You are on page 1of 2

GRAAD 11 GEDIG

OPPIE CAPE FLATS – Willem Fransman (junior)


VRAE EN ANTWOORDE
D VRAE
1. Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR. Motiveer jou antwoord deur EEN WOORD uit die
gedig aan te haal.
Die Cape Flats is ‘n verlate plek.
Onwaar. “crowded”
2. Gee EEN rede waarom ‘n mens nie ver kan sien daar waar die spreker vandaan kom nie.
Dit is so beknop van baie mense en shacks.
3. Noem EEN WOORD wat die strate beskryf. “Crowded”
4. Waarom is die state gevaarlik vir die kinders? Haal 4 agtereenvolgende woorde aan as jou
antwoord. “virrie karre moet saaidstep”
5. Is daar net seuns wat in die strate loop? Motiveer jou antwoord.
Nee, meisies met “rollers innie hare” loop ook in die straat.
6. Haal ‘n versreël uit die gedig aan wat na dwelmgebruik verwys.
Reël 8: “nie oorrie dagga fumes innie lug …”
7. Wat dink jy, waarom sê die spreker dat God van jou vergeet het?
Want hulle lewe is baie moeilik, hulle kry baie swaar.
8. Haal EEN WOORD aan uit die gedig wat beskryf hoe dit in die tronk is.
“Propvol”
9. Verduidelik die volgende in jou eie woorde: “kopvriet oo’ my crimes”.
Hy dink aan die misdaad wat hy gepleeg het en is berouvol daaroor.
10. Noem TWEE voorbeelde uit die gedig wat aandui dat die spreker verlangend na sy verlede dink.
(i) “die lekke disco’s” (r14)
(ii) “nice times moet Myra vannie Kriefgat” (r16)
11. Wat is die “buttons” waarna daar in reël 19 verwys word?
dwelms
12. Hoe lank is die spreker reeds in die tronk?
Sewe jaar.
13.1 Verduidelik die personifikasie in reël 23 (“ek hoo die guard se slietels raas”)
Die sleutels word ‘n menslike eienskap (raas) gegee.
13.2 Hoekom is die personifikasie doeltreffend?
Dit beklemtoon die harde werlikheid van sy situasie; in plaas van sy familie te hoor, hoor hy die
geklingel van sleutels – wat hom herinner aan sy gevangenskap.
14. Dink jy die spreker berou wat hy in die verlede gedoen het? Gee ‘n rede vir jou antwoord.
Ja, hy wil sy seun waarsku teen ‘n lewe soos syne.
15. Wat is die toon van die gedig? verlangend, beklemd, berouvol
16. Dink jy die spreker verdien ‘n mens se simpatie? Verduidelik jou antwoord.
Nee, hy moet vir sy misdaad betaal. OF Ja, hy het ‘n moeilike lewe op die Cape Flats gehad.

You might also like