You are on page 1of 18

Oppie Cape Flats

Willem Fransman (junior)


1. Dit is poëtiese tradisie om ander digters
(gewoonlik invloedryke digters) se werk te herskep
om dit in ʼn ander konteks te plaas of om ʼn nuwe
interpretasie van die saak voor te stel. Baie
digters sal dan hulle werk ‘met apologie’ aan die
oorspronklike digter opdra.
Oppie Cape Flats In die Hoëveld

Die gedig is in Kaapse Die gedig is in


Afrikaans geskryf. Standaardafrikaans geskryf.

Die ruimte is baie beknop. Daar is oop ruimtes.

Die mense kan skaars die Die mense kan die hemel
hemel sien. sien.
Hulle kan glad nie lekker Hulle kan vry asemhaal.
asemhaal hier nie.

Hulle voel asof God van Hulle voel dat hulle aan God
hulle vergeet kan glo.
het.

Die spreker droom van die Die spreker droom van die
lekker tye, soos disko’s, winde op die Hoëveld.
swendelary, ens.
Hy dink aan alles wat hy Hy dink aan al die mooi
verkeerd plekke waar hy as kind
gedoen het as kind. kleiosse gemaak het.

Die toon van die gedig is Die toon van die gedig is
verlangend en verlangend, nostalgies,
selfverwytend. hartseer .
2.2 Albei sprekers verlang na vroeër tye toe hulle
gelukkiger was.
Albei gedigte lewer sosiale kommentaar.
3. Dit is die spreker se natuurlike taalgebruik en
dit vestig dadelik die spreker se herkoms en
sy sosio-politieke konteks.
4.1 Dit begin met “Oppie Cape Flats waar dit
crowded is” in plaas van Dit is crowded oppie
Cape Flats.
4.2 Dit beklemtoon die woord “crowded”, met
ander woord hoe beknop dit daar is. Die leser
voel dus dadelik die beklemming aan.
5.1 Die lug.
5.2 Morele goedheid.
6. In die strate.
“Waa snotnies laaities haastig oor biesigie
strate virrie karre moet saaidstep”
7. Die meisies.
8. Hulle loop heeldag rond met krullers in hulle hare.
9. Dwelmmisbruik.
10. Die spreker dink verder aan daardie tye.
11. Dit beklemtoon die verlies aan spiritualiteit en
die onregverdigheid van die lewe. (God het
van hulle vergeet, volgens die spreker.)
12. Daar word geïmpliser dat die plek waar jy
grootword, ʼn massiewe impak op jou identiteit
het.
13. Die leser wonder aanvanklik waarom hy so ʼn
volledige beskrywing van die Cape Flats gee.
Dit loop dan uit op die klimaks: dat dit die plek
is waar hy grootgeword het.
14. Dié van beknoptheid en armoede.
15. Die spreker verlang terug na sy grootwordjare.
Hy dink aan die gebrek aan ruimte, hoe ʼn
mens daar sukkel om ver te sien en asem te haal
– asof God van hulle vergeet het.
16. In die tronk.
17. Misdaad is ʼn groot sosiale probleem.
18. “kopvriet”
19. Dit skep ruimte vir die leser se verbeelding.
Die leser kan self dink wat hy nog alles gedoen
het.
20. Hulle kan nie sien hoe hulle uit hierdie
omstandighede kan kom nie; hulle toekoms is
dus onseker en donker.
21. Die rook wat gevorm word as jy Mandrax t
ablette fynmaak en rook, irriteer jou oë en laat
hulle traan.
22. Hy huil, dalk as gevolg van die verlange huis
toe of selfs hartseer oor sy dade.
23. 7 jaar.
“wag al vi siewe djaar!”
24. Dit beklemtoon hoe lank hy al in die tronk is.
25. Personifikasie.
26. Die geraas ruk hom uit sy dagdroom uit en
herinner hom aan sy realiteit.
27. Die spreker is nie by sy seun om hom te
waarsku teen die gevare van die lewe nie en
daarom sal sy seun moontlik dieselfde foute as hy
maak en ook in die tronk beland. Hierdie sosiale
probleem word dus vergroot as gevolg van
afwesige pa’s.
28. Dit beklemtoon sy diepe besef dat hy daar
moes wees om sy seun te waarsku teen al die
foute wat hy as kind gemaak het.
29. Kleurlinge is as gevolg van wetgewing gedwing
om na die Kaapse Vlakte te trek waar daar geen
infrastruktuur, werk of afleiding was nie nie. Die
armoedige omstandighede en niksdoen het
kinders en volwassenes gedryf na dwelmmisbruik,
bendegeweld en misdaad. Sosiale probleme in
hierdie gemeenskap het dus geweldig vererger.

You might also like