You are on page 1of 6

AFK2602

Afrikaanse Grammatika

Leereenheid 5: Antwoorde

Aktiwiteit 5.1
(a) [byna dood]: Die kern van die stuk is ’n adjektief; dit is dus ’n Adjektiefstuk.
(b) [erg verbrand]: Die kern is ’n adjektief; dit is dus ’n Adjektiefstuk.
(c) [vyf ongetroude vroue]: Die kern van die stuk is ’n selfstandige naamwoord; dus is
dit ’n Selfstandige naamwoordstuk.
(d) [’n bekertjie van die lekker lemoensap]: Die kern van die stuk is ’n
massanaamwoord; dus is dit ’n [Massa]Naamwoordstuk.
(e) [werk baie hard]: Die kern van die stuk is ’n hoofwerkwoord; dus is dit ’n
Werkwoordstuk. Die hoofwerkwoord verbind in hierdie geval egter met nog ’n
stuk, naamlik baie hard. In laasgenoemde is die adjektief hard die kern; dus is
hierdie tweede stuk 'n Adjektiefstuk wat binne die Werkwoordstuk voorkom.

Aktiwiteit 5.2
5.2.1 Voorbepaling Kern
(a) Ou Matesis
die befoeterdste onderwysers
die skool
(b) die grootste stuk waatlemoen
(c) die ou bedelaar
’n enkele slukkie water
(d) die romantikus
aanvallige meisie

5.2.2

(a) Anne: onderwerp

’n fyner patroontjie: direkte voorwerp

(a) So ’n ding: onderwerp


die skool: indirekte voorwerp
’n slegte naam: direkte voorwerp
(b) Die vyand: onderwerp

Open Rubric
(oor) nuwe inligting: voorsetselvoorwerp

(d) Ons: onderwerp

’n uur: tydsadjunk/adjunk van tyd

Aktiwiteit 5.3
(a) Ou (Voorbepaling) Matesis
die befoeterdste (Voorbepaling) onderwysers
(b) uiters interessant: kopulapredikaat/kopula-aanvulling
(c) (iets) moois: nabepaling
(d) baie jonk: kopulapredikaat/kopula-aanvulling

Aktiwiteit 5.4
5.4.1

(a) by wyse van afwisseling

(b) in plaas van swem

(c) afgesien van haar nukkerigheid.

(d) ter wille van haar vriendskap

(e) in verband met die lening

5.4.2

(a) (aflaai) by die ingang van die stasie: adjunk van plek

(b) (gee) vir hom: (indirekte) voorwerp

(c) (wag) vir my: bywoordelike bepaling van tyd

(d) (staan) in die hoek: adjunk van plek

(e) (hou) van biltong: voorsetselvoorwerp

Aktiwiteit 5.5
Vraag 5.5.1 en Vraag 5.5.2 word hier saam beantwoord.
Mwe Hw Verpligte aanvulling by die Hw Adjunk
(a) het af(ge)skakel die enjin van sy trekker
(b) stoot aan die omheining nors
(c) sien dat sy werkers padgegee het (voorwerpsin) toe
Aktiwiteit 5.6
5.6.1

(a) die donker woud: selfstandige naamwoordstuk

(b) baie lekker: adjektiefstuk

(c) in die kamer: setselstuk/voorsetselstuk

(d) eet ’n sny brood: werkwoordstuk

(e) ’n goeie loesing: selfstandige naamwoordstuk

5.6.2

(a) die donker woud: direkte voorwerp

(b) baie lekker: kopula-aanvulling

(c) in my kamer: plekadjunk

(d) die kinders: onderwerp

(e) die donker woud: onderwerp

Aktiwiteit 5.7
(a) ’n inversievraagsin: Gee Jan vir sy broer ’n persent?

(b) meerdere leemtevraagsinne:

Wie gee vir sy broer ’n persent?

Vir wie gee Jan ’n persent?

Wat gee Jan vir sy broer?

(c) ’n bevelsin: Jan, gee vir jou broer ’n persent!

Aktiwiteit 5.8
(a) Gee my die sout. (bevel)

(b) Ek sal more die huis vir jou skoonmaak. (belofte)

(c) Waarom het jy nie die werk gedoen nie, hê? (dreigement)

(d) Koffie sal nou heerlik wees, dankie. (versoek)

(e) Baie geluk met die mooi vertoning. (gelukwensing)

(f) Niemand is nog dood van werk nie, weet jy? (skimp/aanmaning)

(g) Is daar nou niks in die huis vir ’n hardwerkende man om te eet nie? (versoek/skimp)
Aktiwiteit 5.9
Jy kon natuurlike enige neweskikkende sin verskaf het. As jy nie ’n sin kon bedink of ’n
voorbeeld kon vind nie, slaan dan die neweskikker in ’n Afrikaanse verklarende
woordeboek na en kyk watter sinne daarin as voorbeeldsinne gegee word.
Hier is 'n meer uitgebreide lys van die neweskikkers in Afrikaans.

Aaneenskakelend Alternatief Teenstellend Kousaal

en of maar want

asook hetsy ... hetsy dog

plus óf ... óf

beide ... en

sowel ... as

nóg ... nóg

nie alleen nie ... maar

Aktiwiteit 5.10
5.10.1 (a) Sy kind is veilig. Hy voel tevrede.

Sy kind is veilig EN hy voel tevrede

Sy kind is veilig DAAROM voel hy tevrede

Sy kind is veilig GEVOLGLIK voel hy tevrede

Sy kind is veilig DUS voel hy tevrede

Hy voel tevrede OMDAT sy kind veilig is

Hy voel tevrede AANGESIEN sy kind veilig is

Hy voel tevrede WANT sy kind is veilig

Hy voel tevrede AS sy kind veilig is

Hy voel tevrede INDIEN sy kind veilig is

Hy voel tevrede MITS sy kind veilig is

Hy voel tevrede WANNEER sy kind veilig is

Hy voel tevrede TERWYL sy kind veilig is

Hy voel tevrede SODRA sy kind veilig is


(b) Hy het goeie werk. Sy vrou is siek. Hy voel ongelukkig.

Hy het goeie werk MAAR sy vrou is siek; DUS voel hy ongelukkig.

Hy het goeie werk, NOGTANS voel hy ongelukkig WANT sy vrou is siek.

Hy het goeie werk. TOG voel hy ongelukkig OMDAT sy vrou siek is.

Hy voel ongelukkig OMDAT sy vrou siek is ALHOEWEL hy goeie werk het.

Sy vrou is siek EN hy voel ongelukkig, MAAR hy het goeie werk.

(c) Jy moet meer geloof hê. Jy moet minder geld hê. Jy sal vrede in jou hart hê.

Jy moet meer geloof EN minder geld hê DAN sal jy vrede in jou hart hê.

INDIEN/MITS/AS/WANNEER jy meer geloof en minder geld het, sal jy vrede


in jou hart hê.

(d) Dit lyk so. Hy is skaam vir mense.

Dit lyk ASOF hy skaam is vir mense.

Hy lyk SOOS iemand WAT skaam is vir mense.

(e) Jy kom werk toe. Jy word betaal.

AS jy werk toe kom, word jy betaal.

Jy word betaal AS jy werk toe kom.

Jy kom werk toe; DUS/DAAROM/GEVOLGLIK word jy betaal.

Jy word betaal WANT jy kom werk toe.

5.10.2 Die bysin in elke sin is hieronder tussen hakies geplaas en die vorm- en
funksiebeskrywing van die bysin word onder elke sin verskaf.

(a) [Dat 'n swart kat geluk bring], is 'n bekende geloof.

Vorm: Volle bysin

Funksie: Onderwerpsin

(b) Ek het ongelukkig vergeet [om hom daarvan te sê].

Vorm: Infinitiefsin

Funksie:Voorwerpsin

(c) Tjaart sweer daarby (= by [dit [dat hy Saterdagaand tuis was]].

Vorm: Volle bysin


Funksie: Nabepalingsin

(d) Dit blyk [dat hy die enigste erfgenaam is].

Vorm: Volle bysin

Funksie: Predikaatsin

(e) [Haar plan [om te bedank]], het almal ontstel.

Vorm: Infinitiefsin

Funksie: Nabepalingsin

You might also like