You are on page 1of 10

NOVEMBER 2021 AFRIKAANS EERSTE ADDSIONELE TAAL BLADSY |1

GRAAD 9 EAT
TAAK 10: KONTROLETOETS
VRAESTEL (BEGRIP EN TAAL)
KWARTAAL 4 - 2021

Eksaminator: D. Fouché Datum: 15 November 2021

Moderator: E. Smit Tyd: 2 uur

Punte: 70 punte

Naam:

Onderwyser:

INSTRUKSIES
LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR:

1. Hierdie toets bestaan uit 10 bladsye. Maak asseblief seker dat jou toets volledig is.

2. In hierdie toets is daar vier afdelings.

AFDELING A: LEESBEGRIP (25 punte)


AFDELING B: VISUELE TEKS (15 punte)
AFDELING C: OPSOMMING (10 punte)
AFDELING D: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES (20 punte)

3. Jou antwoorde moet presies soos die toets genommer wees.

4. Beantwoord al die vrae in elke afdeling.

5. Dit is in jou eie belang om netjies en duidelik leesbaar te skryf.

6. Goeie taalversorging sal in jou guns tel.


NOVEMBER 2021 AFRIKAANS EERSTE ADDSIONELE TAAL BLADSY |2

AFDELING A: LEESBEGRIP
VRAAG 1: TYDSKRIFARTIKEL
Lees die onderstaande teks en beantwoord die vrae wat daarop volg.

Gaan die gewilde groep


BlackByrd dalk 'n 'vlerkie'
TEKS A

verloor?
1. Sy doen eersdaags haar eerste solo-
optrede en reik later vanjaar ook haar
Afrikaanse soloalbum uit.

2. Nou is die vraag op almal se lippe:


Gaan Tarryn Lamb nog deel wees van
die gewilde musiekgroep BlackByrd?
Die antwoord is ’n besliste, ja!

3. “Die groep het verskeie optredes wat


oor die volgende paar maande gaan
plaasvind,” het haar woordvoerder, Ian
Bredenkamp, bevestig.

4. “Maar Tarryn geniet dit om in die Afrikaanse mark te werk en gaan vir die res van die jaar
baie daarop fokus. “Sy reik later vanjaar ’n Afrikaanse soloalbum uit en van Suid-Afrika se
grootste name werk saam met haar hieraan,” verklap Ian.

5. “Sy gaan aan die einde van dié jaar en begin volgende jaar baie tyd daaraan bestee om te toer
om haar album te bemark.” Tarryn se eerste Afrikaanse enkel snit is onlangs uitgereik en is
ingesluit by die versamelalbum, 40 Grotes In Afrikaans. Hierdie enkel snit is haar weergawe
van die sangeres Laurika Rauch se gewilde liedjie Blouberg se Strand.

6. Die pragtige donkerkop het pas haar ses weke lange kamee-verskyning as Kim Adams in die
gewilde kykNET-sepie Suidooster afgehandel. Tarryn het ook pas klaar geskiet aan ’n rol wat
sy in die opkomende Ellen Pakkies-fliek gaan vertolk. Ian verklap voorts sy gaan later vanjaar
weer in ’n kykNET-program verskyn, maar hy wou nie in hierdie stadium verder daaroor uitwei
nie. By Tarryn se eerste solo-optrede, wat op 7 Oktober by Die Boer in Durbanville, plaasvind,
gaan sy Afrikaanse liedjies van haar opkomende album sing, asook bekende BlackByrd-
treffers.

7. Dit gaan haar eerste solo-optrede van vele meer oor Suid-Afrika heen wees. Tarryn is al jare
lank die hoofsangeres en liedjieskrywer van BlackByrd. Die groep is oor die jare al vir sewe
NOVEMBER 2021 AFRIKAANS EERSTE ADDSIONELE TAAL BLADSY |3

Sama-pryse benoem en hulle spog met agt top-10 radio-enkel snitte. Tarryn is boonop ook
besig om ’n musiekspel saam met die komediant Marc Lottering te skryf.

[Bron: Fockema, M. (2017). Gaan die gewilde groep BlackByrd dalk 'n “vlerkie” verloor?. Huisgenoot. [aanlyn]
8 Aug. Beskikbaar by: https://www.netwerk24.com/huisgenoot/Nuus/gaan-die-gewilde-groep-blackbyrd-dalk-n-
vlerkie-verloor-20170808.]

VRAE:

1.1 Wat is die gewilde musiekgroep se naam? (1)


1.2 Kyk na die titel van die artikel. Wat beteken die titel, dink jy? (1)
1.3 Wie is die sangeres wat dalk nie meer deel van die groep gaan wees nie? (1)
1.4 Wat is haar woordvoerder se naam en van? (1)
1.5 Wie sou jy sê, is hierdie sangeres se teikenmark? (1)
1.6 Wat is haar groot planne vir later in die jaar? (1)
1.7 As jy deel van ‘n rockgroep kon wees, wat sou julle groep se naam wees? (1)
1.8 Wat was die naam van die liedjie wat ingesluit is by die versamelalbum, 40 Grotes
in Afrikaans? (1)
1.9 Watter sangeres se oorspronklike weergawe het sy gebruik vir hierdie album? (1)
1.10 Het hierdie sangeres al in ‘n televisieprogram verskyn?
JA of NEE, motiveer jou antwoord. (2)
1.11 Wanneer en waar kan jy na hierdie sangeres se eerste solo-optrede gaan kyk? (2)
1.12 Sal hierdie haar enigste optrede in Suid-Afrika wees? (1)
1.13 Noem twee hoogtepunte in BlackByrd se loopbaan wat uitgestaan het? (1)

[15]
NOVEMBER 2021 AFRIKAANS EERSTE ADDSIONELE TAAL BLADSY |4

VISUELE TEKS
Kyk na die advertensie en voorblad en beantwoord dan die volgende vrae.

TEKS B

[Bron: ianbredenkampmedia.com]

VRAE:
1.14 Hoe laat begin die vertoning? (1)
1.15 Wat is die kontaknommer wat jy moet skakel sodat jy ‘n bespreking kan maak en
‘n kaartjie kan aankoop? (1)
1.16 Waar vind hierdie vertoning plaas? (1)
1.17 In watter maand vind hierdie vertoning plaas? (1)
1.18 Wat beteken die woord “solo”? (1)
[5]
NOVEMBER 2021 AFRIKAANS EERSTE ADDSIONELE TAAL BLADSY |5

TEKS C: TYDSKRIFVOORBLAD

1.19 Watter tydskrif, volgens die voorblad, is Suid-Afrika se nommer een tydskrif? (1)
1.20 Haal ‘n ENKELE WOORD aan wat bewys dat Jasper, die plaasboer, baie intelligent is. (1)
1.21 Wat is die waarde van die prys wat in die Nissan-kompetisie gewen kan word? (1)
1.22 Wat word bedoel met “Bieber-drama”? (1)
1.23 Waarvoor staan die afkorting TV? (1)
[5]

TOTAAL AFDELING A: 25
NOVEMBER 2021 AFRIKAANS EERSTE ADDSIONELE TAAL BLADSY |6

AFDELING B:
VRAAG 2: SPOTPRENT
Kyk na die spotprente hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

TEKS D 1.

[Bron: Olwagen, W.-J. (n.d.). Die Lewe is 'n Kaaskrul. Beskikbaar by:
https://www.flickr.com/photos/45267279@N03/6794564283 [Toegang verkry 1 Sep. 2021].

2.1 Wat beteken die uitdrukking (idioom): “Ek gaan ‘n uiltjie knip”? (1)
2.2 Kies die korrekte emosie vir die uil.
Die uil lyk (geskok/bang/gelukkig). (1)
2.3 Watter skerp voorwerp het die man in sy hand? (1)
2.4 Volgens die spotprent, gaan die man letterlik of figuurlik ‘n uiltjie knip? (1)
[4]
NOVEMBER 2021 AFRIKAANS EERSTE ADDSIONELE TAAL BLADSY |7

TEKS E 2.

[Bron: Van Vuuren, N. (2016). Matriekuitslae. Beeld. Beskikbaar by:


https://www.netwerk24.com/Stemme/Spotprente/beeld-spotprent-7-januarie-2016-20160116 [Toegang verkry
31 Aug. 2021].

2.5 Op watter datum het hierdie spotprent in die koerant verskyn? (1)
2.6 Wat kan jy aflei uit die pa se liggaamstaal. Skryf twee emosies wat hy ervaar, neer? (2)
2.7 Haal ‘n woord uit die spotprent aan wat dieselfde beteken as “amper”. (1)
2.8 Hoe laat is dit op die horlosie in die spotprent? (1)
2.9 In watter graad is die seun gewees? Motiveer jou antwoord? (2)
2.10 Wat beteken dit as jy sê iemand het gedop? (1)
2.11 Dink jy die seun was bekommerd oor sy uitslae? Hoekom sê jy so? (2)
2.12 Deur wie is die spotprent geteken? (1)
[11]

TOTAAL AFDELING B: 15
NOVEMBER 2021 AFRIKAANS EERSTE ADDSIONELE TAAL BLADSY |8

AFDELING C: OPSOMMING

VRAAG 3

INSTRUKSIES
1. Som die SEWE wenke oor hoe om jou skoolvakke te kies, in jou EIE VOLSINNE op.
2. Skryf die wenke puntsgewys neer.
3. Skryf slegs EEN wenk per sin neer.
4. Nommer die redes van 1 tot 7.
5. Jou opsomming moet tussen 50-60 woorde lank wees nie. TEKS F
6. Dui die korrekte aantal woorde aan die einde van die opsomming aan.

Die regte skoolvakke: So kies jy jou vakke


Die derde skoolkwartaal het pas begin en graad 9’s moet kies watter vakke hulle van volgende jaar af
tot aan die einde van hul skoolloopbaan wil neem.

Raadpleeg ’n opvoedkundige sielkundige wat kan verduidelik wat die werkswêreld verwag en ook
hoe om ingeligte keuses te maak, gebaseer op dit wat eendag van jou verwag sal word.

Doen navorsing op webtuistes van universiteite en kolleges. Jy kan dan agterkom watter kursusse
beskikbaar is en wat die toelatingsvereistes is.

Hoewel vakke met die oog op ’n toekomstige loopbaan belangrik is, moet ’n jy ook in gedagte hou
wat jou gelukkig maak. Dít sal uiteindelik lei tot ’n volhoubare loopbaankeuses wat jou ook gelukkig
maak.

Toelating tot tersiêre inrigtings word gegrond op prestasie, dus kan dit beter wees as jy vakke kies
waarin jy dalk beter kan vaar – selfs net twee sterk vakke kan die gemiddelde punt ’n hupstoot gee.

Moenie vakke kies op grond van die onderwyser wat dit aanbied nie. Onderwysers kom en gaan en
jou geliefde onderwyser onderrig jou dalk nie tot in graad 11 of 12 nie.

Jou belangstellings en dit wat jy wil studeer kan oor die jare verander, daarom is dit belangrik om
seker te maak jou keuses beperk nie jou opsies in die toekoms of maak dalk deure vir jou toe nie.

Wiskunde as skoolvak is dus ’n goeie keuse om te verseker dat jy wel dié geleenthede in die toekoms
het. Ander vakke, soos rekenaarwetenskap, gee jou vaardighede vir ’n verskeidenheid loopbane.
[Aangepas en verwerk uit: Digitale Span (2015). Die regte skoolvakke: So help jy jou kind kies. Huisgenoot.
[aanlyn] 25 Jul. Beskikbaar by: https://www.netwerk24.com/huisgenoot/Jou-lewe/Ouerskap/die-regte-
skoolvakke-so-help-jy-jou-kind-kies-20170725.]

TOTAAL AFDELING C: 10
NOVEMBER 2021 AFRIKAANS EERSTE ADDSIONELE TAAL BLADSY |9

AFDELING D: TAALLEER

VRAAG 4: Beantwoorde die volgende taal vrae.

4.1 Gee die VERKLEINING van die vetgedrukte woord. (1)


Tarryn sal dalk eendag by ons skool kom sing.
4.2 Skryf die volgende sinne in ONTKENNING. (2)
4.2.1 Tarryn is baie opgewonde oor haar vertoning.
4.2.2 Daar is êrens ‘n foto van die groep op Facebook.
4.3 Skryf die sin in die VERLEDE TYD. (1)
Tarryn is deel van die groep BlackByrd.
4.4 Vul die ontbrekende HOMONIEME in om die sin te voltooi. (2)
Dit 4.4.1_______ R 120 vir ‘n kaartjie na haar vertoning.
Dit sluit nie 4.4.2 ________ om te eet, in nie.
4.5 Gee die korrekte vorm van die BYVOEGLIKE NAAMWOORD tussen hakies. (1)
“Sy gaan aan die einde van dié jaar en begin volgende jaar die (baie) tyd daaraan moet
bestee om te toer om haar album te bemark”
4.6 Verbeter die SPELLING van die woorde wat verkeerd gespel is (redigering). Skryf slegs die
woorde wat jy redigeer neer. (3)
Die groep is oor die jaare al vir sewe sama-pryse benoem en hulle spog met agt top10 radio-
enkelsnitte.
4.7 Voltooi die sin deur die INFINITIEF op die regte plek te gebruik. (1)
Tarryn hou daarvan (haar hart uit sing).
4.8 Sê of die volgende woord ‘n LETTERLIKE OF FIGUURLIKE betekenis dra in die konteks
van die sin. Verduidelik hierdie woord se betekenis. (2)
Tarryn het ook pas klaar geskiet aan ’n rol wat sy in die opkomende Ellen Pakkies fliek gaan
vertolk.
4.9 Skryf die EIENAAM oor met die regte hoofletters. (1)
Tarryn se eerste solo-optrede vind plaas 7 oktober by Die Boer in Durbanville.
4.10 Verbind die sinne met die VOEGWOORDE tussen hakies. (2)
4.10.1 Ek hou baie van BlackByrd se musiek. Dit is ‘n Suid-Afrikaanse groep. (omdat)
4.10.2 Ek wil na die vertoning gaan kyk. Sy is my gunsteling sangeres. (want)
NOVEMBER 2021 AFRIKAANS EERSTE ADDSIONELE TAAL B L A D S Y | 10

4.11 Is die volgende sin enkelvoudig of saamgesteld? (1)


Ian verklap voorts sy gaan later vanjaar weer in ’n kykNET-program verskyn, maar hy wou nie
in hierdie stadium verder daaroor uitwei nie.
4.12 SKRYF DIE SIN OOR en begin met die woorde in skuinsgedrukte woord. (1)
Bekende sangeres tree môre oggend by die skool op.
4.13 Skryf die volgende sin in die TOEKOMENDE TYD. (1)
Tarryn is een van die bekendste vrouens in die musiek bedryf.
4.14 Skryf die GETAL in woorde. (1)
Tarryn Lamb is 29 jaar oud.
[20]
AFDELING D: 20

GROOTTOTAAL: 70

You might also like