You are on page 1of 4

Wie ons is:

Die Crime watch whatsapp "panic button" groep is in 2019 gestig toe Porterville 25-30 inbrake n
maand ervaar het. Ons was n handjie vol vrywilligers wat op noodgevalle begin reageer het en in
die aande ons strate begin patrolleer het. Sedert Crime Watch se bestaan het inbrake van geen inbrake
tot maksimum vier per maand gedaal, wat geldig is tot vandag toe.

In 2022 is daar besluit om Crime Watch as n welsyn organisasie te registreer sodat ons die kern
van die probleem, wat verantwoordelik is vir ons dorpie se voortdurende sosiale agteruitgang,
kan aanspreek.

Die realiteit is dat omtrent ’n derde van ons dorp leef onder die broodlyn waar families
finansieel baie swaar kry.

Ons ervaar ook tans die nagevolge van ’n onbekwame regering wat generasies van lui individue
geskep het deur alles gratis vir ons mees behoeftiges aan te bied.

Die byproduk van sulke omstandighede is misdaad, drank en dwelm misbruik waar
onopgevoede, lui kinders nie skool gaan nie en by bendes aansluit. Sommiges raak baie jonk
swanger wat nuwe generasies in die wêreld inbring wat nog slegter opgevoed is en dieselfde
siklus as hul ouers beleef.

Wat ons van die afgelope 30 jaar kan leer is dat ons nie op ons huidige munisipale stelsel kan
staat maak om die probleem op te los nie.

As n gemeenskap, het ons wel die mag om n beter toekoms vir onsself te skep. Ons kan seker
maak dat ons nie op ons ou dag in vrees hoef te lewe nie. Ons kan self die omstandighede
verander om te verseker dat ons toekoms generasies in ons pragtige dorpie kan vloreer.

Dit alles begin met n welgeoliede geinteregeerde sosiale infrastruktuur stelsel wat ook ons hoë
werkloosheidsprobleem direk sal aanspreek.
Sosiale infrastruktuur
Ons beplan om in te skakel by organisasies soos Badisa en die ACVV om meer slagoffers van
molestering,verkragting, gender-based violence en drank en dwelmmisbruik bewus te maak van
die programme wat hulle aanbied. Ons wil ook verder uit brei sodat ons meer geleenthede in
sport en opvoedingsprogramme vir ons jeug kan aanbied. Ons wil ook by die gevangenis en
GEMKOR inskakel sodat daar n rehabilitasie projek vir ons plaaslike kriminele opgestel kan
word.

“It takes a village to raise a child” is n gesegde wat ons graag prakties wil toepas, wat n direkte
impak op ons hoe werkloosheidsyfers sal maak. Ons kan die gemeenskapslede oplei sodat hulle
die kennis en geleentheid sal hê om ons kinders groot te maak met sterk traditionele
lewenswaardes soos dissipline, respek en goeie werksetiek.

Ons moet nou die saatjies begin plant sodat ons op ons ou dag nie in vrees hoef te lewe nie en
ons nageslagte n veilige, vreedsame toekoms vir hulle kinders kan skep.

Dis n groot taak om aan te pak en daarom is dit nodig om n befondsingsplan in plek te sit sodat
daar genoeg finansies is om salarisse te betaal vir al die werksgeleenthede wat geskep moet word
om die veldtog ’n sukses te maak.

Befondsings infrastruktuur:
Daar is hoofsaaklik 6 kanale waarop Crime Watch fokus om befondsing te kry:

1.Regering

Geregistreerde welsyn organisasies kan by verskeie departemente aansoek doen vir befondsing.

Tans doen Crime Watch aansoek by die Departement van Landbou vir fondse vir n
gemeenskapstuin, gekoppel aan die Pallet Projek, sodat ons die platform kan gebruik vir
opvoedkundige doeleiendes, wat ook talle werksgeleentheid gaan skep.

Die nadeel is dat die department oorval word deur aansoeke en dus neem die proses baie lank en
ons kan maande wag voor ons aansoek goedgekeur sal word.

2. Nationale en internationale kooperatiewe besighede

Groot besighede (soos Mr. Price, Pick n Pay) gebruik die verskeie belasting toegewings wat tot
hulle beskikking is om groot besparings jaarliks te maak. Om hulself aan welsyn organisasies te
koppel is nie net goed vir hul reputasie nie maar help om groot besparings op belasting te maak.

Die nadeel is dat die besighede net organisasies sal ondersteun wat reeds vir n paar jaar
geregistreer is, met ’n goeie reputasie, suksesvolle projekte en ‘n goeie finansiele papierspoor.
3. Fondsinsameling projekte

Die Tuin van Eden Projek en die Pallet Projek is twee initiatiewe wat befondsing vir ons welsyn
organisasie sal genereer en ons is reeds in die proses om die twee projekte te loots, wat talle
werksgeleentheid gaan skep.

Ons bied ook elke jaar n gholfdag aan om fondse in te samel.

Crime Watch sal ook CCTV Kameras,‘spy gear’ ,flitse en traangas aanlyn in 2024 begin
verkoop.

4. Individue/huisgesinne

Ons is besig om n maandelikse subskripsie opsie in plek te sit waar n gesin R120/maand (of R1
200/jaar) kan deponeer om ons welsyn organisasie te ondersteun.

‘n Plexiglass Crime Watch logo sal op alle ondersteuners se huise aangebring word, wat ook as
’n afweermiddel funktioneer.

5. Plaaslike besighede

Ons het 4 opsies waar besighede Crime Watch kan ondersteun waar 100% op belasting terug
geeis kan word.

Besighede moet dit in die opsig as n 'lening' sien, wat na elke finansiële jaar (Feb) terug betaal word.
U besigheid word ook dan as n vernoot van ons bemark wat ons direk help met die opheffing van ons
dorp.

*maandelikse subskripsie

Soos individue en huisgesinne is daar n subskripsie opsie vir besighede om ons organisasie te
ondersteun.

 Besighede besluit hoeveel hulle maandeliks kan bekostig om crime watch se projekte en
initiatiewe te ondersteun.

 Crime watch sal maandeliks n faktuur vir elke besigheid uitstuur sodat die subskripsie
van belasting afgetrek kan word.

 Ons sal ook n plexiglas crime watch logo op u besigheid se muur heg.
 Ons sal gereeld ons sosiale platforms gebruik om ons borge vir hul ondersteuning te
bedank.
*Promosies/advertering/bemarking
 Besighede kan 100% van promosie produkte en alle advertensie en bemarkingsveldtogte
van belasting terug eis.
 Crime watch sal hul sosiale platforms vir blootstelling gebruik en ons het onlangs by die
skougronde ingetrek en kan die vibracrete mure vir advertensie spasie ook gebruik.
 Besighede besluit hoeveel hulle finansieel kan bekostig om crime watch se initiative
maandeliks te ondersteun (voorbeeld: R2000/maand)
 Crime watch stuur maandeliks n faktuur van R2000 vir die advertensie spasie.
 Na elke finansiele jaar kan die besigheid die R24 000( 12 x R2000) alles op belasting
terug eis.

*Petrol
Besighede kan crime watch n petrol kaart verskaf met n maandelikse toelaag wat ook 100% van
belasting afgeskryf kan word.

*Motorherstelwerk en slytasie
Crime watch het n 2013 toyota hilux wat vir patrollies en projekte gebruik word wat nou en dan
herstel werk of nuwe parte benodig. Dis nog n manier hoe besighede Crime Watch kan
ondersteun wat ook 100% van belasting afgetrek kan word.

6.Sekuriteitsfirma
Ons het reeds n sekuriteitsfirma geregistreer(Crime watch security solutions) sodat ons vir
tenders by die regering, in toekoms, kan aansoek doen. Ons wil graag die sekurteits platform
gebruik om talle werksgeleenthede vir ons jeug te skep,waarby Crime watch Porterville
gesubkontraktuur sal word om die opleiding te dek.

So sal ons talle salarisse kan betaal vir instrukteers wat streng opleidingsprogramme
implimenteer om ons jeug, soos in die verlede, met traditionele lewenswaardes op te lei.

Die nadeel van die taktiek is dat dit n baie lang proses is vir ’n sekuriteitsfirma om by n punt uit
te kom om tenders te begin ontvang en dis hoekom ons nou al die saatjies begin plant om dit n
realiteit in die toekoms te maak.

Afsluiting
Crime watch se missiestelling is gebaseer op ons Christelike geloof. Ons glo dat dit van uiterse
belang is om ons geestelike pligte ook na te kom terwyl ons nog hier op aarde is.
Individue en besighede moet Crime watch as n geleentheid sien om hul Christlike pligte na te
kom sonder om hul daaglikse roetine te veel te ontwrig, weetend dat hul ondersteuning n beter
toekoms vir ons almal in Porterville waarborg.

You might also like