You are on page 1of 4

TAALSTRUKTURE en –KONVENSIES (geïntegreerde taaloefening 1)

VRAAG 1: ADVERTENSIE

TEKS A

 Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande advertensie gebaseer.

SLEGS 13 –15 MAART 2020

1.1 Wie is die teikengroep in hierdie advertensie? (1)


1.2 Hoe trek die opskrif van die advertensie die leser se aandag? (1)

1.3 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies.

Die leesteken aan die einde van SPESIAAL VIR FAMILIES:


is ʼn (dubbelpunt/kommapunt). (1)

1.4 JY MOENIE HIERDIE SPESIALE AANBOD MISLOOP NIE!


Watter VOORNAAMWOORD gebruik die adverteerder in die sin hierbo om die
leser te laat voel dat daar met hom/haar gepraat word? (1)

Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief


Afrikaans EAT gr. 9 Geïntegreerde Taal
2021

1.5 Ons pizzas is warm en geurig.


Skryf een BYVOEGLIKE NAAMWOORD neer in die sin hierbo wat die
adverteerder gebruik om Bobaas Pizzas se pizzas te beskryf. (1)

1.6
Jy gaan nêrens lekkerder pizzas kry nie.
Is hierdie stelling ʼn FEIT of ʼn MENING?
Motiveer jou antwoord. (1)

1.7 Skryf die sin oor in die VERLEDE TYD.


Ont be ge her er mis ver = nie ‘ge’ vooraan nie.
Bobaas Pizzas lewer vriendelike diens. (1)
[7]
1

VRAAG 2: STROKIESPRENT

TEKS B

 Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande strokiesprent gebaseer.


 Voer die instruksies by elke vraag uit.

,
Neelsie, jy luister nie as ek met jou praat
nie! Het jy nie ore nie? Jy sit en slaap.

2.1 Skryf die sin oor in die INDIREKTE REDE.

Meneer sê vir Neelsie :ʺJy sit en slaap.ʺ (1)

2.2 Kies die KORREKTE woord tussen hakies.

ʺHet jy nie ore nie?ʺ is ʼn voorbeeld van (letterlike/figuurlike) betekenis. (1)

2.3 Hoe kan ons in RAAMPIE 2 aan Meneer se gesigsuitdrukking(facial


expression) sien dat hy baie kwaad(cross) is? Gee EEN rede. (1)

2.4 Gee die INTENSIEWE VORM van die vetgedrukte woord.

2
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans EAT gr. 9 Geïntegreerde Taal
2021

Is jy doof? (1)

2.5 BEANTWOORD die sin in die ONTKENNENDE VORM.

Ja Meneer, ek is nou doof. (1)

2.6 Skryf die sin oor in die INDIREKTE REDE.

Meneer vra vir Neelsie:ʺIs jy doof?ʺ. (1)

2.7 Verbind die sinne met die voegwoord tussen hakies.

Meneer is kwaad. Neelsie slaap in die klas. (omdat)


Begin sό: Meneer is kwaad omdat... (1)
[7]

VRAAG 3
TEKS C: LEESTEKS
 Die taalvrae wat volg is op die onderstaande leesstuk gebaseer.

 Voer die instruksies by elke vraag uit.

PLASTIEK
1 In 1862 het Alexander Parkes die eerste mensgemaakte plastiek
2 ontwikkel. In 1947 het mense begin om plastiekbottels te maak.
3 (3.1) Plastiek is lig en dit is goedkoop om te vervaardig.
4 (3.2) Dit kan ook altyd breek. Daarom het mense regoor die wêreld
5 dadelik begin om plastiek te gebruik.

6 (3.3) Gelukkig besoedel mense die aarde met al die plastiekprodukte


7 wat hulle elke dag gebruik. Duisende bottels en ander houers word oral
8 langs ons paaie en in riviere en die veld rondgegooi.

9 (3.4) Dis ons almal se land. Almal moet help skoonmaak. Mense moet
10 leer om nie plastiek rond te strooi nie. Glas, papier en plastiek moet
11 (3.5) (netjies) (altyd) (eenkant) gehou word. Dit moenie saam met ander
12 vullis op die ashope gegooi word nie.

13 Plastiek kan herwin word. (3.6) Dit is vir nuwe produkte gebruik. Dit
14 spaar baie energie en elektrisiteit. ʼn Mens kan ook ʼn sak van natuurlike
15 vesel koop en jou inkopies daarin dra.
[Verwerk uit Almal Verstaan Afrikaans Graad 5]

3.1 Verdeel die vetgedrukte woord in LETTERGREPE.


Plastiek is lig en dit is goedkoop om te maak. ( Reӫl 3) (1)

3
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief
Afrikaans EAT gr. 9 Geïntegreerde Taal
2021

3.2 Skryf die sin oor in die ONTKENNENDE VORM.

Dit kan ook altyd breek. (Reӫl 4) (1)

3.3 Gee die ANTONIEM van die vetgedrukte woord.

Gelukkig besoedel mense die aarde.(Reӫl 6) (1)

3.4 Verbind die sinne met die woord tussen hakies. (Reӫl 9)

Dis ons almal se land. Almal moet help skoonmaak. (daarom)


Begin sό: Dis ons almal se land... (1)

3.5 Gee die KORREKTE WOORDORDE van die woorde tussen hakies.
Skryf die hele sin oor. (Reӫl 10-11)

(1)

3.6 Skryf die sin oor in die VERLEDE TYD (Reӫl 13)

Dit is vir nuwe produkte gebruik. (1)

[6]
GROOTTOTAAL: [20]

4
Kopiereg voorbehou Blaai om asseblief

You might also like