You are on page 1of 13

BEGRIPPE IN DIGKUNS

Rym

Halfrym:

Alliterasie: die herhaling van dieselfde konsonante in n
versrel.
Bv. Allerliefste:
sal dink dis die son(r.4)
hy kleur my boodskap so bruin(r.8)
vlerke waarmee jy nie kan vlieg nie(r.13)
Virtual Reality:
lowerlushof van weleer(r.3)
gerub met n gasmaker(r.4)
volkome onverstandig staar(r.16)

Assonansie: die herhaling van dieselfde vokaal in n
versrel.

Bv. Allerliefste:
rooigooi rooiborsduif(r. 2 & 3)
my duif kom op en my duif gaan onder(r.5)
en waar hy vlieg daar skitter oseane (r.6)

Virtual Reality:
elektroniese, kosmiese manier
Volrym:

Beginrym:
Rym kom in die begin van die versrel voor.
Bv. Vrolik kyk die tweetjies na mekaar
olik vertrek hul later met n traan

Binnerym of middelrym:
n woord in die versrel rym met n woord aan die einde van die
versrel.
Bv. Stil in die duister l ek so en luister

Rymskema

Die posisie van die rymwoorde in die versrel bepaal die
rymskema:

Paar rym: a a b b

Omarmde rym: a b b a

Kruisrym: a b a b

Gebroke rym: a b c a

Slag rym: a a a a
Rymdwang
Soms vind n digter dit moeilik om die rymskema te bly. Die woord
word dan verander om in die rymskema te pas

Funksies van rym:
1. Dis n belangrike vormelement en skep n patroon van ordelikheid
2. Deur rym word n sekere atmosfeer of stemming geskep.
3. Rym is klankversterkend
4. Rym verskaf n patroon en dien as bindmiddel.
5. Rym is n beklemtoningsmiddel: belangrike woorde word in die
rymposisie geplaas.
6. Staan die rymwoord aan die einde van die vers, word dit
beklemtoon en kan dit die ritme benvloed.
Enjambement:
Dit is wanneer een versrel sonder enige leestekens in die
volgende versrel oorgaan.

Bv. Allerliefste :Ek gooi my rooiborsduif hoog in die lug en ek
weet al die jagters sal dink dis die son.(r. 3 & 4)

Virtual Reality: (r.13 -16) Die vensters van die rekenaar
bied uitsig op n binnestad
waarna ons hipnotiseer
en volkome onverstandig staar.

Funksies van enjambement:

1. Dit verdoesel die rym
2. Dit het n uitwerking op die tempo en ritme. Enjambement
kan die tempo versnel, bv. By dramatiese gebeure.
3. Dit bevorder vloeiendheid
4. Dit dien as bindmiddel tussen versrels en tussen strofes.
Polisindeton
Die herhaling van voegwoorde om n sekere effek te
skep,
byvoorbeeld: en siek en sat en moeg

Inversie
Belangrike woorde staan op n ander plek as wat die
normale woordorde sou vereis.

Bv. Virtual Reality: selde (r.11) beklemtoon die feit
dat mense nie meer in die natuur kom nie.

Beeldspraak:

Vergelyking
Metafoor
Personifikasie
Metonimia

Vergelyking

Twee sake word met mekaar vergelyk.
Die woorde; soos, net soos en nes word gebruik
om te wys dat daar n gemeenskaplike kenmerke
tussen die twee vergelykbare sake is.

Bv. Allerliefste: my liefde moet soos n engel by
jou bly / soos vlerke, wit soos n engel


Metafoor

Stel twee sake wat met mekaar verband hou, gelyk
aan mekaar.

Bv. Allerliefste : gempliseerde metafoor die jagters
sal dink dis die son (r.4) (Rooiborsduif word met
die son vergelyk.)

Virtual Reality: Die vensters van die rekenaar (Die
rekenaarskerm word gelykgestel aan vensters.)

Die kranksinnige: in hierdie sel... (Sy liggaam
word met n tronksel vergelyk.)

Personifikasie

Is die vermensliking van die natuur, lewelose
voorwerpe, diere en abstrakte begrippe

Bv. Allerliefste: my liefde reis


Die wind huil.
Die kat skuur troostend teen sy eienaar se
bene.

Metonimia

Wanneer twee sake wat in noue verband staan met
mekaar, in verband gebring word. Die belangrikste deel
word verswyg.
Dit word genoem volgens dit wat daarmee geassosieer
word.

Die ketel kook
Sy lees Opperman.
Die soldaat het lood geet.
Sy het die bottel lief.

You might also like