You are on page 1of 5

WERKOPDRAG 02 (S1)

Sperdatum: 17 April 2024 (23:00)


Unieke nommer: 541065

Werkopdrag 02 handel oor leereenheid 3, 4, 5 en 6 in die studiegids. Die werkopdrag


bestaan uit vyf vrae en tel 100 punte in totaal:

Vraag 1 (leesstuk): 15 punte


Vraag 2 (leereenheid 3): 20 punte
Vraag 3 (leereenheid 4): 20 punte
Vraag 4 (leereenheid 5): 25 punte
Vraag 5 (leereenheid 6): 20 punte
Totaal: 100 punte

Beantwoord al die vrae in Afrikaans.

Die e-reserwes is beskikbaar by http://oasis.unisa.ac.za/search/r.

Hierdie werkopdrag kan slegs via myModules ingehandig word. As jy gereed is om jou
antwoordstel in te handig, gaan na myModules, navigeer na die moduleblad AFK2601-24-
S1, en klik op “Assessment 2” in die kiespaneel aan die linkerkant:

Onthou dat jou antwoordstel in PDF-formaat ingehandig moet word.

1
Vraag 1 (leesstuk)

Lees Riana Scheepers se hoofstuk, “Die kortverhaal se uitgebreide familie” (2012:69-73). Dit
is op die biblioteek se e-reserwes beskikbaar. Kies EEN van die volgende subgenres wat
Scheepers bespreek: skets, anekdote of fabel. (Die essay, vinjet, gelykenis en sprokie is
NIE ʼn opsie nie.)

1.1 Skryf nou jou eie skets OF anekdote OF fabel. Jou antwoord moet 150-250 woorde lank
wees en moet duidelik ooreenstem met die definisie wat Scheepers gee. (10)

1.2 Watter subgenre het jy gekies? (1)

1.3 Verduidelik hoe jou kreatiewe skryfstuk aan Scheepers se definisie van die betrokke
subgenre voldoen. Gee ʼn gepaste aanhaling (of aanhalings) uit Scheepers (2012) met
gepaardgaande voorbeeld(e) uit jou skryfstuk om jou antwoord te staaf. (4)

Subtotaal: Vraag 1: [15]

Vraag 2 (leereenheid 3)

Bestudeer leereenheid 3 in die studiegids. Hierdie leereenheid handel oor die digkuns van
Loftus Marais.

2.1 Bespreek twee van Loftus Marais se literatuuropvattings (poëtikale beskouings). (4)

Vraag 2.1: [4]

2.2 Bestudeer die gedig “Fabulisha de la Queillerie maak reg vir die dag” van Loftus Marais.
Die gedig is op die e-reserwes beskikbaar. Beantwoord die volgende vrae oor die gedig.

2.2.1 Na watter historiese figuur in die Suid-Afrikaanse geskiedenis verwys die titel? (1)

2.2.2 Watter Suid-Afrikaanse stad kom in die gedig ter sprake? (1)

2.2.3 Die gedig is kenmerkend van Loftus Marais se spesifieke digterlike taalgebruik. Noem
twee kenmerke van Loftus Marais se taalgebruik en verskaf ʼn duidelike aanhaling uit die
gedig as voorbeeld van elkeen van die kenmerke. (4)

2.2.4 Een van die kenmerke van Loftus Marais se digkuns is die uitdaging van
heteronormatiwiteit en gevestigde idees oor gender. Bestudeer afdeling 3.9 en 3.9.1 (bl.
73-76), Aktiwiteit 9 (bl. 80-82) en afdeling 3.9.8 (bl.82-83) in die studiegids. Verduidelik in
200-250 woorde waarom Fabulisha de la Queillerie se genderprofiel gevestigde idees oor
gender uitdaag. Gee in jou antwoord aandag aan geslag, genderidentiteit en
genderuitdrukking. Lig jou antwoord telkens toe met gepaste voorbeelde uit die gedig. (6)

2
2.2.5 ʼn Ander kenmerk van Loftus Marais se digkuns is dat hy gewone dinge vreemd maak
deur ʼn andersoortige perspektief te bied op die samelewing. Bespreek hierdie stelling deur
spesifiek te verwys na die laaste drie versreëls in die gedig. (4)

Vraag 2.2: [16]

Subtotaal: Vraag 2: [20]

Vraag 3 (leereenheid 4)

3.1 Bestudeer leereenheid 4 in die studiegids. Die leereenheid handel oor die digkuns van
Ronelda Kamfer. Beantwoord die volgende vrae.

3.1.1 Wat is die titel van Ronelda Kamfer se debuutbundel? (1)

3.1.2 Waarom was die publikasie van Ronelda Kamfer se debuutbundel ʼn belangrike
gebeurtenis in die Afrikaanse letterkunde? (1)

3.1.3 Wat is die titel van Ronelda Kamfer se tweede digbundel? (1)

Vraag 3.1: [3]

3.2 Bestudeer die gedig “kliek van sewe” van Ronelda Kamfer. Die gedig is op die e-reserwes
beskikbaar. Beantwoord die volgende vrae:

3.2.1 Noem enige twee verskille tussen Katie en die res van die meisies in haar
vriendekring. (2)

3.2.2 Wat het uiteindelik met Katie gebeur? (1)

3.2.3 Watter uitwerking het dit wat met Katie gebeur het op haar vriendekring gehad? (1)

3.2.4 Dink jy dat Katie se ma ooit dit wat met haar dogter gebeur het kon verwerk? Motiveer
jou antwoord deur die laaste twee versreëls van die gedig in jou eie woorde te interpreteer.
(3)

3.2.5 Identifiseer twee kenmerke van Ronelda Kamfer se digterlike taalgebruik wat
voorkom in “kliek van sewe”. Gee telkens ʼn gepaste aanhaling uit die gedig om jou
antwoord te ondersteun. (4)

3.2.6 Ronelda Kamfer dig dikwels oor spesifieke sosiale probleme. Noem twee sosiale
probleme wat in “kliek van sewe” ter sprake kom. (2)

3
3.2.7 Noem en bespreek twee redes waarom ons “kliek van sewe” as ʼn narratiewe gedig
kan beskou. Lig jou antwoord toe met relevante voorbeelde uit die gedig. (4)

Vraag 3.2: [17]

Subtotaal: Vraag 3: [20]

Vraag 4 (leereenheid 5)

Skryf ʼn literêre essay (akademiese opstel) van 1000-1200 woorde oor die volgende
onderwerp:

Bespreek “Welwitschia mirabilis” van Fanie Olivier as ʼn voorbeeld van ʼn spesievers.

Punte vir die opstel sal soos volg toegeken word:

Inleiding 3

Teoretiese bespreking van die spesievers 7

Toepassing van die teoretiese bespreking van 7


die spesievers op die gedig

Slot/gevolgtrekking 3

Bronverwysing (in-teks en bibliografie) 3

Taalversorging en akademiese styl 2

Totaal 25

Subtotaal: Vraag 4: [25]

Vraag 5 (leereenheid 6)

5.1 Bestudeer die verhaal “Skerwe” in jou voorgeskrewe boek, Die dag toe ek my hare
losgemaak het deur Willemien Brümmer. Beantwoord die volgende vrae wat op hierdie verhaal
gebaseer is.

5.1.1 Gee in jou eie woorde ʼn kort opsomming van die verhaalgebeure. (3)

5.1.2 In watter ruimte speel hierdie verhaal af? (1)

5.1.3 Waarom bevind Mia haar in hierdie ruimte (antwoord by 5.1.2)? (1)

5.1.4 Watter ander familielid van Mia ly aan dieselfde siekte as sy? Gee ʼn aanhaling uit die
verhaal om jou antwoord te staaf. (2)

4
5.1.5 Verklaar die verhaaltitel, “Skerwe”, binne die konteks van die verhaal. Met ander
woorde, waarom dink jy is die titel van hierdie verhaal juis die woord skerwe? (3)

Vraag 5.1: [10]

5.2 Bestudeer die verhaal “Het jou!” in jou voorgeskrewe boek, Die dag toe ek my hare
losgemaak het van Willemien Brümmer. Bespreek waarom “Het jou!” as ʼn voorbeeld van
betrokke literatuur gesien kan word. (10)

Vraag 5.2: [10]

Subtotaal: Vraag 5: [20]

TOTAAL: WERKOPDRAG 02: [100]

You might also like