You are on page 1of 4

SEMANTIEK

Tipe vrae
Hier is enkele van die langer tipe vrae wat jy in die eksamen kan verwag. Hierdie
dokument is gebaseer op die tipe vrae wat sedert 2017 gevra is (werkopdrag en/of
vraestel)).

VRAAG

4.1 Teken ’n boomdiagram vir “hondsdolheid” om sy hiponiemstruktuur aan te dui. Jy


moet self bepaal of die betrokke woord ’n superordinaat of subordinaat is.
(5)

ANTWOORD

Hondsdolheid is die subordinaat in die onderstaande boomdiagram.

Siektes

Bakteries Viraal

Mens Dier Plant

Okkulêr Sirkulêr Vertering Senuwee

Inflammatories Degeneratief

Meningitis Hondsdolheid

VRAAG

4.2 Stel ’n kategorie vir vervoermiddels saam en rangskik die kategorielede van prototipe
na periferie. Dui egter die konteks van die kategorie in ’n inleidende sin aan om

Open Rubric
sodoende die prototipe te bepaal en te regverdig. Jou lys moet tussen 10 en 15 items
bevat. (7)
ANTWOORD

My kategorie vir vervoer is gebaseer op die Suid-Afrikaanse bevolking se vervoerbehoeftes.


Die meeste Suid-Afrikaners word deur busse (klein en groot) en treine aangery, veral tussen
huis en werk. Daarna volg die algemeenste vervoermiddels soos ek dit in Pretoria
waarneem. Die vervoermiddels wat die onwaarskynlikste in Suid-Afrika, en spesifiek vir
Pretorianers is, het ek laaste gelys. (2 punte)

VERVOER (5 punte)

1 Motor 1 Bus
2 Bus 2 Trein
3 Kabelkar 3 Motor
4 Trein 4 Motorfiiets
5 Trem 5 Trapfiets
6 Motorfiets 6 Vliegtuig
7 Trapfiets 7 Rolstoel
8 Lugballon 8 Perdekar
9 Helikopter 9 Boot
10 Boot 10 Helikopter
11 Duikboot 11 Duikboot
12 Perdekar 12 Lugballon
13 Slee 13 Duikboot
14 Vliegtuig 14 Trem
15 Rolstoel 15 Slee

VRAAG

4.3 Rangskik die volgende items van prototipe na periferie. (5)

 Whiskey
 Bier
 Wyn
 Jenewer
 Brandewyn
 Koeldrank
 Koffie
 Tee
 Likeur
 Vrugtesap
 Vodka
 Appelwyn (cider)
 Mengeldrankie (cocktail)
 Ryswyn (Sake)
 Mampoer
ANTWOORD

DRANK

1 whiskey 1 koffie
2 bier 2 tee
3 wyn 3 koeldrank
4 jenewer 4 bier
5 brandewyn 5 wyn
6 koeldrank 6 vrugtesap
7 koffie 7 appelwyn
8 tee 8 brandewyn
9 likeur 9 mengeldrankie
10 vrugtesap 10 whiskey
11 vodka 11 likeur
12 appelwyn (cider) 12 vodka
13 mengeldrankie (cocktail) 13 mampoer
14 ryswyn (sake) 14 jenewer
15 mampoer 15 ryswyn

VRAAG

4.4 Verduidelik in ’n kort paragraaf waarom jy die eerste vyf (5) items as prototipes
beskou. Wat is die redenasie agter jou rangorde? (5)

ANTWOORD

Die meeste mense drink koffie en tee nog voordat hulle werk toe gaan. Dan word die
koffie en tee ook by die werk gedrink en later weer by die huis. Saam met koeldrank is
koffie en tee die maklikste bekombaar en ook die goedkoopste. Sodra ’n mens na die
alkoholiese dranke beweeg, is wyn en bier die twee dranke wat mense die meeste koop
en sowel by die huis as by kuierplekke nuttig. Hardehout is geneig om aansienlik
duurder te wees en mense is hier baie kieskeuriger wanneer hulle op ’n soort drank
moet besluit. So ook is iets soos vrugtesap meer van ’n luukse item en sal mense eerder
gaskoeldrank of warm dranke aanskaf.

VRAAG

4.5 Wat is die grondbetekenis van die volgende poliseme? (5)

4.5.1 Hospitaal
4.5.2 See
4.5.3 Eksamen
4.5.4 Oudit
4.5.5 Kantoor
5
ANTWOORD

4.5.1 Hospitaal – tehuis waar siek mense herstel


4.5.2 See – grootste waterliggaam wat kontinente en eilande omring
4.5.3 Eksamen – toets wat jy aflê om jou vakkenis te peil
4.5.4 Oudit – die nagaan van inkomstes en uitgawes
4.5.5 Kantoor – afgeslote ruimte waarin een of meer mense hul werk doen

You might also like