You are on page 1of 6

Direktoraat: Kurrikulum VOO

VAK EN GRAAD Afrikaans Huistaal Graad. 11


KWARTAAL 1 WEEK 4
ONDERWERP Morfologie
DOEL VAN LES Onderrig en vaslegging van morfologie
BRONNE Papierbron Digitale bronne
Taalhandboek Kry volledige aantekeninge oor taalstrukture deur
op die onderstaande skakels te klik:

https://wcedeportal.co.za/eresource/112951
https://wcedeportal.co.za/eresource/157776
INLEIDING Hierdie les sluit aan by dié van WEEK 3. In WEEK 3 het jy gekyk na die
basiese begrippe by woordvorming. In hierdie les gaan ons kyk na die
kern en bepaler by samestellings en na samestellings en samestellende
afeidings.
KONSEPTE EN In hierdie les word morfologiese terme KAN JY ... ?
VAARDIGHEDE weer saamgevat en jy gaan onderskei • ... nuwe
tussen die kern en bepaler by woorde bou deur gebruik te
samestellings. maak van ‘n kern en
bepaler?
Dan gaan jy onderskei tussen • ... nuwe
samestellings en samestellende afleidings, woorde deur samestellings
jou eie woorde vorm en die verskillende en samestellende afleidings
maniere van woordvorming identifiseer. vorm?

Ken jy die verskil tussen die


kern en die bepaler?
Woorde kom rondom ons op alledaagse voorwerpe voor en ons dink nie
eens daaroor nie.

Kom ons vat gou ‘n paar morfologiese terme saam deur na die papboks
hier onder te kyk. Van die woorde wat as voorbeelde gebruik word, kom
in die papboks-dvertensie voor of hou daarmee verband.
Morfologiese deel Wat dit behels Voorbeeld
Stam /basis • Dit is die kleinste deel van die graan, son
woord met woordeboek- vlok, skyn
betekenis
Kern en bepaler • Die bepaler is die eerste deel Ontbytpap
van die samestelling en die kern Kern: pap
is die tweede deel. Bepaler: ontbyt

Die kern bly dieselfde en die


bepaler kan verander,
byvoorbeeld:
mieliepap
hawermoutpap
graanpap

As jy pap (die kern) as die


bepaler wil gebruik, kan jy
ander woorde vorm soos:
o papbord
o paplepel
o papbak
o pappot
simpleks • Dis ongelede woord; dit kan nie graan, pap, pot,
verder in morfologiese dele lepel, bak
verdeel word nie
kompleks • Die woord kan in morfologiese verpak
dele verdeel word. (voorvoegsel:
ver- en die stam: pak)
Samestelling • Die woord bestaan uit 2 of ontbyt+pap=
meer stamme en vorm ‘n nuwe ontbytpap,
betekenisvolle woord graan+kos=
• Deur samestellings kan ‘n mens graankos,
jou gedagtes korter stel mielie+pap+boks
• Onthou dat die eerste woord in = mieliepapboks
‘n samestelling altyd in die
enkelvoud is.
• Dit word altyd VAS geskryf ‘n Toets om te sien of die
aangesien dit een begrip is woord vas geskryf moet
• Wanneer die eerste woord van word:
die samestelling‘n vreemde As die linkerdeel van die
woord is, gebruik ons ‘n woord nie na ‘n ander plek
koppelteken, bv. gourmet- in die sin geskuif kan word
ontbyt nie, word dit vas geskryf.
• Indien die eerste deel van die Bv.Ek het mieliepap vir die
samestelling ‘n naam is, kan dit kinders gegee.
los geskryf word, of ‘n Ek het mielie wat pap is vir
koppelteken kan gebruik word die kinders gegee.
• Wanneer een stam eindig op ‘n Dit maak nie sin nie! Daarom
klinker en die tweede stam sal ons mieliepap as een
begin met ‘n klinker gebruik ons woord skryf.
‘n koppelteken bv. see-eend
• Wanneer een stam eindig met
‘n medeklinker en die volgende
stam begin met dieselfde
medeklinker kry ons ‘n dubbele
medeklinker:
bv. pap + pot = pappot
Afleidingsmorfeme • Dis voor- of agtervoegsels en Kilogram-
kan ‘n nuwe betekenis aan ‘n Kilo beteken duisend;
woord gee. Kosloos- loos beteken
• Voorbeelde van voorvoegsels: sonder;
be-,ge-,her-,on-,ont-,ver-,mis-, bekostig baar-
kilo- baar beteken hier “wat
• Voorbeelde van agtervoegsels: gedoen kan word”.
-lik,-heid,-loos, -baar
Samestellende • Dis wanneer ‘n samestelling en kleinserig (klein+seer+-ig)
Afleiding afleiding gelyktydig gevorm hardnekkig
word. (hard+nek+-ig)
Verbindingsklanke • ‘n Verbindingsklank is nie ‘n ns- soos in lewenstaak
morfeem nie
• Kom voor tussen stamme en
bind die stamme aan mekaar.
ASSESSERING Kyk na die onderstaande advertensie en beantwoord die vrae oor
morfologie.

[Uit: Rapport, 5 Januarie 2021]

1. Dui die kern en die bepaler in die onderstaande woorde aan.

KERN BEPALER
a) bootreis
b) ingangsportaal
c) passasierskip
d) ontwerpplek
e) sitkamer
f) towerwereld
g) vakansiedroom
h) reisplan
2. Vorm nou ‘n nuwe samestelling waar die kern van die huidige
woord die bepaler sal wees.

KERN BEPALER
a) bootreis
b) ingangsportaal
c) passasierskip
d) ontwerpplek
e) sitkamer
f) towerwereld
g) vakansiedroom
h) reisplan

3. Beantwoord die onderstaande vrae:


a) Is bootreis ‘n voorbeeld van ‘n afleiding of ‘n samestelling?
Verduidelik jou keuse.
b) Die boot het ‘n ingangsportaal.
Skryf die verbindingsklank in bostaande sin neer.
c) Waarom word see-ervaring met ’n koppelteken geskryf?
d) Vorm ‘n samestelling van: skip + kaptein.
e) Skryf die stamme neer in die samestelling seevaarder
f) Waarom word vakansie-ervaring met ’n koppelteken geskryf?
g) Is die woord vakansie-ervaring ‘n samestelling? Motiveer jou
antwoord.
h) Gebruik die woord see as ‘n KERN in ‘n samestelling van jou keuse.
i) Waarom word Kaito Sushi-restaurant met ’n koppelteken geskryf?
j) Die rowwe see is mooi.
Is rowwe ‘n simpleks of ‘n kompleks? Motiveer jou antwoord.
k) Dui die verbindingsklank in die woord lewensreis aan.
MEMORANDUM 1. Die kern en die bepaler:
KERN BEPALER
a) bootreis reis boot
b) ingangsportaal portaal ingang
c) passasierskip skip passasier
d) ontwerpplek plek ontwerp
e) sitkamer kamer sit
f) towerwêreld wêreld tower
g) vakansiedroom droom vakansie
h) reisplan agentskap reis
2. ‘n Nuwe woord waar die kern die bepaler is

Samestelling Nuwe woord met kern as bepaler


a) bootreis reisagentskap
b) ingangsportaal portaalstruktuur
c) passasierskip skeepsdek
d) ontwerpplek pleknaam
e) sitkamer kamerruimte
f) towerwêreld wêreldpopulasie
g) vakansiedroom droomkajuit
h) reisplan planmaker

3.
a) Bootreis is ‘n samestelling. Die woord bestaan uit twee stamme, boot
en reis.
b) Die verbindingsklank is -s
c) See-ervaring word met ‘n koppelteken geskryf, want die eerste deel
is ‘n volle woord wat begin met ‘n -e en die tweede woord begin ook
met ‘n -e.
d) ‘n Samestelling van: skip + kaptein = skeepskaptein.
e) Die stamme van die samestelling seevaarder is see en vaar
f) Vakansie-ervaring is ‘n samestelling, want die woord bestaan uit
twee stamme. Dit word met ‘n koppelteken gespel omdat die eerste
woord eindig met ‘n -e en die tweede een begin met ‘n -e. Dus is die
koppelteken daar ter wille van die uitspraak.
g) Nee. Dit is ’n samestellende afleiding, want dit bestaan uit twee
stamme (vakansie + ervaar plus ’n agtervoegsel -ing)
h) See as ‘n KERN in ‘n woord: see-ervaring, seereis, seevrees
i) By ‘n samestelling met vreemde woord, (sushi), gebruik jy ‘n
koppelteken.
j) Rowwe ‘n kompleks, want die stam is rof en die agtervoegsel- we.
k) Die verbindingsklank in die woord lewensreis: ns

KONSOLIDASIE • Voltooi die aktiwiteite en doen daarna nog oefeninge oor Morfologie
om jou kennis te verbeter.
• Jy kan teruggaan na die verduideliking indien daar aspekte is wat jy
nie verstaan nie.
WAARDES Dit is belangrik om deurentyd jou woordeskat uit te brei deur te lees. ‘n Mens
met ‘n wye woordeskat het ‘n groot voorsprong bo ander, want jy kan jou
verbaal beter uitdruk. Jy kan ook beter verstaan hoe nuwe woorde
spontaan as gevolg van nuwighede in die samelewing ontstaan.

You might also like