You are on page 1of 11

besoekersboek

Vrae vir inskerping


Vraag 1

Die titel verwys op figuurlike vlak na die tydelikheid van


die lewe; ons almal se besoek aan die lewe. Waarom is die
titel in die ENKELVOUD geskryf?

‘n Mens het net een lewe. / Jy besoek hierdie aarde net


een maal.
Vraag 2

Noem EEN PLEK in die gedig waar besoekers hul name


neerskryf.

Sel se mure (Tronkmure)


Duikweë
Brûe
Vraag 3

Wat is “duskantse verblyf” letterlik en ook figuurlik?

Letterlik: Binne die trunk


Figuurlik: In die lewe; nog nie gesterf nie.
Vraag 4

Deur middel van watter sort halfrym word die vriende


“peter en pam” heg met mekaar verbind in reël 5?

p-alliterasie
Vraag 5

Haal ‘n frase uit strofe 2 aan wat aandui dat die


spreker nie heeltemal teen lyfstraf gekant is nie,
maar wel voel dat daar perke is.

“meer as normal”
Vraag 6

Watter sort verhouding was daar tussen “lieb en sy


liesbet” in reël 8?

Liefdesverhouding / Romantiese verhouding /


Minnaars
Vraag 7

Deur middle van watter verstegniek of retoriese middel


verkry die word “skraap” in reël 13 klem?

Agterplasing
Vraag 8

Watter paradoks of oksimoron kom in reël 13 voor?

“huil stomgemaak”
Vraag 9

Die kind is tradisioneel simbool van die toekoms. Hoe word


hierdie toekomsverwagting geïroniseer in “huil stomgemaak” ?

‘n Mens verwag dat ‘n lang toekoms vir die kind voorlê, maar
hierdie siek kind se sterflikheid word uitgelig.
Vraag 10

Wat is die tema van die gedig?

Elke mens het ‘n behoefte om iets na te laat / onthou te


word.

You might also like