You are on page 1of 6

2006-A-AHT-JE02-04.

JUNIE-EKSAMEN 2020

AFRIKAANS HUISTAAL 3/3

GRAAD 6

TAAK 4.3

Neem kennis:
• Die leerder beantwoord die vraestel soos in die
vraestelinstruksies vereis (foliopapier en/of die antwoordblad /
bylae / invulvraestel).
• Die toesighouer laai die unieke strepieskodevoorblad van
my.Impaq af, onderteken dit en heg dit vooraan die antwoordstel
vir nasien.
• Liasseer die nagesiende antwoordstel vir rekorddoeleindes.

Koerier na Impaq
Witch-Hazellaan 116
Highveld
Centurion
0157
E-pos assessment@impaq.co.za
Tel. 087 405 2233

Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye © Impaq


Junie-eksamen 2020
G06 ~ Afrikaans Huistaal V3/3

AFRIKAANS HUISTAAL
VRAESTEL 3/3: SKRIFTELIK
(LEESBEGRIP EN TAAL)
GRAAD 6
JUNIE-EKSAMEN

EKSAMINATOR: D. Keet TYD: 1 uur


MODERATOR: C. Lamprecht TOTAAL: 40

INSTRUKSIES

1. Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings en TWEE vrae:


1.1 Afdeling A: Leesbegrip
1.2 Afdeling B: Taal in konteks
2. Lees deur die vraestel voordat jy dit beantwoord.
3. Beantwoord al die vrae.
4. Nommer jou antwoorde soos aangedui.
5. Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf.
6. Trek ’n lyn ná elke vraag.
7. Gebruik slegs ’n blou bolpuntpen.

Bladsy 2 van 6 © Impaq


Junie-eksamen 2020
G06 ~ Afrikaans Huistaal V3/3

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

Lees die teks sorgvuldig deur en beantwoord die vrae wat volg.

Vakansie in die boendoes

1. Voor ons by die huis weg is, het Ma nog ‘n keer gevra: “Dawid, dink jy nie ons
moet maar ‘n GPS koop nie?”
“Ria,” het Pa geantwoord, “ons kaarte het ons mos nog nooit in die steek gelaat
nie.”

2. Ek en Sus het vir mekaar gekyk en dankbaar na ons selfone gekyk. Pa en Ma


weet sowaar nie dat daar ‘n GPS op ons selfone is nie. Pa kyk net altyd na ons
en sê dat hy nie ‘n foon wil hê wat slimmer as hy is nie.

3. Ons was op pad na ons vakansiebestemming iewers op die oewer van die
Oranjerivier. Onseepkans. Op Springbok het Pa die motor vol brandstof
gemaak en Ma het ‘n klomp kruideniersware gekoop. Dit was nou net vir ingeval
ons dit dalk sou nodig kry. Ma het omtrent kos vir tien mense gepak. Sowat 50
km voor ons afdraai na Pofadder, draai Pa links.
Ma sê: “Ons moet tot op Pofadder ry.”
Pa antwoord: “Dié pad lyk korter.”
Dit was volgens sy kaart.

4. My GPS op die selfoon wys nog 50 km voor die afdraai na links. Maar ek het
ook al geleer. As Pa eers sy kop op ‘n blok het, kan jy maar jou asem spaar.
Stadiger raak die pad stowweriger en die plantegroei digter. Ná omtrent ‘n uur
stop Pa en word die kaart uitgehaal. Ma wys links en Pa regs, maar ons weet
dat as ons vanaand nog by ons bestemming wil kom, sal ons maar iets moet
sê.

(Verwerk uit: www.e-classroom.co.za)

VRAE:

1.1 Gee die name van:


1.1.1 Ma
1.1.2 Pa (2)

1.2 Waarom wil Pa, volgens paragraaf 1, nié ‘n GPS koop nie? (2)

1.3 Noem nog twee persone wat in die verhaal genoem word. (2)

Bladsy 3 van 6 © Impaq


Junie-eksamen 2020
G06 ~ Afrikaans Huistaal V3/3

1.4 Vir watter rede kyk die kinders dankbaar na hul selfone? (1)

1.5 Verduidelik in jou eie woorde wat die doel van ‘n GPS is. (1)

1.6 Voel Pa positief of negatief oor ‘n selfoon? Motiveer jou antwoord deur ‘n sin aan
te haal. (2)

1.7 Waar is die gesin se vakansiebestemming? (2)

1.8 Noem twee dinge wat Pa en Ma op Springbok gedoen het. (2)

1.9 Word die onderstaande sin letterlik of figuurlik bedoel? Gee ‘n rede vir jou
antwoord.
Ma het omtrent vir tien mense kos gemaak. (par.3) (1)

1.10 Vul die ontbrekende woorde in:

Pa het 1.10.1 _____ km voor die afdraai na 1.10.2 _____ links gedraai. (2)

1.11 Verduidelik waarom Pa links gedraai het. (2)

1.12 Sê of die volgende stelling waar of onwaar is. Bewys jou antwoord deur ‘n sin aan
te haal.

Die verteller se GPS sê dat die afdraai al 50 km voor Pa afgedraai het was. (1)

1.13 Verduidelik wat die verteller bedoel met:

“As Pa eers sy kop op ‘n blok gesit het, kan jy maar jou asem spaar.” (par.4) (2)

1.14 Hoe weet ons, volgens paragraaf 4, dat hulle al dieper in die natuur inbeweeg?
Noem twee dinge. (2)

1.15 Wat is jou gunstelingvakansiebestemming? Gee ‘n rede vir jou antwoord. (1)
[25]

TOTAAL AFDELING A: 25

Bladsy 4 van 6 © Impaq


Junie-eksamen 2020
G06 ~ Afrikaans Huistaal V3/3

AFDELING B: TAAL IN KONTEKS

VRAAG 2

Lees die leesstuk en beantwoord die vrae wat volg.

Duncan Swart: “Moet nooit ophou om in jouself te glo nie.”

1. Terwyl talle jongmense sonder rigting voortdobber, het Duncan Swart (18) sy
koers en sy passie gevind.

2. Duncan, ‘n oudleerder van die Hoërskool Jim Fouché in Bloemfontein, is met ‘n


gehoorprobleem gebore en dra reeds van die ouderdom van sewe jaar
gehoorstukke.

3. “Dit het ‘n groot impak op my lewe gehad, want ek moes by die wêreld aanpas
om ‘n ‘normale lewe’ te kan hê. Dit het my geleer ‘n mens moet jouself aanvaar
en besef jy kan altyd ‘n verskil in die wêreld maak.”

4. In 2012 het Duncan die geleentheid aangegryp om ‘n ER24-noodhulpkursus by


te woon. “Ek het dit so baie geniet dat ek vlak 3-noodhulpopleiding voltooi het.”

5. Sidney Venter, sentrale streekbestuurder by ER24 het gesê: “Duncan se beste


eienskap is sy bereidwilligheid om enigiets aan te pak wat van hom gevra word.
Hy laat nooit sy gehoorgestremdheid in sy pad staan nie en sal nooit sê hy kan
iets nie doen nie. Hy werk hard en kla nooit.”

6. Op sy beurt sê Duncan: “Dit is my passie om mense in nood te help, maak nie


saak hoe groot of hoe klein die probleem is nie. My grootste dryfkrag is dat ek
elke uitdaging as ‘n geleentheid sien om my vaardighede aan te vul sodat ek my
pasiënte die beste mediese sorg moontlik kan gee. Hoe meer ‘n mens gee, hoe
beter is jou resultate. Moet nooit ophou om in jouself te glo nie.”

7. Duncan studeer nou aan die Nelson Metropolitaanse Universiteit in Port


Elizabeth vir ‘n BA-graad in mediese nooddienssorg.

(Uit: www.huisgenoot.com)

VRAE:

2.1 Skryf die getal “18”(par.1) uit in woorde. (1)

2.2 Herskryf die onderstaande sin in die lydende vorm:


Hy het sy passie gevind. (1)

Bladsy 5 van 6 © Impaq


Junie-eksamen 2020
G06 ~ Afrikaans Huistaal V3/3

2.3 Verbind die volgende sinne met die voegwoord tussen hakies:
Duncan is met ‘n gehoorprobleem gebore. Hy dra gehoorstukke. (daarom) (1)

2.4 Herskryf die onderstaande sin oor in die indirekte rede. Begin soos aangedui.
Duncan sê: “Dit het ‘n groot impak op my lewe gehad.

Begin met: Duncan sê dat... (1)

2.5 Skryf die sin in die ontkennende vorm:


Jy kan altyd ‘n verskil in die wêreld maak. (1)

2.6 Lees die onderstaande sin en antwoord die vrae wat volg:
In 2012 het Duncan die geleentheid aangegryp.

2.6.1 Identifiseer ‘n bywoord van tyd.


2.6.2 Skryf ‘n hulpwerkwoord neer.
2.6.3 Gee ‘n eienaam uit die sin. (3)

2.7 Gee die antoniem van die woord “beste”. (par.5) (1)

2.8 Gee een woord vir iemand wat hard werk. (1)

2.9 Maak ‘n sin met die homofoon van “hard” (par.5) sodat die betekenis duidelik is.
(1)

2.10 Bestudeer paragraaf 6 en antwoord die vrae wat volg:

Op sy beurt sê Duncan: “Dit is my passie om mense in nood te help, maak nie


saak hoe groot of hoe klein die probleem is nie. My grootste dryfkrag is dat ek elke
uitdaging as ‘n geleentheid sien om my vaardighede aan te vul sodat ek my
pasiënte die beste mediese sorg moontlik kan gee. Hoe meer ‘n mens gee, hoe
beter is jou resultate. Moet nooit ophou om in jouself te glo nie.”

2.10.1 Skryf ‘n persoonlike voornaamwoord neer.


2.10.2 Skryf ‘n onpersoonlike voornaamwoord neer.
2.10.3 Sê in watse vokaalgroep die woord “saak” is. (3)

2.11 Gee die afkorting van “Port Elizabeth” (par.7). (1)


[15]

TOTAAL AFDELING B: 15

GROOTTOTAAL: 40

Bladsy 6 van 6 © Impaq

You might also like