses, 'n oorsig – (AUDF211,


Leereenheid 2.1 HERSIENING)
Studiemateriaal
Hierdie leereenheid is gegrond op Dinamiese Ouditkunde Hoofstuk 5, page 5/14 tot 5/21.

Leeruitkomste
Na voltooiing van hierdie leergedeelte behoort u die volgende te kan doen:
 Noem die verskillende stadiums van die ouditproses asook die aktiwiteite wat tydens elke
stadium uitgevoer moet word.
 Weet watter kwessies tydens die beplanning van die oudit op die finansiëlestaat-vlak aandag
moet geniet asook water kwessies op stellingsvlak vir die verskillende klasse transaksies of
rekeningsaldo's aandag moet geniet.

8.2 Onafhanklike oorsigaanstelling van historiese finansiële state


en verwante dienste – Vooraanstelling en beplanning
Studiemateriaal
Hierdie leereenheid is gegrond op Auditing Notes for South African Students Hoofstuk 19/19 –
19/22.
Tersaaklike artikels van die Maatskappywet
 Maatskappywet Artikel 30
 Maatskappyregulasies 2011, spesifiek regulasies 26, 28 en 29

Leeruitkomste
Na voltooiing van hierdie leergedeelte behoort u die volgende te kan doen:
 Bespreek die verskil tussen 'n oudit, oorsig, ooreengekome prosedures en samestellings.
 Verduidelik die verskil tussen redelike en beperkte aanstellings.
 Met verwysing na Maatskappyregulasie 26:
 Beskryf die persone in Suid-Afrika wat onafhanklike oorsigte kan uitvoer, met
inagneming van die maatskappy se openbarebelangtelling.
 Beskryf die vereistes waaraan voldoen moet word om as 'n onafhanklike professionele
rekenmeester te kwalifiseer.
 Verduidelik die verskille tussen 'n rapporteerbare onreëlmatigheid vir onafhanklike oorsigte
(Maatskappyregulasie 29) en vir oudits (Audit Professions Act)
 Noem die kwessies wat in ag geneem moet word om 'n begrip van die entiteit in 'n
oorsigaanstelling te verkry.

14
8.3 Onafhanklike oorsigaanstelling van historiese finansiële state
en verwante dienste – Verkryging van ouditbewyse
Studiemateriaal
Hierdie leereenheid is gegrond op Auditing Notes forr South African Students Hoofstuk 19/19 –
19/22.
Tersaaklike artikels van die Maatskappywet
 Maatskappywet Artikel 30
 Maatskappyregulasies 2011, spesifiek regulasies 26, 28 en 29

Leeruitkomste
Na voltooiing van hierdie leergedeelte behoort u die volgende te kan doen:
 Formuleer toepaslike navraagprosedures en analitiese prosedures ten einde die finansiële
jaarstate te hersien.
 Noem en bespreek die spesifieke prosedures wat vir oorsigaanstellings uitgevoer moet word
ten einde aan ISRE2400 te voldoen.

Tydstoewysing
Dit behoort u ongeveer 20 uur (insluitend kontaktyd) te neem om hierdie leereenheid suksesvol te
voltooi.

9 Afhandeling van die oudit

9.1 Ouditverskille: ISA 450


Studiemateriaal
Hierdie leereenheid is gegrond op Dinamiese Ouditkunde Hoofstuk 14.

Leeruitkomste
Na voltooiing van hierdie leergedeelte behoort u die volgende te kan doen:
 Bespreek die stappe in die afhandeling van die oudit.
 Bespreek breedvoerig die aangeleenthede wat u sal oorweeg om te bepaal of voldoende en
toepaslike ouditbewyse verkry is.
 Op grond van u AUDF211-kennis, hersien 'n gegewe werkspapier en evalueer of al die
vereiste inligting op die werkspapier ingesluit is.
 Bespreek breedvoerig die evaluering (aard en hoeveelheid) van ouditverskille en pas dit toe
met verwysing na 'n gevallestudie.
 Bespreek breedvoerig die evaluering (aard en hoeveelheid) van ouditverskille en die
uitwerking daarvan op die ouditverslag.
 Bereken die syfer van finale wesenlikheidsyfer op grond van u kennis van AUDF211
(berekening van algehele beplanningswesenlikheid) in 'n gevallestudie ten einde oudit-
verskille te evalueer

15
9.2 Na-balansstaatgebeure: ISA 560
Studiemateriaal
Hierdie leereenheid is gegrond op Dinamiese Ouditkunde Hoofstuk 14.

Leeruitkomste
Na voltooiing van hierdie leergedeelte behoort u die volgende te kan doen:
 Beskryf kortliks wat die algehele oorsig van finansiële inligting behels.
 Onderskei tussen die twee tipes na-balansstaatgebeure asook die rekeningkundige
hantering van elk.
 Noem of formuleer in 'n gevallestudie die prosedures wat die ouditeur volg om na-
balansstaatgebeure te identifiseer.
 Bespreek breedvoerig die gedrag van die ouditeur gedurende die verskillende tydperke van
na-balansstaatgebeure.
 Noem die faktore wat die ouditeur in aanmerking sal neem om sy/haar gedrag te bepaal ten
einde gebruikers te verhoed om enigsins verder op die finansiële state staat te maak.
 Beskryf die uitwerking van 'n gevallestudie op die ouditverslag.

Tydstoewysing
Dit behoort u ongeveer 35 uur (insluitend kontaktyd) te neem om hierdie leereenheid suksesvol te
voltooi.

9.3 Lopende saak: ISA 570


Studiemateriaal
Hierdie leereenheid is gegrond op Dinamiese Ouditkunde Hoofstuk 14.

Leeruitkomste
Na voltooiing van hierdie leergedeelte behoort u die volgende te kan doen:
 Omskryf die begrip 'lopende saak'.
 Bespreek die verantwoordelikheid van die bestuur en die ouditeure met betrekking tot die
lopendesaak-beginsel.
 Noem die stadia van die ouditproses waartydens die lopendesaak-beginsel hanteer word
asook die oorwegings tydens elke stadium.
 Bespreek en identifiseer breedvoerig die faktore wat twyfel kan skep oor op die entiteit se
vermoë om as lopende saak aan te gaan.
 Noem die ouditprosedures om bestuur se beoordeling van die tersaaklikheid van die
lopendesaak-beginsel te evalueer.
 Noem die ouditprosedures wat die ouditeur sal uitvoer indien daar onsekerheid oor die
tersaaklikheid van die lopendesaak-beginsel bestaan.
 Verduidelik die uitwerking van onsekerheid oor 'n lopende saak op 'n ouditverslag.
 Verduidelik die verskil tussen lopende saak en feitelike insolvensie.
 Bespreek die stappe wat 'n ouditeur kan doen waar die maatskappy se laste sy bates
oorskry.
 Bespreek die stappe wat die bestuur kan doen om die ouditeur tevrede te stel dat geen
onreëlmatigheid plaasvind nie.
 Pas al die bogenoemde punte in 'n gevallestudie toe.

16
Tydstoewysing
Dit behoort u ongeveer 25 uur (insluitend kontaktyd) te neem om hierdie leereenheid suksesvol te
voltooi.

10 Die ouditverslag en die uitwerking van onreëlmatighede


daarop
Studiemateriaal
Hierdie leereenheid is gegrond op: Dinamiese Ouditkunde – Hoofstuk 16
Dinamiese Ouditkunde – Hoofstuk 4 (slegs Artikel 44, 45, 75, 76, 77 of die Maatskappywet)

Leeruitkomste
Na voltooiing van hierdie leergedeelte behoort u die volgende te kan doen:
 Bespreek in detail die doelwitte van 'n oudit van finansiële state.
 Noem die basiese elemente wat in 'n ouditeursverslag ingesluit moet word.
 In 'n gevallestudie, bespreek die toepaslike ouditmening wat uitgereik moet word op grond
van kwantitatiewe en kwalitatiewe kenmerke.
 Bespreek die kwessies wat 'n mens in aanmerking moet neem om te bepaal of 'n kwessie
deurdringend is.
 Bespreek die kwessie wat 'n mens in aanmerking moet neem om te bepaal of 'n kwessie
wesenlik is.
 Bespreek wanneer dit nodig is om 'n "Beklemtoning van Aangeleentheid"-paragraaf in die
ouditverslag in te sluit.
 Bespreek wanneer dit nodig is om 'n "Ander Aangeleenthede"-paragraaf in die ouditverslag
in te sluit.
 Bespreek wanneer dit nodig is om 'n aparte paragraaf "Verslag oor Ander Regs- en
Regulatoriese Vereistes" in die ouditverslag in te sluit.
 In 'n gevallestudie, bespreek die tipe ouditmening wat uitgereik moet word; Kies 'n
gekwalifiseerde mening, 'n weerhouding van mening of 'n nadelige mening
 Verstaan aan wie 'n skriftelike kommunikasie gerig moet word ingevolge ISA260.
 Bespreek die kwessies wat aan die bestuur gekommunikeer moet word, en stel 'n
bestuursbrief op.

Tydstoewysing

Dit behoort u ongeveer 25 uur (insluitend kontaktyd) te neem om hierdie leereenheid suksesvol te
voltooi.

11 Onafhanklike Aanstellings vir oorsigte van historiese


finansiële state en verwante dienste – Verslagdoening
LET WEL: Hersien Leereenheid 9, wat die basis van hierdie leereenheid vorm.

Studiemateriaal
Hierdie leereenheid is gegrond op Auditing Notes for South African Students Hoofstuk 19/19 –
19/22

17
Tersaaklike artikels van die Maatskappywet
 Maatskappywet Artikel 30
 Maatskappyregulasies 2011, spesifiek regulasie 26, 28 en 29

Leeruitkomste
Na voltooiing van hierdie leergedeelte behoort u die volgende te kan doen:
 Noem en bespreek die kwessies wat in 'n oorsigaanstellingsverslag ingesluit moet word.
 Bespreek die wysigings wat aan die praktisynsverslag vir oorsigaanstellings gemaak kan
word.

Tydstoewysing
Dit behoort u ongeveer 3 ure (insluitend kontaktyd) te neem om hierdie leereenheid suksesvol te
voltooi.

12 Die KING IV Kode oor Korporatiewe beheer


Studiemateriaal
Hierdie leereenheid is gegrond op die King IV Code, Dinamiese Ouditkunde Hoofstuk 2 en
Auditing Notes Hoofstuk 4.

Leeruitkomste

Na voltooiing van hierdie leergedeelte behoort u die volgende te kan doen:


 Bespreek die konsep en definisie van korporatiewe beheer.
 Bespreek die konsep van die korporatiewebeheer-raamwerk.
 Noem en bespreek die eienskappe van goeie korporatiewe beheer.
 Bespreek die ontwikkeling van riglyne vir korporatiewe beheer.
 Noem en bespreek die kenmerke van die beheerstrukture en delegering (direksie) en
ouditkomitee.
 Beoordeel beheer in 'n maatskappy op grond van 'n gevallestudie.

Tydstoewysing
Dit behoort u ongeveer 25 uur (insluitend kontaktyd) te neem om hierdie leereenheid suksesvol te
voltooi.

18

You might also like