You are on page 1of 4

1

GR. 11 GEDIG: OPPIE CAPE FLATS


MEMO: F TAALOEFENINGE

1. Gee die regte vorm van die trappe van vergelyking van die woorde tussen hakies.
1.1 Die meisies is (haastig) as die seuns om die straat oor te steek. - haastiger
1.2 Hoe (lank) hy in die tronk is hoe (eensaam) raak hy. –langer, eensamer
1.3 Hy verlang die (baie) na sy seun. –meeste

2. Gee die REGTE VORM van die byvoeglike naamwoord tussen hakies.
2.1 Hy droom van die (aangenaam) tye wat hy geniet het. -aangename
2.2 Die gevangenes sit met (leeg) mae in die gevangenis. -leë
2.3 As hy ‘n kans gegee word, sal hy ‘n (nuut) blaadjie omslaan. -nuwe

3. Gee die teenwoordige deelwoord van die woorde tussen hakies.


3.1 Daar is baie (loop) kinders op die straat. -lopende
3.2 Die (wag) familie verlang na hom. -wagtende

4. Gee die sterk verlede deelwoord van die woord tussen hakies.
4.1 Die pa sit agter (sluit) deure. -geslote
4.2 Hy het (verbied) middels soos dagga gebruik. -verbode

5. Gee een woord vir die woorde tussen hakies.


5.1 Die prisoniere kan (gedurende die dag) ‘n bietjie in die vierkant oefen. -bedags
5.2 Die familie kan hom net (elke maand) besoek. -maandeliks

6. Betreklike voornaamwoorde.
6.1 Vorm ‘n samestelling van die woorde tussen hakies.
Die sel (in + wat) hy is, is baie klein. -waarin
6.2 Kies die KORREKTE woord tussen hakies.
Die man (wie / wat) in die tronk is, dink aan sy seun. -wat

7. Gee die afkorting vir die woord tussen hakies.


7.1 Die (advokaat) kon hom nie loskry nie. –adv.
7.2 Daar is nie ‘n (televisie) in die sel nie. -TV
7.3 (As gevolg van) sy misdaad sit hy in die tronk. –a.g.v.

8. Gee die intensiewe vorm van die woord tussen hakies.


8.1 Al is die tronk propvol, voel hy (alleen). -stokalleen / stoksielalleen
8.2 Baie mense op die Cape Flats steel, want hulle is (arm). -brandarm
2

GR.11 GEDIG: OPPIE CAPE FLATS

9. Gee die meervoud van die woord tussen hakies.


9.1 Omdat hy aan sy seun dink, rol die (traan) oor sy wange. -trane
9.2 Die (kind) verlang na hul (pa) wat in die tronk is. –kinders / pa’s

10. Gee die verkleiningsvorm van die woord tussen hakies.


10.1 Hulle moet oppas vir die (karre) op die straat. -karretjies
10.2 Hy dink nou aan elke klein (ding) wat hom gelukkig gemaak het. -dingetjie

11. Gee die teenoorgestelde geslag van die woord tussen hakies.
11.1 Toe hy daylight robberies gepleeg het, het hy soos ‘n (held) gevoel. -heldin
11.2 Hy dink aan die nice times wat hy met sy (vriend), Myra, geniet het. -vriendin

12. Gee die REGTE VORM (selfstandige naamwoord) van die woord tussen hakies.
12.1 Die mense op die Cape Flats het baie (uitdaag). -uitdaging

13. Kies die korrekte spelling van die woord tussen hakies.
13.1 Die selle word elke middag om (drie-uur / drie uur) gesluit. –drie-uur

14. Skryf die getal tussen hakies as ‘n WOORD neer.


14.1 Daar is (22) persone in elke sel. –twee en twintig

15. Kies die KORREKTE WOORD (woorde wat verwar) tussen hakies.
15.1 Die (grote / grootte) van die sel is 4m by 4m. -grootte
15.2 Hy (erken / herken) dat hy slegte gewoontes gehad het. -erken

16. Voltooi die sin deur die ontbrekende woord in te vul. (Vaste uitdrukking)
16.1 Die pa ___________ die hoop dat hy sy seun weer sal sien. -koester
16.2 ‘n Paar van die mense in die tronk het moord __________. -gepleeg

17. Kies die korrekte voorsetsel van die woorde tussen hakies.
17.1 Die pa stel baie belang (in / aan) sy seun se toekoms. in
17.2 Hy is baie lief (vir / op) sy familie. vir
17.3 Die middadiger is (op / in) hegtenis geneem. in
17.4 Die dwelmhandelaars sit nou (op / agter) slot en grendel. agter
17.5 Baie tieners op die Cape Flats is verslaaf (aan / op) dwelms. aan

18. Skryf die sin oor in die ontkennende vorm.


18.1 My mense wag nog vir my. –My mense wag nie meer vir my nie.
18.2 Hy hoor die wag se sleutels raas. –Hy hoor nie die wag se sleutels nie.
3

GR. 11 GEDIG; OPPIE CAPE FLATS

18.3 Jy kan êrens die hemel sien. –Jy kan nêrens die hemel sien nie.

19. Skryf die volgende sinne oor in die indirekte rede.


19.1 Die pa sê vir sy seun: “Jy moenie doen wat ek gedoen het nie.”
Die pa sê vir sy seun dat hy nie moet doen wat hy gedoen het nie.
19.2 Hy vra: “ Wanneer gaan jy jou pa in die tronk besoek?”
Hy vra wanneer hy sy pa in die tronk gaan besoek.

20. Skryf die volgende sin oor in die direkte rede.


20.1 Hy vra of dit moeilik in die tronk is.
Hy vra: “Is dit moeilik in die tronk?”

21. Skryf die sin oor in die verlede tyd.


21.1 Jy kan skaars die hemel sien. –Jy kon skaars die hemel sien.
21.2 Hy verlang na sy seun. –Hy het na sy seun verlang.
21.3 Hy sit en dink oor sy kind. – Hy het in die tronk oor sy seun gesit en droom.
21.4 Die gevangene word deur die wag geslaan. –Die gevangene is deur die wag geslaan.

22. Skryf die sin oor in die toekomende tyd.


22.1 Hy is spyt oor sy misdade. –Hy sal spyt oor sy misdade wees.
22.2 Hy het berou. –Hy sal berou hê.

23. Skryf die sin oor in die teenwoordige tyd.


23.1 Die kinders het die strate versigtig oorgesteek.
Die kinders steek die strate versigtig oor.

24. Verander die volgende stelsin na ‘n bevelsin.


24.1 Julle moet die sel skoonmaak. –Maak

25. Verander die stelsin na ‘n vraagsin. Die onderstreepte deel moet die antwoord wees.
25.1 Hy droom van die nice times. –Waarvan droom hy?
25.2 Hy verlang na sy seun. –Na wie verlang hy?

26. Verbind die volgende sinne met die voegwoord tussen hakies.
26.1 Hy is al sewe jaar lank in die tronk. Sy familie verlang na hom. (derhalwe)
Hy is al sewe jaar lank in die tronk, derhalwe verlang sy familie na hom.
26.2 Jy kan nie ver op die Cape Flats sien nie. Daar is baie shacks. (aangesien)
Begin so: Aangesien …
Aangesien daar baie shacks is, kan jy nie ver op die Cape Flats sien nie.
26.3 Skryf die volgende sin oor, maar vervang die voegwoord want deur omdat.
4

GR. 11 GEDIG: OPPIE CAPE FLATS

Jy kan nie lekker asem kry nie, want daar is baie dagga rook.
Jy kan nie lekker asem kry nie omdat daar baie dagga rook is.

27. Skryf die sin oor in die infinitief.


27.1 Hy bekommer hom oor sy seun.
Begin so: Hy hoef hom nie … - Hy hoef hom nie oor sy seun te bekommer nie.
27.2 Hy verander sy lewe.
Begin so: Hy probeer … -Hy probeer om sy lewe te verander.
27.3 Die kinders moet die straat versigtig oorsteek.
Begin so: Die kinders behoort …
-Die kinders behoort die straat versigtig oor te steek.

28. Skryf die volgende sinne oor in die lydende vorm.


28.1 Die wag sluit die selle om sesuur. –Die selle word om sesuur deur die wag gesluit.
28.2 Jy kan skaars die hemel sien. –Die hemel kan skaars deur jou gesien word.

29. Skryf die sinne oor in die bedrywende vorm.


29.1 Hy is deur Myra in die tronk besoek.
-Myra het hom in die tronk besoek.
29.2 Sy seun word deur hom teen die gevare gewaarsku.
-Hy waarsku sy seun teen die gevare.

30. Skryf die volgende sin in die korrekte woordorde neer.


30.1 Die kinders moet (versigtig / oor die strate / elke dag) loop.
Die kinders moet elke dag versigtig oor die strate loop.

You might also like