You are on page 1of 6

Direktoraat: Kurrikulum VOO

VAK EN GRAAD Afrikaans Huistaal Graad 10


KWARTAAL 1 Week 5
ONDERWERP Gedig: Sprokie vir ‘n stadskind – KOOS DU PLESSIS
DOEL VAN LES Onderrig van die gedig en die beantwoording van kontekstuele vrae oor
die gedig
BRONNE Papierbron Digitale bron
Vosloo, Riens: Verskuns vir Klik op die skakel hier onder om na die
Huistaal, Graad 10 lied Sprokie vir ’n stadskind te luister:

https://youtu.be/qa40VsdW1cY
INLEIDING • Indien jy een van daardie leerders is wat sukkel met die beantwoording
van kontekstuele vrae oor gedigte, is die onderstaande dalk van die
redes waarom jy sukkel:
− Jy het nie die gedig gelees en vertolk nie;
− Jy ken nie die “storie” van die gedig nie:
− Jy sukkel om die vrae korrek te beantwoord;
− Jy ondervind probleme met stapelvrae.
• In hierdie les gaan jy wenke en stappe kry om sukses in die eksamen te
behaal en jou punte te verbeter.
KONSEPTE EN Kontekstuele vrae toets gewoonlik die volgende aspekte:
VAARDIGHEDE − Identifiseer direkte inligting
− Verbandlegging
− Die maak van afleidings
− Verwoord eie opinie
− Herorganiseer
− Verstegniese aspekte en literêre begrippe

Dink jy kinders glo vandag nog aan sprokies? Watter sprokies ken jy?

Wat, dink jy, is ‘n sprokie? Dis korrek. ‘n Sprokie is ‘n fantasieverhaal.

Deesdae glo kinders nie meer aan sprokies nie. Hulle ken ook nie die
verhale soos Doringrosie, Aspoestertjie, Sneeuwitjie en Die sewe
dwergies nie.

Op watter sprokie, dink jy, is hierdie gedig gebaseer?

Die sprokie waarop hierdie gedig gebaseer is, behels dat daar aan die
einde van ’n reënboog ’n pot goud begrawe is. As ’n mens dan tot aan
die einde van ’n reënboog stap, sal jy daar die groot pot goud kan
opgrawe en ryk en gelukkig lewe. As jy dus geluk en vreugde wil vind,
soek die reënboog se punt.
Koos du Plessis vertel hierdie sprokie oor aan ’n kind, maar nie sommer
enige kind nie: ’n stadskind, eintlik ’n straatkind. Dink aan ’n kaalvoet
straatkind wat parkeerplekke aanwys in ’n groot stad en snags op
sypaadjies slaap.

Hier volg die lirieke; jy kan gerus saamsing:

Sprokie vir ’n stadskind

As die reën van stof en roet verby is


en die rook verdwyn
Sal daar in die sterrelose hemel
'n neonboog verskyn

En kyk maar goed,


want as jy hom vind
vertel ek vir jou 'n sprokie my kind,
van 'n skatkis met ou kettings gebind
aan die neonboog se punt

Volg hom elke nag oor swart riviere


Oor kranse van beton,
as jy aanhou stap
tien duisend ure
sal jy dalk daar kom

Maar hier moet jy jou nimmer laat bind


want so lui die ou, ou sprokie my kind,
As jy geluk en vreugde wil vind
soek die neonboog se punt

Volg hom elke nag oor swart riviere


kyk nie eenmaal om
Dalk vind jy die land van blou saffiere
en dalk 'n brokkie son

Nadat jy na die liedjie geluister het, lees dan die gedig wat volg:
Terwyl jy die gedig lees, kyk gerus of jy verbande tussen die gedig en die
liedjie kan vasstel.
Dit is belangrik dat jy die gedig goed lees sodat jy die inhoud van die gedig
kan verstaan.

Om aantekeninge op jou gedig te maak help ook om sekere aspekte in die


gedig te interpreteer.

Hier volg ‘n voorbeeld van ‘n moontlike ontleding. Jy kan natuurlik nog


ontledings/ kernaantekeninge byvoeg.
Fantasieverhaal (s-alliterasie)

SPROKIE VIR ‘N STADSKIND – KOOS DU PLESSIS


stadsreën /
besoedeling
1 As die reën van stof en roet verby is

2 en die rook verdwyn, opklaar / weggaan


3 sal daar in die sterrelose hemel
4 ‘n neonboog verskyn
Sterk
moontlikheid dat dit nie gevind sal word
nie
5 En kyk maar goed, want as jy hom vind,
6 vertel ek vir jou ‘n sprokie, my kind,
7 van ‘n skatkis, met ou kettings gebind,
8 aan die neonboog se punt.

teerpaaie
9 Volg hom elke nag oor swart riviere,
10 oor kranse van beton;
hoë geboue / wolkekrabbers
11 as jy aanhou stap tienduisend ure,
oordrywing/hiperbool
12 sal jy dalk daar kom.
baie oud- dis al baie oorvertel
13 Maar hier moet jy jou nimmer laat bind,
14 want so lui die ou, ou sprokie my kind;
15 As jy geluk en vreugde wil vind,
16 soek die neonboog se punt

17 Volg hom elke nag oor swart riviere;-


18 kyk nie één maal om. waarskuwing
19 Dalk vind jy die land van blou saffiere

Dinge (skat) wat gevind sal word aan die


neonboog se punt
kanse dat die kind dit gaan kry, is so te sê
onmoontlik
20 en dalk ‘n brokkie son.

Die belangrikste vrae wat by die bestudering van ‘n gedig gevra moet
word, is:
- Wat “sê” die gedig?
- Wie is die spreker in die gedig?
- Hoe word die betekenis/ doel van die gedig oorgedra?
Jy moet weet dat die tema van die gedig die hoofgedagte is.
Ritme – dit is die musiek in poësie; die beweging, die vloei of die “dans”.
Jy moet ook weet dat die digter digterlike vryheid het: Dit is die digter se
“reg” om bv. geen leestekens of min leestekens te gebruik en om selfs die
woordorde te verander.

Kan jy nog onthou wat alliterasie is? Ja, dis die herhaling van dieselfde
konsonant/ medeklinker.

‘n Hiperbool/ Oordrywing is wanneer ‘n mens iets vergroot om ‘n groter


effek te kry.

Wat, dink jy, druk die woordjie “dalk” uit? “Dalk” druk ‘n moontlikheid uit.

Waaroor, dink jy, handel hierdie gedig?


Hierdie gedig handel oor straatkinders. As die kinders eers in die stad
vasgevang is, is die kanse skraal dat hulle ooit weer daaruit sal kan ontsnap.
Die kinders moet nooit moed opgee nie en aanhou soek na ‘n uitkoms.

Wanneer jy die gedig ontleed, is dit nodig om aantekeninge by die gedig


te maak. Dit help jou om die gedig ook beter te verstaan.

Kyk gerus na die volgende manier van vraagstelling:

Vraag: Haal TWEE aparte woorde aan wat sê dat lugbesoedeling in ’n stad
voorkom. (2)
Antwoord: roet, rook
Wenk: Moenie meer as twee aparte woorde neerskryf nie. Indien jy die
versreël neerskryf, moet jy die twee aparte woorde uitlig om ‘n punt te
verdien.

Vraag: Voltooi: ’n Ander woord vir neonboog is … (1)


Antwoord: reënboog.
Wenk: Jy moet slegs een woord neerskryf.
Vraag: Wanneer sal die spreker vir die stadskind ’n sprokie vertel? (1)
Antwoord: Wanneer/as hy/sy die neonboog vind.
Wenk: Jou antwoord moet tydsaspek aandui.
Vraag: Kies die KORREKTE antwoord en skryf slegs die vraagnommer en die
letter neer.

‘n Sprokie is ‘n …

A spookstorie.
B fantasieverhaal.
C lang gedig.
D ware verhaal. (1)
Antwoord: B fantasieverhaal
Vraag: Skryf die die tema van die gedig neer. (1)
Antwoord: Die gedig handel oor straatkinders. As die kinders eers in die
stad vasgevang is, is die kanse skraal dat hulle ooit weer daaruit sal kan
ontsnap./ Die kinders moet nooit moed opgee nie en aanhou soek na ‘n
uitkoms.
Wenk: Jy moet weet wat tema beteken.

Vraag: Haal EEN woord uit strofe 1 aan wat sê dat ’n mens nie die sterre
kan sien nie. (1)
Antwoord: “sterrelose”
Wenk: Die aanhalingstekens is ‘n noodsaaklikheid. Ook vra die vraag dat jy
een woord moet aanhaal. Die strofe word ook aangedui.

Vraag: Die digter beweer dat die reën wat in die stad val, nie skoon is nie.
Waardeur is hierdie reën besoedel? Noem DRIE dinge. (3)
Antwoord: stof, roet en rook.
Wenk: Jy moenie die volle reël neerskryf nie.

Vraag: Wat sal in die stad lig gee as die besoedeling nie daar is nie? (1)
Antwoord: ‘n neonboog.

Vraag: Watter groot verrassing wag vir die kind aan die einde van die lig?
(1)
Antwoord: ‘n skatkis.

Na al die kennis wat jy hierbo verwerf het, kan jy die regterkantse kolom
met ‘n bladsy bedek en dan voltooi? Wanneer jy dit voltooi het, haal die
bladsy weg en sien dit na. Sterkte!

UIT DIE GEDIG SINONIEME


1 as, dalk onsekerheid/nie seker nie
2 stof, roet, rook besoedeling in die stad
3 verdwyn wat met die besoedeling moet gebeur
om die neonboog te kan sien
4 sterrelose hemel daar is nie veel sterre in die stad nie as
gevolg van die besoedeling en al die
ligte
5 neonboog reënboog
6 vertel ‘n sprokie wat sal gebeur as die kind die
neonboog kry
7 ‘n skatkis aan die punt van die neonboog
8 met ou kettings gebind hoekom die skatkis nie oopgemaak sal
kan
word nie
9 aan die neonboog se waar die skatkis is
punt
10 elke nag hoe gereeld/wanneer die kind moet
soek
11 swart riviere teerpaaie/strate/paaie
12 oor kranse van beton geboue/wolkekrabbers
13 aanhou stap, nie ophou loop nie
14 tienduisend ure hoe lank die kind moet soek/loop
15 daar die punt van die neonboog
16 Maar hier moet jy jou moenie in die stad vasgevang word nie
nimmer laat bind,
17 hier stad
18 nimmer nooit
19 want so lui die ou, ou dit is hoe die verhaal gaan
sprokie my kind
20 ou, ou die sprokie is al oor en oor vertel
21 geluk, vreugde, land van skat aan die punt van die neonboog
blou saffiere, brokkie son
22 kyk nie één maal om moet nooit teruggaan nie/moenie
omkyk nie
23 land van blou saffiere plek waar daar nie besoedeling is nie
24 brokkie ‘n klein bietjie/stukkie
ASSESSERING Lees die onderstaande vrae wat betrekking op die gedig het. Beantwoord
dan die vrae in jou werkboek. Probeer dit eers self beantwoord voordat jy
die memorandum raadpleeg.

1. Watter woorde uit die gedig verwys na…


1.1 teerstrate? (1)
1.2 hoë geboue? (1)
2. Haal EEN woord aan wat dieselfde beteken as “nooit”. (1)
3. Watter gevoel sal die kind ervaar as hy/sy die neonboog se punt vind?
Gee TWEE aparte woorde. (2)
4. Watter waarskuwing word aan die kind in strofe 5 gegee? Haal aan.
(1)
5. Watter DRIE woorde in strofe 1 verwys na besoedeling? Skryf dié woorde
neer. (3)
6. Watter EEN woord sê vir jou dat die sprokie baie keer oorvertel is? (1)
MEMORANDUM 1.1 “swart riviere” (1)
1.2 “kranse van beton” (1)
1. “nimmer” (1)
2. geluk, vreugde (2)
3. “kyk nie eenmaal om” (1)
4. stof, roet, rook (3)
5. “ou” (1)

KONSOLIDASIE Maak seker dat jy verstaan hoe om die gedig te ontleed en hoe om
kontekstuele vrae te beantwoord.

WAARDES Toewyding en waardering vir die estetiese

You might also like