You are on page 1of 7

Direktoraat: Kurrikulum VOO

VAK EN GRAAD Afrikaans Huistaal Graad 12


KWARTAAL 1 Week 3
ONDERWERP Gedig: Wie’s hy? (Adam Small)
DOEL VAN LES Ontleding van die gedig: inhoud, verstegniese middele en tema
BRONNE Papierbronne Digitale bronne
Vorige NSS-Eksamenvraestelle Vind hier onder die skakels na ’n
Verse in my inboks: ble. 77 & skermgooi van die gedig Wie’s hy? en
323 na die DvBO se MTG-Studiegids oor
Poësie:

https://wcedeportal.co.za/eresource/73
961
https://wcedeportal.co.za/eresource/18
3806
INLEIDING Gedigte word in Afdeling A van Vraestel 2 geëksamineer. Deur die loop
van die jaar sal gedigte ook in die Letterkundetaak en in die
Voorbereidende Eksamen getoets word.

Jy het sedert Graad 10 alreeds heelwat gedigte ontleed en bespreek. In


hierdie les gaan ons fokus op ’n paar maniere wat jy kan gebruik om `n
gedig te verstaan. Wenk: hou altyd ‘n potlood/pen en papier byderhand
om aantekeninge te maak.
INHOUD In die les gaan jy: KAN JY?
(KONSEPTE EN
VAARDIGHEDE) - die gedig met gevoel voorlees; - Die betekenis van al
- woorbetekenis uitklaar; die woorde in die
- die gedig in jou eie woorde opsom gedig verduidelik?
- verstegniese aspekte uitwys, herken en - Al die verstegniese
leer; aspekte aandui,
- vrae sinvol binne konteks beantwoord; en verduidelik en die
- e-bronne vir hersiening gebruik. funksie daarvaan
omskryf?
- Vrae oor die gedig
beantwoord?
- ‘n Quiz of toets oor
die gedig
beantwoord?
AKTIWITEITE 1. Lees die gedig

Die lees van die gedig skep die atmosfeer en dui die stemming van die
gedig aan.

Lees die onderstaande gedig stylvol en met die nodige intonasie


(leestekens, ruspouses, ens.) deur. Jy kan dit die eerste keer hardop
voorlees!

Wie’s Hy? (deur Adam Small)

1 Die poet
2 wie’s hy?
3 Djulle het so baie bek oorie poet,
4 ma wié’s hy?
5 Is hy rêrag soes djulle dink
6 die ou moerie pen ennie ink
7 wat in sy study sit en poems uitdink?

8 Nai,
9 djulle’s mistaken,
10 nie hy nie,
11 ma djúlle is die poets,
12 djulle wat in die straat in loep
13 ennie gladde bek vekoep
14 ma die dinge sien
15 en soema net daa God tien hulle roep!
[Uit: Sê sjibbolet, 1963]

Vrae: Kan jy nou sê watter stemming daar in die gedig heers? Kon jy dit
aanvoel soos jy deur die gedig lees?
Antwoord: Daar heers ’n gemoedelike stemming in die gedig.

2. Woordverklarings

Sonder woordkennis en -begrip is dit byna onmoontlik om die inhoud en


kernboodskap van die gedig te verstaan.

Onderstreep (in potlood) of skryf neer al die woorde in die gedig wat jy nie
verskaan nie. Die onderstaande tabel sal jou help:
Woord (moontlike) Betekenis
binne konteks van die
gedig
Reël 1 - poet die digter
Reël 3 - djulle julle
Reël 3 - baie bek so baie te sê/praat oor
Reël 3 - oorie oor die
Reël 4 - ma maar
Reël 5 - rêrag regtig
Reël 5 – soes djulle soos julle
Reël 6 – moerie pen ennie ink met die pen en die ink
Reël 7 - study studeerkamer
Reël 8 – nai nee
Reël 9 – djulle’s mistaken julle verstaan nie/is
verkeerd
Reël 10 – ma djúlle maar julle
Reël 12 - loep loop
Reël 13 - ennie en die
Reël 13 – gladde bek verkoep slim praatjies maak/
wyshede kwytraak/ baie
praat
Reël 14 - ma maar
Reël 15 – soema nat daa sommer net daar
Reël 15 – tien hulle roep vra dat God hulle moet
bestraf/hulle moet
aanspreek/teen hulle roep
3. Opsomming van die inhoud

Maak nou ’n kort opsomming van die inhoud deur die volgende stappe te
volg:

Stap 1
Skryf die eerste strofe in jou eie woorde neer. Waaroor dink jy handel dié
strife?

Stap 2
Vergelyk dit wat jy geskryf het met die onderstaande:
In strofe 1 vra die spreker herhaaldelik oor die identiteit van die “poet”. Hy
wil weet of almal wat so baie te sê het, regtig weet wie die “poet” is. Hy wil
ook weet of die “poet” heeltyd in sy studeerkamer sit en poems uitdink en
dit in ink neerskryf…

Stap 3
Skryf die tweede strofe in jou eie woorde.
Stap 4
Vergelyk die onderstaande met dit wat jy geskryf:
In strofe 2 sê die spreker dat hulle verkeerd is. Die mense in die straat wat so
baie slimpraatjies maak of wyshede verkoop, dit is eintlik hulle wat die
“poets” is.

Samevatting
Hoe kan ons dus die inhoud saamvat?
Strofe 1 fokus op die vrae en onsekerhede wat daar bestaan, terwyl strofe 2
die verklarings/ antwoorde op die (retoriese) vrae bied.

4. Kontraste in die gedig

kontras/teenstelli
ng

poet djulle

dink eers soema net daar

skryf (pen ennie ink) praat (gladde bek


vekoep)

alleen (studeerkamer) tussen ander (innie


straat)

Die gedig handel dus oor die gewone mens / mens op straat se
menings/idees/vermoëns wat soms beter is as die sogenaamde geleerdes.
Hulle sê ‘n ding sommer nou en net soos dit is. Hulle hoef nie nog lank te sit
en dink en dan nog eers neer te skryf nie.
5. Verstegniese middele

Teken die onderstaande tabel in jou werkboek oor en vul die korrekte
antwoorde onder Blok A, Blok B en Blok C in.
A: Verstegniese middel B: Aanhaling/voorbeeld C: Funksie
1. retoriese vraag Betrek leser en wek
belangstelling /
nuuskierigheid
baie bek (a)
(b) Wek nuuskierigheid/
2. alliterasie hef weer retoriese
vraag uit
sy study sit en poems dink (c)
3. alleenplasing Hef die belangrikheid
van die stelling uit
Antwoorde:
1. Wie’s hy?
2.
a) Hef mening uit oor almal wat iets oor poet te sê het
b) djulle dink
c) Beklemtoon alleenheid
3. Nai

6. Oefening 1: Lees die gedig deur en beantwoord die volgende vrae.


Skryf eers jou eie antwoorde neer voordat jy na die moontlikhede kyk:

1.1. Wie is die “hy” na wie in die titel verwys word? (1)
1.2. Wat, dink jy, is die funksie van die retoriese vrae in strofe 1? (1)
1.3. Watter leesteken gebruik die digter in reël 4 om die woord uit te hef?
Verklaar die gebruik van die leesteken. (2)
1.4. Skryf ‘n voorbeeld van alliterasie uit reëls 6 – 7 neer en dui dit
duidelik aan. Sê wat die funksie daarvan is. (2)
1.5. In watter variant van Afrikaans is die gedig geskryf? Skryf enige 2
voorbeelde as bewys neer. (3)
1.6. Watter stemming heers daar in die gedig? (1)
/10/
Antwoorde:
1) die poet/digter
2) die spreker wil die wanopvatting oor poets/digters uithef /verander
3) akkuut/-teken Dit beklemtoon die bekangrikheid van die vraag/dwing
die leser tot nadenke
4) sy study sit en poems dink Verwys na alleenheid van die poet / diepe
denke
5) Kaaps /Kaapse Afrikaans. “ baie bek oorie poet” en “ moerie pen
ennie ink” (enige twee)
6) gemoedelike stemming

[10]
ASSESSERING Lees die gedig noukeurig deur en beantwoord die onderstaande vrae:

1.1. Waarom gebruik die spreker vrae in strofe 1? Word hierdie vrae in
strofe 2 beantwoord? Motiveer jou antwoord. (2)
1.2. Wat is die effek daarvan dat die woord in versreël 8 alleen geplaas
is? (1)
1.3. Benoem die stylfiguur in versreël 13 en verduidelik die betekenis
van dié stylfiguur in jou eie woorde. (2)
1.4 Wat is die tema van die gedig? Motiveer hoe die gebroke rym
die tema ondersteun. Stem jy saam met die tema van die gedig?
Motiveer jou antwoord. (3)
1.5 Watter stemming oorheers in die gedig? (1)
1.6. Waarom is die woordgebruik in hierdie gedig geslaagd? (1)

[10]

MEMORANDUM 1.1. Die leser word by die gedig/boodskap betrek./ Die spreker wil die leser
laat nadink oor digterskap,/wanneer iemand as `n digter beskou kan
word.
Ja
Die spreker verduidelik dat die tradisionele siening van digterskap nie
noodwendig korre/die enigste aanvaarbare een is nie./
die meeste mense in die straat die eintlike digters is. (2)
1.2. Die alleenplasing beklemtoon wending/teenstelling in die gedig./ Die
alleenplasing wil die wending/teenstelling uithef./
Die alleenplasing beklemtoon die antwoord wat die spreker gee./
Die alleenpiasing dui op die besliste mening van die spreker (dat dit nie
net digters is wat poësie skryf nie). (1)
1.3. Sinekdogee
Die gewone mense maak van humor/slim praatjies gebruik./
Die gewone mense praat hard./word gehoor./ Die gewone mense se
woorde dra gewig (hulle het nie 'n gladde mond nie) as hulle God
aanroep (oor die dinge wat hulle waarneem). (2)
1.4. Die gewone mens is die digter en nie net diegene wat in hul
studeerkamers sit en skryf nie./ Almal wat taal speels en kreatief gebruik,
is digters./ Gewone mense kan ook skep./ Digterskap is nie net om
formeel/amptelik te dig nie.
Die gebroke rym ondersteun die informele trant van die
gedig./ondersteun die gedagte dat die (ware) digter nie deur vaste
rymskemas/deur reëls aan bande gelê wil/hoef te word nie.
EN
Ja
Die mense op die straat skep met hul vernuftige gebruik van taal soms
die mooiste gedigte./beeldspraak.
Nee
Digterskap verg baie meer vaardigheid as bloot interessante
woordgebruik./ sentimentele gedagtes sonder enige literêre
kenmerke. (3)
1.5. Ernstig / gemoedelik (1)
1.6. Die woordgebruik ondersteun die tema dat die gewone mens digters is
sonder om iets anders as hul spreektaal te gebruik./beklemtoon dat
poësie in Kaaps moontlik is./bied aan die leser 'n getroue beeld van wie
die spreker in hierdie gedig is. (1)
[10]

KONSOLIDASIE • Lees weer deur die les en hersien die verstegniese aspekte en oefen vrae
met die moontlike antwoorde - gebruik elke keer `n skoon bladsy as jy
hersiening doen.

• Beantwoord die onderstaande quiz deur op die skakel hier onder te klik:

https://bit.ly/wieshy

Let Wel: jy kan die quiz ‘n paar keer doen totdat jy volpunte behaal het.
WAARDES Toewyding en bekwaamheid

You might also like