You are on page 1of 23

AFRIKAANS

EERSTE ADDISIONELE TAAL

VRAESTEL 2

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT
GRAAD 12

FEB/MAART 2020

TOTAAL: 70
TYD: 2 URE

HIERDIE VRAESTEL BESTAAN UIT 23 BLADSYE


NSS FEB/MAART: AFRIKAANS EAT VRAESTEL 2 2020

NASIONALE SENIORSERTIFIKAAT
FEB/MAART 2020
AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
VRAESTEL 2: LETTERKUNDE

TOTAAL: 70 TYD: 2 URE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Lees AL die instruksies voordat jy die vrae beantwoord.


2. Moenie die hele vraestel deurlees nie.
3. Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help.
4. Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:
AFDELING A: Roman (35)
AFDELING B: Drama (35)
AFDELING C: Kortverhale (35)
[Doen ALBEI kortverhale indien jy hierdie afdeling behandel het.]
AFDELING D: Gedigte (35)
[Doen ALBEI gedigte indien jy hierdie afdeling behandel het.]
5. Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en dui die vraagnommer van die TWEE
letterkundetekste wat jy behandel het, aan.
6. Lees die vrae oor hierdie TWEE tekste wat jy behandel het en doen die volledige
kontekstuele vraag.
7. Beantwoord die vrae uit TWEE afdelings wat jy behandel het.
8. Begin ELKE afdeling op ’n nuwe bladsy.
9. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
vraestel gebruik word.
10. Laat ’n reël oop na elke antwoord.
11. Voorgestelde tydsindeling: ongeveer 60 minute per afdeling / vraag.

© SACAI KOPIEREG Bladsy 2 van 23 Blaai om asseblief


NSS FEB/MAART: AFRIKAANS EAT VRAESTEL 2 2020

INHOUDSOPGAWE

Kies TWEE afdelings.

AFDELING A: ROMAN

Beantwoord die vraag.

VRAAGNOMMER VRAAG PUNT BLADSYNOMMER

1. Die Pro – Leon de Villiers Kontekstuele 35 punte 5 – 9


vraag

OF

AFDELING B: DRAMA

Beantwoord die vraag.

VRAAGNOMMER VRAAG PUNT BLADSYNOMMER

2. Fiela – die drama Kontekstuele 35 punte 10 – 14


vraag

OF

AFDELING C: KORTVERHALE

Beantwoord ALBEI vrae.

VRAAGNOMMER VRAAG PUNT BLADSYNOMMER

3.1 ’n Beter lewe vir Mams – Kontekstuele 17 punte 14 – 16


Otto-Sallies Zulfah vraag

3.2 Violetta – Ria Smuts Kontekstuele 18 punte 16 – 18


vraag

OF

AFDELING D: GEDIGTE

Beantwoord ALBEI vrae.

VRAAGNOMMER VRAAG PUNT BLADSYNOMMER

4.1 Thumela – Elmé Barnard Kontekstuele 18 punte 19 ‒ 20


vraag

4.2 Things that go bump in the Kontekstuele 17 punte 21 ‒ 23


night – Rosa Keet vraag

© SACAI KOPIEREG Bladsy 3 van 23 Blaai om asseblief


NSS FEB/MAART: AFRIKAANS EAT VRAESTEL 2 2020

KONTROLELYS
Gebruik die onderstaande kontrolelys om te kontroleer of jy al die nodige vrae beantwoord het.
AFDELING VRAAGNOMMER GETAL VRAE MERK
BEANTWOORD √
A: Roman
1 1
(Konteksvraag)
OF
B: Drama
2 1
(Konteksvraag)
OF
C: Kortverhale
3 .1 – 3.2 2
(Konteksvraag)
OF
D: Gedigte
4.1 – 4.2 2
(Konteksvraag)

LET WEL: Maak seker dat jy slegs TWEE afdelings se vrae beantwoord het.

© SACAI KOPIEREG Bladsy 4 van 23 Blaai om asseblief


NSS FEB/MAART: AFRIKAANS EAT VRAESTEL 2 2020

AFDELING A: ROMAN
VRAAG 1
DIE PRO – Leon de Villiers
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 28 Julie
2 Ek weet nie hoekom hou ek aan om hierdie goed vir jou te skryf nie. As ek net
3 kan ophou! As ek net met my lewe kan aangaan! Miskien as ek met iemand kon
4 praat, sou dit ook gewerk het. Miskien as ek net vir iemand kon sê dat ek nie ’n
5 vink se idee het wat hier aangaan nie. Maar vir wie?
6 Is daar goed wat ek verkeerd gedoen het? Word ek gestraf vir dinge
7 waarvan ek al vergeet het? Ek weet wragtig nie. Daar is net mooi niks wat vir
8 my sin maak nie.
***
9 29 Julie
10 Net my mond hou en aangaan. Net maak asof niks gebeur het nie. Niks!
11 “Duck en dive, pel. Dit is hoe ’n ou die lewe vat. Duck en dive.”
12 Konsentreer op iets anders. Net nie daaraan dink nie.
13 Was net ’n vraag. Net ’n doodgewone vraag. Niks meer nie. Sy sal nie
14 weet nie. Net ’n kommin vraag.
***

15 As ek net geweet het. Maar Ma het aanhou neuk ek moet gaan kyk of

16 alles orraait is. Hoekom doen sy nie self haar vuilwerk nie. Hoekom moet sy

17 altyd almal se lewens reël? Ek wens sy wil net ophou daarmee.

***

18 Hoekom het ek nie net geklop en toe weer geloop nie? Hoekom nie? Vir

19 wat het ek daar ingegaan? Vir wat?

20 Alles was vol bloed.

© SACAI KOPIEREG Bladsy 5 van 23 Blaai om asseblief


NSS FEB/MAART: AFRIKAANS EAT VRAESTEL 2 2020

1.1 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die
vraagnommer (1.1) en die antwoord neer.

Die datums, byvoorbeeld 28 Julie, word gegee omdat hierdie roman as ’n


(geskiedenisvertelling / dagboekinskrywings) geskryf is. (1)

1.2 “Ek weet nie hoekom hou ek aan om hierdie goed vir jou te skryf nie.”
(Reël 2)

1.2.1 Wie is die “ek” wat hier skryf? (1)

1.2.2 Aan wie skryf hierdie persoon? (1)

1.2.3 Waarom is dit vir die spreker vreemd dat hy nog aan hierdie
persoon skryf? (1)

1.3 “As ek net met my lewe kan aangaan!” (Reël 3)

Waarom sukkel die spreker om met sy lewe aan te gaan? (1)

1.4 “Miskien as ek net met iemand kon praat, sou dit ook gewerk het.”
(Reël 3–4)

Waarom voel die spreker hy kan met niemand praat nie? (1)

1.5 Voltooi die volgende sin. Gebruik die woorde uit die lys hieronder. Skryf
slegs die vraagnommer (1.5.1‒1.5.2) en die KORREKTE antwoord neer.
verwardheid; skuldgevoelens
Wanneer die spreker in reël 6 vra “Is daar goed wat ek verkeerd gedoen
het?” dui dit op die skrywer se (1.5.1) ... .

As die spreker sê “Daar is net mooi niks wat vir my sin maak nie.” (reël 7‒8)
dui dit op die spreker se (1.5.2) ... . (2)

1.6 “Net maak asof niks gebeur het nie. Niks!” (Reël 10)

1.6.1 Iets het wel gebeur. Wat het gebeur? (2)

1.6.2 Waarom wil die spreker liewer maak asof niks gebeur het nie? (1)

1.7 “Duck en dive, pel. Dit is hoe ’n ou die lewe vat. Duck en dive.” (Reël 11)

1.7.1 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die
vraagnommer (1.7.1) en die antwoord neer.

Hierdie spreekbeurt pas (chronologies / achronologies) in by die


tydsverloop van die roman. (1)

1.7.2 Dink jy dis aanvaarbaar dat die spreker Engelse woorde soos
“duck”, “dive” en “pel” gebruik? Motiveer jou antwoord. (1)

© SACAI KOPIEREG Bladsy 6 van 23 Blaai om asseblief


NSS FEB/MAART: AFRIKAANS EAT VRAESTEL 2 2020

1.8 “As ek net geweet het.” (Reël 15)

Wat het die spreker nie geweet nie? (1)

1.9 “Hoekom doen sy nie self haar vuilwerk nie.” (Reël 16)

1.9.1 Watter ‘vuilwerk’ moes die spreker gaan doen? (1)

1.9.2 Wat het op die spreker gewag nadat hy aan die deur geklop het? (1)

1.10 Dink jy dis aanvaarbaar dat Tiaan se ma die hele tyd oor Tiaan bekommerd
is?

Motiveer jou antwoord. (1)

[17]

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 As jy nie so flippen hardkoppig was nie, kon jy nou nog geleef het! Maar
2 toe drop jy my. Drop my solied. Wie moet agterbly en verduidelik? Nie jy nie.
3 Ek!
4 Hoekom moes jy altyd so afshow? Hoekom altyd so windgat wees by
5 die ander? Hoekom het jy nie maar net opgehou daardie dag nie?
***
6 2 Augustus
7 Kan ’n mens dan niemand vertrou nie? Die see? Mense? God? Niemand nie?
***
8 Genetika
9 9 Oktober
10 Yvette het saam met James matriekafskeid toe gegaan en ek moet sê,
11 sy het regtig mooi gelyk in daardie blou rok. Dit laat haar oë nog blouer lyk.
12 Hermann het daar by hulle tafel bedien. Toe ek besef dat ek by Kruiwa se tafel
13 beland, het ek Hermann gesmeek om te ruil, maar die sadis wou niks weet

14 nie. Van sadiste gepraat, ek het toe weer die eerste keer in weke iets gehoor

15 van Geyer.

***

© SACAI KOPIEREG Bladsy 7 van 23 Blaai om asseblief


NSS FEB/MAART: AFRIKAANS EAT VRAESTEL 2 2020

16 30 Oktober

17 Hoekom ons al in graad elf hierdie voortplanting van die mens moet leer, weet

18 geen siel nie. Dis eintlik graad twaalf-werk! Mevrou Beukes behandel hierdie

19 werk sonder om ’n oog te knip.

***

20 Al wat vir my baie erg is van hierdie werk ...

***

21 Was eintlik alles dominee Oberholzer se skuld. As hy ons nie gedwing

22 het om op daardie katkisasiekamp van hom te gaan nie, sou niemand eens

23 iets geweet het nie.

1.11 “Drop my solied.” (Reël 2)

Waarom voel Tiaan Dirkie het hom “gedrop”? Noem TWEE dinge. (2)

1.12 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A‒D) langs die vraagnommer (1.12) neer, byvoorbeeld 1.12 E.

“Hoekom moes jy altyd so afshow? Hoekom altyd so windgat wees by die


ander? Hoekom het jy nie maar net opgehou daardie dag nie?” (Reël 4–5)

Hierdie aanhaling is ’n voorbeeld van ... vrae.

A allitererende

B manipulerende

C retoriese

D stereotiperende (1)

1.13 “Hoekom moes jy altyd so afshow?” (Reël 4)

Tiaan vaar uit teen Dirkie omdat hy altyd wou “afshow”. Op watter DRIE
maniere het Dirkie altyd probeer afshow? (3)

1.14 “Kan ’n mens dan niemand vertrou nie? Die see? Mense? God? Niemand
nie?” (Reël 7)

1.14.1 Waarom voel Tiaan hy kan nie die see vertrou nie? (1)

1.14.2 Waarom voel Tiaan hy kan mense nie vertrou nie? (1)

© SACAI KOPIEREG Bladsy 8 van 23 Blaai om asseblief


NSS FEB/MAART: AFRIKAANS EAT VRAESTEL 2 2020

1.15 Tiaan wonder dikwels of hy mal is om met Dirkie te praat.

Dink jy Tiaan is mal? Motiveer jou antwoord. (1)

1.16 Tiaan dink dikwels aan Dirkie.

Gee TWEE voorbeelde van tye wanneer Tiaan veral aan Dirkie dink. (2)

1.17 “... ek het toe weer die eerste keer in weke iets van Geyer gehoor.”

(Reël 14–15)

Watter nuus hoor Tiaan oor Geyer? Noem TWEE dinge. (2)

1.18 “Hoekom ons al in graad elf hierdie voortplanting van die mens moet leer,
weet geen siel nie. ”

Al wat vir my baie erg is van hierdie werk ...” (Reël 17-18, 20)

Waarom is die deel van die Biologie vir Tiaan baie erg? (1)

1.19 Tiaan besef twee baie belangrike dinge op die katkisasiekamp.

1.19.1 Tot watter besef kom Tiaan oor Yvette? (1)

1.19.2 Tot watter besef kom Tiaan oor Albert? (1)

1.20 Dink jy Tiaan haat nog steeds die see aan die einde van die verhaal?

Motiveer jou antwoord. (1)

1.21 Watter verandering vind in Tiaan se lewe plaas aan die einde van die
verhaal sodat die leser Tiaan as ’n pro kan beskou? (1)

[18]

TOTAAL AFDELING A: 35

© SACAI KOPIEREG Bladsy 9 van 23 Blaai om asseblief


NSS FEB/MAART: AFRIKAANS EAT VRAESTEL 2 2020

AFDELING B: DRAMA
VRAAG 2
Fiela se kind DIE DRAMA – Dalene Matthee
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Wanneer hy BARTA met die koffie hoor kom, gryp hy vinnig die handbyl en kyk
2 aandagtig na die steel.
3 BARTA (onrustig): Elias, is Lukas dan nie hier by jou nie?
***
4 LANGE: Mister Goldsbury, die nuwe magistraat op Knysna, het ons gestuur. Hy
5 wil die kind sien.
6 FIELA: Ek het daar niks op teë nie. Hy kan kom kyk.
7 DIKKE: Hy wil die kind op Knysna sien.
8 FIELA: Hy kan hom hier kom sien.
9 LANGE: Luister vrou! Die magistraat is nie ’n man met wie ’n mens sukkel nie.
***
10 TOLLIE en Dawid dra ’n sinkbad met water op. Gaan dan weer af.
11 BENJAMIN op met handdoek om hom gedraai.
12 BENJAMIN: Ma ...
13 FIELA: Klim in, Benjamin.
14 BENJAMIN: Ma, die water is te warm.
15 FIELA: Hy’s nie te warm nie, ek het hom gevoel.
16 BENJAMIN: Ek het vir Ma gesê ek sal by die sloot gaan was. Ek is nie ’n baby
17 nie.
18 FIELA: Jy kan nie met die sloot se was voor die magistraat loop staan nie. Sit.
19 BENJAMIN klim in die bad. FIELA was hom.
20 BENJAMIN: Ma, ek is bang.
21 FIELA: Jaag weg die bang. En onthou om nie vir die magistraat baas te sê nie. Jy
22 sê vir hom: my heer.
***
23 MAGISTRAAT (suig sy wange aan die kante in en laat dit weer uitbult voor hy
24 praat): Kan jy onthou of jy, toe jy baie klein was, eers ’n ander naam gehad
25 het?
26 BENJAMIN: My naam was maar altyd Benjamin Komoetie.

© SACAI KOPIEREG Bladsy 10 van 23 Blaai om asseblief


NSS FEB/MAART: AFRIKAANS EAT VRAESTEL 2 2020

2.1 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die
vraagnommer (2.1) en die antwoord neer.

Die toneel speel af in (Wolwekraal in die Lange Kloof / die bos). (1)

2.2 “DIKKE: Hy wil die kind op Knysna sien.” (Reël 7)

2.2.1 Lange en Dikke belowe om vir Benjamin terug te bring huis toe.

Watter dag sal hulle vir Benjamin terugbring? (1)

2.2.2 Wat was, volgens Lange, die rede waarom Fiela nie saam kon gaan
Knysna toe nie? (1)

2.2.3 Hoe het Selling seker gemaak dat Benjamin die korrekte grootte
winkelskoene kry? (1)

2.2.4 Wat het Fiela vir Benjamin gesê moet hy sê as die Magistraat vra
hoe hy Fiela se kind geword het? (1)

2.3 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A‒D) langs die vraagnommer (2.3) neer, byvoorbeeld 2.3 E.

Fiela is besig om vir Benjamin te bad, want …

A hy kan homself nie skoon was nie.

B die Komoeties woon op ‘n afgeleë plek.

C die boswagter gaan kom kyk of hy aanpas.

D Lange en Dikke gaan hom na die magistraat toe neem. (1)

2.4 Watter gebeurtenis vorm die motoriese moment in die drama Fiela se kind? (1)

2.5 Hoe oud was Benjamin volgens Fiela? (1)

2.6 Fiela het destyds probeer om die verlore kind aan te meld.

2.6.1 By wie het Fiela destyds probeer om die kind aan te meld? (1)

2.6.2 Waarom het Fiela toe nooit die kind aangemeld nie? (1)

2.7 “BENJAMIN klim in die bad. FIELA was hom.” (Reël 19)

Waarom is reël 19 kursief gedruk? (1)

2.8 Terwyl Fiela vir Benjamin bad, maak sy seker dat hy al die magistraat se
vrae sal kan beantwoord.

2.8.1 Wat sê hierdie optrede van Fiela se karakter? Noem TWEE dinge. (2)

© SACAI KOPIEREG Bladsy 11 van 23 Blaai om asseblief


NSS FEB/MAART: AFRIKAANS EAT VRAESTEL 2 2020

2.8.2 Waarom mag Benjamin nie noem dat sy pa al in die tronk was nie? (1)

2.8.3 Hoeveel geld gee Fiela vir Benjamin? (1)

2.9 Voltooi die volgende sin. Gebruik die woorde uit die lys hieronder. Skryf
slegs die vraagnommer (2.9.1‒2.9.2) en die KORREKTE antwoord neer.
hy lui is; die dak lek; hy bang is vir die grootvoete; Nina se kombers
weg is

Die feit dat Elias vinnig gemaak het asof hy werk toe hy Barta hoor aankom
met sy koffie, wys dat 2.9.1 ... .

Elias se kinders is altyd siek, omdat 2.9.2 ... . (Reël 1 – 2) (2)

2.10 “BENJAMIN: My naam was maar altyd Benjamin Komoetie.” (Reël 26)

Waarom het Barta begin huil toe sy vir Benjamin as Lukas uitken? (1)

[18]

EN

Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 FIELA (op band): Eerste het die woorde my getref, toe wat dit beteken, en toe die
2 skrik en die verslaentheid en die magteloosheid.
3 Ligte op. Boshuis. ELIAS en BOSWAGTER KAPP in huis.
4 KAPP: Die magistraat wil weet of die kind tevrede is by julle en of hy aanpas?
5 BARTA bring twee bekers koffie op.
6 ELIAS: Tevrede? Hoe sal die kind dan nie tevrede wees nie? Barta, mister Kapp
7 vra of Lukas tevrede is.
8 BARTA: Hy’s gesond en tevrede, mister Kapp!
9 ELIAS (terwyl sy wegstap): Bring vir ons elkeen ’n patat ook, Barta. Mister Kapp
10 het ver gekom (BARTA af.) Die vrou is nog daagliks aangedaan oor die kind se
11 terugkeer; dit lyk vir my sy is bang dis dalk nie waar nie. Ons het juis laas week
12 eers agtergekom dat Lukas kan lees en skryf. Barta sê hy moet die meisiekind
13 van ons ook leer. Sy is ’n slimme kind. Haar kop is nie stomp nie.
14 KAPP: Die magistraat wil weet of die seun aanpas.
15 ELIAS: Aanpas? Mister Kapp, jy moet sien hoe handig hy by die hout is.
16 BARTA op met patats.
17 KAPP: Van Rooyen, mister Goldsbury het gesê ek moet uitvind of die seun baie
18 praat oor die mense in die Lange Kloof by wie hy gebly het.
19 ELIAS: Nie ’n woord nie, mister.

© SACAI KOPIEREG Bladsy 12 van 23 Blaai om asseblief


NSS FEB/MAART: AFRIKAANS EAT VRAESTEL 2 2020

20 BARTA: Die kind het darem in die begin aangehou sê hy wil huis toe gaan. Veral
21 saans.

2.11 “FIELA (op band): Eerste het die woorde my getref, toe wat dit beteken, en
toe die skrik en die verslaentheid en die magteloosheid.” (Reël 1–2)

2.11.1 Watter soort verteller is die stem “op band”? (1)

2.11.2 Waarom voel Fiela magteloos? (1)

2.12 Die magistraat het nie reg opgetree teenoor Fiela nie.

Motiveer met TWEE feite waarom hierdie stelling WAAR is. (2)

2.13 “Ligte op. Boshuis. ELIAS en BOSWAGTER KAPP in huis.” (Reël 3)

2.13.1 Wat is die funksie van die “Ligte op” in reël 3? (1)

2.13.2 Waarom sou Elias in die moeilikheid gewees het, as Lukas ook by
die huis was? (1)

2.14 “ELIAS (terwyl sy wegstap): Bring vir ons elkeen ’n patat ook, Barta.”
(Reël 9)

Wat kan ons aflei daaruit dat Elias slegs ’n patat vra om te eet? (1)

2.15 “Barta sê hy moet die meisiekind van ons ook leer.” (Reël 12–13)

2.15.1 Wat dra die meisiekind as ’n rok? (1)

2.15.2 Watter geheim steek die meisiekind in die bos weg? (1)

2.16 Watter TWEE dinge word deur Benjamin se dubbele naam simboliseer? (2)

2.17 Kies elke keer die karakter in KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A
pas. Skryf slegs die vraagnommer (2.17.1–2.17.4) en die korrekte letter
(A–D) neer, bv. 2.17.5 F.

KOLOM A KOLOM B

2.17.1 Dié karakter is sterk godsdienstig. A Elias

2.17.2 Dié persoon is gewelddadig en agterbaks. B Fiela

2.17.3 Dié persoon gaan saam met Fiela om Benjamin C Dawid


se goed by die Van Rooyens af te gee.

2.17.4 Dié karakter se hare word met ’n mes afgesny. D Kristoffel

E Nina (4)

© SACAI KOPIEREG Bladsy 13 van 23 Blaai om asseblief


NSS FEB/MAART: AFRIKAANS EAT VRAESTEL 2 2020

2.18 Sou jy, as jy Lukas was, by die van Rooyens gebly het? MOTIVEER jou
antwoord. (1)

2.19 Dink jy dit was reg dat Elias sy kinders forseer het om te werk? MOTIVEER
jou antwoord. (1)

[17]

TOTAAL AFDELING B: [35]

AFDELING C: KORTVERHALE
VRAAG 3: STORIEJOERNAAL
BEANTWOORD DIE VRAE OOR AL TWEE DIE KORTVERHALE.
’n Beter lewe vir Mams – Zulfrah Otto-Sallies
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Gisteraand toe sy ma instap, het sy op ’n stoel neergesak en gesê: “Die
2 factory maak toe, Solly.” Net dit. In die nag het Solly haar hoor snik. My pa is oek
3 soe ’n waste of time, dink Solly. Met ’n swaar gemoed trek Solly die voordeur toe.
4 Ek moet anner werk kry, dink hy. Van my loon kan ons vier nie lewe nie.
5 Op die trein hoor Solly hoe die ouens praat. Die mans se gesprek draai om
6 ’n staking by die groot bakkery in die stad. Solly luister stil, hy hoor hoe die ouens
7 dreig met geweld as daar ander mense in hul plek gaan werk.
8 En ek vra net meer geld vir kos op ons tafel, dink Solly. Julle het nog tyd om te
9 staak.
10 Dan baklei ander gedagtes weer in sy kop: Wat van jou Solly? Op skool
11 voor gehardloop met die politieke optogte, geskree vir justice en democracy – en
12 nou, Solly? Mams het haar doodgewerk om jou deur matriek te kry, toe was jy ’n
13 ander ou, glad in die tronk gesit vir onwettige politieke vergaderings hou. Die state
14 of emergency was ’n ander storie.
***
15 Solly se lewe verander soos handomkeer, al lyk dit buitentoe nog dieselfde. Hy
16 stap nog elke oggend vroeg uit die huis ...
***

© SACAI KOPIEREG Bladsy 14 van 23 Blaai om asseblief


NSS FEB/MAART: AFRIKAANS EAT VRAESTEL 2 2020

17 Sy sak in die stoel neer en druk haar gesig in haar hande. Solly gaan sit
18 voor haar. “Mams,” sê hy, “ek is siek en sat om arm te wies. Ek kan dit nie mee’
19 vattie. Dis ’n way om gou ryk te wies. Mams sal als kan koop wat Mams wil hê.”
20 Maar sy ma stoot hom weg.

3.1 Waar speel hierdie verhaal af? (1)

3.2 “Van my loon kan ons vier nie lewe nie.” (Reël 4)

Noem die name van Solly se TWEE boeties. (2)

3.3 Wat dui daarop dat Solly aan die begin van die verhaal probleme het? (1)

3.4 “Ek moet anner werk kry, dink hy.” (Reël 4)

3.4.1 Watter werk doen Solly? (1)

3.4.2 Hoe kom Solly elke dag by die werk? (1)

3.4.3 Hoe lank is Solly al op soek na goeie werk? (1)

3.5 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (3.5) neer, byvoorbeeld 3.5 E.

Solly se ma besef waarmee hy homself besig hou. Sy voel …

A verlig.

B tevrede.

C opgewonde.

D ongelukkig. (1)

3.6 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die
vraagnommer (3.6) en die antwoord neer.

Mams is (bereid / nie bereid) om enigiets te ontvang wat met smokkelgeld


gekoop (is / is nie). (1)

3.7 Solly word ‘n belangrike figuur in die dwelmwêreld.

Motiveer waarom hierdie stelling WAAR is. (1)

© SACAI KOPIEREG Bladsy 15 van 23 Blaai om asseblief


NSS FEB/MAART: AFRIKAANS EAT VRAESTEL 2 2020

3.8 Kies elke keer die karakter in KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A
pas. Skryf slegs die vraagnommer (3.8.1–3.8.4) en die korrekte letter (A–D)
neer, bv. 3.8.5 F.

KOLOM A KOLOM B

3.8.1 “… se vriend het werk vir hom en Solly” A Pa

3.8.2 Hy bied vir Solly die geleentheid om R5000 B China


te maak.

3.8.3 Hy is die gangleader in Manenberg. C Sabu

3.8.4 Solly het hom laas gesien toe Solly twaalf D Solly
jaar oud was.

E Taxibestuurder (4)

3.9 Solly se ma weier om enige van sy presente te aanvaar. Sy dra steeds haar
ou klere wat sy self gemaak het en sy weier om van die lekker kosse te eet.

Bespreek die ironie in hierdie situasie. (1)

3.10 Wat ontvang Mams van Solly ’n week nadat hy gearresteer is? (1)

3.11 Hoe sterf Solly aan die einde van die verhaal? (1)

3.12 Dink jy Solly het genoeg kanse in die lewe gekry? Motiveer jou antwoord. (1)

[18]

EN
Violetta – Ria Smuts
Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.
1 Die dorp se mense het al die jare oor juffrou Adler en meneer Steyn geskinder.
2 Ek hoor die eerste keer daarvan toe ek in graad vier is.
3 Lang pouse eet ons ons toebroodjies onder die bloekomboom langs die
4 netbalbaan. “Ek ken tog ’n geheim!” spog Sannie Booysen.
***
5 Die vrouens kry nie eintlik ’n spreekbeurt nie, maar toe ek die skinkbord
6 met tee indra, kyk die oom op en verloor sy draad en die tante vat die gaping: “En
7 is dit nie skokkend nie, die ding van Violetta Adler en Alf Steyn? Liewe hygend,
8 vlak voor haar huis onder die boom ...”

© SACAI KOPIEREG Bladsy 16 van 23 Blaai om asseblief


NSS FEB/MAART: AFRIKAANS EAT VRAESTEL 2 2020

9 “Pragtige boom. Sit sommer op die tafeltjie neer, my kind”, praat my ma


10 bo-oor tant San se skinder …
***
11 Juffrou Adler woon naby ons. Sy is mooi en gaaf. Haar oë is baie blou en
12 vriendelik ... Saterdagoggende het ek by haar klavierles.
***
13 Haar huis lyk van buite net soos al die huise in die straat: rooi dak en wit mure,
14 met ’n tuinpaadjie wat na die voordeur lei en blombeddings weerskante. Sy plant
15 ook leeubekkies en ridderspore en pronk-ertjies en margrietjies.
***
16 Die volgende jaar is ons daar weg. My enigste kontak met die dorp oor die jare
17 was my ou vriendin, Hester. Sy is met ’n prokureur getroud en hulle het hulle daar
18 gevestig. ’n Paar jaar gelede laat weet sy dat meneer Steyn weg is Namibië toe.
19 Hy het toe nooit bevordering gekry nie ...
***
20 Vanoggend kry ek ’n groot koevert in die pos. Brief van Hester. Sy skryf:
21 “Juffrou Adler is dood.”

3.13 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die
vraagnommer (3.13) en die antwoord neer.

Die spreker in die verhaal is ’n (kind / volwassene). (1)

3.14 “Ek ken tog ’n geheim!” spog Sannie Booysen. (Reël 4)

3.14.1 Wat is die geheim wat Sannie Booysen ken? (1)

3.14.2 Hoe betaal die spreker se beste maat, Hester, vir Sannie se
geheim? (1)

3.14.3 Hoe verduidelik Hester ‘vry’ aan haar maats? (1)

3.14.4 Wat doen die spreker daardie middag om uit te vind wat ‘vry’
beteken? (1)

3.15 Die spreker se vorige musiekjuffrou was mevrou De Villiers.

Wat het mevrou De Villiers by die musiekles gedoen waarvan die spreker
nie gehou het nie? (1)

© SACAI KOPIEREG Bladsy 17 van 23 Blaai om asseblief


NSS FEB/MAART: AFRIKAANS EAT VRAESTEL 2 2020

3.16 “Haar huis lyk van buite net soos al die huise in die straat: rooi dak en wit
mure” (Reël 13)

3.16.1 Wat het juffrou Adler anders gedoen by haar huis rondom Kerstyd? (2)

3.16.2 Juffrou Adler word as ’n buitestander in die gemeenskap gesien.

Wat het juffrou Adler gedoen wat maak dat sy nie as deel van die
gemeenskap gesien word nie? (1)

3.16.3 Wat het juffrou Adler gedoen om wel by die gemeenskap in te pas? (1)

3.17 Waarom het die gemeenskap nie die verhouding tussen meneer Steyn en
juffrou Adler aanvaar nie? (1)

3.18 Kies elke keer die karakter in KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A
pas. Skryf slegs die vraagnommer (3.18.1–3.18.3) en die korrekte letter
(A–D) neer, bv. 3.18.4 E.

KOLOM A KOLOM B

3.18.1 Hy slaan op sy bobene terwyl hy lag. A Meneer Nel

3.18.2 Hy is die Wiskunde onderwyser. B Sportonderwyser

3.18.3 Hy is die spreker se pa. C Bok Brandt

D Meneer Viljoen (3)

3.19 “Vanoggend kry ek ’n groot koevert in die pos. Brief van Hester.” (Reël 20)

Wat het juffrou Adler in haar testament bepaal? Noem TWEE feite. (2)

3.20 Dink jy dit was regverdig om van Juffrou Adler en meneer Steyn te skinder?
Motiveer jou antwoord. (1)

[17]

TOTAAL AFDELING C: 35

© SACAI KOPIEREG Bladsy 18 van 23 Blaai om asseblief


NSS FEB/MAART: AFRIKAANS EAT VRAESTEL 2 2020

AFDELING D: GEDIGTE
VRAAG 4
BEANTWOORD DIE VRAE OOR AL TWEE DIE GEDIGTE.
Lees die gedig hieronder en beantwoord die vrae wat daarop volg.
Thumela ‒ Elmé Barnard
1 tot siens meneer
2 het jy geskree
3 en vir oulaas gemaak ernstig
4 na ’n kennisgewingbord
5 met hordes sportaankondigings
6 en lyste eksamenroosters
7 wat jou nie meer kon raak
8 Gestaar
9 jou boeksak toe
10 met ’n wilde tol
11 die lug ingeskiet
12 en ’n geskiedenisboek gepos
13 sodat die blaaie
14 verward
15 oor die verlate skoolvierkant saai
16 terwyl jy laggend
17 om ’n hoek verdwyn
18 gemaak geskok
19 het meneer weggedraai
20 maar ek het bly wonder
21 of dit vir jou
22 dan niks beteken
Uit: Poort, 1983

Vrae volg op volgende bladsy …

© SACAI KOPIEREG Bladsy 19 van 23 Blaai om asseblief


NSS FEB/MAART: AFRIKAANS EAT VRAESTEL 2 2020

4.1 Die omgewing speel ’n belangrike rol in die gedig Thumela.

4.1.1 In watter omgewing speel hierdie gedig af? (1)

4.1.2 Haal TWEE WOORDE uit die gedig aan om jou antwoord in
VRAAG 4.1.1 te motiveer. (2)

4.2 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die
vraagnommer (4.2) en die antwoord neer.

Die beeldspraak wat voorkom in reëls 13–15


“sodat die blaaie
verward
oor die verlate skoolvierkant saai”
is ’n voorbeeld van (personifikasie / metafoor). (1)

4.3 Kies uit KOLOM B die betekenis wat by die woorde in KOLOM A pas.
Skryf slegs die vraagnommer (4.3.1–4.3.3) en die korrekte alfabetletter
(A–D) uit KOLOM B neer, bv. 4.3.4 E.

KOLOM A KOLOM B

4.3.1 Thumela A deurmekaar

4.3.2 oulaas B vir die laaste keer

4.3.3 verward C om te verwelkom

D om weg te stuur (3)

4.4 Noem TWEE karaktereienskappe van hierdie skoolverlater. Motiveer elke


keer jou antwoord met iets wat hy in die gedig doen. (4)

4.5 Noem DRIE dinge wat die seun gedoen het nadat hy sy onderwyser
gegroet het. (3)

4.6 Haal EEN woord aan wat wys dat daar ʼn verandering in die gedig kom. (1)

4.7 “of dit vir jou” (Reël 21)

Waarna verwys “dit” in reël 21 (1)

4.8 Haal TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE uit die gedig aan as bewys
dat die skoolverlater se gedrag die spreker laat aanhou dink het. (1)

4.9 Dink jy dit is aanvaarbaar dat ’n skoolverlater, soos hierdie seun, so met
’n onderwyser praat? (1)

[18]

© SACAI KOPIEREG Bladsy 20 van 23 Blaai om asseblief


NSS FEB/MAART: AFRIKAANS EAT VRAESTEL 2 2020

Lees die volgende gedig deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

Things that go bump in the night – Rosa Keet


1 jy los my alleen
2 in ’n huis vol geluide
3 en hoe minder ek probeer luister
4 hoe harder klink die klank
5 van ’n onbekende voetstap
6 op die donker trap
7 bang vaak verdwaal ek laat
8 in die gange op soek
9 na slaap
10 wat om elke naghoek verdwyn
11 ek skrik
12 vir die naaldekokerstraatlig
13 deur skaars bewegende blare
14 jou jas aan die kapstok
15 is ’n man sonder bene
16 ek is bang
17 vir die stofsuierslang
18 op die vloer van die spens
19 en tot jy terugkom
20 sleep ek my vrees
21 soos ’n kis agter my aan
Uit: Hystera, 1974

4.10 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf slegs die
vraagnommer (4.10) en die antwoord neer.

Die titel van die gedig was oorspronklik deel van ’n (kindergebed /
kortverhaal). (1)

© SACAI KOPIEREG Bladsy 21 van 23 Blaai om asseblief


NSS FEB/MAART: AFRIKAANS EAT VRAESTEL 2 2020

4.11 Die spreker is dringend opsoek na iets.

Haal een woord aan om te sê waarna die spreker dringend soek. (1)

4.12 Hoekom het die spreker die ander persoon blameer? (1)

4.13 Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die VRAAGNOMMER (4.13) en
die LETTER (A–D) neer.

Die spreker wil graag slaap, maar ...

A moet eers die stofsuier gaan bêre.

B wil eers gou weer spens toe gaan.

C wag vir die oggend om aan te breek.

D die geluide in die huis hou hom / haar wakker. (1)

4.14 Haal TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE uit die gedig aan wat aandui
dat die spreker glo dat daar ’n vreemdeling in die huis is. (1)

4.15 Dit is nog vroeg in die aand as die spreker in die huis ronddwaal.

Motiveer waarom die stelling ONWAAR is deur ’n reël in die gedig aan te
haal. (1)

4.16 “bang vaak verdwaal ek laat” (Reël 7)

4.16.1 Die lang “aa”-klank word in hierdie reël herhaal.

Wat word die herhaling van ’n vokaalklank genoem? (1)

4.16.2 Wat is die funksie van die herhaling van hierdie “aa”-
vokaalklank? (1)

4.17 Watter TWEE dinge wat die spreker binne-in die huis raaksien, maak
hom/haar bang? (2)

4.18 Voltooi die volgende sin. Skryf slegs EEN woord as antwoord neer.

’n “Bump” is ’n _____________ wat ’n mens hoor. (1)

4.19 “na slaap” (Reël 9)

“ek skrik” (Reël 11)

“ek is bang” (Reël 16)

Hoe laat die digter hierdie drie reëls in die gedig uitstaan? Noem TWEE
dinge. (2)

© SACAI KOPIEREG Bladsy 22 van 23 Blaai om asseblief


NSS FEB/MAART: AFRIKAANS EAT VRAESTEL 2 2020

4.20 Waaraan laat die woord “kis” in versreël 21 jou dink? (1)

4.21 Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommer (4.21) neer, byvoorbeeld 4.21 E.

In reël 20‒21 is daar ’n voorbeeld van ...

A hiperbool.

B metafoor.

C personifikasie.

D vergelyking. (1)

4.22 Dink jy die spreker in die gedig het die regte dinge gedoen toe hy / sy nie
kon slaap nie?

Verduidelik jou antwoord. (1)

4.23 Voel jy jammer vir die spreker? Hoekom? (1)

[17]

TOTAAL AFDELING D: 35

GROOTTOTAAL: 70

© SACAI KOPIEREG Bladsy 23 van 23 EINDE VAN DOKUMENT

You might also like