You are on page 1of 2

Direktoraat: Kurrikulum VOO

VAK EN GRAAD Afrikaans Huistaal Graad 12


KW 1 Week 1
ONDERWERP Klankleer
DOEL VAN LES Vaslegging en hersiening van klankleer
BRON Digitale bron
Vind hier onder die skakel na die boekie Afrikaans HT Graad 12 Hersiening
K1_2020 waarin jy meer inligting oor klankleer kan kry:
https://wcedeportal.co.za/eresource/144716
INLEIDING Klankleer word in Afdeling C van Vraestel 1 getoets.

Hierdie les dien as vaslegging en hersiening van wat jy alreeds in vorige


grade oor Klankleer geleer het.
INHOUD 1. Soorte klanke: Kan jy?
(KONSEPTE EN Jy onthou seker nog dat daar drie soorte • Die verskillende soort
VAARDIGHEDE) kanke is? Ja, vokale (klinkers), konsonante klanke uitken?
(medeklinkers) en diftonge (tweeklanke). • Woorde in lettergrepe
Onthou ook dat affrikate ’n spesiale soort en klankgrepe verdeel?
konsonant is. Voorbeelde van afrikate is die • Die verskillende
dj-klank in kollege, die ts-klank in tsotsi en die klankverskynsels uitken?
tj-klank in tjalie.

2. Klankgrepe en lettergrepe:
Jy moet onthou dat wanneer jy ’n woord in
klankgrepe moet verdeel, doen jy dit op
grond van hoe die woord uitgespreek word.
As jy egter ’n woord in lettergrepe moet
verdeel, doen jy dit op grond van hoe die
woord gespel word. Kom ons verduidelik dit
deur die woord asseblief as voorbeeld te
gebruik:
Die klankgrepe in die woord is a+se+blief,
terwyl die lettergrepe van die woord
as+se+blief is.

3. Klankverskynsels:
Ken jy die sinnetjie wat ons geleer het om die
nege soorte klankverskynsels te onthou? Ja,
dit is Almal Kan Kom Kuier Na Ons Op
Pêrelberg Vergader (het).
ASSESSERING Beantwoord die onderstaande vrae in jou werkboek. Raadpleeg die
boekie Afrikaans HT Graad 12 Hersiening K1_2020 indien jy vashaak.

1. Verdeel die woord kalorieë in lettergrepe. (1)


2. Watter klankverskynsel sal voorkom indien die woord gevaarliker
as gevaaliker uitgespreek word? (1)
3. Watter klankverskynsel kan by die uitspeek van die woord deur
voorkom? (1)
4. Skryf die diftong wat in die onderstaande sin voorkom, neer:
My rekenaar werk nie soos dit moet nie! (1)
5. Benoem die onderstreepte klank in die sin: Sjoe! Jy’s gelukkig,
Doekvoet. (1)
6. Watter soort klank is die ts- in tsaar? (1)
7. Verdeel die woord interessante in klankgrepe. (1)
8. Watter klankverskynsel sal voorkom indien ‘n mens die woorde in
die as innie uitspreek? (1)
9. Identifiseer die klank wat in onderstaande sin tydens uitspraak
moontlike ontronding kan ondergaan. Skryf die woord neer en
onderstreep die klank wat kan ontrond.
Sin: Luister na die volgende gediggie wat jou sal help om maniere
te leer.
10. Ravi, ek sit met ’n truksvy!
Skryf 'n woord uit bostaande sin neer waarin klankverspringing/
metatesis voorkom.
MEMORANDUM 1. ka+lo+rie+e (Die klankgrepe van die woord is ka+lo+ri+e)
2. Klankweglating
3. Ontronding
4. y (in My)
5. Vokaal/ klinker
6. Konsonant (affrikaat)
7. in+te+re+san+te
8. Assimilasie
9. luister
10. truksvy
KONSOLIDASIE Hier onder is ander maniere waarop vrae oor Klankleer in ’n eksamen
gestel kan word. Maak seker dat jy hierdie soort vrae verstaan en
korrek kan beantwoord:
• Identifiseer die onderstreepte klank in die woord …
• Verdeel die woord in lettergrepe/ klankgrepe of in lettergrepe
én in klankgrepe
• By watter woord kan (bv.) assimilasie voorkom?
• Skryf die woord neer wat deur (bv. ontronding) beïnvloed kan
word.
WAARDES Toewyding

You might also like