You are on page 1of 3

CSM Citrus (Pty) Ltd Afdeling 2

Dokument no: 2.1

BESTUUR VERBINTENIS BELEID


Die bestuur van CSM CITRUS (PTY) LTD onderneem om alle werkers billik en eties korrek te behandel, in
ooreenstemming met die nasionale arbeid standaarde kodes asook in ooreenstemming met die vereistes uiteengesit
deur SIZA – Die Etiese Handel Vereniging van die Sagtevrugte Bedryf. Ons beleid is om te voldoen aan die volgende:

1) Indiensneming word vrylik gekies

Indiensneming word vrylik gekies en geen gedwonge, gebonde of onwillekeurige gevangenis arbeid word gebruik
nie. Daar word nie van werkers vereis om deposito's, lenings, werwing gelde of hul identiteitsdokumente in te
dien by ons nie. Alle werkers is vry om hul diens te verlaat na redelike kennis soos per hul kontrakte.

2) Vryheid van Assossiasie en die reg tot Kollektiewe Bedinging

Werkers is vry om deel te neem aan vakbond aktiwiteite en kollektiewe bedinging. Enige werker
verteenwoordigers word toegelaat om hul verteenwoordigers funksie vrylik en ongehinderd uit te voer in die
werkplek. Ons pas 'n oop houding toe teenoor die aktiwiteite van vakbonde en hul organisatoriese aktiwiteite.

3) Werksomstandighede is Veilig en Higiënies

'n Veilige en higiëniese werksomgewing sal voorsien word, met inagneming van die heersiende kennis van die
bedryf en van enige spesifieke gevare. Voldoende stappe sal geneem word om ongelukke en beserings te
voorkom. Die werker gesondheid & veiligheid risiko-assessering sal jaarliks opgedateer word.

 Werkers sal gereelde en aangetekende gesondheid en veiligheid opleiding ontvang.


 Alle werkers moet die beskermende klere verskaf aan hulle te alle tye dra.
 Die chemiese spuit operateurs moet elke jaar 'n toksikologie toets ondergaan.
 Toegang tot skoon toiletgeriewe en drinkwater sal voorsien word.
 Verblyf, waar voorsien, sal skoon en veilig wees en voldoen aan die basiese behoeftes.

4) Kinder Arbeid sal nie gebruik word nie

Kinderarbeid word nie gebruik nie en daar sal geen kinders aangestel word nie. Kinders en jong persone onder die
ouderdom van 18 sal nie in diens geneem word nie. Sover as wat redelikerwys moontlik is, sal net mense met ID's,
beëdigde verklarings of 'n bewys van ID in diens geneem word. Die werkers se kinders word nie toegelaat om
hulle in die boorde te vergesel nie.

5) Lone word betaal

Lone word twee weekliks betaal aan werkers en voldoen aan die nasionale en/of bedryfs riglyne. Enige aftrekkings
in ooreenstemming met die nasionale riglyne en finansiële aftrekkings kan nie gebruik word as 'n dissiplinêre
maatreël nie. Alle werkers sal voorsien word van geskrewe en verstaanbare inligting oor hul diensvoorwaardes ten
opsigte van lone voordat hulle te werk gaan en sal ingelig word oor die besonderhede van hul loon vir die
betrokke betalings tydperk elke keer voordat hulle betaal word.

AF 2.1 – AF 2.12 Date: Rev no: 03 Revised By: Liesel Janse van Vuuren
CSM Citrus (Pty) Ltd Afdeling 2
Dokument no: 2.1

6) Werksure is nie buitensporig nie

Werksure voldoen aan die nasionale wette en maatstaf industrie standaarde, wat ook al groter beskerming bied.
Daar sal nie op ‘n gereelde basis van die werkers vereis word om te werk vir meer as 45 uur per week en moet ten
minste voorsien word met 'n dag af vir elke 7 dae periode. As gevolg van die industrie waarin ons besigheid
bedryf, sal oortyd soms vereis word tydens hoog seisoen. Maar oortyd sal altyd vrywillig wees en sal vergoed
word teen 'n premie koers.

7) Geen diskriminasie word uitgevoer

Geen diskriminasie op grond van geslag, ras, sosiale klas, nasionale oorsprong, ouderdom, huwelikstatus, seksuele
oriëntasie, vakbondlidmaatskap, gestremdheid, godsdiens of politieke affiliasie word uitgevoer nie. Kraam regte
word nagekom in ooreenstemming met die huidige nasionale wetgewing. Gelyke geleenthede vir opleiding en
bevordering bestaan op ons plaas.

8) Gereelde werk word voorsien

Werk verrig, is op die basis van 'n erkende diensverhouding gestig deur nasionale wetgewing en praktyk. Daar is
nie 'n oormatige gebruik van vaste termyn kontrakte nie.

9) Geen geharde of onmenslike behandeling word toegelaat nie

Fisiese mishandeling of dissipline, dreiging van fisiese mishandeling, seksuele of ander teistering en verbale
mishandeling of ander vorme van intimidasie is verbode. Dissiplinêre stappe sal geneem sal word teen werkers
wat hierdie bedreigings toepas en rekords van die dissiplinêre stappe geneem sal op lêer gehou word.

10) Sosiale Verantwoordelikheid

Die bestuur van CSM CITRUS (PTY) LTD sal alle menslike en finansiële hulpbronne en stelsels verskaf wat nodig is
vir die implementering, bestuur en instandhouding van ons Sosiale Verantwoordelikheid- asook ons SIZA Etiese
Kode Stelsel om dit sodoende doeltreffend te demonstreer en bestuur. Dit sluit die volgende in:

a) Ons sal voldoen aan al die vereistes van Etiese Standaarde, insluitend die vereistes van SIZA, die Suid-
Afrikaanse Wetgewing en enige ander vereistes waaraan CSM CITRUS (PTY) LTD onderskryf is.

b) Ons sal onsself verbind om Internasionale Arbeidstandaarde en/of Nasionale Wetgewing toe te pas, wat
ookal die hoogste vlak van beskerming bied.

c) Ons sal onsself verbind om deurlopende verbetering toe te pas, hetsy gebruik te maak van ons
administratiewe personeel of ons konsultante op die gebied van Arbeid en Gesondheid & Veiligheid.
Spesifieke Programme en Initiatiewe sal deurlopend op CSM CITRUS (PTY) LTD plaasvind om verbetering te
ondersteun, onder andere met opleiding.

d) Die stappe wat ons volg en veranderinge wat aangebring word, sal effektief gedokumenteer, geïmplimenteer,
in stand gehou en aan alle personeel gekommunikeer word. Die aangestelde personeel sal gereelde verslae
aan die Senior Bestuur van CSM CITRUS (PTY) LTD deurgee.
AF 2.1 – AF 2.12 Date: Rev no: 03 Revised By: Liesel Janse van Vuuren
CSM Citrus (Pty) Ltd Afdeling 2
Dokument no: 2.1

e) Ons sal deurlopend met ons personeel kommunikeer rakende die standaarde waaraan ons voldoen soos bo
genoem. Ons wil te alle tye ‘n gevoel van vertroue skep tussen bestuur en ons werkers. So ook sal ons

f) gereelde kennisgewings aan al ons kontrakteurs stuur om die nodige dokumentasie aan ons verskaf as
bewyse dat hulle deurlopend hul wetlike vereistes nakom.

Signature: Date:

AF 2.1 – AF 2.12 Date: Rev no: 03 Revised By: Liesel Janse van Vuuren

You might also like