You are on page 1of 11

Best Books Eksamenhulp vir Graad 11 Huistaal is 

’n gebruikersvriendelike oefenboek BEST BOOKS EKSAMENHULP 11


HUISTAAL
met agt hoofstukke taalopsommings met toepaslike voorbeelde en taaloefeninge, sowel

Best Books Eksamenhulp: Graad 11 Afrikaans Huistaal


as nege konsepvraestelle om die grondslag vir sukses in die eksamen te lê. Elke hoofstuk
bevat ’n begripstoets, wat op uittreksels uit die jongste jeugboeke gebaseer is, en ’n
hersieningstoets. Dié boek bevat ook waardevolle wenke en praktiese raad vir die
beantwoording van Vraestelle 1 en 3. Met hierdie boek kan Huistaalleerders op álle
vlakke die eksamen met sukses aanpak. 

Hierdie oefenboek
ü is saamgestel volgens die vereistes van die Kurrikulum- en
assesseringsbeleidsverklaring en die jongste uitgawe van die Afrikaanse woordelys en
GEE AFRIKAANS ’N
spelreëls.
ü sluit agt hoofstukke wat ál die taalstrukture en -konvensies dek, in.
ü

ü
ü
bevat taaloefeninge, gebaseer op uittreksels uit die jongste jeugboeke, wat teoretiese
kennis oefen en toets, en die geleentheid bied om dié kennis toe te pas.
bevat wenke met voorbeelde ter voorbereiding van toetse en eksamens.
sluit ses konsepvraestelle vir Vraestel 1 en drie konsepvraestelle vir Vraestel 3 in.
KISHOU IN DIE
ü bied plek vir antwoorde, vir maklike hersiening en verwysing.

EKSAMEN
ü is geskik vir gebruik in die klaskamer of tuis.

Die antwoorde kan op die webtuiste www.bestbooks.co.za afgelaai word.

Ander titels in die reeks: KABV-


GERIG
Graad 10 HT Graad 12 HT
BEST BOOKS EKSAMENHULP 10
HUISTAAL
BEST BOOKS EKSAMENHULP 12
HUISTAAL

GEE AFRIKAANS ’N GEE AFRIKAANS ’N


KISHOU IN DIE
EKSAMEN
KISHOU IN DIE
EKSAMEN
Klankleer
Lees- en skryftekens
KABV-
GERIG
KABV-

Klankleer
GERIG
Ook geskik
vir IEB Woord­vorming
Lees- en skryftekens
Woordvorming
Woordsoorte
Sinsleer
Betekenisleer

Anita Voges Woordsoorte


Hersiening
Leesstukke
Taaloefeninge
Begripstoetse
Skryfwerkwenke en -oefeninge Wenke vir eksamenvoorbereiding
Konsepvraestelle 1 & 3 Konsepvraestelle 1 & 3

Sinsleer
SAAMGESTEL DEUR ISABELLA VENISH SAAMGESTEL DEUR MARTLIE JORDAAN

9781776072071 9781776072095

Betekenisleer
BB EH GR 11 HT
Leesstukke
ISBN: 978-1-77607-208-8
Begripstoetse
Skryfwerkwenke en -oefeninge
9 781776 072088
www.bestbooks.co.za Konsepvraestelle 1 & 3

SAAMGESTEL DEUR ANITA VOGES

Gr 8-12 Eksamenhulp_HT_nuwe omslag V2.indd 10,12 2020/02/12 15:59


Best Books Eksamenhulp:
Graad 11
Taal- en leesoefenboek
vir Huistaal
Saamgestel deur Anita Voges

Best Books Eksamenhulp: Graad 11 Huistaal Taal- en leesoefenboek - 9781776072088


© NB Uitgewers 2020

Gr 11 HT Taal- en leesoefenboek.indb 1 2020/02/20 13:16


Inhoud
Hoofstuk 1: Kommunikasie – klankleer, Byvoeglike naamwoorde (adjektiewe) 69
hoofletters en punktuasie 1
Verbuiging 71
Begripstoets: Wenke vir begripstoetsing 1
Verbuiging van die byvoeglike naamwoord:
Begripstoets 2 letterlik en figuurlik 71
Klankleer 5 Intensiewe vorme 72
Vokale, diftonge en konsonante 6 Trappe van vergelyking 73
Lettergrepe en klankgrepe 7 Deelwoorde 75
Woordaksent en sinsaksent 8 Hersieningsoefening 77
 Klankverskynsels 9 Hoofstuk 5: Lees – werkwoorde, tye en
bywoorde 79
Hooflettergebruik 10
Begripstoets 79
Punktuasie 12
Werkwoorde 83
Hersieningsoefening 14
Tye 85
Hoofstuk 2: Okkasies – morfologie,
taalverskynsels, afkortings en spelling 19 Die infinitief 90
Begripstoets 19 Bywoorde 91
Morfologie 23 Hersieningsoefening 93
Morfologiese ontleding 25 Hoofstuk 6: Tegnologie – ander woordsoorte 96
 Fleksiemorfeme 25 Begripstoets 96
Voor- en agtervoegsels 25 Lidwoorde 100
 Taalverskynsels 30 Telwoorde 102
Afkortings, akronieme en letternaamwoorde 32 Voegwoorde 104
Skryftekens en spelling  35 Voorsetsels 106
Hersieningsoefening 39 Tussenwerpsels 108
Hoofstuk 3: Wêreldreisigers – selfstandige Hersieningsoefening 109
naamwoorde en voornaamwoorde 43
Hoofstuk 7: Sportmal – sinsleer 112
Begripstoets 43
Begripstoets 112
Selfstandige naamwoorde 47
Enkelvoudige sinsontleding 116
Meervoude 50
Frases en bepalings 117
Verkleinwoorde 54
Byvoeglike en bywoordelike frases/bepalings117
Geslag 57
Saamgestelde sinsontleding 118
Lande en mense 59
  Byvoeglike en bywoordelike bysinne 119
Voornaamwoorde 61
Ontkenning 121
Hersieningsoefening 63
Sinstipes 122
Hoofstuk 4: Invloedryke mense – byvoeglike
Sinswyses 123
naamwoorde en deelwoorde 66
Lydende en bedrywende vorm 124
Begripstoets 66

Best Books Eksamenhulp: Graad 11 Huistaal Taal- en leesoefenboek - 9781776072088


© NB Uitgewers 2020

Gr 11 HT Taal- en leesoefenboek.indb 3 2020/02/20 13:16


Direkte en indirekte rede 127
Hersieningsoefening 130
Hoofstuk 8: Mens – betekenisleer (semantiek) 132
Begripstoets132
Letterlik en figuurlike taalgebruik (denotatiewe
en konnotatiewe betekenis) 136
Idiomatiese uitdrukkings, spreekwoorde en
vergelykings 136
Sinonieme 141
Antonieme 142
Homonieme 143
Homofone 145
Doeblette 146
Paronieme 147
Een woord vir ’n omskrywing 148
Hersieningsoefening 150
Eksamenvoorbereiding: Vraestel 1 153
Vraestel 1: Junie (Voorbeeld 1) 153
Vraestel 1: Junie (Voorbeeld 2) 165
Vraestel 1: Junie (Voorbeeld 3) 176
Vraestel 1: November (Voorbeeld 1) 188
Vraestel 1: November (Voorbeeld 2) 198
Vraestel 1: November (Voorbeeld 3) 210
Vraestel 3: Skryf is lekker! 221
Opstelle 221
Langer transaksionele tekste 223
Voorbeeldvraestelle: Vraestel 3 228
Vraestel 3 (Voorbeeld 1) 228
Vraestel 3 (Voorbeeld 2) 235
Vraestel 3 (Voorbeeld 3) 242
Bronnelys 251

Best Books Eksamenhulp: Graad 11 Huistaal Taal- en leesoefenboek - 9781776072088


© NB Uitgewers 2020

Gr 11 HT Taal- en leesoefenboek.indb 4 2020/02/20 13:16


Hoofstuk 5: Werkwoorde, tye en bywoorde

Onderwerp: Lees

In hierdie hoofstuk gaan jy


Ÿ ’n begripstoets oor ’n artikel, advertensie en uittreksel beantwoord.
Ÿ werkwoorde bestudeer.
Ÿ hoofwerkwoorde bestudeer.
Ÿ koppelwerkwoorde bestudeer.
Ÿ deeltjiewerkwoorde/skeibare werkwoorde en onskeibare werkwoorde ondersoek.
Ÿ hulpwerkwoorde bestudeer.
Ÿ tussen tye onderskei: teenwoordige tyd, verlede tyd en toekomende tyd.
Ÿ werkwoorde in vaste verbindings oefen.
Ÿ werkwoorde wat ons verwar, bestudeer.
Ÿ die infinitief bestudeer.
Ÿ die onderskeie soorte bywoorde onderskei.
Ÿ hersiening van al die bogenoemde aspekte doen.

Begripstoets
Lees en kyk na die twee tekste (TEKS A en B) hieronder en beantwoord die vrae wat daarna volg.

TEKS A: ARTIKEL

“Kan boeke skrywers laat skryf?” deur Jolyn Phillips

1 Ek is dankbaar die eerste geskrewe woorde wat oor my lippe gekom het, is nie deur 1
mý hand geïnk nie. Met my vinger het ek die woorde soos miere op ’n wit woestyn
van links na regs gevolg, na wêrelde wat nooit weggeraak het nie. Die taal sou wag
tot ek die dag gereed was om dit te lees.
2 Ek weet nie wat ek voor my eerste biblioteekkaartjie met my lewe gedoen het nie, maar 5
daardie dag het my antie (die een wat my leer lees het) ons biblioteek toe geneem.
3 Ek moet bieg, ek en die ander kinders het in graad 1 vir Boet en Saartjie gelees.
Seisoene het verander van een bladsy na die volgende: met Buks, die hond, ’n
tye en bywoorde
moeder en ’n vader. In my goue kinderdae het ek die klere wat Boet en Saartjie
Werkwoorde,

gedra het, een keer ’n week kerk toe gedra. Ek het sommer vir Boet en Saartjie in my 10
gedagtes oorgeskryf. Hierdie boekreeks hoort op my leespad, want dit is die boeke
wat my leer lees het. Hierdie boeke was my eerste tree tot die letterkunde wat my
nuuskierig gemaak het.
4 Later was ek behep met die Harry Potter-reeks. Ek het die hele jaar my ouers gepes
om dit vir my met my 13de verjaarsdag te kry. Hierdie boeke trek steeds saam met 15
my, veral die een wat ek toe wel vir my verjaarsdag gekry het. Toe ek die pakkie
oopmaak, is die titel Harry Potter en die Orde van die Feniks. My moed het in my
skoene gesak en my trane was naby, want ek wou die oorspronklike, Engelse uitgawe
gehad het. Toe die oorspronklike in die biblioteek beskikbaar word, het ek twee tale
saam gelees. En daar leer ek onwetend die waarde van vertaling – die towerkuns van 20
vertaling wat die wêreld vir my in my eie taal kom wys het.

Best Books Eksamenhulp: Graad 11 Huistaal Taal- en leesoefenboek - 9781776072088


© NB Uitgewers 2020
79

Gr 11 HT Taal- en leesoefenboek.indb 79 2020/02/20 13:17


5 My smaak in boeke het mettertyd verander en ek het Ena Murray se boeke gelees
(met die rooi biblioteekkaartjie-slegs-vir-grootmense) op pad huis toe. My ma het altyd
vir my die skrywersname neergeskryf wie se boeke ek vir haar moes kry: Murray,
Dot Serfontein of Eleanor Baker. My pa het hom opgehou met woorde oor die regte 25
wêreld, die woorde van die nou: bibliografieë en niefiksie en digkuns. Ek kon nie
verstaan hoe ’n mens so lank aan so ’n dun boekie kon lees nie.
6 Ek tel Valda Jansen se digroman, Hy kom met die skoenlappers, in ’n boekwinkel
op. Daar word na die roman verwys as grotendeels romanties met outobiografiese
elemente. Ek het geglimlag toe ek hierdie opinies lees. Die verteller se woorde praat 30
in akkoorde, ’n melodie, ritme en harmonie. Net soos die verteller gryp die woorde
na lig. Valda het my geleer die waarheid is ’n feeks, ’n inkantasie en onbetroubaar.
Die verteller verwar jou met waarhede wat aan jou eie outobiografie karring.
7 Boeke het my ook waaksaam gemaak, my ego stilgemaak. Dis ’n illusie dat boeke
ophou praat wanneer ’n mens die boek se bek toemaak. ’n Boek hou aan praat, 35
al hou jy op lees. Of skryf. Partykeer, in jou leesland, kom karakters en vertellers
aangestap omdat jy hulle gekoop of gekies het, maar ek wil glo dat die karakter met
die boek agter my aan gehol het.
8 Digbundels is my veilige hawe, die plek waar ek stilhou. Ek lees P.J. Philander se
Konka. Ek doseer digkuns. In memoriam loop ek saam met Philander, Small en 40
Petersen. Hul woorde kom in verset; hulle woorde “sing met gebalde vuiste”. My
studente draai my na Small se kompasnaaldwoorde: “Ek twyfel nie aan die toekoms
van Afrikaans nie, solank daar mense is wat Afrikaans praat, sal die taal bestaan.”
9 My leeslandskap het groter geword. Ek word al hoe meer ’n boeknomade, ’n
woordboemelaar. 45
[Verwerk uit Taalgenoot. Met vergunning gebruik.]

Best Books Eksamenhulp: Graad 11 Huistaal Taal- en leesoefenboek - 9781776072088


80 © NB Uitgewers 2020

Gr 11 HT Taal- en leesoefenboek.indb 80 2020/02/20 13:17


TEKS B: ADVERTENSIE

[Uit Tuis. Met vergunning gebruik.]

VRAE: TEKS A
1. Herlees die titel. Aan wie is die retoriese vraag gerig? (1)
tye en bywoorde
Werkwoorde,

2. Wat is die implisiete betekenis van die woorde deur mý hand geïnk? (Paragraaf 1) (1)

3. Watter insig gee die skrywer omtrent haarself in paragraaf 2? (2)

4. Herlees paragraaf 3.
Wat word geïmpliseer met die woorde: Ek het sommer vir Boet en Saartjie in my gedagtes oorgeskryf? (1)

Best Books Eksamenhulp: Graad 11 Huistaal Taal- en leesoefenboek - 9781776072088


© NB Uitgewers 2020 81

Gr 11 HT Taal- en leesoefenboek.indb 81 2020/02/20 13:17


5. Hoe regverdig die skrywer die Boet en Saartjie-boeke in haar lewe? (1)

6. Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Bewys jou antwoord deur VIER (4) opeenvolgende
woorde uit paragraaf 4 aan te haal.
Sy was nie gelukkig met die geskenk wat sy as dertienjarige ontvang het nie. (1)

7. Noem ten minste TWEE (2) gevolge wat hierdie boek wat sy as dertienjarige ontvang het, op haar lewe
gehad het. (2)

8. Is die onderstaande stelling ’n FEIT of ’n MENING? Motiveer jou antwoord.


Ena Murray is ’n goeie skryfster. (2)

9. Hoe kan vertellers hul lesers verwar met waarhede wat aan hul eie outobiografieë karring? (1)

10. Noem die TWEE (2) kunsvorms wat in paragraaf 8 genoem word. (2)

11. Herlees paragraaf 7.


Haal EEN (1) selfstandige naamwoord aan wat beteken dis ’n denkbeeld wat in ’n mens se verbeelding
die werklikheid word. (1)

12. Wat word bedoel met ’n boek hou aan praat, al hou jy op lees? (Paragraaf 7) (2)

13. Noem TWEE (2) redes waarom digkuns vir die skrywer van hierdie artikel belangrik is. (2)

14. Wat is kompasnaaldwoorde (reël 43) en waarna verwys dit? (2)

15. Noem TWEE (2) van die moontlike gedragspatrone van ’n woordboemelaar en ’n boeknomade. (2)

16. Herlees paragraaf 8.


16.1 Wat beteken die woorde in memoriam? (1)

16.2 Waarom kan ons die skrywer se mening oor digkuns as gesaghebbend beskou? (1)

[25]

82 Best Books Eksamenhulp: Graad 11 Huistaal Taal- en leesoefenboek - 9781776072088


© NB Uitgewers 2020

Gr 11 HT Taal- en leesoefenboek.indb 82 2020/02/20 13:17


VRAE: TEKS A EN B
17. Skryf ’n woord as ’n bewys uit die advertensie dat die Tuis-tydskrif positief teenoor tyd saam met jou
medemens ingestel is. (1)

18. Bespreek die verband tussen TEKS A en TEKS B. (1)

19. Noem TWEE (2) maniere hoe jy hierdie tydskrif sal kan lees. (2)

20. Waarop, dink jy, fokus hierdie tydskrif ? (1)

[5]
[TOTAAL AFDELING A: 30]

Werkwoorde
Hoe kan jy werkwoorde toets? Kyk of die woord ’n verledetydsvorm het!

SOORTE VOORBEELD HOE KAN EK DIT HERKEN?


HOOFWERKWOORDE (SELFSTANDIGE WERKWOORDE)
Die hoofwerkwoord kan alleen in ’n sin staan.
Oorganklike werkwoorde Ek lees die boek. Die werkwoord word gevolg
deur ’n direkte voorwerp.

Wie of wat lees? ONDERWERP


Onderwerp lees wie of wat =
DIREKTE VOORWERP.

Onoorganklike werkwoorde Ek lees gereeld. Die werkwoord word NIE gevolg tye en bywoorde
Werkwoorde,

deur ’n direkte voorwerp NIE.


DEELTJIEWERKWOORDE
Skeibare werkwoorde Ÿ Ek wens hom geluk met sy Ÿ Wens en geluk word in die
boek. teenwoordige tyd geskei.
Ÿ Ek het hom met sy boek Ÿ In die verlede tyd word die
gelukgewens. woorde deur -ge- geskei.
Onskeibare werkwoorde Ÿ Ek aanvaar dat jy goed lees. Die werkwoord word aan
Ÿ Ek het aanvaar dat jy goed mekaar geskryf in die
lees. teenwoordige tyd en in die
verlede tyd.

Best Books Eksamenhulp: Graad 11 Huistaal Taal- en leesoefenboek - 9781776072088


© NB Uitgewers 2020 83

Gr 11 HT Taal- en leesoefenboek.indb 83 2020/02/20 13:17


[Foto Brenda Veldtman. Foto en omslae met vergunning van NB-Uitgewers gebruik.]

2. Kyk na die onderstaande oefening. Die werkwoord word hier in ’n vaste verbinding gebruik. Voltooi die
volgende sinne deur die korrekte WERKWOORD in die regterkolom te kies.

WERKWOORD
a) As jy nie tevrede is met die boek nie, is daar maniere om jou griewe pla
te .
b) Jou gewete sal jou altyd . bring
c) Ons sal hulde aan die skrywer . gelaat
d) Ek kennis van die probleem. aangegee
e) jy enige kennis van die saak? aanvaar
f) Die dief het in die storie ’n misdaad . lug
g) Die man wie se huis per ongeluk afgebrand het, is aangeteken
ruimskoots .
h) Ons mag nie korrupsie so oogluikend nie. neem
i) Die lande onderhandelinge ná die moord ontslaan
op die joernalis.
j) Die redaksie het eenparig die besluit . dra
k) Die joernalis is uit haar betrekking . toelaat
l) Die nuwe skrywers het die toon . vergoed
m) Die joernalis het teen haar vonnis appèl . berokken
n) Die aantygings teen haar is van alle waarheid . verbreek
o) Die familie het die stilswye . stel
p) Die advokaat het die regter ’n rat voor die oë . ontbloot
q) Ons dit in die vooruitsig. gedraai
r) Die skrywer het ’n groot leemte . verkeer

88 Best Books Eksamenhulp: Graad 11 Huistaal Taal- en leesoefenboek - 9781776072088


© NB Uitgewers 2020

Gr 11 HT Taal- en leesoefenboek.indb 88 2020/02/20 13:17


Die Best Books Eksamenhulp-reeks vir Graad l 0-12 Afrikaans Huistaal bestaan uit drie gebrui­
kersvriendelike oefenboeke wot leerders sol help om hul tool- en leesvaardighede op 'n interaktiewe
manier te oefen en te verbeter. Die boeke, wot saamgestel is volgens die vereistes van die KABV vir
elke graad, is geskik vir gebruik in die klaskamer of tuis. Hierdie reeks oefenboeke is saamgestel vol­
gens die nuutste Afrikaanse woordelys en spe/ree/s.

Die Best Books Eksamenhulp: Graad 10 & 11 Afrikaans Taal- en leesoefenboeke vir Huistaal bevat taal­
en begripsoefeninge, alles in een. Hierdie boeke sol leerders se taalkennis (van woordsoorte, klankleer
en sinsleer tot betekenisleer) versterk en hulle help om Afrikaans makliker onder die knie te kry. Die lees­
en begripsoefeninge is onder meer gebaseer op uittreksels uit die jongste jeugboeke vir lekkerleesgenot
terwyl leerders leer.

Die oefenboeke
• bevat verduidelikings en toeganklike opsommings met toepaslike voorbeelde van
taalkonvensies en -strukture.
• bestaan elk uit agt hoofstukke met begripstoetse en taaloefeninge.
• bevat 'n verskeidenheid tekstipes soos wot die leerder dit in eksamens kan verwag.
• bevat oefenvraestelle vir toets- en eksamenvoorbereiding.
• het plek vir antwoorde, vir maklike hersiening en verwysing.

Klankleer Klankleer
Lees-enskfyftekens Lees-en skryflekens
Woordvorming Woordvorming
Woordsoorte Woordsoorte
Sinsleer Sinsleer
Betekenisleer Betekenisleer
Loosstukke Leesstukke
Begripstoetse Begripstoetse
Skryfwerkwookeen-oefeninge Skryfwerkwenke en-oefeninge
Koosepvraestelle1&3 Konsepvraestelle1 &3

Graad 10 Graad 11
9781776072071 9781776072088

Best Books Eksamenhulp: Graad 12 Afrikaans Eksamenoefenboek vir Huistaal


bevat taaloefeninge om leerders se taalkennis vir die eksamens in te skerp. Door is
waardevolle wenke en praktiese idees met voorbeelde vir die skryf van verskillende

-
tipes skryfstukke. Hierdie eksamenoefenboek bevat ook voorbeelde van Vraestelle
l en 3 wot leerders help om doeltreffend vir toetse en eksamens voor te berei. Die
taaloefeninge en wenke sol die worstelende en vooruitstrewende leerder in stoat stel
om hulle uitslae te verbeter.
Herslening

Die oefenboek Taaloefenlnge


Wenke vireksamenvoorbereiding

• bevat taaloefeninge gebaseer op 'n verskeidenheid tekstipes.


Konsepvraestelle1&3

• bied 'n verskeidenheid van wenke met voorbeelde ter voorbereiding vir toetse
Graad 12
en eksamens.
9781776072095
• sluit 'n konsepvraestel elk van Vraestelle l en 3 in.
• het plek vir antwoorde, vir maklike hersiening en verwysing.

Kontak Best Books:


Skole - Shamala Stoffels: shamala.stoffels@nb.co.zaa I (021) 406 3033
Henk Viljoen: henk.viljoen@nb.co.za I (012) 431 7460 of E lana Bredell: elana.bredell@nb.co.za I (021) 406 3033

You might also like