You are on page 1of 2

Medihelp-produkte 2024

’n Jaar van groei


Medihelp se ledetal het in 2023 met rasse skrede gegroei. Sedert Augustus het ons nou meer as 100 000 hooflede en dit
beteken dat nagenoeg 214 000 Suid-Afrikaners, nes jy, dekking vir hul gesondheidsorg aan ons toevertrou.

Om die sorg te handhaaf waaraan jy gewoond is, beteken dit ons moet die koste wat met vinnige groei en ’n toename in
eise gepaardgaan, nougeset bestuur. Dit sal verseker dat die Skema volhoubaar bly – in jou belang.

En, omdat ons lede Medihelp se hartklop is, sal jy altyd ’n plan in die Skema vind vir elke een, elke sak en elke lewensfase.
Jou navorsing begin hier.

Aanpassing van voordele en ledegeld


In 2024 sal jou ledegeld styg, maar ook jou voordele-limiete. Die toegang tot netwerke bly onveranderd.

Hoër voordele-
5% limiete

Maandelikse ledegeld

Hooflid R2 022 Jy betaal net vir die twee jongste kinders


onder 18 jaar en tariewe vir kinderafhanklikes
Afhanklike R1 470 totdat jou kind 26 jaar oud is. Die maande-
likse ledegeld bring nie enige subsidies van
Kinderafhanklike jou werkgewer in berekening nie.
R852
<26 jaar

Rug- en nekbehandelingsprogram

As deel van jou bykomende versekerde voordele het jy toegang tot een rug- en nekbehandelingsprogram by ’n
Documentation Based Care-fasiliteit.

As jy in 2024 spinale chirurgie moet ondergaan, sal jy eers vir dié hoogs doeltreffende program of enige goedgekeurde
alternatiewe behandeling moet gaan. As jy ná die behandeling steeds chirurgie moet kry wat klinies geregverdig en
gemagtig is, sal jy nie bybetalings hê nie. As jy egter nie alternatiewe behandeling oorweeg het nie en chirurgie word nie
klinies geregverdig nie, sal jy uitgawes uit jou eie sak hê (verwys asseblief na jou e-gids onder “Bybetalings”). Om meer
oor die program uit te vind, klik hier.
Voordele wat in 2024 net as voorgeskrewe minimum voordele beskikbaar is
Die prosedures hieronder sal beskikbaar wees wanneer hulle vir voorgeskrewe minimum voordele (VMV) gekwalifiseer en
voldoen aan spesifieke behandelingsriglyne voldoen.
Beskrywing 2023 2024
· Infiltrasie van die fasetgewrig VMV en nie-VMV: Slegs VMV
· Funksionele nasale herstel Geen uitsluiting nie
· Naelbreukherstel
· Snitbreuk- en mantelvliesbreukherstel
· Spataarchirurgie

Netwerke en voorkeurverskaffers

Medihelp se netwerke en voorkeurverskaffers bly dieselfde. Om ’n verskaffer naby jou te vind, gaan na “Soek ‘n verskaffer”,
Member Zone of Medihelp-app.

Goedkeuring van hospitaalopnames en Patologie: Voorkeurverskaffers


netwerkhospitale/-dagprosedurefasiliteite Vir jou gerief het Medihelp mededingende
Om bybetalings te voorkom, onthou asseblief tariewe vir patologiedienste onderhandel met
om alle beplande hospitaalopnames vooraf goed Ampath, Lancet en PathCare Vermaak, asook
te keur en om Medihelp se hospitaalnetwerk ander kleiner laboratoriums met onmiddellike
en dagprosedurenetwerk vir sekere ingang. Alle patologiedienste sal volgens dié
dagprosedures soos tand- en endoskopiese voorkeurtariewe betaal word. Jy sal egter die
prosedures te gebruik (vir meer verwys verskil in prys moet betaal as jy ’n laboratorium
asseblief na jou e-gids onder “Kernvoordele”). gebruik wat nie dié tariewe hef nie.
Klik hier vir die hospitaalnetwerklys.

MedVital Elect se e-gides


Laai jou e-gids af Werk jou e-gids by
Om die e-gids met al jou 2024-voordele op jou As jy reeds die gids afgelaai het, kan jy dit soos
slimfoon of rekenaar te stoor klik op die skakel volg met 2024 se inligting bywerk: Klik op die
hieronder. Klik dan op “Stoor na tuisskerm” e-gids se ikoon op jou selfoon of rekenaar en
om ’n knoppie te skep vanwaar jy jou plan se maak die gids oop. Gebruik die skuifknoppie
voordele kan sien. Die app sal outomaties die om tussen die 2023- en 2024-voordele te
jongste inligting oor voordele en netwerke
beweeg (tot Januarie 2024). Maak seker jy is
bywerk as jy aanlyn is.
aanlyn wanneer jy die gids bywerk.

Klik hier vir jou


e-gids

Verwisselings
Indien jy na ‘n ander plan wil verwissel, besoek die Member Zone en voltooi die vorm voor 15 Desember 2023.
Die verwisselingsopsie is beskikbaar by Member Zone> Lidmaatskap> Plan-/opsieverwisseling. Onthou, jy kan
al ons 11 planne hier sien.

Medihelp is #1
Medihelp is terug in die eerste plek in die kategorie vir mediese skemas in die Ask Afrika Orange-indeks.
Dankie dat jy vir ons gestem het en vir jou getroue ondersteuning. Ons sien uit om jou volgende jaar en in
die toekoms te help om die beste van elke lewensfase te maak.

Vriendelike groete
Medihelp Kliëntesorg

Hierdie is ’n opsomming van voordele en onderhewig aan die Raad vir Mediese Skemas se goedkeuring.

086 0100 678


www.medihelp.co.za Medihelp is ‘n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste (FSP No 15738)

You might also like