You are on page 1of 3

TOETS

Afrikaans 9
Taal vir Assessering

Geskeduleerde Toets 2

Opdrag: Hierdie toets moet onder eksamenomstandighede geskryf word.


1. Onthou nou al jou kennis wat jy oor tye en STOMPI geleer het en beantwoord
hierdie vraestel na die beste van jou vermoë.
2. Jy mag nie ‘n woordeboek gebruik nie.
3. Jy het 40 minute om die vraestel te beantwoord.
4. Sterkte! Hierdie vraestel tel 25 punte.

VRAAG 1:

SKRYF DIE SINNE OOR EN BEGIN MET DIE WOORDE WAT GEGEE IS: (TYE)

1.1 Ma sê sy het nog altyd ‘n jong gesig.


Gister ..... (1)

1.2 Ma het al so ‘n arrogante houding gesien.


Nee, ..... (1)

1.3 Wanneer ek draf, trek ek ‘n sweetpak aan.


Verlede jaar ..... (1)

1.4 Ek wil my skoene aantrek om te draf.


Oor ‘n maand ..... (1)

1.5 Hulle wens mekaar met die uitslae geluk.


Verlede jaar ..... (1)

1.6 Hulle loop en gesels oor die heerlike aand.


Verlede Saterdag ..... (1)

1.7 As hulle kuier, luister hulle na musiek.


Verlede week ..... (1)

1.8 Die man sit en tik sy berig vir die koerant.


Eergister ..... (1)

1.9 Die joernalis ontvang die prys vir die beste skrywer.
Volgende week ..... (1)

1.10 Die redakteur wil die berig vinnig lees.


Nou ..... (1)

1 © onlineschool.co.za 2020
TOETS
Afrikaans 9
Taal vir Assessering

1.11 Het ouers al ooit gewonder hoekom hulle tieners so rebels kan wees?
Nee, ..... (1)
1.12 Het Susan êrens met die motor gaan staan?
Nee, ..... (1)

1.13 Die honde staan en blaf agter op die bakkie.


Gister ..... (1)

1.14 Sy is nou baie meer versigtig en kyk in al die sakke.


In die toekoms ..... (1)
14 PUNTE

VRAAG 2:

RANGSKIK DIE VOLGENDE WOORDE TUSSEN HAKIES IN DIE KORREKTE VOLGORDE


(STOMPI) EN BEGIN MET DIE WOORDE WAT GEGEE IS:

2.1 Pierce (dink, om sukses te behaal, is, dat sy beroep, vandag, moeilik) (1)

2.2 Die kar (die atleet, omgery, het, gistermiddag, voor sy huis) (1)

2.3 Pa (na die kar, ‘n gieter, môre, vinnig, om die tuin nat te lei, dra, sal) (1)

2.4 Een aand (met die motorfiets, om betyds te wees, Durban toe, gejaag, het, hulle,
vinnig) (1)

2.5 Oor die telefoon (die seun, met die meisie, vanmiddag, praat) (1)
5 PUNTE

VRAAG 3: TAALKOMMUNIKASIE

Lees die onderstaande gedeelte. Skryf ‘n paragraaf van 40 woorde wat sal pas by die
situasie. Let op dat jou werkwoorde en hulpwerkwoorde aan die einde van jou sinne is.

2 © onlineschool.co.za 2020
TOETS
Afrikaans 9
Taal vir Assessering

http://www.thanhniennews.com/sports/vietnam-police-detain-
soccer-players-over-matchfixing-claims-28872.html
Opdrag:

Jou beste vriend het jou uitgenooi om die finale wedstryd by Soccer City saam met hom by
te woon. Hoe sal jy hom bedank vir die uitnodiging (20 woorde) en dit van die hand wys?
Gee ‘n rede hoekom jy nie saam met hom na die wedstryd kan gaan kyk nie. (20 woorde)

Inhoud -4 PUNTE 6 PUNTE


Taal -2 PUNTE

JESUS HET JOU LIEF GROOTTOTAAL: 25 PUNTE

3 © onlineschool.co.za 2020

You might also like