You are on page 1of 3

CSM Citrus (Pty) Ltd Afdeling 6

GELYKE INDIENSNEMING
Dokument no: 6.1 – 6.4

GELYKE INDIENSNEMING BELEID

1. DOEL

Die doel van hierdie beleid is om riglyne te verskaf vir:

 Regverdigheid in die werkplek deur gelyke geleenthede en regverdige behandeling in op CSM CITRUS
(PTY) LTD voor te staan deur die uitskakeling van onregverdige diskriminasie;

 Die implementering van regstellende aksie maatreëls om die benadeling van aangewysde groepe in die
werksplek aan te spreek met die doel om gelykmatige verteenwoordiging in alle beroepskategorieë en
vlakke in ons mannekrag te bewerkstellig.

2. FILOSOFIE

Uit erkenning vir die ontwikkelings- en sosiale opheffingsbehoeftes van Suid-Afrika en in ʼn poging om die
bestaande rasse wanbalans in ons land te herstel, sal ons daarna streef om die ontwikkeling van die Suid-
Afrikaanse volk en ekonomie, direk en indirek deur besigheidsaktiwiteite te bevorder.
CSM CITRUS (PTY) LTD streef verder daarna om ʼn leier in die Suid-Afrikaanse Vrugtebedryf te wees in dié
verband. Deur dit te bereik, poog CSM CITRUS (PTY) LTD om ʼn regverdige werkgewer te wees wat gelyke
geleenthede voorstaan en te alle tye verstandige besigheidsbesluite maak, in ag genome die spesifieke sosio-
ekonomiese en politieke omstandighede wat in die land heers. CSM CITRUS (PTY) LTD ondersteun dus die
konsep van regstellende aksie, mannekrag ontwikkeling, sosiale belegging en ekonomiese bemagtiging van
voorheen benadeelde groepe.

3. VERKLARING VAN VOORNEME

CSM CITRUS (PTY) LTD streef daarna om die volgende te bereik deur die implementering van gelyke
indiensneming :

 ʼn Plaas wat verteenwoordigend is van die ekonomiese aktiewe deel van die Suid-Afrikaanse bevolking;
 Gelyke indiensnemingsgeleenthede aan almal, ongeag ras of geslag, waarby bekwaamheid en prestasie die
enigste maatstawwe is waarvolgens werknemers en potensiële werknemers beoordeel word.

Om dit te bereik sal CSM CITRUS (PTY) LTD:


 Gelyke geleenthede en regverdige behandeling op CSM CITRUS (PTY) LTD voorstaan deur die uitskakeling
van onregverdige diskriminasie. CSM CITRUS (PTY) LTD sal nie direk of indirek onregverdig diskrimineer
teen ʼn werknemer t.o.v. enige indiensbeleid of -praktyk nie. Hierdie beleide en praktyke sluit die
volgende in: werwingsprosedures; adverterings- en keuringsmaatstawwe; aanstellings en die
aanstellingsproses; vergoeding; werknemersvoordele en indiensnemingsvoorwaardes; taak opleggings;
werksomstandighede en fasiliteite; opleiding en ontwikkeling; bevordering; oorplasings; verlaging in rang
en dissiplinêre maatstawwe.

AF 6.1 – AF 6.4 Date: Rev no: 02 Revised By: Liesel Janse van Vuuren
CSM Citrus (Pty) Ltd Afdeling 6
GELYKE INDIENSNEMING
Dokument no: 6.1 – 6.4

 Verseker dat geen onregverdige diskriminasie toegelaat word op grond van ras, geslag, swangerskap,
huwelikstatus, gesinsverantwoordelikheid, etniese of sosiale afkoms, kleur, seksuele oriëntasie,
ouderdom, gestremdheid, geloof, HIV status, moraliteit, politieke opinie, kultuur of taal nie.

 Sover prakties moontlik regstellende aksiemaatreëls implementeer om die benadeling van aangewysde
groepe in die werksplek aan te spreek met die doel om gelykmatige verteenwoordiging in alle
beroepskategorieë en vlakke in ons mannekrag te bewerkstellig.

 Die beginsel van verdienstelikheid ondersteun wat beteken dat mense erkenning sal ontvang vir hul vlak
van bevoegdheid en vaardigheid. Hierdie beginsel sal toegepas word m.b.t. werwing en keuring,
bevorderingsgeleenthede asook vergoeding en die strukturering van byvoordele. Die regstellende
aksieproses sal CSM CITRUS (PTY) LTD se kern waardes weerspieël soos gelys hieronder:

 Respek teenoor die individu en agting vir individuele waardigheid;


 Afwesigheid van diskriminasie;
 Hoë-kwaliteit standaarde in alle aspekte van ons onderneming;
 Prestasie verbetering deur bemagtiging en spanwerk.

4. DEFINISIE VAN AANGEWYSDE GROEPE

Vir die doel van hierdie beleid beteken “aangewysde groepe” swart mense, vrouens en gestremde mense.

5. RIGLYNE

Ten einde gelyke indiensneming binne CSM CITRUS (PTY) LTD te bereik en te handhaaf, sal ons:

5.1 Deurentyd inligting versamel en indiensbeleide, praktyke, prosedures en werksomstandighede ondersoek


om tekortkominge te identifiseer wat persone van aangewysde groepe ongunstig affekteer.

5.2 Die samestelling van mannekrag binne elke beroepskategorie en –vlak ontleed ten einde die persentasie
tekort van verteenwoordiging van mense van aangewysde groepe vas te stel.

ʼn Gelyke indiensnemingsplan implementeer wat redelike vordering sal toon tot gelyke indiensneming. Hierdie
plan sal die volgende uiteensit:

 Die mikpunte wat per jaar behaal moet word;


 Regstellende aksie maatstawwe wat geïmplementeer moet word waar toepaslik;
 Doelwitsyfers waar ʼn tekort van verteenwoordiging deur aangewysde groepe geïdentifiseer is, ʼn
tydrooster waarin hierdie doelwit bereik moet word en strategieë wat beoog word om hierdie doelwitte
te bereik.
 Prosedures wat die implementering van die plan sal monitor;
 Interne prosedures om enige argument rakende die implementering van die plan op te los;
 Die persone verantwoordelik vir die implementering en monitering van die plan (insluitend senior
bestuurders).

AF 6.1 – AF 6.4 Date: Rev no: 02 Revised By: Liesel Janse van Vuuren
CSM Citrus (Pty) Ltd Afdeling 6
GELYKE INDIENSNEMING
Dokument no: 6.1 – 6.4

 Indiening van ʼn jaarlikse verslag aan die Direkteur-Generaal op die eerste werksdag van Oktober. Die
verslag sal die voorgeskrewe inligting bevat en geteken wees deur die Hoof Uitvoerende Beampte.
 Raadpleging en strewe om tot ʼn vergelyk te kom met werknemers deur ʼn beradingskomitee rakende die
ondersoek soos verwys na in 5.1, die voorbereiding en implementering van die gelyke
indiensnemingsplan (soos verwys na in 5.3), en die toepaslike verslae.

5.4 ʼn Kennisgewing oor die voorwaardes van die Gelyke Indiensnemings Wet moet by die werksplek
aangebring word, waar dit deur werknemers gelees kan word.
6. VERANTWOORDELIKHEDE

Direkteur  Die daarstel van strategiese doelwitte wat bereik moet


word.

 Verslag aan bestuur en direkteure op ’n jaarlikse basis


Personeel Konsultant en Bestuur  Implementering van gelyke indiensnemings beleid
 Die bereiking van vasgestelde doelwitte
 Indien van jaarlikse vorderings verslae
 Behou eienaarskap vir die bereiking van regstellende
Bestuurders aksie doelwitte binne hul areas van
verantwoordelikheid

Werkerskomitee  Verskaf insette m.b.t. gelyke indiensnemingsplan

________________________________________ _________________________
HANDTEKENING (HOOF UITVOERENDE BEAMPTE) DATUM

________________________________________ _________________________
HANDTEKENING (WERKER VERTEENWOORDIGER) DATUM

Signature: Date:

AF 6.1 – AF 6.4 Date: Rev no: 02 Revised By: Liesel Janse van Vuuren

You might also like