You are on page 1of 48

DONKIEVEL

Met apologie aan Charles Perrault en sy storie Peau d'Âne

Deur André Gerber

Weergawe: 4 April 2019

Kontakbesonderhede: andrekgerber@gmail.com

OPSOMMING

Prinsesse is vegan, mooi en rein. Hulle ken ook hul plek. Konings breek nooit hul beloftes nie. Goeie
feë... doen hul bes. Dis baie pressure, oukei! Hoekom maak jý nie vir ʼn slag ʼn opoffering nie? ‘n
Kraakvars verwerking van Perreau se 1600s verhaal. Donkievel bring jou na die hede op die rug van ʼn
sprokiesperd. Dink diertjies, demone en drag queens.
2

KARAKTERS

Ané ʼn Tienermeisie. Die toneelstuk speel af vanaf haar 18de verjaardag.

André Ané se pa. ʼn Bot man. Hy neig om effe ‘aan te kondig.’ Uiteraard baie
lief vir sy dogter.

Chanté André se nuutste meisie. Sy sosiale media kundige. Sy probeer bitter

hard om 1 miljoen likes te kry.

Debora Credit ʼn Fairy Drag Mother.

Prins Sjarmant (Pierre) ʼn Tienerseun. Effe slordig, maar daar is tog iets ‘oulik’ aan hom.

Evil Queen Pierre se ma.

Bediende (Spieëltjie) Evil Queen se bediende. Dra die tipiese Suid-Afrikaanse

huishulpuitrusting.

Dier 1 Een van Ané se verbeeldingsvriende. DIER 1 is veral min beïndruk met
mense se wanbegrip van die Afrikaanse dubbelnegatief. Andersins
dieselfde as Diere 2 – 5.

Dier 2 Die res van Ané se verbeeldingsvriende. A bunch of woodland

creatures... maar gemaak uit rommel. Gebruik poppe/objekte
Dier 3 hiervoor. Dit moet laat dink aan Sesame Street.

Dier 4

Dier 5

Donkie Hy het die gawe om goud te ontlas. Gebruik ʼn pop, maskers, of

verskeie akteurs hiervoor.

Ensemble Dorpenaars, Skoolkinders, Demone, Klankeffekskeppers, ens.

Die akteurs kan gerus doebleer. Dis eintlik net Ané wat konstant moet bly. Wissel maar die akteurs
rond soos nodig.

Geen gedeelte van hierdie teks mag sonder die skriftelike verlof van die skrywer, André Gerber, gereproduseer of opgevoer word nie.
Reproduksie sluit in enige vorm weergegee deur enige elektroniese of meganiese middel, hetsy deur fotokopiëring, skyf-, band- of
stemopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of –ontsluiting.
3

ʼn Nota oor Verwerkings

Die skyf en konseptualisering van hierdie teks het begin met die idee om Charles Perrault se Peau
d'Âne te verwerk. Die resultaat is egter beslis nie ʼn verwerking nie. Om doodeerlik te wees, dink ek
die teks is eintlik nou meer ʼn “fanfiction” wat die oorspronklike storie as ʼn wegspringpunt gebruik.
Elemente wat behoue gebly het, is byvoorbeeld die donkie en sy gawe om goud te produseer (deur
middel van ontlasting). Verder is die rymende koeplet waarin die oorspronklike storie geskryf is, in
dele hier teenwoordig.

Ek het verskeie vertalings en weergawes van die storie deurgewerk soos ek geskryf het, maar die een
wat ek die meeste na terugverwys het, is ʼn Engelse vertaling deur Gustave Doré. Dis ʼn wonderlike
vertaling wat die speelse gees van die storie nogal goed vasvat.

Die oorspronklike storie is pragtig oneerbiedig. Daar is ʼn gekheid daaraan wat myns insiens homself
leen tot absurde komedie. Ek het probeer om dié aspek in my weergawe vas te vang. Ek het egter
redelik ingegryp in die oorspronklike storie-gebeurtenisse. Sommige aspekte – soos die donkie se
magiese kragtige – kom nogal laat in Perrault se narratief voor. Die volgorde vir Perrault is: koning se
vrou sterf, hy maak ʼn belofte aan haar, hy raadpleeg sy adviseur oor die moontlikheid om sy eie dogter
te trou, die adviseur sê ja en verander landswette, en dán eers sê Perrault, “O, en so ʼn saak ter syde:
die koning het ook ʼn magiese donkie.” Nou ja – hoewel dit baie snaaks in die vers is, werk dit nie lekker
op die verhoog nie, veral as jy nie vertellers het nie.

Eintlik het die meerderheid oorspronklike storie-elemente gewaai. Daar is byvoorbeeld ʼn toneel
waarin die prinses ʼn koek bak en ʼn ring daarin laat val. Die prins (wat intussen ook doodsiek geword
het, waarvoor liefde die enigste kuur is) eet die koek, vind die ring, en proklameer dat die meisie wat
se vinger dié ring pas, sy vrou gaan word. Daarná speel dit uit soos een van Perrault se ander stories,
Aspoestertjie.

Daar is ook ʼn hele klompie karakterlyne wat ek moes verander omdat dit nie heeltemal logies
uitgespeel het nie – selfs binne die gekke logika van ʼn feeverhaal. Die koning wil byvoorbeeld met alle
mag sy dogter trou, maar dan hardloop sy mos weg, hy probeer haar agtervolg... en dan ewe skielik
wil hy nie meer met haar trou nie. Inderdaad is die eerste keer wat hulle weer mekaar sien by sy dogter
se troue. Daar volg dan so ʼn klein versoeningstoneel (dis omtrent een rymende koeplet lank) waar ʼn
variasie van “O, my dogter, ek is jammer!” en “Als is vergewe, vader. Ontmoet my prins” homself
uitspeel. Ek was nie seker hoe om daardie skielike karakteromwenteling op te los nie. In elk geval voel
dit na ʼn effense té maklike oplossing tot die konflik.

Ander storie-elemente het ek net verdraai. Die prinses het byvoorbeeld in die oorspronklike ʼn goeie
feetjie wat verskyn en vir haar die idee van die eindelose reeks rokke gee. Die essensie daarvan bly
hier behoue.

Iets anders wat Perrault nie oplos nie is die prinses se innerlike lewe. Sy het eintlik geen persoonlikheid
nie en doen amper niks vir haarself nie. Sy struikel nou maar rond tussen gebeurtenisse. Om die gebrek
aan dramatiese konflik inherent hierin op te los, het ek die besluit geneem om haar diertjies te gee
wat haar innerlike behoeftes vir haar verwoord. Ek het egter wel haar eindelose ‘goedheid’ en
‘positiwiteit’ behou. Ek het gedink dit sal interessante dramatiese konflik verskaf as juis hierdie
elemente in gedrang geplaas word.

ʼn Laaste ding: geniet dit en moet nie die storie té ernstig opneem nie.

Geen gedeelte van hierdie teks mag sonder die skriftelike verlof van die skrywer, André Gerber, gereproduseer of opgevoer word nie.
Reproduksie sluit in enige vorm weergegee deur enige elektroniese of meganiese middel, hetsy deur fotokopiëring, skyf-, band- of
stemopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of –ontsluiting.
4

Enkele Tekstuele Notas

Dialooglyne in ronde hakkies

Ek het verskillende maniere gebruik om die akteur te help om subteks te kommunikeer. As dialoog in
rondehakkies en skuinsdruk verskyn – (dit lyk so!) – dan moet die akteur dit nie hardop sê nie. Dis
“ongesproke” dialoog. Die akteur kan dit as volg gebruik:

• Dink die dialoog asof dit subteks is gedurende die spreekbeurt.

• Gebruik die dialoog as die katalisator vir die daaropvolgende lyn.
• As dit aan die einde van ʼn spreekbeurt staan, gebruik dit as jou gedagteproses soos die ander
karakter praat.

Somtyds is die subteks – of bedoeling – redelik voor-die-hand-liggend. Ek het daardie gevalle ook die
lyn ingesluit indien die regisseur/akteur voel dit is nodig. Gebruik soos jy goeddink. Ek maar my oordeel
gebruik soos ek gedink het ʼn lyn beter/maklikker gaan speel.

Die Uitroepteken

Moet asseblief nie die uitroepteken as “skree” interpreteer nie. Dit beteken gewoonlik net “met
energie en oortuiging.” As ek dink die karakter kan luidrugtig wees, het ek sommer verskeie
uitroeptekens gebruik. Moet asseblief dit nie as uitgemaakte saak beskou nie. As die regisseur of
akteur voel ʼn lyn moet eerder gefluister word, maak asseblief so.

Engelse Woorde

Chanté praat dikwels in Engels. Dit sou steurend op die oog wees om elke Engelse lyn in skuinsdruk te
plaas. Ek hoop dat dit darem meestal duidelik is wanneer sy na Engels toe oorskakel. In my verbeelding
praat Chanté – as na Engels toe oorskakel – in ʼn Clairemont-Kaapstad-aksent. Maar sy kan maklik ook
ʼn Port-Elizabethaanse Engelse aksent gebruik. Gebruik wat ook al aksent “ryk Engelse vrou” voorstel.

ʼn Nagedagte: as die aktrise bruin of swart is, gebruik ʼn gepaste kulturele ekwivalent. Sy is geaffekteerd
en ʼn totale snobis, maar sy het ʼn hart van – verskoon my – goud.

Die //-teken

Somtyds het ek gedink dat daar twee moontlike lyne is wat die akteur ewe oortuigend kon speel. Ek
gebruik hierdie teken om dit aan te dui. Dit staan die akteur en regisseur vry om enige opsie te kies.

Rymende Koeplet

Ané praat uiteraard meestal in rymende koeplet. As sy ʼn kort reaksie moet gee, rym sy met die
voorafgaande spreker se laaste lettergreep. Enige manifestasies van Ané se verbeelding – soos die
rommeldiere – praat uiteraard ook in rymende koeplet.

Die enigste ander permanente manifestasie van rymende koeplet is wanneer André vir Donkie nader
om vir hom goud te produseer.

Die Diere

Ané verbeel haar dat sy ʼn klompie diere-vriende het. Dink aan die diertjies van Walt Disney se Snow
White and the Seven Dwarfs. In my verbeelding is dit eintlik net die rommel in die asblikke buite haar
huis. Hulle word voorgestel deur poppe/objekte gemaak uit die rommel. Die ander karakters kan hulle
nie sien nie. Die regisseur kan besluit hoeveel diere daar moet wees of wie watter spreekbeurt sê. Dit
is nogal vloeibaar. Die enigste dier wat konstant moet bly, is die een wat telkens die ontbreekte
Geen gedeelte van hierdie teks mag sonder die skriftelike verlof van die skrywer, André Gerber, gereproduseer of opgevoer word nie.
Reproduksie sluit in enige vorm weergegee deur enige elektroniese of meganiese middel, hetsy deur fotokopiëring, skyf-, band- of
stemopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of –ontsluiting.
5

dubbelnegatief uitwys. Ek het dit sommer “Dier 1” gemaak, maar die regisseur kan dit eintlik in die
mond van enige dier plaas. Die belangrike ding is dat dit net konstant moet bly; met ander woorde die
selfde dier moet deurlopend die betrokke “nie” met opbouende ergenis sê.

Net ʼn nota aan die regisseur: miskien kan die diertjies deurlopend en op sleuteloomblikke op ʼn
hoëtoonhoogte lag? Amper kinderlik. Ek dink dat dit by tye nogal lekker komiese effek kan hê.

Ook: Hierdie dier-poppe kan dalk herinner aan dié van Sesame Street?

Die “Skielik Alleen in ʼn Kollig”-oomblikke

In my verbeelding handel die stuk gedeeltelik oor die pragtige leuens wat ons vertel om ongewenste
waarhede weg te steek. Om hierdie idee te belig, is daar op sekere plekke in die teks oomblikke waar
ʼn enkele karakter isoleer word met ʼn kollig en een of ander onderdrukte waarheid aan die gehoor
ontbloot. Hierdie oomblikke moet in alle erns gespeel word en staan stilisties apart van die res van die
teks.

Ek het dit geplaas waar ek gedink het ʼn moontlike laglyn sou wees. Die idee is dat ʼn gehoor lag vir ʼn
belaglikheid, dan is daar ʼn baie vinnige oomblik van egtheid, en dan val ons onmiddellik terug in die
belaglike omstandighede in. Hierdie oomblikke moet amper té vinnig wees vir ʼn gehoor om heeltemal
in emosioneel te belê. Dit moet vinnig kom en gaan. Natuurlik is dit dan na laglyne want dit help dat
die stuk ritmies en tematies nog funksioneer.

Spreekbeurte wat bestaan uit ʼn beletselteken (…)

Somtyds het ek gevoel dat ʼn karakter nie juis iets wil sê nie, maar steeds een of ander reaksie moet
toon. In sulke gevalle het ek ʼn beletselteken gebruik om aan die akteur aan te dui dat sy/hy ʼn reaksie
moet gee wat die daaropvolgende spreekbeurt aktiveer.

ʼn Paar lukrake feite oor die karakters

Hierdie is dinge wat nie noodwendig die teks gemaak het nie, maar wat moontlik kan help met
ontwerp en ander visuele hulpmiddels:

• ANDRÉ
o Hy jag in sy vrye tyd. Daar is heel moontlik baie taksidermie diere in sy huis.
o Hy steier so van meisie tot meisie. Chanté het net toevallig langer as die ander gehou.
o Ek wonder of hy nie altyd iemand het wat ʼn klein CD-spelertjie ronddra wat nader
kom as hy “My Heart Will Go On” wil luister nie. Soos ʼn tipe dienskneg?
• CHANTÉ
o Sy streef “moeilike liefde” na. Hoe meer ontoeganklik die man, hoe meer aantreklik is
hy.
o In ʼn vroeër weergawe van die teks, het sy altyd ʼn glas Chardonnay byderhand gehad.
Miskien kan dit nog figureer?
• SJARMANT
o Ek dink nie eintlik hy is so “cool” nie. Hy is in die C-hokkiespan.
o Hy is so ʼn 60%-er op skoolgebied. Moontlik ʼn 60%-er is alles wat hy aanpak.
o Sy kamer is baie deurmekaar. Ook baie “seun.” Toe ek jonk was, was FHM-plakkate
met goedbedeelde dames orals teen seuns se kamermure.

Geen gedeelte van hierdie teks mag sonder die skriftelike verlof van die skrywer, André Gerber, gereproduseer of opgevoer word nie.
Reproduksie sluit in enige vorm weergegee deur enige elektroniese of meganiese middel, hetsy deur fotokopiëring, skyf-, band- of
stemopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of –ontsluiting.
6

PROLOOG
pappa se lelike ding

[CHANTÉ en ANDRÉ. ʼn Slaapkamer. Dis laatnag. DONKIE is ook iewers naby.] TONEEL 0.1

1. CHANTÉ Jou slaapkamer is so groot!!!

2. ANDRÉ (Wag.) Ek wil net seker maak: ons albei weet wat hierdie is?

3. CHANTÉ (Natuurlik!) Jy is die rykste man in die land.

4. ANDRÉ Ten minste is jy ʼn soliede sewe.

5. CHANTÉ Ek was laasweek die voorblad van FHM.

6. ANDRÉ Is jy rein?

7. CHANTÉ Laugh out Loud! Would I be here if I was?

8. ANDRÉ Dan gaan ek nooit met jou trou nie.

9. CHANTÉ Shaking my head! At least you’re honest.

10. ANDRÉ Ek is. Ek sal nooit ʼn belofte breek nie.

11. CHANTÉ (Tell me more?) Spill the tea?

12. ANDRÉ Ek het my oorlede vrou belowe dat ek net sal trou met iemand so mooi en rein
soos sy.

13. CHANTÉ (A lot of people find me pretty.) You know, I have almost a million likes.

14. ANDRÉ [Aankondigend:] Dit is tyd om te begin.

15. CHANTÉ Uh... uhm... Ok. Just... gaan jou donkie die heeltyd na ons kyk?

[DONKIE loop lomp nader.]

16. CHANTÉ That is the ugliest thing I’ve ever seen.

17. ANDRÉ Kom hierso, ou perd.

[ANDRÉ begin die donkie vertroetel. Deurlopend neurie DONKIE gelukkig.]

18. ANDRÉ Wie’s pappa se lelike ding? Wie’s pappa se spesiale poefperdjie! Wie!? Wie!?
Jý is! Jý is!

[Skielik en sonder waarskuwing val daar ʼn enorme stuk goud uit die donkie se agterend.]

19. CHANTÉ Ek dink jou donkie het iets weird geëet.

[Ligte af.]

20. CHANTÉ This is so unique...

Geen gedeelte van hierdie teks mag sonder die skriftelike verlof van die skrywer, André Gerber, gereproduseer of opgevoer word nie.
Reproduksie sluit in enige vorm weergegee deur enige elektroniese of meganiese middel, hetsy deur fotokopiëring, skyf-, band- of
stemopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of –ontsluiting.
7

21. ANDRÉ Nou is jy eers mooi.

22. CHANTÉ [Mooipraat:] Hmmm... Wat moet ek doen om ook rein te wees?

23. ANDRÉ ...

24. CHANTÉ André?

[ʼn Oomblik. Dan begin ʼn liedjie speel. Moet nog besluit wat. Iets onverwags, maar baie herkenbaar.
NB: hierdie selfde liedjie moet ook later speel wanneer hy seksuele toenaderings tot sy dogter maak.
Die liedjie moet dus komies wees wat later ʼn baie donker toneel gaan ‘underscore.’ ʼn Voorstel: “My
Heart Will Go On” deur Celine Dion.]

25. ANDRÉ Jy gee nie om nie, nè? Ek kan nie daarsonder nie.

26. CHANTÉ Oh not at all. Almal het maar hul… dinge.

27. ANDRÉ Jy kan nou begin.

28. CHANTÉ [Suggestief:] Oeeee… Is dit jy of jou donkie?

29. ANDRÉ [ʼn Oomblik. Dan:] My donkie.

30. CHANTÉ [Nog ʼn oomblik. Dan:] Oh.

31. ANDRÉ Ek gaan jou ʼn guns vra.

32. CHANTÉ I mean, we’ve come this far...

33. ANDRÉ Kan ek jou iets anders noem?

34. CHANTÉ Wie moet ek wees?

35. ANDRÉ Ané.

36. CHANTÉ Wie’s Ané?

[Die donkie neurie ritmies en herhaaldelik totdat daar ʼn ouditiewe klimaks bereik word.]

BEDRYF 1
alles wat vader vir my doen.

[LIEDJIE: (1) ‘N PRINSES IN ‘N SPROKIESVERHAAL.] TONEEL 1.1

37. STEM En nou, dames en here... die verjaarsdagmeise haarself! Prinses Ané!

[Ligte. ANÉ verskyn. Die ENSEMBLE is agterdrond-dansers en -sangers.]

38. ANÉ EK IS ‘N PRINSES IN ‘N SPROKIESVERHAAL

WAT WAG VIR ‘N PRINS OM MY TE KOM HAAL.
EK HET GOEIE MANIERE. EK PRAAT SELFS MET DIERE.
EK SAL ENIGIETS DOEN WAT JY VAN MY VRA.
EK IS ‘N SOPRAAN EN EK SING MY EMOSIES

Geen gedeelte van hierdie teks mag sonder die skriftelike verlof van die skrywer, André Gerber, gereproduseer of opgevoer word nie.
Reproduksie sluit in enige vorm weergegee deur enige elektroniese of meganiese middel, hetsy deur fotokopiëring, skyf-, band- of
stemopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of –ontsluiting.
8

WANT DIS WAT PRINSESSE DOEN IN MY STORIES.

39. SKOOLKIND Help! Ek gaan nooit Wiskunde deurkom nie!

40. ANÉ Toemaar, ek sal jou eksamen skryf!

41. SKOOLKIND Wow! Ek het 105%

42. BERGIE Help! Met R5, asseblief, my lanie.

43. ANÉ Toemaar, hier is my bankkaart. My pin is 1234.

44. BERGIE Nou kan ek tik los. Vir kokaïen.

45. VROU Help! My man slaan my!

46. ANÉ Toemaar, hy kan my slaan!

[Slaan, slaan, slaan, slaan, slaan, slaan, slaan, slaan, slaan, slaan, slaan!]

47. ALMAL Dankie, Ané!

48. ENSEMBLE JY’S MOOI EN REIN!

WAT WIL ‘N MAN DAN MEER HÊ?
MOOI EN REIN!
WIE SAL OOIT KAN NEE SÊ?

49. ANÉ EK MAAK MY EIE ROKKE. RYG MY EIE KORSET

EN EK PRAAT IN DIE MOOISTE RYMENDE KOEPLET.

Kat
Mat
Hom
Som
Prins
Wins
Niks ondermyn die lyn van my rym. Behalwe

ʼn Rein pikkewyn met klein rooiwyn wat sukkel met sein (sy aanlyn-lyn) terwyl
hy ter trein (hy wikkel van pyn) ry na Rein-Pikkewyn-op-Vakansie-fontein. Hy
sluk aan sy wyn en dink aan sy swyn – ʼn jonge Katryn – en klets met tannie
Charmaine.

50. PERSOON Van Sewende Laan.

51. ANÉ Kyk hoe goed is my rym!

Wyding skeiding pyn en lyding

Hande lande [slag] bloedskande
Honkie plonkie poewende donkie
Water later meta-teater!

EN EENDAG GAAN EK BELOON WORD

Geen gedeelte van hierdie teks mag sonder die skriftelike verlof van die skrywer, André Gerber, gereproduseer of opgevoer word nie.
Reproduksie sluit in enige vorm weergegee deur enige elektroniese of meganiese middel, hetsy deur fotokopiëring, skyf-, band- of
stemopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of –ontsluiting.
9

MET ‘N PRINS WAT MY GAAN KOM HAAL.

NIE DAT EK NOU ONGELUKKIG IS NIE!
DIS NET WAT GEBEUR IN ELKE SPROKIESVERHAAL.

52. ENSEMBLE WANT JY IS MOOI EN REIN!

53. ANÉ Geloof! Hoop! Liefde!

54. ENSEMBLE GEEN SMART SAL JOU OOIT TRAAK NIE!

MOOI EN REIN!

55. ANÉ Unicorns! Feetjies!

56. PERSOON Pornhub!

57. ENSEMBLE JY SAL NIE EENS ‘N DONKIE SEER MAAK NIE!

WAT WIL ‘N MAN DAN MEER HÊ?
WIE SAL OOIT KAN NEE SÊ
VIR IEMAND SOOS JY!
ANÉ!

58. PERSOON Behalwe as hy gay is!

59. ANÉ EN DIS HOEKOM EK GELUK UITSTRAAL:

WANT EK IS WERKLIK GELUKKIG
‘N PRINSES IN ‘N SPROKIESVERHAAL.

[ʼn Verjaarsdag. Dit loop direk uit die liedjie (Toneel 1.1). Die ENSEMBLE is TONEEL 1.2
partytjiegangers.]

60. ANDRÉ [ʼn Heildronk:] Op 18!

61. ENSEMBLE [Reageer op die heildronk:] 18!

[ENSEMBLE apploudisseer.]

62. ANDRÉ Dankie, dankie! En om my getroue vriende te bedank vir hul teenwoordigheid:
R10 000 vir almal! [ENSEMBLE apploudisseer.] Nee, R20 000! [ENSEMBLE
apploudisseer.] Nee, R30 000!

[ENSEMBLE apploudisseer en DONKIE maak moontlik ʼn paniekerige klankie.]

63. ANDRÉ Dankie, dankie.

64. CHANTÉ [Aan ANÉ:] You need to open my gift now!

65. ANDRÉ Maar hierdie dag is nog meer spesiaal want jy is uiteindelik oud genoeg om te
trou!

[ENSEMBLE apploudisseer.]

66. CHANTÉ No wait, what about my gift!?

67. ANÉ O, my grootste wens is om met iemand te trou!

Geen gedeelte van hierdie teks mag sonder die skriftelike verlof van die skrywer, André Gerber, gereproduseer of opgevoer word nie.
Reproduksie sluit in enige vorm weergegee deur enige elektroniese of meganiese middel, hetsy deur fotokopiëring, skyf-, band- of
stemopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of –ontsluiting.
10

Ek hoop net dat daar ʼn seun is wat van my hou.

[ENSEMBLE apploudisseer.]

68. ANDRÉ (Wat maak dit saak?) Niemand sal ooit goed genoeg wees vir pappa se
prinsessie nie!

[ENSEMBLE apploudisseer.]

69. ANDRÉ Agtien jaar gelede is jou ma – my geliefde vrou – oorlede. En agtien jaar gelede
het ek ʼn belofte aan haar gemaak dat ek nét sal trou met ʼn vrou wat ewe mooi
en rein as sy was. Ek het gedink ek sou haar nooit vind nie. Maar nou...!

70. ANÉ Vader! Ek is ongelooflik bly vir jou

Dat jy uiteindelik met tannie Chanté kan trou.

71. CHANTÉ (Just a reminder:) Not a tannie.

72. ANDRÉ Daar is net een vrou wat so mooi en rein soos jou moeder is. Sal jy met my
trou, Ané?

[ENSEMBLE apploudisseer en juig. CHANTÉ bly stil.]

73. ANÉ Vader… ek is… gevlei.

Kan ek dalk net ʼn paar oomblikke kry
Om aan my vreugde te dink? Oftewel…
Dis net ás dit nie vader teleur gaan stel?

74. ANDRÉ [ʼn Oomblik van spanningsvolle huiwer. Dan:] Sy is net oorweldig met vreugde!

[ENSEMBLE apploudisseer.]

75. ANDRÉ Gaan, Ané! En ek wag gretig op jou reaksie! En Ané... kies versigtig.

[ANÉ hardloop. ʼn Klomp asblikke.] TONEEL 1.3

76. ANÉ O, diertjies van die woud! Kom na my!

Moenie skaam wees nie!

[Daar verskyn ʼn klomp DIERE (poppe) uit die asblikke. Hulle is eintlik net gemaak uit rommel.]

77. DIER 1 Hier is ons, Ané!

[Musiek begin.]

78. DIERE ONS IS DIE MAATJIES MET WIE JY PRAAT

WANNEER JY HARTSEER OF KWAAD RAAK.
AS JY JOU SEER NET AF WIL SLUK
SAL ONS JOU HELP OM DIT TE ONDERDRUK!

ONS IS DIE KUSSING WAARIN JY SKREE

ONS IS DIE ROOMYS WAT OMGEE
ONS IS DIE BORDE WAT JY BREEK

Geen gedeelte van hierdie teks mag sonder die skriftelike verlof van die skrywer, André Gerber, gereproduseer of opgevoer word nie.
Reproduksie sluit in enige vorm weergegee deur enige elektroniese of meganiese middel, hetsy deur fotokopiëring, skyf-, band- of
stemopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of –ontsluiting.
11

DIE VOODOO DOLL WAT JY STEEK.

ONS SAL JOU EX VAN WHATSAPP BLOK
EN HOM VIR EWIG UIT FOTOS CROP.

MAAR AS JY DAN TOT WOEDE SPITS

STAAN ONS REG MET HOUT EN BLITZ!
AS JY IEMAND DOOD WIL MAAK
STAAN ONS REG MET DIE AMMONIAK!

79. ANÉ Ai, diertjies van die woud!

Julle is hier vir my elke keer!

80. DIER 1 Maar hoekom is jy nóú hartseer?

81. DIER 2 [Aan DIER 1:] Simpel! Haar pa wil met haar trou!

82. DIER 3 Maar jou pa is nié die regte man vir jou!

83. DIER 1 ...nie.

84. ANÉ Wat ʼn aaklige ding om te insinueer!

Ek sal altyd my vader moet eer!

85. DIER 4 Ai, julle! Hierdie situasie is eintlik so goor!

86. DIER 5 [Skielike gedagte:] O! Miskien moet Ané net haar vader vermoor!

87. DIER 2 Sy ingewande kook!

88. DIER 5 Ja, dit klink goed!

89. DIERE En dan gaan bad in sy pruttende bloed!

90. ANÉ ...

[Klank.]

91. DIERE O, iets gebeur!!!

[ʼn Drag Queen – DEBORA CREDIT – verskyn met enorme fanfare.] TONEEL 1.4

92. DEBORA Girrrrl! [Tongue click.]

93. ANÉ Wie is jy?

94. DEBORA (Ek is) jou fairy drag mother. Debora Credit. (Jy ken my!) Ek was op season een
van RuPaul’s Drag Race.

95. ANÉ Ek weet nie of dit net vir mý so blyk nie,

Maar niemand het seisoen een gekyk nie?

96. DEBORA GENOEG! Ai, my kind. Drag Mothers kan aanvoel wanneer ʼn meisie ʼn mother
from another mother nodig het. // Elke prinses benodig ʼn queen.

Geen gedeelte van hierdie teks mag sonder die skriftelike verlof van die skrywer, André Gerber, gereproduseer of opgevoer word nie.
Reproduksie sluit in enige vorm weergegee deur enige elektroniese of meganiese middel, hetsy deur fotokopiëring, skyf-, band- of
stemopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of –ontsluiting.
12

97. ANÉ Ek is oorstelp!

Kan jy my help?

98. DEBORA Girl, as ek kan tuck, kan ek enigiets doen.

99. ANÉ Maar wat nou?

100. DIERE Sy kan nie met haar vader trou!

101. DIER 1 ...nie.

102. DIERE Help haar, fairy drag mother!

103. DEBORA Okrrrrrrr. Let’s serve some fishy royal realness.

104. ANÉ Maar ek is bloot ʼn skugter jonge dame!

105. DEBORA Daar’s net een manier om te verseker ʼn man los jou uit.

106. DIERE Hoe? Hoe? Hoe?

107. DEBORA Cavendish Square!!!

108. DIERE Shopping spree!!!

[ʼn Shopping spree. Betrokkenes: ANÉ, DEBORA, ANDRÉ en CHANTÉ. DONKIE is ook TONEEL 1.5
daar in die rondte. Die DIERE is moontlik ook daar. Die ENSEMBLE ook. Besluit op hul
funksie. Hierdie hele toneel moet ritmies, pret, en lekker vinnig wees.]

109. ANÉ Ek sal met vader trou.

Maar eers soek ek ʼn rok so blou
Soos die hele oseaan.
Al die vissies in die see moet swem na waar ek staan.

110. ANDRÉ Enigiets vir jou, my toekomstige bruid.

111. CHANTÉ Uhm, André? (I’m still here?)

112. ANDRÉ [Aan DONKIE:] O, my donkie, groot en duur!

My pin is twee agt drie ses vier.
As ek aan jou stertjie trek,
Sal jy aan my nog goud werp?

[DONKIE produseer goud.]

113. DEBORA Ok... So die donkie is soos ʼn ATM?

114. ANÉ Ja.

[Montage-sekwens. ANÉ kry ʼn blou rok. Dan sê DEBORA iets vir ANÉ.]

115. ANÉ O, vader, die blou rok is perfek in sy geheel

Maar eintlik soek ek nou ʼn rok in geel.
Dis bloot om u te eer dat ek só ʼn rok aanvra:
Geen gedeelte van hierdie teks mag sonder die skriftelike verlof van die skrywer, André Gerber, gereproduseer of opgevoer word nie.
Reproduksie sluit in enige vorm weergegee deur enige elektroniese of meganiese middel, hetsy deur fotokopiëring, skyf-, band- of
stemopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of –ontsluiting.
13

Dit moet blyk asof die son skyn as ek dit in die aande dra.

116. ANDRÉ [Aan DONKIE:] O, my donkie, as dit jou pas,

Sal jy vir my goud ontlas?

[DONKIE produseer baie goud.]

117. DEBORA You know, ek is ʼn man in ʼn rok en selfs ék dink dit (die donkie) is onnatuurlik.

[ANÉ is nou in ʼn geel rok.]

118. ANÉ Ek is dankbaar vir alles wat vader vir my doen.

Maar eintlik soek ek nou ʼn rok in groen.

119. ANDRÉ [Aan DONKIE:] O, my donkie, ek is geskroef!

Sal jy vir my nog goud poef?

[DONKIE produseer baie, baie goud.]

120. DEBORA Hoe baie fiber is in (die donkie) die ding se diet?

[ANÉ is nou in ʼn groen rok.]

121. ANÉ Groen en geel en blou is tog té sjarmant.

Maar laastens soek ek ʼn rok van suiwer diamant.

122. ANDRÉ [Aan DONKIE:] O, my donkie, soet en mak!

Sal jy vir my nog goud… asseblief. (Ek raak nou desperaat.)

[DONKIE produseer nou baie, baie, baie goud. ANÉ in ʼn suiwer wit rok.]

123. DEBORA [Skielik alleen in ʼn kollig, aan GEHOOR:] Ek is eintlik straight. [Aan ANÉ:] Jy hoef
nie alles te doen wat ʼn daddy vir jou vra nie.

124. ANÉ Ek kan nie daaroor kla nie.

125. DEBORA Onthou: Men Are Trash.

126. ANÉ Iets wat rym met trash.

127. DEBORA Girl… it’s time… to sashay… away.

128. ANÉ Nee!

129. DEBORA Miss Vanjie.

130. ANÉ Bly by my!

131. DEBORA Vanjie.

[DEBORA verdwyn.]

132. ANDRÉ Genoeg! Jy is die mooiste en reinste vrou in die land! Oormore trou ons!

Geen gedeelte van hierdie teks mag sonder die skriftelike verlof van die skrywer, André Gerber, gereproduseer of opgevoer word nie.
Reproduksie sluit in enige vorm weergegee deur enige elektroniese of meganiese middel, hetsy deur fotokopiëring, skyf-, band- of
stemopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of –ontsluiting.
14

BEDRYF 2
wil jou nie aanjaag nie.

[Skoolklok lui. Skoolkinders op die verhoog. SJARMANT en ANÉ in ʼn klaskamer of ʼn TONEEL 2.1
gang of iets.]

133. SJARMANT Hi.

134. ANÉ Meraai...

135. SJARMANT So… kan ek vir jou iets vra?

136. ANÉ Ja?

137. SJARMANT Jy is die enigste persoon wat ek ken wat Wiskunde (sin cos tan // trig) kan doen
in rymende koeplet.

138. ANÉ Ek is alles behalwe perfek.

139. SJARMANT Maar jy sien… uhm... die hokkie ouens dink jy’s out my league, maar toe...

140. ANÉ Maar toe?

141. SJARMANT Sjo. Ouens in movies laat hierdie baie maklik lyk.

142. ANÉ Maar dis nie die realiteit.

143. DIER 1 ...nie.

144. SJARMANT Punt is: ek weet jy praat net in rymende koeplet en toe... toe dog ek ek sal vir
jou ʼn gedig skryf... kan ek maar (dit vir jou voordra)?

145. ANÉ Maar ek gaan trou met my pa…

146. SJARMANT (Ok, maar) aanhouer wen. Wie nie waag nie, wen nie. Ok… uhm…
Roses are red
Violets are blue
Ek like jou kwaai
En dit is true.
Ek is ʼn boom
En jy is die sand
So sal jy omgee
As ek my in jou plant?
Ek is ʼn arend
En jy is die lug
Ek flap my vlerke
Flap jy my terug?
Lippe is ook rooi
En die see is blou
En ek is ʼn brander
Wat van jou hou.

Geen gedeelte van hierdie teks mag sonder die skriftelike verlof van die skrywer, André Gerber, gereproduseer of opgevoer word nie.
Reproduksie sluit in enige vorm weergegee deur enige elektroniese of meganiese middel, hetsy deur fotokopiëring, skyf-, band- of
stemopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of –ontsluiting.
15

147. ANÉ ...

148. SJARMANT Jammer. Ek het net ʼn deelnamesertifikaat by die Ermiloo-Eistedfodd gekry.

149. ANÉ My prins! Jou gedig is perfek!

150. SJARMANT Dink jy so?

151. DIER Hy kan jou van jou vader red!

152. DIER Jou help ontsnap uit jou pa se huis!

153. ANÉ My prins, neem my tog na jou swierige paleis!

154. SJARMANT Uhm... Ek het eintlik nie ʼn paleis nie? Meer soos… ʼn… kamer? Ek het ʼn poster
van Game of Thrones en daar’s ʼn paleis daarop…?

155. DIER Jou pa sal ons vind as jy so rondstaan.

156. ANÉ Ons sal terstond ter perd na jou paleis toe gaan!

157. SJARMANT Klim op (my skate board)!

[SJARMANT en ANÉ skateboard na sy slaapkamer toe. Intussen sien ons vir CHANTÉ en TONEEL 2.2
ANDRÉ.]

158. CHANTÉ André...

159. ANDRÉ Is jy nog hier?

160. CHANTÉ I’ve never left you since that night ten years ago.

161. ANDRÉ Ek het toé al vir jou gesê ek gaan nie met jou trou nie.

162. CHANTÉ Ek weet, maar… het daai Saterdag by Ratanga Junction niks vir jou beteken
nie?

163. ANDRÉ (Wat wil jy hê moet ek vir jou doen?) Hoeveel soek jy?

164. CHANTÉ (Ek soek nie jou geld nie.) Ek soek jou. Mens ry nie met iemand op die
(rollercoaster) Cobra en dan maak jy net asof dit nooit gebeur het nie. [Vir die
volwasse weergawe: Mens ry nie op iemand se Corba en dan…]

165. ANDRÉ Ratanga Junction het toegemaak.

166. CHANTÉ Maar… am I still your Congo Queen?

167. ANDRÉ Jy is ʼn goeie herinnering. (Beweeg nou aan.)

168. CHANTÉ Ané wil jou nie hê nie.

169. ANDRÉ Ek het ʼn belofte aan my vrou gemaak. En ek breek nooit my beloftes nie.

170. CHANTÉ So you think you’re a good person?

Geen gedeelte van hierdie teks mag sonder die skriftelike verlof van die skrywer, André Gerber, gereproduseer of opgevoer word nie.
Reproduksie sluit in enige vorm weergegee deur enige elektroniese of meganiese middel, hetsy deur fotokopiëring, skyf-, band- of
stemopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of –ontsluiting.
16

171. ANDRÉ Weet jy hoe baie ek al geskenk het vir HIV-navorsing?

172. CHANTÉ Money can’t buy happiness.

173. ANDRÉ Almal in my koningryk is gelukkig. Sê dit vir hulle.

174. CHANTÉ Maak jou donkie jou gelukkig?

175. ANDRÉ Ja.

176. CHANTÉ En ek?

177. ANDRÉ Jy maak my gemaklik.

178. CHANTÉ And if you have to choose between me and your –(donkey)?

179. ANDRÉ [Val haar in die rede:] My donkie.

180. CHANTÉ And when your donkey is gone?

181. ANDRÉ Dreig jy my?

182. CHANTÉ (No.) I... I love you...?

183. ANDRÉ Die dag wat jy goud kan maak, sal ek vir jou ook lief wees.

[SJARMANT se slaapkamer. Baie deurmekaar. ANÉ, SJARMANT en die DIERE is TONEEL 2.3
teenwoordig.]

184. SJARMANT Jammer. Die bediende kom eers Woensdag.

185. DIER 1 Ja! Hier kan jy wegkruip as jou vader jou soek!

186. DIER 2 Hy sal jou NOOIT vind onder dié onderbroek!

187. DIER 1 ...nie.

188. ANÉ Ai, my prins. Hoe kan ek jou ooit bedank?

Vir jou braafheid en beskermershand.

189. SJARMANT [Bietjie skaam:] Jy kan dalk… my hand… vashou?

190. ANÉ [Sy doen.] Net vir jou.

191. SJARMANT My hand sweet.

192. ANÉ Ek weet.

193. SJARMANT Wag gou. Wil jy bietjie ontspan?

194. ANÉ Dis ʼn blink plan!

[SJARMANT haal ʼn bong uit.]

Geen gedeelte van hierdie teks mag sonder die skriftelike verlof van die skrywer, André Gerber, gereproduseer of opgevoer word nie.
Reproduksie sluit in enige vorm weergegee deur enige elektroniese of meganiese middel, hetsy deur fotokopiëring, skyf-, band- of
stemopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of –ontsluiting.
17

195. SJARMANT [Skielik alleen in ʼn kollig, aan GEHOOR:] My ma spandeer meer tyd in Grand
West as by my.

196. ANÉ Ek is klaar hoog op jou liefde.

197. SJARMANT Liefde? Joh, hierdie gaan baie vinnig.

198. ANÉ Maar jy is ʼn prins wat van my hou.

En dít is hoekom ons binnekort moet trou.

199. SJARMANT Sjo, ek weet nie… Ek bedoel, moet ons nie dalk wag tot die rekordeksamen
verby is nie?

200. DIER 3 Is jy seker hy’s ʼn prins?

201. ANÉ Ek weet wat hy moet doen!

202. SJARMANT Met wie praat jy?

203. DIER 1 Hy moet jou soen!!!

204. ANÉ Sal jy? My soen?

205. SJARMANT Ja!!! Ek bedoel... ja.

206. ANÉ Maar net as jy belowe jy is régtig ʼn prins?

207. SJARMANT Ek belowe! Ek is so erg ʼn prins.

208. ANÉ En jy is nie net met my omdat ek mooi is nie?

209. SJARMANT Ek is so into jou persoonlikheid.

210. ANÉ Soen my dan – maar onthou…

Net EEN soen – tot die dag wat ons trou.

211. SJARMANT Net een? O… Dis baie pressure.

[Die DIERE lewer kommentaar soos die paartjie al verder by mekaar inleun. DIER 3 is nie so oortuig
oor die hele storie nie. Baie krities.]

212. DIER 1 Sy oë is so blou!

213. DIER 2 Sy mond is so groot!

214. DIER 3 Hoekom ruik sy asem na rook?

215. DIER 4 Sy palm is grof.

216. DIER 3 Daar is iets in sy tande.

217. DIER 5 Nee, kyk af! Fokus eerder op sy hande!

Geen gedeelte van hierdie teks mag sonder die skriftelike verlof van die skrywer, André Gerber, gereproduseer of opgevoer word nie.
Reproduksie sluit in enige vorm weergegee deur enige elektroniese of meganiese middel, hetsy deur fotokopiëring, skyf-, band- of
stemopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of –ontsluiting.
18

218. DIER [Skielik alleen in ʼn kollig, aan GEHOOR:] Ek is matriek en ek het nooit ʼn hoofrol
gespeel nie.

219. ANÉ Neem dit altyd so lank om iemand te soen,

Of is dit omdat ons dit vir die eerste keer doen?

220. SJARMANT Nee, dit vat maar altyd so lank.

221. DIER 1 Mik reguit vorentoe!

222. DIER 2 En hou op so bewe!

223. DIER 3 Pas op!!! Daar beweeg iets tussen sy bene.

224. SJARMANT Ek wil jou nie aanjaag nie, maar…

[Weerlig. Donderweer. Skielik verskyn daar ʼn EVIL QUEEN. Sy praat met ʼn bulderende TONEEL 2.4
stem. Hoewel ʼn lewendige akteur haar vertolk, is haar stem met ander woorde
voorafopgeneem.]

225. QUEEN Gegroet, die vrug van my lies!

ʼn Toe kamerdeur maak my vies!
[Aan ANÉ:] Wat doen jy hier? Vertrek nou summier!
[Aan SJARMANT:] En sit terug daardie tong in jou kies.

226. SJARMANT Maaaa!!!

227. ANÉ Is dit werklik wat ek sien!?

My Prins! Is jou ma ‘n… Evil Queen!?

228. SJARMANT Nee, sy hou net baie van limerieke.

229. QUEEN O spieëltjie, O spieëltjie van my

Sal ek tog goeie nuus kry?
Of gaan jy my tart met verdere smart?
Wou Pierre en dié meisie vry?

[ʼn BEDIENDE kom te voorskyn.]

230. BEDIENDE Mevrou, ek het probeer om hom te keer, maar hy wou nie luister nie.

231. SJARMANT Ek dog jy kom eers Woensdag?

232. QUEEN VANDAG IS WOENSDAG!!!

233. BEDIENDE Hy luister nooit na my nie. [Skielik alleen in ʼn kollig, aan GEHOOR:] Ek wens my
naam was nie Spieëltjie nie. [Indien hierdie karakter ook vertolk word deur die
speler wat André speel, kan hy byvoeg:] En ek speel net hierdie rol omdat ek
die enigste bruin akteur is.

234. QUEEN Jy het die meisie gelok.

En dit maak my uiters be-

Geen gedeelte van hierdie teks mag sonder die skriftelike verlof van die skrywer, André Gerber, gereproduseer of opgevoer word nie.
Reproduksie sluit in enige vorm weergegee deur enige elektroniese of meganiese middel, hetsy deur fotokopiëring, skyf-, band- of
stemopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of –ontsluiting.
19

235. ANÉ [Val in die rede:] Jammer, tannie.

236. QUEEN [Aan ANÉ:] Ek gaan jou spaar, al maak jy my naar!

[Aan SJARMANT:] Maar jy is vir ewig gehok!

237. SJARMANT Maaaaaaaaaaaa!!! Ek is ʼn (grootmens) man!

238. QUEEN [Skielik alleen in ʼn kollig, aan GEHOOR:] Ek het nie genoeg geld in my pensioen
nie.

BEDRYF 3
slag vir jou ʼn nuwe rok

[ANDRÉ, CHANTÉ, ANÉ. DONKIE is ook iewers. DIERE ook.] TONEEL 3.1

239. ANDRÉ Is jy spyt?

240. ANÉ Vol verwyt.

241. DIERE [Versigtig:] Ané?

242. ANDRÉ Sal jy weer van my weg?

243. ANÉ Vader is altyd reg.

244. CHANTÉ André...

245. ANDRÉ [Aan CHANTÉ:] Hoekom is jy nog hier?!

246. CHANTÉ Ek moet nog Ané se verjaarsdaggeskenk vir haar gee.

247. ANDRÉ Ané... niemand het jou meer lief as ek.

248. DIER 1 [Saggies:] ...nie.

249. ANÉ Vader is perfek.

250. ANDRÉ En verdien jy nie die beste nie? [Geen antwoord.] Jy is immers pappa se prinses.

[ANDRÉ neem ANÉ se gesig koesterend in sy hande. Dan klap hy haar deur die gesig. Dan soen hy haar
op die wang.]

251. ANDRÉ Ons trou môre. Dra iets mooi.

[ANDRÉ verdwyn. DONKIE laat een groot, lang wind.]

[Loop direk uit die vorige toneel. ANÉ en DONKIE. CHANTÉ is ook iewers.] TONEEL 3.2

252. ANÉ Siesa, donkie. Jy stink.

Jy kan darem bly wees dat jou poef so mooi blink.

253. CHANTÉ Ané?

254. ANÉ Is tannie nog hier?

Geen gedeelte van hierdie teks mag sonder die skriftelike verlof van die skrywer, André Gerber, gereproduseer of opgevoer word nie.
Reproduksie sluit in enige vorm weergegee deur enige elektroniese of meganiese middel, hetsy deur fotokopiëring, skyf-, band- of
stemopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of –ontsluiting.
20

255. CHANTÉ Your birthday gift.

[CHANTÉ oorhandig ʼn pakkie. ANÉ maak die pakkie oop. Dis ʼn groot mes.]

256. ANÉ Tannie?

257. CHANTÉ It’s from when one of my followers confused ‘no’ with ‘touch my boob.’

258. ANÉ ...

259. CHANTÉ Of course, it’s difficult to say no when your biggest dream is to get a million
likes. What’s your dream?

260. ANÉ Om te trou.

Maar... daar is twéé mans wat van my hou.

261. CHANTÉ Maar die een ís die regte man vir jou. Oh, my word! I just rhymed! [Skielik
alleen in ʼn kollig, aan GEHOOR:] Ek is nie regtig Engels nie.

262. ANÉ Vader is altyd eerlik. Hy is opreg en perfek.

En ek is mooi en rein en ken daarom my plek.
In ieder geval sal vader my sien as ek probeer ontsnap.
Nog voor ek kom by Prins Sjarmant!
Veral oor my blink rok van suiwer diamant.

263. CHANTÉ You need a new outfit, see.

264. ANÉ O nee! Net nie nóg ʼn shopping spree.

265. DIER 1 ...nie.

266. CHANTÉ Ané, sweety, my darling, my angel... What are your feelings about fur?

[CHANTÉ verdwyn.]

[ANÉ en DONKIE. En DIERE. Musiek. (03 Derdebedryfwending) Onheilspellend.] TONEEL 3.3

267. ANÉ EK IS ‘N PRINSES IN ‘N SPROKIESVERHAAL

WAT WAG VIR ‘N PRINS OM MY TE KOM HAAL.
WAT WAG... WAT WAG...

[ANÉ raak aan die slaap.]

268. DEMONE AF, AF EN VERDER AF

TUIMEL ONS DIE NAG IN
HIERDIE IS ‘N DROOMSEKWENS
VIR ‘N DERDEBEDRYFWENDING!

269. ANÉ Nee! Nee! Hierdie is nie waar nie!

Ek wil nie ʼn derdebedryfwending ervaar nie!

270. DEMONE Jy moet ʼn derdebedryfwending ervaar! Ons het net 45 minute!!!

271. ANÉ NEEEEEEEEEE!!!!!!!!!!

Geen gedeelte van hierdie teks mag sonder die skriftelike verlof van die skrywer, André Gerber, gereproduseer of opgevoer word nie.
Reproduksie sluit in enige vorm weergegee deur enige elektroniese of meganiese middel, hetsy deur fotokopiëring, skyf-, band- of
stemopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of –ontsluiting.
21

[Ons sak in die onderwêreld van ANÉ se nagmerries in.]

272. DIERE [Nou demonies:] Ané! Ané! Voel jy nou verlore!?

Kyk in die oë van jou geheime demone!

273. ANÉ Demone? Ek is ʼn skugter jonge dame! Ek het nie demone nie!

[CHANTÉ verskyn.]

274. ANÉ Tannie Chante? Is tannie nog hier?!

275. CHANTÉ Ek is nie jou tannie nie!!!

JY DINK JY IS SO NEDERIG,
MAAR WAG TOTDAT JY VEERTIG IS!
NO ONE THINKS YOU’RE BEAUTIFUL
EVEN THOUGH YOU’RE DUTIFIUL.
BUT YOU WANT LOVE.
AND THEN IT STRIKES:

276. DEMONE NO MATTER WHAT...

YOU’LL ONLY HAVE A MILLION LIKES!

277. ANÉ Dit is nie waar nie! Ek soek nie ʼn miljoen likes nie! Ek is mooi, maar ek soek net
ʼn prins wat vir my lief is vir ek is!

278. DEMONE SANCTUS!

SPIRITUS!

279. CHANTÉ [Demonies:] Wie’s jou tannie nou!!!!????

[SJARMANT verskyn.]

280. SJARMANT JY HOU JOUSELF SO SUIWER,

EN ONS ALBEI WEET JY HUIWER!

281. ANÉ Maar ek is net ʼn onskuldige jonge dame! Ek het GEEN onbehoorlike behoeftes
nie! Ek is rein!

282. DEMONE ALMAL IS ‘N BIETJIE JAGS!!!

EN ONS WEET JY SLAAP DEUR L.O.-KLAS!

283. CHANTÉ Julle praat so lelik! En ek het dit nie bedoel nie! Dis net moeilik om te rym oor
die twaalf stappe van HIV!

284. DEMONE SANCTUS!

SPIRITUS!

[DEBORA CREDIT verskyn.]

285. ANÉ Debora! Sê vir die demone ek wil nie ʼn derdebedryfwending ervaar nie!

286. DEBORA JOU LEWE IS DALK SLEG!

MAAR RUK JOUSELF NOU REG!

Geen gedeelte van hierdie teks mag sonder die skriftelike verlof van die skrywer, André Gerber, gereproduseer of opgevoer word nie.
Reproduksie sluit in enige vorm weergegee deur enige elektroniese of meganiese middel, hetsy deur fotokopiëring, skyf-, band- of
stemopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of –ontsluiting.
22

JY MOET NET DIE WAARHEID SIEN:

287. DEMONE HOU OP OM ‘N PRINSES TE WEES!

DRA JOU ROK EN WORD ‘N QUEEN!
‘N QUEEN! ‘N QUEEN! TEL OP JOU MES!

288. ANÉ Is dit die les?

289. DEMONE NEE!

NET OMDAT JY BEHOEFTES HET
GEHEIME HET EN DRANGE HET
OF SOMTYDS AL JOU TOETSE DOP
EN DAAROOR VIR JOU OUERS JOK
‘N OUTJIE IN JOU KAMER SOEN
EN DALK NOG BIETJIE MEER WIL DOEN
‘N CHICKEN BURGER TE BEGEER
MAAR JY’S ‘N VEGETARIEËR
OF AS JOU NOOD NET TÉ GROOT WORD
PARTYKEER PIE-PIE IN DIE STORT
BELOFTES OOR GEHEIME BREEK
EN VRIENDE IN DIE RUG WIL STEEK
OF JOU OUERS DOOD TE WENS
MAAK JOU NIE ‘N SLEGTE MENS

290. DIER 1 Nie!

[DONKIE verskyn.]

291. ANÉ Nee, ek kan nie! Ek is ʼn vegan!

292. DEMONE SANCTUS!

SPIRITUS!
SLYP JOU MES! HOU HOOG JOU KOP!
EN SLAG VIR JOU ‘N NUWE ROK!

293. ANÉ Ek kan nie! Ek kan nie! Ek is… ʼn goeie mens!

294. DEMONE OP, OP, TERUG NA BO!

ANÉ GAAN NOU HAAR LES LEER!
KYK HOE STAAN SY MET HAAR MES!
DIE DERDEBEDRYFWENDING HET GEBEUR!

[ANÉ slag DONKIE en sny sy vel af soos ʼn ouditiewe klimaks bereik word. Die DIERE is weg. Die demone
is weg. ANÉ is alleen. ʼn Oomblik van stilte.]

BEDRYF 4
nog steeds mooi en rein?

[ANÉ hardloop weg. Sy hardloop en hardloop. Die volgende tonele speel tegelyktydig TONEEL 4.1
af. Hulle word afsonderlik belig.]

[ANÉ en SJARMANT. ANÉ is besmeer met bloed.]

Geen gedeelte van hierdie teks mag sonder die skriftelike verlof van die skrywer, André Gerber, gereproduseer of opgevoer word nie.
Reproduksie sluit in enige vorm weergegee deur enige elektroniese of meganiese middel, hetsy deur fotokopiëring, skyf-, band- of
stemopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of –ontsluiting.
23

295. ANÉ My prins! My Prins!

[CHANTÉ en ANDRÉ.]

296. ANDRÉ Sy het duidelik net gaan asem skep voor ons groot oomblik.

[SJARMANT en ANÉ.]

297. SJARMANT Jy lyk... anders.

298. ANÉ Ek ís.

299. SJARMANT Wat het gebeur?

300. ANÉ Ek het ʼn derdebedryfwending deurgegaan.

301. SJARMANT En jy rym nie meer nie?

302. ANÉ Grootmense rym nie.

[ANDRÉ en CHANTÉ.]

303. ANDRÉ Sy sal altyd na my toe terugkom. Sy is my prinsessie.

304. CHANTÉ Leave her. Ek is hier vir jou. We can go back Ratanga together.

[ANDRÉ probeer weghardloop, maar CHANTÉ gryp hom vas.]

[ANÉ en SJARMANT.]

305. ANÉ Ek is moeg gewag. Ek wil nie meer net goed wees nie.

306. SJARMANT Dan wat wil jy wees?

307. ANÉ Ek wil net goed genoeg wees.

[CHANTÉ en ANDRÉ.]

308. CHANTÉ [Wat steeds ANDRÉ beet het.] Was ek ooit goed genoeg vir jou?

309. ANDRÉ Wat soek jy van my? Ek het vir jou gesê ek het ʼn belofte aan my vrou gemaak.
Ek breek nie beloftes nie.

[ANÉ en SJARMANT. ANÉ leun in om SJARMANT te soen.]

310. SJARMANT Wag!

311. ANÉ Waarvoor wag jy? Ek dog jy wil my soen?

312. SJARMANT Ek wil. Ek wou. Ek...

313. ANÉ Ja?

314. SJARMANT Jis... ouens in movies laat hierdie ook baie maklik lyk...

Geen gedeelte van hierdie teks mag sonder die skriftelike verlof van die skrywer, André Gerber, gereproduseer of opgevoer word nie.
Reproduksie sluit in enige vorm weergegee deur enige elektroniese of meganiese middel, hetsy deur fotokopiëring, skyf-, band- of
stemopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of –ontsluiting.
24

315. ANÉ Wat?

316. SJARMANT Jy lyk net so... anders.

[CHANTÉ en ANDRÉ.]

317. CHANTÉ I will have my million likes. And I won’t leave until I get it.

318. ANDRÉ Wat het dit met enigiets uit te waai?

319. CHANTÉ You were the only person that never liked my posts on Instagram.

320. ANDRÉ Jy is nie ernstig nie.

321. CHANTÉ Ek ís goed genoeg vir jou. Ek is ʼn queen. Ek is ʼn (jou) Congo Queen. You will like
me.

[ANÉ en SJARMANT.]

322. ANÉ Ek kan ook ʼn normale meisie wees. Vandat ek die derdebedryfwending ervaar
het, het ek ook Cosmo gelees.

323. SJARMANT (Miskien kan ek haar ʼn kans gee?) O?

324. ANÉ Ek ken ook die twelve-ways-of-pleasing-your-man-number-six-will-shock-you.

[ANDRÉ en CHANTÉ.]

325. ANDRÉ Jy is nie rein nie.

[ANÉ en SJARMANT.]

326. SJARMANT En jy praat nie meer in rymende koeplet nie.

[ANDRÉ en CHANTÉ.]

327. ANDRÉ En jy was tien jaar laas mooi. (Ek hou van hulle jonger.)

[ANÉ en SJARMANT.]

328. ANÉ Maar ek is nog nie selfde mens.

Is dit nie wat jy wens?

329. SJARMANT Nee, dit is nie die selfde nie. Dis soos om tien kilogram op te tel na ons begin
uitgaan het en dan te verwag ek moet jou nog aantreklik vind.

330. ANÉ Sê jy ek’s vet?

331. SJARMANT Nee, ek... ek soek net ʼn uitdaging.

[CHANTÉ en ANDRÉ.]

332. CHANTÉ She slaughtered your donkey.

Geen gedeelte van hierdie teks mag sonder die skriftelike verlof van die skrywer, André Gerber, gereproduseer of opgevoer word nie.
Reproduksie sluit in enige vorm weergegee deur enige elektroniese of meganiese middel, hetsy deur fotokopiëring, skyf-, band- of
stemopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of –ontsluiting.
25

333. ANDRÉ Sy sou nie. Sy’s ʼn vegan.

[ANÉ en SJARMANT.]

334. SJARMANT Ek’s jammer, maar... jy’s gross.

335. ANÉ Jy het belowe dat ons eendag sal trou?

[DIERE kom stelselmatig weer terug.]

336. DIER Hy het gesê dat hy van jou hou?

337. SJARMANT Ek het net gedog ons gaan vry? En anyway, toe’t jy nie gestink na dooie donkie
nie.

[ʼn Verandering in ANÉ.]

338. DIERE Los hom!

339. DIER Hy was nooit goed genoeg vir jou.

340. DIER 1 ...nie.

341. ANÉ O, my prins. Ek was verkeerd.

Ek besef nou ek het te veel geweet.
Ek kan my sondes op een vinger tel:
Ek het ʼn donkie geslag vir sy vel.

342. SJARMANT Wow. Dis hot. I mean... die rym en goed.

343. ANÉ My prins – ek verstaan jy het nie meer vir my lus

344. DIER 1 Nie.

345. ANÉ Maar sal jy my seën met een liefdeskus?

346. DIER 1 (liefduskus)sie.

347. SJARMANT (Ok, ja) Maar dan gaan ek vir hokkiespan sê ons het dit gedoen toe jy nog hot
was.

[Hy leun in. Hulle soen. Hy probeer dan skielik haar betas. Skielik haal sy haar mes uit en steek hom
deur die maag.]

348. ANÉ Die enigste ding wat meer as ʼn dooie donkie stink
Is die bloed van ʼn seun wat te veel van homself dink.

349. DIERE Voel jy nog mooi en rein deurdrenk met so veel bloed?

350. ANÉ Nee. [Pouse.] Maar ek voel goed.

[DIERE giggel lank. Giggel en giggel.]

351. DIER [Tussendeur die gegiggel:] Dis lekker om so te kan lag!

Geen gedeelte van hierdie teks mag sonder die skriftelike verlof van die skrywer, André Gerber, gereproduseer of opgevoer word nie.
Reproduksie sluit in enige vorm weergegee deur enige elektroniese of meganiese middel, hetsy deur fotokopiëring, skyf-, band- of
stemopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of –ontsluiting.
26

352. DIERE Miskien moet jy nog ʼn vel slag?!

353. DIER 5 [Skielik alleen in ʼn kollig, aan GEHOOR:] Ek ken nie die woorde nie. Ek maak
net my mond oop en toe.

[ANDRÉ verskyn. ANÉ steek die mes weg agter haar rug.] TONEEL 4.2

354. ANDRÉ Ané...

355. ANÉ ...

356. ANDRÉ Kan ek maar (nader kom)?

[ANÉ knik. ANDRÉ loop oor na haar. Versigtig.]

357. ANDRÉ Jy is nog steeds vir my mooi.

[ANDRÉ omhels haar.]

358. ANDRÉ Hoe voel dit?

359. DIERE Ané! Ané! Haal uit jou mes

En leer jou vader ʼn gruwelles!

[ANÉ begin stelselmatig die mes beweeg.]

360. ANÉ Vader... ek...

361. ANDRÉ Het ek jou ooit vertel van die dag toe jou ma oorlede is?

[ANÉ steek weer die mes weg. Sy skud haar kop ‘nee.’ Magies, in die agtergrond, begin ʼn skaduspel
homself uitspeel soos ANDRÉ praat.]

362. ANDRÉ Eendag was daar ʼn meisie. Die mooiste en reinste in die land. En ons was
verlief. Maar... toe sy met jou swanger word, het die dokters gesê sy sou nie
die swangerskap oorleef nie. Ons was te arm om die medisyne te bekostig wat
haar sou genees.

363. ANÉ Kan dit wees?

364. ANDRÉ Op haar doodsbed het sy gesê...

365. STEM Hoe kan ek verseker dat jy en Ané vir ewig gelukkig sal wees?

366. ANDRÉ [In die storie:] Ek wil nie hê sy moet my ooit verlaat nie.

367. STEM Belowe my dat as jy weer sou trou

sy ʼn meisie is van wie ek sal hou.
En indien sy in jou hart weer liefde wek
Belowe sy is nét so mooi en rein as ek.

368. ANDRÉ [Aan ANÉ:] En net soos jy gebore is, het iets wonderlik gebeur. Met haar laaste
asem, het haar liggaam begin vervorm. En toe ek weer sien, staan daar ʼn
donkie.
Geen gedeelte van hierdie teks mag sonder die skriftelike verlof van die skrywer, André Gerber, gereproduseer of opgevoer word nie.
Reproduksie sluit in enige vorm weergegee deur enige elektroniese of meganiese middel, hetsy deur fotokopiëring, skyf-, band- of
stemopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of –ontsluiting.
27

369. ANÉ Is vader kwaad vir my?

Is ek nog steeds mooi en rein?

370. ANDRÉ Eintlik is ek gelukkig want... as ek nou na jou kyk, sien ek jou én jou ma.

[ANDRÉ slaan op sy skoot en dui vir ANÉ aan om te sit. Sy doen.]

371. ANDRÉ Wil jy weer perdry (soos toe jy klein was)?

[ANÉ knik. ANDRÉ begin haar op sy skoot op-en-af bons.]

372. ANDRÉ Kom ons ry na ʼn land ver van hier

Waar prinse en prinsesse gelukkig seëvier.
En jy is altyd jonk en klein
En in jou hart ook mooi en rein.

373. ANÉ Ek is ʼn prinses.

374. ANDRÉ Jy is. My prinses. In donkievel.

[MUSIEK begin speel. Selfde as aan die begin. Moontlik “My Heart Will Go On” deur Celine Dion. Ligte
af. Ons luister vir ʼn lang rukkie na dié liedjie. Die implikasie hang swaar in die lug.]

Sklielik stilte, met ʼn kollig op CHANTÉ.] TONEEL 4.3

375. CHANTÉ Hello? I’m literally still here! [ʼn Verandering.] This is the type of stuff people
write memoirs about. Since my instagram career isn’t – [Skielik gaan ʼn
notification-klank op haar foon af. Sy kyk.] OMG. One Million. Who was it? [Sy
kyk.] I’ve never felt so loved.

[Ligte uit. Die einde.]

Geen gedeelte van hierdie teks mag sonder die skriftelike verlof van die skrywer, André Gerber, gereproduseer of opgevoer word nie.
Reproduksie sluit in enige vorm weergegee deur enige elektroniese of meganiese middel, hetsy deur fotokopiëring, skyf-, band- of
stemopname, of deur enige ander stelsel vir inligtingsbewaring of –ontsluiting.
28

29

30

31

32

33

34

35

36

37

38

39

40

41

42

43

44

45

46

47

48

You might also like