You are on page 1of 9

AFK2601/201/1/2019

Studiebrief / Tutorial 201/1/2019


Genre en tema

AFK2601
Semester 1

Departement Afrikaans &


Algemene Literatuurwetenskap

 
Hierdie studiebrief bevat inligting
oor Werkopdrag 01 en Werkopdrag 02 asook eksamenwenke vir Mei
2019 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
OOR HIERDIE STUDIEBRIEF

In hierdie module (AFK2601) skryf jy op 14 Mei 2019 ‘n eksamenvraestel. Ons het reeds die
eksamenwenke (wat ook in hierdie studiebrief verskyn) op die webtuiste vir AFK2601 geplaas. Hierdie
studiebrief bevat dus:

1. Terugvoer oor albei werkopdragte;


2. Riglyne vir die skryf van die eksamen.

Ons wil jou aanmoedig om aktief deel te neem op myUnisa. Dikwels kan ons dringende aankondigings
slegs via myUnisa onder jou aandag bring. Studente wat deelneem aan die gespreksforums het ook die
voordeel dat hulle vinnig terugvoer op hul vrae, en selfs hulp van medestudente, kry. Hou dus asseblief
die algemene webtuiste vir AFK2601 asook die blad van jou aangewese e-tutor dop vir belangrike
verwikkelinge rondom die module.

Maak verder asseblief ruimskoots gebruik van jou aangewese e-tutor. Ek kan dit nie genoeg
beklemtoon dat jy die e-tutorstelsel moet benut nie. Dis veral belangrik vir studente wat nie
moedertaalsprekers van Afrikaans is nie, aangesien daar nie by AFK2601 die opsie bestaan om sekere
vrae in Engels te mag beantwoord nie. Alle vrae moet slegs in Afrikaans beantwoord word. Die e-tutors is
baie behulpsaam en sal enige akademiese vrae effektief en professioneel beantwoord.

Daarbenewens kan jy enige akademiese en administratiewe navrae aan dosente rig (sien
kontakbesonderhede hieronder). Stuur verkieslik navrae skriftelik (per e-pos) eerder as telefonies, en
wees asseblief so spesifiek en so kort en kragtig as moontlik.

Ons wens jou alle sterkte en voorspoed toe.

Vriendelike groete
Dr Erika Lemmer

Kontakbesonderhede:

Dr Erika Lemmer Me Loraine van der Westhuizen


Telefoon: (012) 429 6371 Telefoon: (012) 429 6556
E-pos: lemmee@unisa.ac.za E-pos: vanderwesl1@unisa.ac.za

2
AFK2601/201

1. WERKOPDRAG 1 (LEEREENHEDE 1 en 2)

Hieronder volg die korrekte antwoorde vir werkopdrag 01:

1. [3] 16. [1]


2. [2] 17. [1]
3. [2] 18. [3]
4. [2] 19. [1]
5. [1] 20. [2]
6. [3] 21. [3]
7. [1] 22. [1]
8. [2] 23. [2]
9. [3] 24. [1]
10. [1] 25. [3]
11. [1] 26. [1]
12. [1] 27. [2]
13. [3] 28. [1]
14. [1] 29. [3]
15. [3] 30. [2]

2. WERKOPDRAG 2 (LEEREENHEDE 3 – 6)

Werkopdrag 2 het die studiemateriaal by leereenhede 3 tot 6 getoets, aangesien die werk by leereenhede
1 en 2 reeds in werkopdrag 1 aangespreek is. Ons verskaf hieronder slegs baie breë riglyne by die vier
werkopdragvrae (25 punte elk), aangesien daar in die letterkunde geen modelantwoorde is nie. Alle
antwoorde is deur die nasieners oorweeg. Let asseblief ook op die remediërende kommentaar wat die
nasiener by jou werkopdrag aangebring het.

LEEREENHEID 3 (25 punte)

3.1

3.1.1 Die digter as rockstar of net die digter of rockster/rockstar.


3.1.2 Die literêre gemeenskap of NP van Wyk Louw.
3.1.3 Gevestigde norme of gevestigde Afrikaanse literêre sisteem.
3.1.4 Gemengde taal/Engafrikaans/Kru taal/Vloekwoorde met gepaste voorbeelde.
3.1.5 Dit is ’n direkte toespeling op N P van Wyk Louw se gedig “Die beiteltjie”.
Die spreker ondermyn die gevestigde Afrikaanse poësiesisteem en Van
Wyk Louw se manier van dig. Met die “lugdrukboor” wil Marais die
gevestigde Afrikaanse poësietradisie in flarde skiet.

3.2

3.2.1 Die mevrou is ryk, terwyl die taxibestuurder minder welvarend is. Die mevrou
is wit terwyl die taxibestuurder swart is. Die mevrou is vroulik, terwyl die

3
taxibestuuder manlik is. Die mevrou aanvaar haar lot, terwyl die taxibestuurder
uitdagend is. Die vrou ry ’n BMW terwyl die taxibestuurder ’n taxi ry. Die vrou is kalm en die
taxibestuurder is aggressief.
3.2.2 Roekelose bestuur /hou nie by padreëls nie/Onaanvaarbare padgedrag/Swak maniere. Die
mevrou swenk voor die taxi in, terwyl die taxibestuurder verby die mevrou jaag en op haar ruit
spoeg. Julle kon hier ook slegs aanhalings verskaf het.

3.2.3 Die gedig beskik nie oor ’n vaste versvorm nie. Dit bestaan gewoon uit twee
strofes. Dit beskik nie oor ’n vaste rymskema nie. Daar is sprake van
eenheidskeppende elemente soos die rymwoorde.
3.2.4 Sy is al so gewoond aan alles dat sy eerder besluit om nie te reageer nie.
3.2.5 Hy het geen hoop meer nie en distansieer hom: “en hierso neem ek my
afrit”, “ons gaan dit nie haal nie” en “ons land is gefok”
3.2.6 Die gedig is in gewone Standaardafrikaans/Gespreksafrikaans geskryf/’n sterk
gesprekstrant/praattoon is aanwesig/Engafrikaans/krutaal. Hier is voorbeelde soos “ons gaan
dit nie haal nie”, “ons land is gefok”, “Road Racer” ens.

LEEREENHEID 4 (25 punte)

4.1

4.1.1 Die spreker se vriendekring wat uit sewe tienermeisies bestaan.


4.1.2 Katie is verantwoordelik, fluks en doen altyd haar skoolwerk, terwyl die res van die
kliek haar huiswerk afskryf. Katie is godsdienstig terwyl die kliek ’n bespotting.
van godsdiens maak. Katie is slim/intelligent, terwyl die res minder slim is. Katie se ouers kyk
beter na haar as die vriendinne se ouers.
4.1.3 Kaapse Afrikaans word gebruik en sy meng haar taal (Engelse woorde word
gebruik). Voorbeelde van Kaapse Afrikaans: “hettie”, “voorrie” en “gan.
Voorbeelde van taalvermenging: “gecopy” “geworry”.
4.1.4

 Die gedig vertel ’n storie. Die storie oor hoe Katie aan haar einde kom, word
vertel.
 Die gedig beskik oor ’n vryer of losser vorm. Die gedig bestaan uit vier strofes
van verskillende lengtes.
 Alledaagse praattoon word gehandhaaf. Die gedig klink soos ’n alledaagse
gesprek. Engelse woorde soos “gecopy” en “geworry: beklemtoon die
gesprekstrant in die gedig
 Sterk beelde kom voor. Die slotreël waar Katie se ma sewe snye brood bring
vir ’n kliek van ses.
 Vermenging tussen beeldgebruik en vertelling vind plaas. Die spreker vertel
die storie van Katie maar wissel dit in die slotreël af met ’n sterk beeld.
 Narratiewe verse is gewoonlik lank. Die gedig is redelik lank en bestaan uit
vier strofes.
 Verhale funksioneer as metafore. Die storie oor Katie se dood dien as metafoor
vir die kompleksiteit van groepsdruk (’n tipiese tienerprobleem).

4.2

4
AFK2601/201

4.2.1 Hy is ’n vriend van haar.


4.2.2 “seriously”, “details” ens.
4.2.3 Ja, want Shaun se lewensverhaal vanaf kleintyd tot sy afsterwe word vertel.

4.2.4

 Gesinsgeweld/vrouemishandeling: “jou ma aan haar arm gegryp” (ook ander voorbeelde uit
die eerste strofe)
 Armoede: “onder die subway op Wyn/bergstasie te slaap”, voor Kentucky
gelê en slaap/om net kinda naby kos te wies”.
 Dwelmmisbruik: “mense sê die problem is die drugs”, “drug-related charge” , “gang-related
dwelms”.
 Bendes/bendegeweld: “gang related dwelms”.
4.2.5 Intelligent, skepties, bitter, kunssinnig, kreatief, beskik oor deursettingsvermoë.
4.2.6 Die omstandighede rondom Shaun se dood is duister. Mense dink altyd wat
hulle wil en vertel skinderstories. Die spreker sal nie hierna luister nie en
haar eie besluite neem.

LEEREENHEID 5 (25 punte)

5.1

5.1.1

 “’n ligvoetse/onderwaterse ballet” – die swembewegings van die krokodil


word met ’n balletdanser vergelyk
 “in ’n komieklike/lomp waggel – die bewegings van die krokodil lyk snaaks
 “met sy antieke/tydlose gryns – die verwys na die bek van die krokodil; mens
assosieer nie eintlik krokodille met ’n grynsende glimlag nie
 “sy lê haar eiers slu” – sluheid is ’n menslike eienskap
 “sluwe maraboe” – sluheid is ’n menslike eienskap
 “snoeperige snawel” – slegs mense word as snoeperig beskryf

5.1.2
Eerste komponent van vraag
Die hele gedig fokus op die krokodil in sy natuurlike staat, maar die slotstrofe dui op die kunsmatige.
Die gedig fokus op die ekologiese waardering vir die krokodil wat as ’n sterk en magtige roofdier
uitgebeeld word, maar in die slotstrofe val die fokus op die vernietiging van die krokodil deur die
mens. Die mens (menslike aktiwiteite) is afwesig in die gedig (die fokus val uitsluitlik op diere in hul
natuurlike habitat) maar die mens is wel aanwesig in die slotstrofe.

Tweede komponent van vraag


Die spreker spreek kritiek uit deur van ironie gebruik te maak. Dit is in die slotstrofe duidelik wat
met die krokodil gebeur het – hy het ’n krokodilvelhandsak geword. Die bek van die krokodil maak
nie meer oop en toe om prooi te vang nie (belangrik vir krokodil se natuurlike oorlewing) maar dit
is “vervang” deur die kunsmatige ooprits van ’n handsak waarin vrouens “allerlei kleinighede” bêre.
Daar is inderdaad niks besonders hieraan nie. Die krokodil bestaan nie meer nie/lewe nie meer
nie, die swaar en gewigtige krokodil het “iets ligs” (onbelangrik) geword ter wille van die mens se
ydel behoeftes.
5
5.2
KENMERK 1: Eerstens handel die gedig oor een spesifieke spesie. Ons kan dit uit die tweede
versreël aflei. Hieruit word dit duidelik dat die gedigtitel (“Die plaag”) spesifiek na die Indiese spreeu
verwys.

KENMERK 2: Die fokus op die unieke fisieke en gedragseienskappe van die Indiese spreeu. Die
spreker verwys na hul “skerp bekke” en beskryf hul pote en snawel as “gillend geel”. Die spreker
beskryf hul lywe (“rompe”) as “ligniet vuilbruin”. Die spreker beskryf die gewoontes van die Indiese
spreeu uiters negatief. Hulle is baie raserig soos ons kan aflei uit: “kap en sny/hulle met hulle
skerp/bekke die omringende/stilte/stukkend.” Die feit dat Indiese spreeus ’n bedreiging vir ander
spesies inhou, blyk uit die vierde strofe: “en oefen op die vroom/waaierstertduiwe/’n duiwelse invloed
uit -”.

KENMERK 3: Gaan om die natuurlike aard van die spesie. Enige van die voorbeelde by kenmerk
2. Ook ander voorbeelde in die gedig.

KENMERK 4: Verwondering of waardering word uitgespreek teenoor die spesie. In hierdie gedig
is geen sprake van verwondering nie. Die spreker haat die Indiese spreeus en beskou hulle as ’n pes.
’n Mens kan wel beweer dat hier sprake van verbasing en verstomming is. Die spreker kan nie glo dat
die spreeus so onbetaamlik is nie.

KENMERK 5: Die digter beskik oor natuurwetenskaplike kennis, maar dit word met poëtiese
tegnieke vermeng. Kyk na die voorbeelde by kenmerk 2 en 3. Let verdere op vergelykings, metafore
en personifikasie.

KENMERK 6: Die spesievers is nie ’n kliniese natuurwetenskaplike verslag nie. Alhoewel die
gedig baie verifieerbare inligting oor die Indiese spreeu verskaf, is dit nie ’n natuurwetenskaplike
verslag nie, omdat daar sprake is van “poëtiese ingrepe” (Lemmer, 2012:182) en “digterlike
intervensie” (Lemmer, 2012:182). Spesifieke voorbeelde hiervan is vergelykings soos “Hulle
skreeu/soos skollies op mekaar,”en funksionele aanwending van klankpatrone soos alliterasie: “gillend
geel” en “stilte/stukkend”.

KENMERK 7: Die spesievers beskik oor uiterlike kenmerke. Titel=volksnaam,


subtitel=wetenskaplike naam. Daar word nie aan hierdie kenmerk voldoen nie, want die titel sê
gewoon “Die plaag”.

Die verduideliking moet in elkeen van hierdie gevalle aan ‘n kenmerk gekoppel word om punte te
verdien.

LEEREENHEID 6 (25 punte)

6.1
6.1.1 Dit is ’n filosofiese en kulturele beweging vanaf die vroeë 20ste eeu en het onstaan weens groot
veranderinge in die Westerse samelewing. Geen punte is toegeken as jy woordeliks uit die Wikipedia-
artikel (in Engels) afskryf nie. As jy die inligting direk weergee in Afrikaans is dit aanvaarbaar.
6.1.2 Ontwikkeling van industriële gemeenskappe, vinnige groei van stede, reaksies op die Eerste
Wêreldoorlog. Geen punte is toegeken vir Engelse antwoorde nie.
6.1.3 Henri Matisse, Georges Braque, André Derain, Raoul Dufy, Maurice de Vlaminck,
Pablo Picasso, Paul Cezanne. Daar is nog baie wat in die artikel vermeld word.
6
AFK2601/201

6.1.4 Friedrich Nietzsche, Husserl, Henri Bergson.


6.1.5 Etienne Leroux, Jan Rabie, Breyten Breytenbach, Chris Barnard, André P.
Brink, Bartho Smit.
6.1.6 Die seksuele, buitestanderfiguur, die mens se bestaan, twyfel in geloof/vaste
Sisteme.

6.2

Omskrywing
Betrokke literatuur spreek sosiale ongeregtighede aan en lewer kommentaar op politieke en ekonomiese
ongelykhede. Dit is werk wat ook veral in ’n realistiese styl geskryf word. Meelewendheid/naasteliefde
speel ’n rol.

Voorbeelde uit “Sop vir die sieke”

- Die twee vrouens is van verskeie rasse, maar bied steeds naasteliefde aan mekaar.
- Rensie kom in opstand teen die gemeenskap se eng opvattinge oor ras en seksualiteit
- Die verhaal speel in die apartheidstyd af toe dit nie aanvaarbaar was vir mense van verskillende
rasse om te meng nie. Die verhaal ondermyn die voorgeskrewe reëls van Apartheid.
- Sofietjie versorg vir Rensie – op die manier toon sy meelewendheid, die twee vroue is op mekaar
aangewese ten spyte van die feit dat hulle aan verskillende rasse behoort.
- Rensie se wens om langs Sofietjie begrawe te word ondermyn die apartheidstelsel.

6.3

Karakter

- Mia is die hoofkarakter in beide verhale, maar in “Die Sneeukoningin” is sy ouer.


- In beide verhale word Mia as onbeholpe geskets.
- Mia groei as karakter. Sy word wyser.
- Mia toon in beide verhale deursettingsvermoë. Sy probeer steeds al sukkel sy om sekere dinge baas te
raak.

Tema

- In “Ons probeer harder” speel die liefdesverhouding met ’n man (Nick) ’n belangrike rol. Dieselfde
gebeur in “Die sneeukoningin” met Andries maar die verskil is dat in “Die Sneeukoningin” sprake is dat
Mia tot beter insigte kom oor haar verhoudings met mans (sy kom minder broos voor); die
afslag/verminking van die voël word metafories vir die potensiële opbreek van haar verhouding met
Andries. Dit is om hierdie rede dat sy hom merk.
- Daar is sprake van opoffering – in “Ons probeer harder” offer Mia haarself op en in “Die sneeukoningin”
is dit Andries wat baie opofferings maak en “donners goed” is vir Mia.
- Kos speel in beide verhale `n rol. In “Ons probeer harder” word dit duidelik dat Mia se ma nie ’n goeie
kok is nie. Mia is ook nie ’n goeie kok nie want sy verbrand die aartappels by haar verjaarsdagpartytjie.
Dit sluit aan by haar mislukte verhouding met Nick. In “Die sneeukoningin” berei Mia ’n bevrore eend voor.
Sy sukkel om die binnegoed uit te kry. Teen die einde van die verhaal merk sy vir Andries met die bloed
sodat sy die mooi oomblik kan onthou. Hier is sprake dat groei plaasgevind het en miskien dat Mia tot
ander insigte oor haar verhouding met Andries kom. In “Ons probeer harder” toon sy min insig in haar
verhouding met Nick, sy kom in hierdie verhaal baie naïef voor.
7
- Onskuld en suiwerheid kom in beide verhale voor. Vergelyk die verwysings na wit in beide verhale.
- In beide verhale word Mia as emosioneel labiel geskets (tekens van versteurde gemoed en depressie).

Julle moes hier genoeg geskryf het om 10 punte te verdien. Dit gaan spesifiek oor karakter en tema. GEEN
plagiaat uit die Botes/Cochrane-artikel of die studiegids is toelaatbaar nie.

3. EKSAMENWENKE (MEI 2019)


 
Die eksamenvraestel vir 14 Mei 2019 bestaan uit 5 verpligte vrae van 20 punte elk wat beantwoord moet
word vir ‘n totaal van 100 punte. Vraag 1 bestryk leereenhede 1 en 2, vraag 2 handel oor leereenheid 3,
vraag 3 oor leereenheid 4, vraag 4 oor leereenheid 5 en vraag 5 oor leereenheid 6. Die tydsduur van die
vraestel is 2 ure en jy moet jou tyd verstandig tussen al die vrae indeel.

Die beste voorbereiding vir die eksamen is om te konsentreer op die spesifieke tekste wat ons hieronder
uitsonder, maar ook om jou bestaande werkopdragantwoorde vir beide werkopdragte aan te suiwer met
die res van die inligting in die 201-studiebrief en gids. Let verder ook op die kommentaar wat deur die
buitenasiener op jou tweede werkopdrag verskaf is.

Jy hoef slegs die tekste wat hieronder aangedui word, voor te berei vir die eksamen. Die volgende
gedigte/kortverhale kom in opdrag 2 én die eksamenvraestel voor:

- “Die digter as rockstar” – Loftus Marais (word in gids behandel)


- “Shaun” – Ronelda Kamfer (word in gids behandel)
- “Krokodil” – Johann de Lange (word NIE in gids behandel nie)
- “Die plaag” – Ina Rousseau (word in gids behandel)
- “Sop vir die sieke” – Hennie Aucamp (word NIE in gids behandel nie)
- “Ons probeer harder” en “Die sneeukoningin” van Willemien Brümmer (word nie pertinent in gids
behandel nie)

Daar is egter ook NUWE gedigte in die eksamenvraestel wat nie in opdrag 2 gevra is nie. Dit is:

- “Relaas van die tuindwerg” – Loftus Marais (word in gids behandel)


- “OD2” – Ronelda Kamfer (word in gids behandel)

DUS: alle tekste word in die gids behandel behalwe “Krokodil”, “Sop vir die sieke” en die twee Brümmer-
verhale. Alle tekste verskyn ook as bylaag in die eksamenvraestel behalwe die twee Brümmer- verhale.

Gaan soos volg te werk met die oog op jou eksamenvoorbereiding:

Leereenheid 1 en 2: Bestudeer leereenheid 1 en 2 vir meervoudigekeusevrae. Hersien opdrag 1 (sien


korrekte antwoorde in studiebrief 201).

Leereenheid 3: Berei deeglik die volgende twee gedigte van Loftus Marais voor: “Die digter as rockstar”
en “Relaas van die tuindwerg”. Beide word in die studiegids behandel. Sorg dat jy die kenmerke van Loftus
Marais se digkuns uit die individuele gedigte kan aflei en met voorbeelde uit die gedigte kan staaf. Kyk
weer na opdrag 2 en bestudeer leereenheid 3.

Leereenheid 4: Berei deeglik die volgende twee gedigte van Ronelda Kamfer voor: “Shaun” en “OD 2”.
Beide word in die studiegids behandel. Sorg dat jy die kenmerke van Ronelda Kamfer se digkuns uit die
individuele gedigte kan aflei en met voorbeelde uit die gedigte kan staaf. Kyk weer na opdrag 2 en
bestudeer leereenheid 4.

Leereenheid 5: Berei deeglik “Krokodil” (Johann de Lange) en “Die plaag” (Ina Rousseau) voor.
Konsentreer veral op die kenmerke van die spesievers. Bestudeer leereenheid 5 en hersien opdrag 2.

8
AFK2601/201

Leereenheid 6: Bestudeer die artikel van Botes en Cochrane (2011) (Deel 1) onder “Additional resources”
vir kortvrae. Hersien opdrag 2 en bestudeer leereenheid 6. Berei die volgende verhale voor: “Sop vir die
sieke” (Hennie Aucamp”; teks aangeheg in eksamen), “Ons probeer harder” en “Die sneeukoningin” van
Willemien Brümmer (laasgenoemde twee tekste nie aangeheg by die eksamenvraestel nie).

You might also like