You are on page 1of 6

Tema: Piekniek

ONS HOU PIEKNIEK

Graad 4 Afrikaans HT: Werkkaart

Taalvaardigheid: Taalstrukture en -konvensies

Soms sukkel ons om te weet of jy ’n d of t aan die einde van ’n woord moet skryf.
Ander kere is ons weer onseker oor die f of v wat in woorde gebruik word.
Hier volg ’n paar reёls en riglyne om seker te maak dat jy nie hierdie spelfoute maak
nie.

REËLS:
d/t
Om te bepaal of ’n woord met ’n d of t eindig kan jy na die meervoudsvorm van die
woord gaan kyk.
As jy in die meervoudsvorm ’n d hoor, eindig die woord in die enkelvoud op ’n d.
Byvoorbeeld: Hont of hond?
Meervoud: honde
Regte spelling: hond

f/v
In Afrikaans eindig ’n woord nooit met ’n v nie, maar altyd op ’n f.
Bv. Vyf, kuif, lyf, sif, ens.
Hier is nog ’n paar riglyne om verwarring te voorkom:
F
• Mensgemaakte dinge – fiets, foon, fliek, fluitjie, fontein.
• Geld – finansiële, finansies, mediesefonds.
V
• As ’n woord met ver begin is dit altyd met ’n v, bv. vergeet, verdra, vergroot.
• Diere – vark, vee, vleis, voël, voer, volstruis, vos, vis.

iool
oon Y
erstaan
1 a
Instruksie:
Lees die volgende teks en beantwoord die vrae wat daarop volg:

Leesstuk:

Piekniekdag
Ek is so lief vir piekniek hou in ons buurt se parkie. Die wind waai vanmiddag so lekker
deur my kuif terwyl ek en my ma na ’n gesin kyk wat op die gras krieket speel. Die
stof staan soos hulle kolf en hulle is vreeslik opgewonde oor hierdie wedstryd wat aan
die gang is.

Daar sit ’n duif in die boom naby ons en verkyk hom aan die mense wat so op en af
hardloop. Ek besef toe dat ons baie naby aan ’n byekorf sit en ek begin toe versigtig
bietjie verder weg beweeg. Ek is baie braaf, maar vir ’n bysteek sien ek nie nou kans
nie.

Ek en my ma eet heerlike toebroodjies, varkworsies, vars vrugte en verskillende


soetgoed. Dit is omtrent ’n fees van ’n piekniek so op ’n rustige Vrydagmiddag.

2
Oefening:

1. Gebruik twee glimpenne om al die woorde met ’n v en al die


woorde met ’n f te glim. Gebruik een kleur vir al die v-woorde
en een vir die f-woorde. (23)
2. Herskryf die volgende sinne met die regte spelling van die
woorde tussen hakies.
2.1. Ek is so (fersadig/versadig) na die heerlike bak
(vrugte/frugte) wat ek (Vrydag/Frydag) geëet het. (3)
2.2. Die (frou/vrou) by die (vulstasie/fulstasie) was baie
(friendelik/vriendelik) en (vrolik/frolik) toe ons gaan petrol
ingooi het. (4)
2.3. My ma het ’n nuwe (foon/voon) gekry waarmee ek baie
mooi (voto’s/foto’s) in die parkie gaan neem. (2)
2.4. Die (fles/vles) met ons (coffie/koffie) het die mooiste pienk
(vlaminke/flaminke) op. (3)
2.5. Ek is baie (lief/liev) vir my ouers so ek is ’n (flukse/vlukse)
en (vraai/fraai) kind in die huis. (3)
2.6. Die (fullis/vullis) ruik (vrot/frot), maar die (varke/farke) eet
dit nog steeds. (3)
2.7. In ’n (fabel/vabel) kan diere, soos (flakvarke/vlakvarke)
praat. (2)
2.8. Die (fontein/vontein) is tussen die mooie (vynbos/fynbos). (2)
2.9. In ’n (vabriek/fabriek) is dit ’n (feit/veit) dat jy baie mooi
moet (fokus/vokus) om jou werk reg te doen. (3)
2.10. Ek het (vinaal/finaal) besluit dat ek eerder (viool/fiool) as
trompet gaan speel. (2)

3
3. Skryf die volgende woorde se meervoude neer en daarna die
korrekte spelling van die woorde in hulle enkelvoud.
3.1. Tent/tend (1)
3.2. Rant/rand (1)
3.3. Neut/neud (1)
3.4. Stad/stat (1)
3.5. Spelt/speld (1)
3.6. Velt/veld (1)
3.7. Geut/geud (1)
3.8. Draat/draad (1)
3.9. Bort/bord (1)
3.10. Skad/skat (1)
4. Lees die woorde in die wolk hieronder en skryf slegs al die
woorde wat reg gespel is, neer. (5)

sout bit tand bloet


geld oggent lint lant
eilant tert

5. Skryf 5 woorde (wat nog nie in die aktiwiteit gebruik is nie) neer
wat op ’n “f” eindig. Jy mag ’n woordeboek gebruik. (5)
[70]

4
Memorandum:

1. (23)
Piekniekdag
Ek is so lief vir piekniek hou in ons buurt se parkie. Die wind waai vanmiddag so
lekker deur my kuif terwyl ek en my ma na ‘n gesin kyk wat op die gras krieket speel.
Die stof staan soos hulle kolf en hulle is vreeslik opgewonde oor hierdie wedstryd
wat aan die gang is.
Daar sit ‘n duif in die boom naby ons en verkyk hom aan die mense wat so op en
af hardloop. Ek besef toe dat ons baie naby aan ’n byekorf sit en ek begin toe
versigtig bietjie verder weg beweeg. Ek is baie braaf, maar vir ’n bysteek sien ek
nie nou kans nie.
Ek en my ma eet heerlike toebroodjies, varkworsies, vars vrugte en verskillende
soetgoed. Dit is omtrent ’n fees van ’n piekniek so op ’n rustige Vrydagmiddag.

2.
2.1. Ek is so versadig na die heerlike bak vrugte wat ek Vrydag geëet het. (3)
2.2. Die vrou by die vulstasie was baie vriendelik en vrolik toe ons gaan petrol
ingooi het. (4)
2.3. My ma het ’n nuwe foon gekry waarmee ek baie mooi foto’s in die parkie
gaan neem. (2)
2.4. Die fles met ons koffie het die mooiste pienk flaminke op. (3)
2.5. Ek is baie lief vir my ouers so ek is ’n flukse en fraai kind in die huis. (3)
2.6. Die vullis ruik vrot, maar die varke eet dit nog steeds. (3)
2.7. In ’n fabel kan diere, soos vlakvarke, praat. (2)
2.8. Die fontein is tussen die mooie fynbos. (2)
2.9. In ’n fabriek is dit ’n feit dat jy baie mooi moet fokus om jou werk reg te
doen. (3)
2.10. Ek het finaal besluit dat ek eerder viool as trompet gaan begin speel. (2)

3.
3.1. Tente – tent (1)
3.2. Rande/rante – rande of rante (1)
3.3. Neute – neut (1)
3.4. Stede – stad (1)
3.5. Spelde – speld (1)

5
3.6. Velde – veld (1)
3.7. Geute – geut (1)
3.8. Drade – draad (1)
3.9. Borde – bord (1)
3.10. Skatte – skat (1)
4. Sout, tand, geld, lint, tert. (5)
5. Leerders se eie woorde wat met ’n f eindig. (5)
[70]

You might also like