You are on page 1of 38

Word gebruik om die aksie in ‘n sin te beskryf.

Dit is die belangrikste


woord in ‘n sin. Staan ook bekend as ‘n “doen woord”. Kan ek dit doen?
Voorbeelde: skop, slaan, eet, slaap, hardloop, praat, skryf, gesels.

Aktiwiteit: Onderstreep die werkwoorde in die volgende sinne:

1. Die seun lees die storie terwyl hy opsommings in sy boek skryf.

2. Die onderwyser leer die leerders om mooi prente te teken.

3. Die dogter hardloop op die speelgrond.

4. Ek leer baie hard vir my Aardrykskunde toets.

5. Ek steek my hand op om ‘n vraag te vra.

6. My onderwyser praat vreeslik baie.

7. Die kinders luister aandagtig na haar.

8. Ons span gaan vanmiddag die netbalwedstryd wen.

9. Almal sit pouse en eet hul toebroodjies.

10. Ons almal sing die skoollied terwyl ons op aandag staan.

©J Steyn
Die verlede tyd verwys na iets wat alreeds gebeur het.
het + ge + werkwoord = verlede tyd
Voorbeeld:
Die vrou eet haar kos.
Stap 1: Identifiseer die werkwoord = eet
Stap 2: Skryf HET in die plek van die werkwoord
Stap 3: Skuif die werkwoord na die einde van die sin toe +ge
= Die vrou het haar kos geëet.

Aktiwiteit: Skryf die volgende sinne in die verlede tyd:

1. Die dogter hardloop op die speelgrond.


___________________________________________________________________________________________
2. Ek steek my hand op om ‘n vraag te vra.
___________________________________________________________________________________________
3. My onderwyser praat vreeslik baie.
___________________________________________________________________________________________
4. Almal sit pouse en eet hul toebroodjies.
___________________________________________________________________________________________
5. Sy gee ons altyd die beste raad.
___________________________________________________________________________________________
©J Steyn
In die toekomende tyd gebruik ons “sal” na die onderwerp, en die
werkwoord staan aan die einde van die sin.
bv. Ek kyk die program.
Ek sal die program kyk.
Aktiwiteit: Skryf die volgende sinne in die toekomende tyd:

1. Die dogter hardloop op die speelgrond.


___________________________________________________________________________________________
2. Ek steek my hand op om ‘n vraag te vra.
___________________________________________________________________________________________
3. My onderwyser praat vreeslik baie.
___________________________________________________________________________________________
4. Almal sit pouse en eet hul toebroodjies.
___________________________________________________________________________________________
5. Sy gee ons altyd die beste raad.
___________________________________________________________________________________________
6. Ek doen altyd al my huiswerk.
___________________________________________________________________________________________
7. Die kinders luister aandagtig na haar.
___________________________________________________________________________________________
©J Steyn
Die teenwoordige tyd verwys na iets wat NOU gebeur. Die werkwoord word
die hoofwerkwoord genoem.
bv. slaap, eet, loop, dans

Aktiwiteit: Skryf die volgende sinne in die teenwoordige tyd:

1. Die kinders het altyd na die onderwyser geluister.


___________________________________________________________________________________________
2. Ek het gister al my huiswerk gedoen.
___________________________________________________________________________________________
3. My ma was baie kwaad vir my gewees.
___________________________________________________________________________________________
4. Die dogter het ‘n doel in die netbalwedstryd aangeteken.
___________________________________________________________________________________________
5. Die onderwyser het die leerders op die speelgrond gegroet.
___________________________________________________________________________________________
6. Hulle sal na die kinders op die speelgrond kyk.
___________________________________________________________________________________________
7. Na skool het hulle ’n netbalwedstryd gehad.
___________________________________________________________________________________________

©J Steyn
AS EEN…

Groep 1 Groep 2 Groep 3


aeoui aa ee oo uu ui eu ou ei
ooi eeu aai
Kort vokale gaan Lang vokale gaan Diftonge is siek en
alleen oorlog toe. saam oorlog toe. Een kan nie oorlog toe
Hulle benodig skrik so groot en gaan nie. Daarom kry
wapenrusting en ‘n hardloop weg. Al wat hulle net ‘n
kospakkie. oorbly is sy kospakkie kospakkie.
Wapenrusting:
verdubbel die Kospakkie: e Kospakkie: e /s
konsonant
Kospakkie: e

Aktiwiteit: Skryf die meervoud van die volgende woorde:

WOORD MEERVOUD WOORD MEERVOUD


skool kosblik
onderwyser brood
klas tas
boek skoolklok
pen hemp
stoel skoen

©J Steyn
-jie -tjie -ie
Wanneer ‘n woord op Woorde wat diftonge Wanneer ‘n woord op
‘n bevat ‘n:
d /t oe /ou /ui /ei s/ k/ p/ g /f
eindig Bv. skoentjie, soentjie eindig.
Bv. hondjie, katjie Bv. muis, wolkie, huis
-etjie -pie -kie
Een lettergreep Woorde wat eindig op Woorde wat eindig op
woorde met ‘n vokaal ‘n ‘n
voor die: m ng
b /r /m /n /l /ng Bv. hempie, armpie die g val weg
Bv. blommetjie, Bv. koninkie
ringetjie, karretjie

Aktiwiteit: Skryf die verkleining van die volgende woorde:

WOORD VERKLEINING WOORD VERKLEINING


skool kosblik
onderwyser brood
klas tas
boek skoolklok
pen hemp

©J Steyn
DIE…

AS…

WOORD

Trappe van vergelyking is deel van byvoeglike naamwoorde. Dis wanneer


iets met iets anders vergelyk word bv. groot, groter as, die grootste

Aktiwiteit: Skryf die trappe van vergelyking vir die volgende woorde:

WOORD …as die …


slim
groot
trots
klein
lank
kort
goed
doof
hoog
stil

©J Steyn
Voornaamwoorde is woorde wat in die plek van noemname en ander
naamwoorde gebruik word, bv. hy, sy

Aktiwiteit: Voltooi die paragraaf deur die regte voornaamwoorde in te vul.

Daar is ‘n dogter in (our) _____ klas. (She) _____ vertel my altyd van (her)

_____ familie. (I) ____ luister altyd na (her) _____ stories. Sy het ‘n klein

boetie en (she) _____ vertel (us) _____ altyd hoe stout (he) _____ is. (They)

_____ bly in ‘n groot huis saam met (their) ____ ouers. (They) _____ het ‘n

groot hond. Dit is (theirs) _____. (I) _____ wens dat (me) _____ en (my) _____

familie ook ‘n hond van (us) _____ eie kon gehad het. (My) _____ ouers wil

nie een koop nie, (they) _____ sê (I) _____ gaan nie mooi na (him) _____ kyk

nie. Wens (they) _____ wil vir (my) _____ een kry, sodat (I) _____ (them) _____

verkeerd kan bewys.

©J Steyn
Homonieme is woorde wat dieselfde lyk en klink, maar wat verskillende
betekenisse het.

Aktiwiteit: Gebruik ‘n woordeboek om die betekenisse van die volgende


homonieme neer te skryf.

1. vas:
___________________________________________________________________________________________
vas:
___________________________________________________________________________________________
2. by:
___________________________________________________________________________________________
by:
___________________________________________________________________________________________
3. kan:
___________________________________________________________________________________________
kan:
___________________________________________________________________________________________
4. lewer:
___________________________________________________________________________________________
lewer:
___________________________________________________________________________________________
5. kant:
___________________________________________________________________________________________
kant:
___________________________________________________________________________________________
©J Steyn
Homofone klink dieselfde, maar word verskillend gespel en het
verskillende betekenisse.

Aktiwiteit: Pas die homofoon in Kolom A by die regte homofoon in


Kolom B.
A B
boordjie ent
eed rant
graad vee
dokter viets
fee graat
end boortjie
fiets eet
lyer noot
haal seine
voed maer
nood vereis
syne want
lood hael
ys leier
maar loot
rand doktor
wand rys
reis voet
verys eis
©J Steyn
Aktiwiteit: Kies die korrekte homofoon tussen hakies.

1. Ons het in die (vlei / vly) tussen die riete gespeel.

2. Ek (vlei / vly) die meisie en sê sy is pragtig.

3. Die meisie (vly / vlei) haar op die gras neer.

4. Die man met die baie karre is baie (ryk / reik)

5. Hy (ryk / reik) my die hand van vriendskap.

6. Ons eet (reis / rys) saam met vleis vir aandete.

7. Ons (reis / rys) deur die land.

8. Die meisie wat gereeld in die gimnasium boer, se lyfie is (fiets / viets)

9. Ek ry met my (fiets / viets) deur die strate.

10. Hy (leun / leuen) teen die muur.

11. Hy vertel ‘n (leun / leuen) om uit die moeilikheid te kom.

©J Steyn
Voorsetsels is woorde wat die verband van een ding tot ’n ander aantoon,
bv. bo-op, langsaan.
Aktiwiteit: Voltooi die volgende sinne deur die regte voorsetsels in te vul.

1. Die krieketkolf lê _______________ die bed.


2. Die trekker staan _______________die bed.
3. Die hoed hang _______________ die bed se voetstuk.
4. Die boom is _______________ die venster.
5. Die nar is _______________ die rak.
6. Die motor is _______________ die nar.
7. Die portret hang __________ die muur.
©J Steyn
Johan sê dat hy lekker kos eet.
Stap 1: Vervang dat met :
Johan sê : hy lekker kos eet.
Stap 2: Sit die :” _____________ .”
Johan sê: ”hy lekker kos eet.”
Stap 3: Verander die voornaamwoord hy = Ek
Johan sê: “Ek lekker kos eet.”
Stap 4: Bring die werkwoord voorentoe = eet
Johan sê: “Ek eet lekker kos.”
Stap 5: Skryf die sin neer.

Aktiwiteit: Skryf die volgende sinne oor in die direkte rede:


1. Mbali het gesê dat die rivier oorspoel het.
___________________________________________________________________________________________
2. Sipho sê dat haar hart seer is.
___________________________________________________________________________________________
3. Thando sê dat dit baie hard reën.
___________________________________________________________________________________________
4. Die brandweerman het gesê dat die huis afgebrand het.
___________________________________________________________________________________________
©J Steyn
Susan sê: “Ek gaan môre netbal speel.”
Stap 1: Vervang die : met dat
Susan sê dat “Ek gaan môre netbal speel.”
Stap 2: Neem die “ “ aanhalingstekens weg
Susan sê dat Ek gaan môre netbal speel.
Stap 3: Verander die voornaamwoord ek = sy (Susan - dogter)
Susan sê dat sy gaan môre netbal speel.
Stap 4: skuif die werkwoord agtertoe gaan
Susan sê dat sy môre netbal gaan speel.
Stap 5: Verander môre na = die volgende dag
Skryf die sin neer.
Aktiwiteit: Skryf die volgende sinne oor in die indirekte rede:
1. Joan sê: “Ek het my les geleer.”
___________________________________________________________________________________________
2. Dawid sê: “Ek wil graag ‘n onderwyser word.”
___________________________________________________________________________________________
3. Juffrou vra: “Hoekom het julle nie huiswerk gedoen nie?”
_________________________________________________________________________________________I
4. Louise antwoord: “Ons het nie geluister nie.”
__________________________________________________________________________________________
emand se in
©J Steyn
Versamelname is name vir groepe mense, diere of dinge wat van
dieselfde soort is. Voorbeelde hiervan is ’n tros druiwe of ’n bos blomme.
Aktiwiteit: Pas die korrekte versamelnaam by die volgende woorde.
riem visse
skool druiwe
tros bokke
sak bye
kolonie miere
trop muise
span wasgoed
swerm donkies
nes vrugtebome
bondel blomme
boord kleintjies (bv. hondjies)
oes aartappels
werpsel skoene
paar papier

©J Steyn
Selfde

Woorde met dieselfde betekenisse.

Aktiwiteit: Skryf sinonieme vir die volgende woorde.

mooi
groot
klein
lekker
soms
Anders

Woorde met teenoorgestelde betekenisse.


Aktiwiteit: Skryf die antonieme van die volgende woorde en verdeel dit
dan in lettergrepe.

1. seker - _______________ lettergreep - _______________


2. kwaad - _______________ lettergreep - _______________
3. wen - _______________ lettergreep - _______________
4. meneer - _______________ lettergreep - _______________
©J Steyn
’n Voorvoegsel is nie ’n volledige woord nie. Dit is ’n woorddeel wat voor
aan ’n volledige woord (die basis of stam) gevoeg word. Elke voorvoegsel
het sy eie betekenis. Wanneer ’n voorvoegsel by ’n basis gevoeg word,
verander dit die betekenis van die basis.

Aktiwiteit: Gebruik die volgende voorvoegsels om nuwe woorde te vorm.

her- on-
wan- ont-
be- mis-

’n Agtervoegsel is nie ’n volledige woord nie. Dit is ’n woorddeel wat agter


aan ’n volledige woord (die basis of stam) gevoeg word.

Aktiwiteit: Gebruik die volgende agtervoegsels om nuwe woorde te vorm.

-agtig -tjie
-saam -vol
-loos -pie

©J Steyn
Stellings is sinne wat ons iets vertel.
Stellings eindig met ’n punt.
Ek is vyf jaar oud.
Vrae is sinne wat ’n antwoord verwag.
Vrae eindig met ’n vraagteken?
Wanneer kom jy kuier?
Bevelsinne is sinne wat instruksies gee.
Bevelsinne eindig met ’n punt of ’n uitroepteken!
Kom hier! Ek wil met jou praat.
Uitroepsinne is sinne wat sterk gevoelens oordra soos verbasing, vrees of
woede.
Uitroepe eindig met ’n uitroepteken!
Eina! Ek het my toon gestamp!

Aktiwiteit: Dui aan watter tipe sin dit is: ‘n stelsin, ’n vraagsin, ’n bevelsin
of ’n uitroepsin.

Sin Sinstipe
Dit is warm vandag.
Help! Ek is in gevaar!
Doen nou dadelik jou huiswerk!
Wat is jou naam?
Ek verjaar môre.
Borsel jou hare!
Hoeveel kos die kaartjies?
©J Steyn
Hulpwerkwoorde help die hoofwerkwoord om tyd aan te dui, bv.:
Sy het die appel geëet. (verlede tyd)
Sy sal die appel eet. (toekomende tyd)
Die appel word geëet. (teenwoordige tyd, passiewe vorm)
Aktiwitieit: Lees elke sin en omkring die hulpwerkwoord met oranje. Dui
ook die tydsverloop aan.

1. Juffrou het op die bord geskryf.

2. Die kinders sal hulle kos eet.

3. Die bal word geskop.

4. Die leeu het in die bos gehardloop.

5. Die jagters sal die bok skiet.

6. Ons het ‘n netbalwedstryd gespeel.

7. Dawie sal vir die A-span krieket speel.

8. Die kos word gemaak.

9. My ma het in die kombuis gestaan.

10. Ons sal in ons huiswerkboeke skryf.


©J Steyn
Selfstandige naamwoorde is die name van mense, plekke, dinge of idees.
Aktiwiteit: Onderstreep al die selfstandige naamwoorde in die volgende
storie.
Eendag het twee klein, grys muisies staan ek kyk hoe ’n groot, kwaai leeu in die
son lê en slaap. “Hardloop oor sy neus,” sê die een. “Kyk of hy wakker word!”
Toe hardloop die lawwe muisie oor die leeu se snoet, en wat gebeur? Natuurlik
word die leeu wakker en gryp die muisie in sy groot poot vas.
Die enorme leeu is vies en op die punt om die piepklein muisie op te vreet. “Moet
my asseblief nie eet nie, leeu,” smeek die bibberende muisie. “Eendag sal ek jou
help!”
Die leeu lag! “Jy! Jy is te nietig om enigiemand te help, klein muisie! Jy kan my
nie help nie!”
Hy is egter nie regtig honger nie, daarom laat hy die muisie los.
Eendag kort daarna, draf die leeu deur die veld sonder om mooi te kyk waar hy
trap. Skielik val hy vas in ’n valstrik wat mans gestel het om
’n bok te vang. Dit is ’n groot net, en die leeu sit stewig daarin vas. Hy kan nie
beweeg nie, maar hykan brul.
“Help! Help! Help!” brul hy. “Red my uit hierdie strik!”
’n Bok stap verby. “Ek sal jou nie help nie,” sê die bok. “Jy het verlede week my
broer opgevreet.”
’n Hasie hop verby. “Ek sal jou nie help nie,” sê die hasie. “Jy het verlede week my
ma opgevreet.”
Toe kom die klein, grys muisie daar aan. “Jy het my verlede week nie opgevreet
nie,” sê sy. “Ek sal jou help.” Toe begin die muisie aan die net knaag. Sy knaag en
knaag en knaag. Teen laat die middag is die gat in die net groot genoeg dat die
leeu kan loskom. “Baie dankie, maatjie. Nou weet ek dat selfs klein diertjies groot
diere soos ek kan help.”

©J Steyn
Byvoeglike naamwoorde beskryf selfstandige naamwoorde.
Verbuigings van byvoeglike naamwoorde:
• Trappe van vergelyking,
bv. groot, groter, grootste
• Intensiewe vorme,
bv. spierwit
Aktiwiteit: Verbind die selfstandige naamwoord met die byvoeglike
naamwoord wat hom die beste beskryf.
Byvoeglike naamwoord Selfstandige naamwoord
gladde blits
honger gebou
vinnige skilpad
hoë kos
mooi seep
stadige wolf
heerlike prinses

©J Steyn
Intensiewe vorme is byvoeglike naamwoorde in die versterkende graad en
word dus gebruik om ‘n byvoeglike naamwoord te versterk. ‘n Intensiewe
vorm word ALTYD as een woord geskryf. ‘n Voorbeeld hiervan
is stroopsoet, wat baie soet beteken.

Aktiwitieit: Skryf die volgende intensiewe vorme neer.


As iets baie duur is, is dit
As iets baie oud is, is dit
As iets baie warm is, is dit
As iets baie vol is, is dit
As iets baie groen is, is dit
As iets baie droog is, is dit
As iets baie lelik is, is dit
As iets baie koud is, is dit
As iets baie jonk is, is dit
As iets baie klein is, is dit
As iets baie hoog is, is dit
As iets baie vinnig is, is dit
As iemand baie ryk is, is hulle
As iemand baie arm is, is hulle
As iemand baie moeg is, is hulle
As iets baie min is, is dit
As iets baie goedkoop is, is dit
©J Steyn
In die bedrywende vorm verskyn die sin in sy basiese vorm soos dit in die
gewone skryf- en spreektaal voorkom: onderwerp + gesegde + voorwerp,
bv. Die seuntjie gooi die bal.

In die lydende vorm vorm ruil die onderwerp en die voorwerp om, bv.:
– Die bal word deur die seuntjie gegooi. (teenwoordige tyd)
– Die bal is deur die seuntjie gegooi. (verlede tyd)
– Die bal sal deur die seuntjie gegooi word. (toekomende tyd)

Die lydende vorm is wanneer ons die ONDERWERP en die VOORWERP


omruil.

Sv1TOMPv2I
O(word deur)v1TSMPv2I

©J Steyn
Aktiwitieit: Skryf die volgende sinne oor in die lydende vorm.

1. Die seun skop die rugbybal.


________________________________________________________________________________________
2. Die seun het die rugbybal geskop.
_________________________________________________________________________________________
3. Die meisie gooi die netbal vir die afrigter.
_________________________________________________________________________________________
4. Die meisie het die netbal vir die afrigter gegooi.
_________________________________________________________________________________________
5. Die man eet die winkel se kos.
_________________________________________________________________________________________
6. Die man het die winkel se kos geëet.
_________________________________________________________________________________________
7. Die man rig die rugbyspan af.
_________________________________________________________________________________________
8. Die man het die rugbyspan afgerig.
_________________________________________________________________________________________

©J Steyn
Daar is net TWEE lidwoorde: ‘n en die
Ons gebruik die wanneer ons van ’n spesifeke ding of persoon praat, en ’n
wanneer ons van iets in die algemeen praat.
Aktiwitieit: Omkring al die lidwoorde in die storie. Omkring die
‘spesifieke lidwoorde’ met blou, en die ‘algemene lidwoorde’ met groen.
Eendag lank gelede was daar ’n jong seun wat na die dorpsmense se skape moes omsien.
Elke oggend het hy hulle teen die heuwel uit geneem om vars weiveld te soek. Eendag het hy
’n bietjie verveeld geraak, toe roep hy so
hard as wat hy kon: “Wolf! Wolf! Die wolf jaag die skape!”
Die dorpenaars hoor sy hulpkrete en kom teen die heuwel opgehardloop om hom te help om
die wolf te verjaag. Maar toe hulle bo kom, sien hulle geen wolf nie. Toe die seun hul
verwarde gesigte sien, lag hy te lekker vir
hulle. “Moenie ’Wolf!’ roep wanneer daar geen wolf is nie,” seun, raas die dorpenaars.
Brommend stap hulle weer teen die heuwel af om voort te gaan met hulle werk.
Later, toe die seun weer verveeld raak, roep hy weer: “Wolf! Wolf! Die wolf jaag die skape!”
Laggend kyk hy hoe die dorpenaars weer teen die heuwel ophardloop om die wolf te
komverjaag. Toe die dorpenaars weer eens geen wolf sien nie, sê hulle streng vir die seun:
“Seun, jy moet ons net roep wanneer daar regtig iets skort. Moenie ’Wolf!’ roep wanneer daar
geen wolf is nie!”
Later daardie dag word die skape toe werklik deur ’n wolf bedreig. Die seun skrik hom
boeglam en skree so hard as wat hy kan: “Wolf! Wolf!” Die dorpenaars glo egter dat hy hulle
weer om die bos probeer lei, en hulle reageer nie op sy krete nie. Teen sonsondergang begin
die dorpenaars wonder waarom die skaapwagter die skape nog nie teruggebring het nie.
Hulle stap teen die heuwel op om hom te gaan soek, en tref hom in trane aan.
“Daar was regtig ’n wolf hier!” snik hy. “Hy het party van die skape verskeur, en die ander
skape het gevlug! Ek het julle geroep! Waarom het julle nie gekom nie?”
’n Bejaarde man probeer die seun troos terwyl hy saam met hom dorp sê hy. “Maar nou weet
jy dat niemand ’n leuenaar glo nie – nie eens wanneer hy die waarheid praat nie!ôreoggend
©J Steyn
nie…

nie..
In die ontkennende vorm word sake in die negatiewe vorm gestel,
bv. Sy het nie gehuil nie.
Aktiwiteit: Skryf die volgende sinne in die ontkenning.

1. Die kinders speel buite in die park.


___________________________________________________________________________________________
2. Ek het iets in my tas om te eet.
___________________________________________________________________________________________
3. Die haas kan vinnig hardloop.
___________________________________________________________________________________________
4. Ek het die boek êrens weggesteek.
___________________________________________________________________________________________
5. Ek ken iemand in die winkel.
___________________________________________________________________________________________
6. My naam is Johan.
___________________________________________________________________________________________
7. Die man eet sy vrou se kos.
___________________________________________________________________________________________
8. Die vrou het vyf klein kinders.
___________________________________________________________________________________________

©J Steyn
’n Enkelvoudige sin het net een gesegde (werkwoord of werkwoordstuk),
en ’n saamgestelde sin het twee gesegdes.

Aktiwiteit: Onderstreep die werkwoorde in elkeen van hierdie


enkelvoudige sinne. Gebruik dan die voegwoorde tussen hakies om
saamgestelde sinne te vorm.

1. Die seun het stadig gehardloop. Hy het sy voet toon gestamp. (want)
___________________________________________________________________________________________
2. Hy kon nie slaap nie. Hy het ’n fliek gekyk. (daarom)
___________________________________________________________________________________________
3. Die hond het sy stert geswaai. Hy was bly. (omdat)
___________________________________________________________________________________________
4. Ons het koekies gebak. Ons het die koekies geëet. (en)
___________________________________________________________________________________________
5. Ek hou van piesangs. Ek hou van aarbeie. (en)
___________________________________________________________________________________________

©J Steyn
Aktiwiteit: Verdeel nou elkeen van hierdie saamgestelde sinne in twee
enkelvoudige sinne.

1. Die seun het stadig geloop omdat hy sy been seergemaak het.


___________________________________________________________________________________________
2. Susan het vier appels geëet want sy was honger.
___________________________________________________________________________________________
3. Die hond het geblaf nadat hy ’n geluid gehoor het.
___________________________________________________________________________________________
4. Ek help my ma kosmaak en dan dek ek die tafel.
___________________________________________________________________________________________
5. Juffrou is baie kwaad want ons het nie ons huiswerk gedoen nie.
___________________________________________________________________________________________
6. Ek kry baie warm daarom gaan ek nou swem.
___________________________________________________________________________________________
7. Ek drink tee en eet toebroodjies in die oggend.
___________________________________________________________________________________________
8. Jaco hou van piesangs, maar hy eet nie appels nie.
___________________________________________________________________________________________
9. My Afrikaanse werk is moeilik, maar my Wiskunde is moeiliker.
___________________________________________________________________________________________
10. Juffrou lyk mooi vandag en sy ruik lekker.
___________________________________________________________________________________________
©J Steyn
Wanneer ons skryf, gebruik ons ʼn kode om die leser te sê hoe hy die
woorde moet lees. Die kode wat ons gebruik, word PUNKTUASIE genoem
en die tekens word LEESTEKENS genoem. Leestekens kan ook die
betekenis van sinne verander. Skryftekens beïnvloed die spelling en
uitspraak van woorde.

● Punt ^ Kappie
? Vraagteken ‛ Afkappingsteken
! Uitroepteken ; Kommapunt
- Koppelteken : Dubbelpunt
-- Aandagstreep “” Aanhalingstekens
() Hakies , Komma

PUNT
Dit word gebruik aan die einde van alle sinne wat nie vrae of uitroepe is nie.
Dit word gebruik in sommige afkortings en na voorletters. Bv. d.m.v / Me. J. Steyn
Dit word gebruik om die dae van die week en die maande van die jaar te verkort.
Bv. Apr (April) Nov. (November) Dins. (Dinsdag) Vr. (Vrydag)

VRAAGTEKEN
Dit word gebruik aan die einde van ʼn sin wat ʼn vraag vra. Dit vervang die punt.
Bv. Wanneer kom jy by my kuier?

KAPPIE
Dit word gebruik op die vokale o, i, e, u.
Dit dui ʼn lang vokaal in ʼn oop sillabe aan bv. sê, môre.
Dit word in ʼn geslote lettergreep gebruik bv. skêr, blêr.
©J Steyn
AFKAPPINGSTEKEN
Die afkappingsteken word soms gebruik by:
MEERVOUDE of VERKLEINING van MEERVOUDE en verkleining van woorde
woorde wat eindig op -i, -o, en -u. wat eindig op ʼn lang a- klank.

Bv. foto’s foto’tjie Bv. ma’s hoera’s


MEERVOUDE of VERKLEINING van Dit word ook gebruik om aan te toon dat
afkortings, letters en getalle. een of meer letters weggelaat is.

Bv. TV’s b’s 7’s Bv. s’n hy’t sy’s

KOMMAPUNT
Dit verander twee sinne in een sin as die Dit word soms gebruik in plaas van die
sinne nou verband hou. woorde “en” of “maar”.
Bv. Sy het verdwyn; ons het orals gesoek. Bv. Ons sal nie vanaand gaan nie; ons mag
dalk môre gaan.
Dit word gebruik om items in ʼn lys te skei Dit word soms gebruik na ʼn groep woorde
waar elke item in die lys lank is. in ʼn sin.
Bv. Die huis het: 6 sonnige kamers; 2 nuwe Bv. Die narre het opgetree; leeus het
badkamers; ʼn pragtige sitkamer; en nog gebrul; die musiek het geblêr; en die skare
baie meer. het gejuig.

UITROEPTEKEN
Die uitroepteken word na ʼn woord, frase of sin gebruik om ʼn skielike
of sterk gevoel uit te druk.
Dit kan ʼn verrassing wees. Dit kan woede, vrees of pyn wees.
Bv. Dit is so mooi! Bv. Eina! Los my uit!
Dit plaas klem op ʼn bevel of mening. Dit word gebruik om ironie, verwondering
Bv. Moenie dit doen nie! of sarkasme aan te toon.
Bv. Dis nou mooi van jou, jy steek my in die
skande!

©J Steyn
AANHALINGSTEKENS
Dit word gebruik wanneer ons die werklike Dit word gebruik wanneer jy die woorde
woorde van die spreker wil aantoon van iemand aanhaal. Bv. “Sy het gesê haar
(DIREKTE REDE). gunsteling vrugte is piesangs, pere en
Bv. “Wanneer ry ons?” vra sy. appels.”
Dit word gebruik wanneer jy die woorde in Dit omsluit ongewone woorde, bv. vreemde
ʼn boek, tydskrif of koerant AANHAAL. woorde, sarkasme of om ʼn humoristiese
kinkel te gee.

KOMMA
Die komma skei ʼn lys woorde in ʼn sin. Dit skei groepe woorde, reeks of
Bv. Sy eet appels, pere, piesangs en instruksies.
perskes. Bv. Loop in die straat op, draai regs by die
hoek, loop oor die brug en sy sal haar huis
sien.
Dit kom voor die voegwoorde “want” en Kommas skei datums.
“maar”. Bv. 16 Junie, 2020
Bv. Dit het gereën, maar ons kan steeds Nuwejaarsdag, 1998
swem.
Kommas verdeel groepe syfers in Dit skei frases of sinsdele in ʼn sin wat nie
duisende. Bv. 87,888 noodsaaklik is nie.
Bv. Die fliek was, sonder twyfel, die
mooiste wat hy al gesien het.

DUBBELPUNT
Dit word gebruik na ʼn stelling gevolg deur Dit word gebruik om ure en minute van
ʼn lys woorde. mekaar te skei as die tyd aangedui word.
Bv. Ons het nodig: appels, piesangs en Bv. 9:00vm
druiwe.
Dit word gebruik na ʼn stelling gevolg deur Dit word gebruik om verse van hoofstukke
ʼn sinsdeel wat die stelling verduidelik. te skei.
Bv. Hy kon nie gaan nie: hy was siek. Bv. Hoofstuk 7: 1-6
Dit word gebruik om ʼn aanhaling in te lei.
Bv. Hy het gesê: “Ek hou nie van haar nie!”

©J Steyn
HAKIES
Die hakies word gebruik om ekstra inligting in ʼn sin te plaas.
Bv. Johan, (die jongste seun) hou daarvan om rugby te speel.
Een deel van die boek (hoofstuk 8) beskryf die seun.

AANDAGSTREEP
Dit is langer as die koppelteken en kan Dit dui ʼn skielike onderbreking in die sin
soms in plaas van hakies in die middel van aan.
die sin gebruik word. Bv. “Ek is jammer maar – hy het net
Bv. Die vrugte – appels, pere en piesangs – uitgeloop.”
was heerlik.
Dit word gebruik om ʼn lys van sy Dit kan gebruik word om klem aan te dui
opsomming te skei. of vir ʼn woord of woorde wat herhaal word.
Bv. Johan, Petrus en Riaan – het almal Bv. probeer – en probeer weer – tot jy dit
baarde. reg kry.

KOPPELTEKEN
Wanneer samestellings baie lank is, kan ʼn Dit word gebruik waar koppelings gemaak
koppelteken gebruik word om lees te word uit woorde of woord groepe.
vergemaklik. Bv. klem-in-die-kaak
Bv. woonstelblok-parkeerterrein
Samestellings met afkortings, simbole, Dit word gebruik waar een woord van ʼn
syfers en getalle word met koppeltekens samestelling eindig op dieselfde letter as
geskryf. waarmee die volgende woord begin.
Bv. R100-noot Bv. see-eend na-aap
As twee dele van ʼn woord identies is word As die stamwoord in ʼn samestelling met ʼn
hulle geskei deur middel van ʼn hoofletter moet begin, moet die woord
koppelteken. met ʼn koppeltken geskryf word.
Bv. vinnig-vinnig nou-nou Bv. oud-Sringbokke pro-Frans

©J Steyn
‘n Voegwoord verbind twee sinne aan mekaar om een saamgestelde sin te
vorm.

en ,want omdat
Geen komma Komma Geen komma
Tweede sin se woordorde Tweede sin se woordorde Tweede sin se woordorde
verander nie. verander nie. verander. Die werkwoord gaan
Verander die eienaam in sin na die einde van die sin toe.
twee na ‘n voornaamwoord. Bv. Susan eet kos. Susan is
honger. (want) Bv. Ek eet pap. Ek is honger.
Bv. Jana sit. Jana lees. (en) Susan eet kos, want sy is (omdat)
Jana sit en lees. honger. Ek eet pap omdat ek honger
is.

Aktiwiteit: Gebruik die volgende voegwoorde om jou eie sinne te maak.

1. en -
___________________________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________________________
2. omdat -
___________________________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________________________
3. as -
___________________________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________________________
4. maar -
___________________________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________________________
©J Steyn
‘n Samestelling is wanneer ons twee woorde wat alleen staan bymekaar
voeg om ‘n nuwe woord te maak.

Samestelling

+ =
Aktiwiteit: Voeg die volgende woorde bymekaar om samestellings te
maak:
Basis Basis Samestelling
skool klok
huiswerk boek
krieket wedstryd
middag ete
sneeu man
klas kamer
muur kaart
blom pot
sit kamer
personeel kamer
©J Steyn
Wie? Wat? Waar? Wanneer? Waarom?

Aktiwiteit: Gebruik hierdie woorde om die vrae te voltooi. Moenie vergeet


om elke sin met ’n hoofletter te begin nie.

1. _______________ het gisteraand by die konsert gesing?

2. _______________ verjaar jy?

3. _______________ lyk jy so ongelukkig?

4. _______________ eet ons vannaand vir aandete?

5. _______________ het ek my boek laaste gelees?

Aktiwiteit: Maak nou jou eie vraagsinne deur die volgende vraagwoorde te
gebruik.

1. Watter -
___________________________________________________________________________________________
2. Hoeveel -
___________________________________________________________________________________________

©J Steyn
Die man speel tennis.
Onderwerp Wie voer die aksie uit? (Die man) ’n voorwerp.
Werkwoord Werkwoord: Wat is die aksie- of doenwoord? (speel)
Voorwerp Wie of wat? (tennis)

Aktiwiteit: Ontleed elke sin. Omkring die werkwoord met rooi,


onderstreep die onderwerp met blou en onderstreep die voorwerp met
groen.

1. Susan eet haar kos.


2. Hy sien ‘n groot monster.
3. Die seuns speel in die park.
4. Die leeu hardloop in die bos.
5. Die jagters skiet die bok.
6. Die dogters speel netbal.
7. Dawie ry in ‘n motor.
8. Johan speel in sy tuin.
9. Ma staan in die kombuis.
10. Juffrou skryf op die bord.

©J Steyn
Bywoorde beskryf werkwoorde. Hulle vertel vir ons wanneer (tyd),
hoe (wyse), hoeveel (graad) of waar (plek) ’n aksie plaasvind.
Aktiwiteit: Maak jou eie sinne met die volgende bywoorde sodat dit
duidelik die werkwoord beskryf.

1. ongeduldig
___________________________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________________________
2. vinnig
___________________________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________________________
3. vrolik
___________________________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________________________
4. versigtig
___________________________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________________________
5. saggies
___________________________________________________________________________________________
___________________________________________________________________________________________

©J Steyn
Aktiwiteit: Vul die volgende woorde (volgens STOMPI) op die regte
plekke (B) in.

©J Steyn

You might also like