You are on page 1of 8

Kaapse kanarie Gedig vrae

1. Waaruit kan die lewer aflei dat die spreker ‘n boorling van die Kaap is?
2. Watter twee partye word na mekaar gestel in die gedig?
3. Watter stylfiguur word regdeur die gedig gebruik?
4. Die sintuie hoor en sing word in die gedig gebruik. Wat word die beeldspraak genoem?
5. Watter twee woorde is in kontras met mekaar?
6. In reel 2 vind ons (Alliterasie /Assonansie / Assimilasie)
7. In reel 8 vind ons (Alliterasie /Assonansie)
8. In reel 9 vind ons (Alliterasie / Assonansie / Beide)
9. Wat beteken ‘kwinkeleer’ r.8?
10. In die gedig word daar met die woorde ‘geelkeel sing’ gespeel. Verduidelik.

Antwoorde

1. Dialek
2. Die voël en die person
3. Enjambement
4. Sinestesie
5. Geluk teenoor Verdriet
6. Assimilasie
7. Alliterasie
8. Beide
9. Helder , met trillende klanke sing
10. ‘n Kanarie se keel is gee, en as hy sing tril sy keel.
Sprokie vir ‘n stadskind Gedig vrae

1. Waarom dink jy is daar geen sterre sigbaar nie?


2. Watter woorde in strofe 1 wys dat die stad vuil is?
3. Daar is 2 betekenisse van ‘n neonboog – verduidelik.
4. Wat moet die kind in strofe 2 gaan soek en wat sal die belonging wees?
5. Watter beeldspraak kom in reël 9 en 10 voor en verduidelik wat daarmee bedoel word.
6. In reël 11 vind ons die stylfiguur parentese. Definieer.
7. Haal ‘n reël aan uit die gedig wat beteken dat die persoon nie moet spyt wees nie.
8. Wat is die funksie van die elips in reël 19.
9. Hierdie gedig is ‘n lerieke. Waarom stem jy saam?
10. Wat noem jy dit as ‘n strofe 4 versreëls het?
11. Skryf die tipe rym neer wat by elke strofe gevind word.

Antwoorde

1. Omdat daar te veel liggies in die stad is, kan mens nie al die sterre sien nie.
2. Stof, Roet, Rook
3. Onnatuurlik is die al die neon / fluressent ligte van die stad.
Natuurlik is dit ‘n reënboog wat na ‘n goeie reëns verskyn
4. Die reënboog – ‘n skatkis met ou kettings gebind. “geluk”
5. Metafoor – hul vergelyk riviere met teer paaie en kranse met mure.
6. Wanneer ‘n digter ekstra inligting wil deurgee. Die inligting word e.m.v ‘n invoegging gedoen.
7. “kyk nie een maal om” r.18
8. Hy dink / droom wat die person als sal kry as hy by die land van blou saffiere kom. Of hy dink / droom oor
hoe dit daar lyk.
9. Omdat daar ‘n refrain is. R.9-12 en r.17-20
10. Kwatryn
11. Strofe 1 = gebroke rym
Strofe 2 = slagrym
Strofe 3 = kruisrym
Strofe 4 = Slagrym
Strofe 5 = kruisrym
As Lara glimlag Gedig vrae

1. Wie is die spreker in die gedig?


2. Watter wonderlike uitwerking het Lara se glimlag op die spreker in die eerste agt reels van die gedig?
3. Die spreker sê sy rugbytoks (rugbystewels) kry ‘vlerke’ as Lara glimlag. Wat bedoel hy Hiermee?
4. Is die hierdie beeld in vraag 3 ‘n vergelyking of ‘n metafoor? Verduidelik.
5. Watter woorde in die gedig rym?
6. Kies die korrekte antwoord. Die strofes van die gedig kan op die volgende maniere verdeel word:
a) Versreël 1-4; Versreël 5-8; Versreël 9-11 en reël 12 en 13
b) Versreël 1-11 en dan reël 12 en 13 (engelse sonnet)
c) Beide.
7. Dink jy die gedig het ‘n goeie einde? Verduidelik.
8. Hoe verander die toon van die gedig van die begin na die einde?
9. Wanneer iets oor en oor geskryf word, word dit _____ genoem.
10. Noem die suggestie van reël 12-13.
11. Gee die titel van die gedig.

Antwoorde

1. ‘n Skoolseun
2. Sy maak sy skooltas liger, sy maak wiskunde maklik vir hom sy veroorsaak da thy ‘n Shakespeare-gedig
verstaan, die grys skoolgebou ‘verdwyn’, en hy kan selfs van Maandae hou.
3. Hy bedoel hy kan vining hardloop.
4. Dit is ‘n metafoor, want in ‘n vergelyking sal die woord ‘soos’ of ‘nes’ voorkom, maar hier word die beeld van
stewels met vlerke gebruik, die stewels kan sommer vlieg.
5. Lig – gedig ; skoolgebou – hou ; voel - bedoel
6. C
7. (Leerder se eie antwoord) waarom dit ‘n goeie einde is of nie.
8. Eer is dit li gen gelukkig maar aan die einde is dit hartseer
9. Herhaling
10. Die spreker is verlief op Lara maar sy weet dit nie en dit maak hom hartseer.
11. As Lara glimlag.
UITVEëR Gedig vrae

1. Wie is die spreker in die gedig?


2. Wat wens sy in die eerste strofe?
3. Waarom gebruik sy die sinonieme “wegvat, uitwis, uitvee”?
4. Kies die regte antwoord: Die aanhaling: “ek kan my foute / uitvee soos ‘n spelfout in ‘n klaswerkboke” is
(personifikasie / ‘n vergelyking / ‘n metafoor).
5. Is die volgende stelling waar of onwaar? Motiveer
Sy is baie skaam oor haar foute.
6. As sy praat van foute in haar skoolboeke, bedoel sy dit letterlik of figuurlik. Motiveer.
7. Wat wens sy in strofe 2?
8. Waarom wens sy dit? Gee twee redes.
9. Wat word dit genoem as woorde alleen in ‘n versreël staan?
10. Wat is die funksie van hierdie woorde wat alleen in ‘n versreël staan?
11. Wat is die tema van die gedig?

Antwoorde

1. Die ‘ek’ / ‘n Mens, moontlik ‘n spreker van graad 12, wat foute gemaak het en dit uit haar/sy lewe wil vee.
(nie die digter nie!)
2. Sy/Hy wil haar/sy foute wegvat / uitvee / van hulle ontslae raak; sy wens sy kan dit doen.
3. Die drie woorde wil beklemtoon dat sy definitief van haar foute onslae wil raak.
4. Vergelyking
5. Waar – omdat sy dit so graag wil uitvee / verwyder / van vergeet.
6. Figuurlik. Sy praat van foute wat sy in haar lewe gemaak het.
7. Sy wens sy kon haar verlede (‘gister’) of dinge wat sy verkeerd gedoen het, regmaak of sorg dat dit uitgevee
word.
8. Moontlike antwoorde: Sodat die lelike woorde / goed wat sy gesê het het, amper heeltemal weg is.
Sy het miskien lelike goed aan mense gesê.
Sy wil vergeet wat gesê is.
Sy wil byvoorbeeld vriendskappe wat sy verloor het, probeer terugkry.
9. Alleenplasing
10. Die funksie van alleenplasing is om te beklemtoon.
11. Die spreker het iets gesê wat iemand baie seer gemaak het. Sy is spyt daaroor en hoop/wens sy kon die tyd
terugdraai en dit wegvat.
WISKUNDE Gedig vrae

1. Wat is die titel van die gedig?


2. Waaroor gaan die gedig?
3. Waarom is ‘vasgetangens’ in reël 2 ‘n goeie woordkeuse? (Wat word daarmee bedoel?)
4. As die digter met woorde speel, wat word dit genoem?
5. Noem die rym tipe wat in strofe 1 gebruik word.
6. Hoe lank is ‘n periode? Hoe weet ons dit?
7. Kies die regte antwoord… Die spreker sterf daagliks word letterlik / figuurlik gebruik.
8. Wat is die tipografie van die gedig? (strofe 2)
9. Van wie word daar in reël 4 gepraat?
10. Wat is die houding van die spreker teenoor die vak en die persoon in vraag 9 ?
11. Wat is die funksie van die ellips in reël 8 ?
12. Wie of wat imboliseer C in reël 9?
13. Wanneer ‘n woord meer as eenkeer gebruik word, word dit ____ genoem.
14. Gee die tempo van die gedig?
15. Wat gebruik die digter om te wys dat die spreker regtig alleen of eensaam is?
16. Hoe voel jy oor die vak wiskunde?

Antwoorde

1. Wiskunde
2. ‘n Leerder wat nie van die vak Wiskunde hou nie.
3. Tan – in trigonometrie word daar met sin, cos en tan gewerk.
Tang – ‘n gereedskap wat gebruik word om iets vas te knyp om op ‘n sekere plek te bly.
4. Woordspeling
5. Paarrym
6. 35 minute, die spreker sê so.
7. Figuurlik
8. ‘n Tipiese meetkunde som
9. ‘n Meneer of ‘n Juffrou wat wiskunde in die klas aanbied.
10. Negatief. Hy voel die vak sowel as die onderwyser is onbelangrik / vervelig. Leerder se eie logiese
antwoord.
11. Om die afstand aan te dui hoe hoog of hoe ver die middelloodlyn gaan.
12. Die spreker
13. Herhaling
14. Stadig
15. Alleenplasing
16. Leerder se eie antwoord.
Ek is oek important Gedig vrae

1. Skryf die titel uit in suiwer Afrikaans.


2. Wie is die digter?
3. Hoeveel versreëls is daar in die gedig?
4. Hoeveel strofes is in die gedig?
5. Skryf die volgende woorde in beter Afrikaans neer of verbeter die spelling
Gespendit, bananaskille, bustikkits, soes, borrels, cool drinks, soe, oek, important
6. Watter beeldspraak vind ons in reël 5-6?
7. Benoem die beeldspraak gevind in reël 15.
8. Beskryf die gedig se tipografie.
9. Gee die funksie van die dubbelpunt in reël 17.
10. Wat word die drie kolletjies (…) in reël 15 genoem?
11. Waarop dui die skoonmaker / spreker se slordige taalgebruik?
12. Watter woorde word geassimileer?
13. Waarom is die spreker ook belangrik.
14. Wie is deur die gedig aan die woord?

Antwoorde

1. Ek is ook belangrik.
2. Peter Snyders
3. 19
4. Twee
5. Ge-spandeer-het, piesangskille, buskaartjies, soos, bottels, koeldrank, so, ook, belangrik
6. Vergelyking
7. Tipografie
8. Dit lyk of die wind die papiere orals heen waai.
9. Dit gee ‘n samevatting of ‘n opsomming in die reëls wat volg.
10. Ellipse
11. Op ‘n slordige omgewing / wêreld
12. Innie (in die), maakie (maak die)
13. Omdat hy die omgewing skoon hou.
14. Die spreker / skoonmaker.
Beste vriende Gedig vrae

1. Wat is die tema van die gedig?


2. Wie is die digter?
3. Uit hoeveel strofes bestaan die gedig.
4. Watter woorde in die gedig rym met:
Musiek, laat, verveling
5. Skryf die definisie van ‘n Metafoor en ‘n Vergelyking neer sodat die verskil gesien kan word.
6. Wat is die rymskema en die rympatroon van die gedig.
7. Jy’s en jy’t- Daar is ‘n letter weggelaat by die twee woorde. Wat word dit genoem?
8. Gee twee woorde wat in kontras is met mekaar.
9. Gee enige twee woorde van jou eie om ‘n teenstelling te wys.
10. Watter tipe spreker is hier aan die woord?
11. Wat is die funksie van herhaling in reël 5,6,15 en 25?
12. Skryf ‘n voorbeeld van assonansie uit die gedig.
13. Skryf ‘n voorbeeld van alliterasie uit die gedig.
14. Kies die korrekte antwoord. Vier reels in ‘n vers word ‘n koeplet / tersien / kwatryn genoem.
15. Noem twee uiterlike verskille tussen die twee maats.
16. Haal ‘n reël in strofe 4 aan wat daarop dui dat die ek-spreker se maat goed is met syfers.
17. Is die volgende stellings WAAR of ONWAAR? Motiveer
a) Die ek-spreker is baie netjies
b) Die ek-spreker sal daarvan hou om Monopoly te speel.
Antwoorde

1. Dit gaan oor die twee vriendinne en hul verskille.


2. Jaco Jacobs
3. 7 (Sewe)
4. Musiek – fliek, laat – kwaad, verveling – tweeling
5. Metafoor – Net een beeld kom voor, die ander beeld word nie genoem nie, maar tog kan die leser self aflei
waarmee die beeld vergelyk word.
Vergelyking -twee beelde word direk met mekaar vergelyk, die woorde soos, nes, net soos word gebruik.
6. Rymskema – abcb die Rympatroon – Gebroke rym
7. Elisie
8. Lank-kort, sag-harde, regter-linker, geduldig-kwaad, vroeg-laat
9. Enige woorde wat antonieme is van mekaar
10. Ek-spreker
11. Om te beklemtoon
12. …is netjieser as joune
…skoolskoene is blinker
…gunstelingkos is sosaties wat gebraai is
…staan soggens vroe
13. …jy slaap graag laat
14. Kwatryn
15. Hare en hoogte
16. “Jy is goed met wiskunde”
17. Waar – my kamer is netjieser as joune
Onwaar – ek dink dis die toppunt van verveling.

You might also like